Dien 'n klagte in of stel die Onafhanklike Klagtedirektoraat in kennis van sterftes tydens polisieaanhouding as gevolg van polisieoptrede
Beskrywing
Jy kan 'n klagte indien of die Onafhanklike Klagtedirektoraat in kennis stel van sterftes tydens polisieaanhouding as gevolg van polisieoptrede, marteling of rassediskriminasie. Na hierdie klagte word algemeen verwys as 'n klas I-klagte.
Vir meer inligting, gaan na die Onafhanklike Klagtedirektoraat.
Stappe om te volg
Meld sterftes tydens polisieaanhouding aan deur te bel of aan jou naaste OKD-kantoor te skryf.
Jy kan ook 'n klagteaanmeldingsvorm invul. Stuur dit na jou naaste OKD-kantoor.
Verstrek die volgende inligting aan die OKD:
Naam en kontakbesonderhede van die slagoffer en/of klaer
Naam en rang van die verdagte polisiebeampte
Naam van die polisiestasie of munisipaliteit waar die verdagte polisiebeampte gestasioneer is.
Polisiesaaknommer, indien enige.
Datum, tyd en aard van versuim om die slagoffer by te staan.
Besonderhede van ooggetuies, indien enige.
Regsraamwerk
Wet op die Suid-Afrikaanse Polisiediens, 1995 , Artikel 53
Diensstandaard
Die OKD sal die saak ondersoek deur die misdaadtoneel te besoek en verklarings by die ooggetuie af te neem.
Die ondersoek kan 30 dae of langer duur, afhangende van die erns van die saak.
Die OKD sal 'n verslag met aanbevelings aan die Direkteur van Openbare Vervolging stuur, en 'n afskrif van die verslag van die Suid-Afrikaanse Polisiediens aan die kliënt.
Die OKD sal 'n verslag van die SAPD se departementele optrede met betrekking tot die hofverskyning aan die kliënt stuur.
Die OKD sal 'n skuldigbevindingsverslag of 'n kwytskeldingsbekragtiging of 'n kwytskeldingsverslag aan die kliënt stuur.
Die lewering van die finale voorlopige verslae kan tot 180 dae neem.
Die vaslegging van alle verslae wat in die databasis opgeneem is, kan tot 48 uur neem.
Die lewering van finale aanbevelingsverslae ná ontvangs van die tegniese verslae kan tot 14 dae neem.
Koste
Hierdie diens is gratis.
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
