Aansoek om 'n lisensie vir 'n laekrag-klankuitsaaidiens
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing
Die Uitsaaiwet, 1999 definieer 'n laekrag-klankuitsaaidiens as 'n gemeenskaps-, private of openbare klankuitsaaidiens wat krag uitstraal wat nie een watt oorskry nie. Die oogmerke van 'n laekrag-klankuitsaaidienslisensie is:
om die begrip "toeganklikheid" só uit te brei dat dit naas die reg om inligting te ontvang ook groter toeganklikheid tot produksiemiddele in die uitsaaiwese sal insluit om die reg tot vryheid van die pers en ander media, vryheid om inligting en idees te ontvang en oor te dra, vryheid van artistieke kreatiwiteit, asook akademiese vryheid en vryheid ten opsigte van wetenskaplike navorsing te bewerkstellig om die speelveld in die uitsaaiwese vanuit 'n ontwikkelingsperspektief en volgens die beginsel van gelykheid gelyk te maak deur nuwelinge aan te moedig om tot die mark toe te tree.
Kommersiële laekrag-klankuitsaaidienste: dienste wat bedryf word uit en uitsaai na winkelsentrums, sportvelde, skouterreine en inryteaters, of enige ander soortgelyke diens wat die owerheid as toepaslik beskou.
Gemeenskaps- laekrag-klankuitsaaidienste: dienste wat bedryf word uit en uitsaai na ouetehuise, skakels tussen plekke van aanbidding, skakels tussen plekke van aanbidding en ouetehuise, of enige ander soortgelyke diens wat die owerheid as toepaslik beskou.
Sowel gemeenskaps- as kommersiële laekrag-klankuitsaailisensies is vir drie jaar geldig. 'n Laekrag-klankuitsaailisensie vir 'n spesiale gebeurtenis is vir dertig dae geldig.
Bo
Stappe om te volg
Identifiseer 'n frekwensie wat geskik is vir laekraggebruik.
Besluit op die ligging van die ateljee en die uitsaaiterrein.
Stel 'n werkgroep saam wat verantwoordelik sal wees vir die aansoekproses en as aansoeker namens die organiseerders van die geleentheid sal optree.
Sorg dat die werkgroep die volgende doen:
Handtekeninge in die gemeenskap insamel n Bedryfsplan opstel n Demokratiese verkiesing van raadslede fasiliteer
Kry 'n kopie van die aansoekvorm vir 'n uitsaaidiens en seinverspreiding.
Vul die aansoekvorm in drukskrif in en gebruik slegs hoofletters.
Handig die oorspronklike aansoekvorm en 16 gewaarmerkte kopieë daarvan by die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika in. Betaal ook die aansoekfooi.
Onvolledige aansoeke sal aan die aansoeker teruggestuur word. Geen verantwoordelikheid sal vir die ly van enige ongerief aanvaar word nie.
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
Dit kan twee tot drie maande neem om hierdie lisensie toe te staan.
Bo
Koste
n Nie-terugbetaalbare fooi van R500 moet betaal word sodra die lisensie uitgereik word
Gemeenskapslisensie: R1 500
n Nie-terugbetaalbare fooi van R200 moet betaal word sodra die lisensie uitgereik word
Gemeenskapslisensie vir buitengewone gebeure R 500
Bo
Vorms om in te vul
Die aansoekvorm sal in die Staatskoerant-bylae verskyn.
Bo
Kontakbesonderhede
