Aansoek om 'n plaaslike visvaartuiglisensie
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing
Plaaslike visvaartuie verwys na 'n vaartuig wat onder 'n Suid-Afrikaanse vlagstaat geregistreer is en waarvoor 'n veiligheidsertifikaat van die Suid-Afrikaanse Maritimeveiligheidsowerheid South African Maritime Safety Authority en 'n vaartuiglisensie van die Departement van Omgewingsake en Toerisme uitgereik is. Die visvaartuig moet:
ten volle deur een of meer Suid-Afrikaanse persone beheer word ten volle besit en beheer word deur enige korporatiewe liggaam, vereniging, of ander genootskap van persone wat of vasgestel ingevolge die wette van die Republiek van Suid-Afrika geïnkorporeer of opgerig is en waarvan die meerderheid aandele en stemreg deur Suid-Afrikaanse persone beheer word.
n Plaaslike visvaartuig is gewoonlik toegerus om vir vis- of verwante aktiwiteite gebruik te word. Die vaartuig sluit alle gerei, toerusting, bergplek, vrag en brandstof aan boord in. 'n Plaaslike visvaartuig kan enige vaartuig insluit wat een of meer vaartuie op see bystaan in die uitvoering van enige aktiwiteit wat met visvang te doen het. Dit kan die volgende insluit, maar word nie daardeur beperk nie:
voorbereiding voorraad berging verkoeling vervoer of prosessering; en/of direkte betrokkenheid by visaktiwiteite binne die eksklusiewe ekonomiese sone of internasionale waters onder die vlag van die RSA.
Geen persoon mag 'n visvaartuig of enige ander vaartuig gebruik om enige reg tot toegang uit te oefen nie tensy 'n lisensie daarvoor uitgereik is, met 'n ooreenstemmende permit indien die vaartuigeienaar 'n visvangsregtehouer is. Waar die vaartuigeienaar nie 'n visvangsregtehouer is nie, moet daar 'n kontrak bestaan om genoemde vaartuig te mag gebruik.
Bo
Stappe om te volg
Die visvaartuig se seewaardigheid moet getoets word en SAMSA moet 'n veiligheidsertifikaat uitreik.
Kry 'n aansoekvorm by die Departement van Omgewingsake en Toerisme.
Jy moet 'n visvangsregtehouer wees . Indien die eienaar van die vaartuig nie 'n visvangsregtehouer is nie, moet 'n kontrak wat aandui dat die vaartuigeienaar die genoemde vaartuig mag gebruik, saam met jou aansoek om 'n vaartuiglisensie voorgelê of ingesluit word.
Gee die aansoekvorm by die Departement van Omgewingsake en Toerisme in saam met die volgende inligting:
die naam van die vaartuig die naam van die vaartuigeienaar die soort krag en lengte van die vaartuig die perdekrag en kapasiteit van die vaartuig die visvangsektor waarin die vaartuig ontplooi gaan word die vlagstaat waaronder die vaartuig tans geregistreer is .
Dui die tydsduur en aansoek om die visvangsektor waarin die vaartuig ontplooi gaan word, aan.
Vul die vorm in hoofletters en drukskrif in en verskaf 'n geskrewe motivering waar nodig.
Bo
Regsraamwerk
Wet op die Beskerming van Seevoëls en Robbe
Wet op Seevissery, 1988
Strandwet, 1935
Bo
Diensstandaard
As die aansoek korrek voorgelê is, kan dit drie of meer werksdae neem om te verwerk.
Bo
Koste
Die fooi hang van die lengte van die vaartuig af.
