Aansoek om 'n klagte in te dien van wangedrag of oortredings wat deur lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens of Munisipale Polisiediens begaan is
Beskrywing
Die doel van hierdie diens is om lede van die publiek in staat te stel om 'n klagte by die Onafhanklike Klagtedirektoraat in te dien. As jy 'n klagte by 'n nasionale OKD-kantoor indien, sal die saak vir ondersoek verwys word na die betrokke provinsiale kantoor .
Soorte klagtes wat by die OKD ingedien kan word:
Klas II-klagte: 'n Klagte van nie-nakoming deur die SAPD ten opsigte van die Wet op Gesinsgeweld, 1998 , met ander woorde indien 'n lid van die SAPD of MPD versuim het om gehoor te gee aan die bepalings van die Wet op Gesinsgeweld.
Klas III-klagte: 'n Klagte wat beweer dat 'n polisiebeampte of polisiebeamptes 'n oortreding begaan het wat gelei het tot liggaamlike beserings wat so ernstig was dat dit hospitaalbehandeling vereis het. Hierdie wandaad of oortreding moes gebeur het terwyl 'n persoon in polisieaanhouding was. Die onderstaande is 'n lys van Klas III-klagtes:
Misbruik van mag wat 'n ernstige impak op die samelewing het wat betref beserings wat veroorsaak is; getal mense wat daardeur geraak is; bedrag geld wat betrokke was; of tydperk waartydens dit plaasgevind het
Brandstigting
Aanranding met die doel om ernstig te beseer, of poging tot moord
Ontvoering
Regsverydeling
Vervalsing; die aanvaarding van 'n vervalste dokument, wetende dat dit vervals is ter waarde van R50 000 of meer
Bedrog
Onsedelike aanranding
Meineed
Openbare geweld
Intimidasie
Menseroof
Deelname aan 'n misdaadsindikaat
Besit van gesteelde goedere
Verkragting
Ontvangs van gesteelde goedere
Korrupsie
Sodomie
Diefstal
Marteling
Afpersing
Uitlokking, sameswering of pogings om enige van bogenoemde misdade te pleeg
Klas IV-klagte: 'n Klagte wat beweer dat 'n lid van die SAPD of MPD 'n ander oortreding as bogenoemde begaan het, of 'n wandaad gepleeg het wat nie die dood van of ernstige liggaamlike leed aan iemand tot gevolg gehad het nie.
Klas V-klagte: 'n Klag wat buite die omvang van die mandaat of beleid van die OKD val.
Klagtes wat nie by die OKD ingedien kan word nie:
Klagtes oor voorvalle wat plaasgevind het voor die totstandkoming van die OKD, met ander woorde alle voorvalle wat voor April 1997 plaasgevind het. Dit sluit ook voorvalle in wat meer as 'n jaar voordat dit by die OKD aangemeld is, plaasgevind het, tensy daar buitengewone omstandighede is.
Klagtes teen die personeel van Korrektiewe Dienste, hofbeamptes en lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Verdedigingsmag.
Kry meer inligting op die webwerf van die Onafhanklike Klagtedirektoraat.
Stappe om te volg
Jy kan 'n klagte persoonlik, per telefoon, per brief of per e-pos by jou naaste OKD-kantoor indien. Persoonlike klagtes of dié per telefoon moet tydens besigheidsure ingedien word.
Vul 'n klagteverslagvorm in en faks dit na jou naaste OKD-kantoor.
Die OKD kan jou vra om bykomende inligting te verstrek voor hulle 'n klagte kan ondersoek.
Indien jy persoonlik na die OKD-kantoor kom, moet jy die gevallewerker of -ontleder raadpleeg.
Regsraamwerk
Wet op die Suid-Afrikaanse Polisiediens, 1995
Diensstandaard
Klagteverwerking:
Erkenning van besoek deur die kliënt kan vyf minute duur.
Wagtyd vir 'n onderhoud met die gevallewerker of -ontleder kan 30 minute duur.
Geskrewe erkenning van ontvangs van 'n klagte kan 30 dae neem.
n Vorderingsverslag kan 30 dae neem.
n Finale verslag kan 90 dae neem.
Koste
Die diens is gratis.
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
