Aansoek om 'n klag in te dien van versuim deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens om slagoffers van gesinsgeweld by te staan of te beskerm
Beskrywing
Jy kan 'n klag by die Onafhanklike Klagtedirektoraat indien as jy meen dat enige lid van die Suid-Afrikaanse Polisiediens versuim het om gehoor te gee aan die bepalings van die Wet op Gesinsgeweld, 1998 . Enige belanghebbende persoon, slagoffer van gesinsgeweld of nie-regeringsorganisasie kan die klag indien. Sommige van die klagtes kan versuim insluit om:
die respondent te arresteer;
die klaer by te staan om 'n saak te open, geskikte huisvesting te vind, mediese behandeling te ontvang, die klaer te vergesel om persoonlike besittings te gaan haal, en enige gevaarlike wapen by die oortreder te konfiskeer;
die klaer oor opsies te adviseer, soos versuim om die klaer te adviseer om 'n kriminele klag te lê of om aansoek om 'n beskermingsbevel te doen, of beide; en om 'n dagvaarding om in die hof te verskyn op die respondent te beteken.
Gesinsgeweld word gepleeg wanneer 'n persoon met wie jy in 'n gesinsverhouding staan, die volgende doen:
jou fisies of seksueel mishandel; byvoorbeeld deur jou aan te rand of te verkrag;
jou verbaal, emosioneel of sielkundig mishandel, byvoorbeeld deur jou aan mondelinge beledigings, dreigemente of herhaalde voorvalle van oormatige jaloesie te onderwerp;
jou teister, byvoorbeeld deur herhaaldelik lastige telefoonoproepe na jou te maak, briewe of voorwerpe aan jou te stuur of jou bewegings dop te hou;
jou perseel sonder jou toestemming betree;
jou ekonomies of finansieel mishandel, byvoorbeeld wanneer 'n eggenoot of metgesel daarop aandring om al die besluite oor geld te neem, of weier om te betaal vir kos, skoolgeld, ensovoorts;
jou intimideer, byvoorbeeld deur te dreig om jou dood te maak as jy na die polisie wil gaan;
jou eiendom beskadig, byvoorbeeld jou deur jou klere te verbrand, die meubels te beskadig of jou motorbande stukkend te sny;
n bestaande geldige beskermingsbevel nie nakom nie;
enige ander wangedrag openbaar wat jou veiligheid, gesondheid of welstand bedreig.
Vir meer inligting, gaan na die Onafhanklike Klagtedirektoraat
Stappe om te volg
Dien persoonlik 'n klag in, bel, of stuur 'n brief of e-pos aan enige OKD-kantoor.
As klaer moet jy 'n registrasievorm van die Wet op Gesinsgeweld invul.
Verstrek die volgende inligting aan die OKD:
n Verklaring oor wat gebeur het
Naam en kontakbesonderhede van die slagoffer en/of klaer
Naam en rang van die verdagte polisiebeampte
Naam van die polisiestasie
Polisiesaaknommer, indien enige
Datum, tyd en aard van versuim ten opsigte van die Wet op Gesinsgeweld, 1998
Besonderhede van ooggetuies, indien enige
Regsraamwerk
Wet op Gesinsgeweld, 1998 , Artikel 18
Nasionale Instruksies oor Gesinsgeweld: 7/1999
Diensstandaard
Wagtyd vir onderhoud - 30 minute
Geskrewe erkenning van ontvangs van klagte - binne 30 dae
Vorderingsverslag - binne 30 dae
Finale verslag - binne 90 dae
Koste
Hierdie diens is gratis.
Vorms om in te vul
Registrasievorm van Wet op Gesinsgeweld
Kontakbesonderhede
