Ons gaan water bespaar omdat waterbesparing 'n leefwyse is"
projek
Spaar water, dit gaan jou minder kos!
WATERBLITSLYN 0860 103 054
WAAROM DIE WATERLEKKASIE-HERSTELPROJEK?
Die Stad Kaapstad is verbind tot 'n omvattende en volhoubare strategie vir waterbesparing- en wateraanvraagbestuur. Dit is reeds hersien en versnel gedurende 2005. Een van die belangrikste komponente van hierdie nuwe strategie is die "geïntegreerde waterlekkasie-herstelprojek".
Alhoewel daar na die projek as 'n "waterlekkasie-herstelprojek" verwys word, is die doel daarvan om te verseker dat alle aspekte van die voorsiening van water en sanitasie aan arm gemeenskappe aandag geniet. Die hoofdoel is om water te bespaar en te verseker dat huishoudings net die hoeveelheid water verbruik wat hulle nodig het en wat hulle kan bekostig.
Lekkasies moet in die toekoms tot die minimum beperk word en huishoudings moet die herstelwerk kan bekostig. Aandag moet geskenk word aan alle aspekte waaronder maatskaplike, regulerende, kommersiële en tegniese aspekte wat sal sorg dat die watervoorsiening doeltreffend, bekostigbaar en volhoubaar is en veral gerig is op die arm en informele gemeenskappe van Kaapstad.
Die projek word tans in die Mfuleni-gebied van stapel gestuur en is die eerste projek in hierdie program. Die Stad wil graag in vennootskap met die inwoners en belanghebbendes werk om 'n langtermynstrategie te ontwikkel om ons waterhulpbronne te beveilig.Gedurende die duur van hierdie projek sal alle huishoudelike waterlekkasies GRATIS herstel word. Dit is 'n eenmalige geleentheid. Daarna sal die individuele eienaars van huishoudings weer eens verantwoordelik wees vir die herstel van alle lekkasies binne die grense van hul eiendomme.
DIE STAD EN WATERDIENSTE SE VERANTWOORDELIKHEDE
Om damme en infrastruktuur te bou wat water van die groot damme ver weg van die Stad tot by jou voordeur vervoer.
Om voorsiening te maak vir waterbehandeling en dus te verseker dat die water wat jy uit jou kraan tap, skoon en veilig is om te drink en vir kook- en wasdoeleindes gebruik kan word.
Om op 'n gereelde grondslag water- en riooldienste, binne redelike perke, aan jou te verskaf.
Om die tyd te verminder wat dienste stilstaan as gevolg van herstelwerk aan gebarste en lekkende munisipale waterpype en versperde munisipale rioolpype.
Om die waterstelsel teen 'n voldoende druk in stand te hou.
Om jou watermeter elke maand akkuraat te lees.
Om 'n akkurate rekening aan jou te stuur.
WIE IS VERANTWOORDELIK VIR DIE HERSTEL VAN 'N GEBARSTE OF LEKKENDE PYP OF ENIGE LEKKASIES BINNE DIE GRENSE VAN JOU EIENDOM?
Die eienaar van die eiendom is verantwoordelik vir enige waterlekkasies wat binne die grense van sy/haar eiendom voorkom. Die Stad Kaapstad is NIE VERANTWOORDELIK vir herstelwerk en lekkasies op privaat eiendom nie. As die herstelwerk onmiddellik gedoen word, hoef jy nie 'n hoë waterrekening te betaal nie.
WIE IS VERANTWOORDELIK VIR DIE HERSTEL VAN 'N GEBARSTE OF LEKKENDE PYP IN JOU STRAAT?
Die Stad Kaapstad is verantwoordelik maar JY moet:
Die waterblitslyn by 0860 103 054 skakel om die lekkasie, gebarste pyp, versperde riool of enige ander diensfout aan te meld.
Akkurate inligting verskaf waaronder:
n beskrywing van die lekkasiefout jou straat se naam die nommer van jou huis of die standplaas naaste aan die plek waar die fout is.
ONTHOU
Gedetailleerde inligting sal die Stad Kaapstad help om 'n fout met 'n gebarste pyp so gou as moontlik reg te maak.
Gebarste en lekkende pype in die straat sal nie jou individuele watermeter of jou rekening beïnvloed nie.
Onthou, ons is een gemeenskap en as ons 'n lekkasie in die straat aanmeld, help ons die hele gemeenskap.
JOU VERANTWOORDELIKHEDE
Doen die volgende op jou eiendom:
Hou jou loodgieterswerk in 'n goeie toestand.
Maak seker dat jy waterlekkasies op jou eiendom stop sodra dit voorkom deur die afsluitkraan toe te draai.
Herstel waterlekkasies so gou as moontlik op jou eie koste.
Kontroleer waterlekkasies deur dikwels jou watermeter te lees.
Verminder jou waterverbruik deur net te gebruik wat jy nodig het.
Verminder die hoeveelheid water wat jy verbruik sodat jy 'n rekening kry wat jy kan bekostig.
Werk saam met waterdienste om water- en afvaldienste vir jou gemeenskap te laat werk.
Betaal vir die dienste bo die gratis basiese water en betaal die deernistoelae van R20.
Moenie vreemde voorwerpe, gebruikte olie en benodigdhede in die rioolstelsel afspoel nie.
Moenie oppervlakte/reënwater in die rioolstelsel uitstort nie.
Maak seker dat die watermeter en die rioolgrenskamer altyd toeganklik is.
HOE DIE STAD KAAPSTAD WATERMETERS GEBRUIK
Die Stad Kaapstad stuur elke maand meterlesers uit om die meters te lees. Soms kan die meterleser nie die meter lees nie omdat iets dit versper of die hek na die eiendom gesluit is. In hierdie geval skat die Stad die lesing gegrond op verbruik gedurende dieselfde tydperk die vorige jaar.
Die Stad gebruik die meterlesing om die verbruik vir die tydperk vanaf die laaste meterlesing te bereken om 'n aantal redes:
Om die rekening vir die water wat gebruik is en die riool wat weggevoer is, te bereken en 'n rekening uit te stuur.
Om te bepaal of enige water in die pypleiding wat water na individuele eiendomme vervoer, verlore gaan.
Om die tariewe vir die boekjaar te bereken.
Onthou jy moet navrae en probleme aanmeld. Dit sal die Stad en waterdienste help om 'n beter diens aan jou te lewer. Meld probleme met en navrae oor die volgende aan by die Stad se oproepsentrum by telefoonnommer 0860 10 30 89:
Meterlesing
Verbruik en
Jou rekening
Meld die volgende aan by die WATERBLITSLYN by telefoonnommer 086 0103054:
Gebarste pype en waterlekkasies aan die Raad se kant van die meter en in die straat
Riooloorloop en versperrings wat nie op privaat eiendom is nie
Lae waterdruk
Indien jy enige navrae het, besoek gerus die projekkantoor by Mfuleni se Raadskantoor gedurende die projekfase.
