AGTERBLAD
Inspirasie uit biblioteke...
Danny Fourie en sy span het saam met NIKARLI, Paarl, vir Waterweek 'n kleurvolle toneel met water en plante in die Paarl Biblioteek geskep. Die lopende water verleen 'n illusie van koelheid wat deur die lesers, wat uit die fel Paarlse somerhitte buite kom, waardeer word. Hier ge­niet Bibliotekaris Amarie le Roux (links) en biblioteekassistent Paulette Talliard die rustige atmosfeer n Detail van die uitstalling
Kersfees in April? 'n Paar idees om solank te begin dink aan Kersfeesuitstallings vir Desember 2006. Van die elemente in die uitstallings kan egter ook vir ander uitstallings gebruik word.
Heidelberg Biblioteek het verskillende winkels, instansies en skole gevra om elk 'n Kersboom te kom versier in die biblioteek. Die resultaat: 'n vrolike biblioteek, getooi vir die Kerstyd!
Hierdie delikate, inspirerende Kersuitstalling is baie effektief. Eksperimenteer met verskillende lettertipes en ontdek hoe dit 'n uitstalling se totale indruk kan verander. Meer delikate, fyner letters kan aan hierdie uitstalling 'n ander atmosfeer verleen
Christa Hayes van Vanrhynsdorp Streekbiblioteek is deur Mozart se musiek geïnspireer om 'n uitstalling in die voorportaal te maak. 'n Wenk: die skuins-gemonteerde woorde sal meer dramaties vertoon as dit op helderkleurige papier gekopieer word
