Aansoek om kraamvoordele uit die Werkloosheidsversekeringsfonds
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing vergoeding te bied aan die bydraer wat daarvoor in aanmerking kom.
Die aansoek moet ingedien word sodra kraamverlof in werking tree, of andersins binne ses maande na die baba se geboorte.
Voorwaardes om te kwalifiseer:
Die bydraer moet minder as haar gewone besoldiging ontvang terwyl sy met kraamverlof is.
Indien daar genoeg kredietdraende dae opgeloop het, kan voordele vir hoogstens 121 dae uitbetaal word.
In geval van 'n miskraam of doodgeboorte sal uitbetaling vir hoogstens ses weke gemaak word.
n Doktersertifikaat wat die swangerskap en/of geboorte bevestig, moet ingedien word.
Bo
Stappe om te volg
Tree met jou naaste arbeidsentrum in verbinding om die nodige vorms te bekom.
Vul die vorms in en handig hulle saam met die doktersertifikaat by die arbeidsentrum in.
Neem jou groen identiteitsdokument met die 13-syfer-staafkode saam.
Onthou dat jy jou korrekte bankbesonderhede, wat deur jou bank bevestig is, moet verstrek.
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
Die WVF belowe om eise binne ses weke na ontvangs van al die nodige dokumente te verwerk of te finaliseer.
Bo
Koste
Die diens is gratis.
Bo
Vorms om in te vul
Bo
Kontakbesonderhede
