Aansoek om 'n mynpermit
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing n Mynpermit is 'n dokument wat deur die Departement van Minerale en Energie uitgereik word om jou toestemming te gee om mynwerksaamhede uit te voer. Niemand mag sonder 'n mynpermit mynwerksaamhede uitvoer nie.
Mynpermitte is nie oordraagbaar nie. Hulle het ten doel om prospektering en mynbou te beheer met inagneming van gesondheids- en veiligheidsoorwegings, omgewingsbestuur en die verantwoordelike ontginning van minerale.
n Mynpermit is geldig vir die tydperk wat in die permit aangedui word, maar mag nie twee jaar oorskry nie. Dit mag egter vir nog drie tydperke van hoogstens 'n jaar elk verleng word.
n Mynpermit mag slegs uitgereik word indien:
die betrokke mineraal twee jaar lank optimaal ontgin kan word die myngebied se omvang nie 1.5m² oorskry nie geen ander persoon 'n prospekteerreg, mynreg, mynpermit of retensiepermit vir dieselfde mineraal en grond besit nie.
Bo
Stappe om te volg
Doen aansoek by die kantoor van die streekbestuurder van die Departement van Minerale en Energie in die streek waar die grond geleë is.
Vul Vorm F: Aansoek om mynpermit in, wat verkrygbaar is by die kantoor van die streekbestuurder. Jy kan die vorm ook hieronder aflaai.
Dien die vorm saam met die voorgeskrewe, nie-terugbetaalbare fooi in by die kantoor van die streekbestuurder in wie se streek die grond geleë is.
As daar aan al die vereistes voldoen is, sal die streekbestuurder jou aansoek goedkeur.
Sodra jou aansoek goedgekeur is, sal die streekbestuurder jou vra om 'n omgewingsbestuurplan voor te lê en die grondeienaar en wettige bewoner van die grond, asook enige ander geaffekteerde party, te raadpleeg.
Doen binne 30 dae skriftelik by die bestuurder verslag oor die uitslag van die konsultasie.
Die Minister sal 'n mynpermit uitreik indien daar aan al die vereistes voldoen is.
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
Die streekbestuurder sal jou binne 14 dae in kennis stel as jou aansoek goedgekeur is.
As die aansoek afgekeur is, sal die streekbestuurder die aansoek binne 14 dae aan jou terugbesorg.
Bo
Koste
Die koste sal deur die Departement bepaal word en is nie terugbetaalbaar nie. Die bedrag sal wissel, afhangende van die mineraal wat gemyn gaan word.
Bo
Vorms om in te vul
Bo
Kontakbesonderhede
