Nuuskantoor
STELLENBOSCH WORD MOONTLIK INTERNASIONALE KONFERENSIE-BESTEMMING
Daar is oor die afgelope aantal jare ondersoek ingestel na sinvolle ontwikkelings-moontlikhede vir die terrein agter die ou Bloemhofskool (tans SASOL Kunsmuseum) en aanliggende openbare parkeerterrein. Dit blyk nou dat 'n uiters belowende geleentheid hierdie terrein, met sy strategies ligging tussen die historiese dorpskern en die sentrale kampus tot sy volle reg sal laat kom. Deur die oprigting van die Stellenbosch Internasionale Konferensiesentrum kan die dorp 'n konferensiebestemming op die internasionale konferensie-sentrumkaart word..
Stellenbosch Munisipaliteit en Die Universiteit Stellenbosch besit ongeveer gelyke dele van die betrokke eiendom. Dr Francois Viviers van FVM Projekte, wat voorheen vir 17 jaar aan die Universiteit verbonde was, het die inisiatief geneem om die Universiteit en die Munisipaliteit met hul onderskeie oogmerke byeen te bring sodat 'n gesamentlike onderneming tot stand gebring is om die uitvoerbaarheid van hierdie verbeeldingryke projek te ondersoek.
Vir die Munisipaliteit bied dit die geleentheid om betrokke te raak by 'n toerismeverwante ontwikkelingsprojek wat beloof om ongekende/omvangryke ekonomiese voordele vir die dorp in te hou. Vir die Universiteit bied hierdie voorgestelde ontwikkeling 'n unieke geleentheid om meer internasionale konferensies van formaat aan te bied. Op die koop toe bestaan die geleentheid ook vir die heropbou van die gesloopde historiese Faure- en Koetsiershuise.
Die terrein bied unieke ontwikkelingsgeleenthede op al vier erfgrense. Aan Van Riebeeckstraat vorm dit 'n raakvlak met die Stellenbosch Dorpsmuseum as toeriste-sentrum in die Historiese Kern. Ten ooste, die Botaniese Tuin van die Universiteit wat 'n nuwe gebruikervriendelike voordeur kan bykry. Die voordeur van die Universiteit of te wel die hoofgebou/administrasie en hart van die kampus is relatief naby die noordelike erfgrens. West van die terrein is die Sasol-Kunsmuseum asook die mootlikheid om bestaande besigehede in Ryneveldstraat by hierdie ontwikkeling te laat aansluit.
Die voorgestelde konferensiesentrum vul 'n groot leemte in die 300-800 sitplek konferensiemark in die Wes-Kaap. Dit is veel kleiner as die Kaapstad Internasionale Konferensiesentrum vir 1200 tot 10 000 konferensiegangers en sal gevolglik nie daarmee wedywer nie maar eerder voordeel daaruit trek deur kleiner hoë-profiel konferensies aan te bied.
Sleutel-faktore vir 'n suksesvolle konferensiesentrum is uit die staanspoor in die ontwikkelingskonsep geïnkorporeer en bepaal o.a. dat die fasiliteite doelmatig ingerig moet wees, met toegang tot die mees gevorderde "state-of-the-art" audiovisiële en informasie-tegnologie. Dit moet multi-funksioneel wees om uiteenlopende tipe en grootte konferensies individueel en gelyktydig te kan akkomodeer. Ten einde met soortgelyke fasilitiete te kan kompeteer moet die sentrum van 'n uitstaande gehalte wees wat met die beste in die wêreld vergelyk. Dit moet veral binne loopafstand van die dorp, kampus en besienswaardighede wees en daar moet voldoende nabygeleë akkomodasiegeriewe wees om konferensieganers gerieflik te akkomodeer.
Die die ekonomiese impak van die konferensiesentrum alleen blyk een van die hoof-motiverings in die besluit om voort te gaan met die konstruksie van die fasiliteit. Tydens konstrukie van die R40-60milj. fasiliteit kan 1000 werksgeleenthede geskep word. Sodra die sentrum operasioneel is sal tussen 600 en 1000 werksgeleenthede binne eerste 5 jaars geskep word. Die 1400-2700 internasionale afgevaardigdes per jaar en 12 700 - 16 300 nasionale afgevaardigdes kan tot R364m bydrae tot die plaaslike BPP. Hiervan is R12-25m in die vorm van belastingbydraes. Minstens 40 000 addisionel bednagte per jaar word benodig in die vorm van 'n 3-5
Befondsing van R400 000 op 'n 50/50 basis is reeds deur die Universiteit en die Munisipaliteit bewillig vir verskeie spesialisstudies. Die teiken waarna gestreef word is om teen Junie vir beide Rade alle nodige inligting op die tafel te hê om 'n finale besluit te neem om voort te gaan met die projek.
Vir meer inligting kontak:
Tel: 808 8125
Faks: 808 8200
VENSTER TOE
