Aansoek om 'n mynreg
Beskrywing n Mynreg is toestemming wat die Staat jou via die Departement van Minerale en Energie gee om minerale in 'n sekere gebied te mag myn.
n Mynreg mag vir hoogstens 30 jaar lank toegestaan word.
n Mynreg word toegestaan indien:
Die mineraal optimaal gemyn kan word
Die aansoeker genoeg fondse en deskundige kennis het om die voorgenome mynwerksaamhede optimaal uit te voer
Die finansieringsplan versoenbaar is met die voorgenome mynwerksaamhede en die duur van daardie werksaamhede
Die mynbedrywighede geen onaanvaarbare besoedeling of skade aan die omgewing sal aanrig nie
Die aansoeker finansieel en in ander opsigte vir die voorgeskrewe maatskaplike en arbeidsplan voorsiening gemaak het
Die werksaamhede in oorstemming met die Mynhandves is
Kry meer inligting by die Departement van Minerale en Energie.
Stappe om te volg
Doen aansoek by die kantoor van die streekbestuurder van die Departement van Minerale en Energie in die streek waar die grond geleë is.
Vul Vorm D: Aansoek om 'n mynreg in. Hierdie vorm is by die kantoor van die streekbestuurder te kry, en kan ook van hierdie bladsy afgelaai word.
Dien die vorm per hand of per geregistreerde pos in by die streekbestuurder in wie se streek die grond geleë is.
Wanneer jy die vorm indien, moet jy ook die nie-terugbetaalbare aansoekfooi wat deur die streekbestuurder bepaal is, betaal.
As die streekbestuurder die aansoek aanvaar, sal hy of sy jou binne 14 dae van die datum van aanvaarding laat weet om 'n omgewingsbestuurplan vir goedkeuring voor te lê; en om alle belanghebbende en geaffekteerde partye binne 180 dae vanaf die datum van die kennisgewing in kennis te stel en te raadpleeg.
Regsraamwerk
Diensstandaard
As jou aansoek goedgekeur is, sal die streekbestuurder jou binne 14 dae skriftelik daarvan in kennis stel en sal jou opdrag gee om met die grondeienaar, die grondbewoner en alle ander geaffekteerde partye samesprekings te voer.
As jou aansoek nie suksesvol was nie, sal die streekbestuurder die aansoek binne 14 dae aan jou terugbesorg.
As die Minister weier om 'n mynreg toe te staan, moet hy of sy jou binne 30 dae skriftelik laat weet en die redes vir die weiering verstrek.
Koste
Die koste word deur die Departement vasgestel en is nie terugbetaalbaar nie.
Die bedrag sal verskil afhangende van die mineraal wat gemyn gaan word.
Vorms om in te vul
Vorm D: Aansoek om 'n mynreg
Kontakbesonderhede
