Aansoek om 'n magtigingsbrief vir 'n motorvoertuig
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing
Jy moet 'n magtigingsbrief kry indien jy van plan is om:
n nuwe of gebruikte motorvoertuig, vragvoertuig of sleepwa na Suid-Afrika in te voer n motorvoertuig te bou of te verander.
Die magtigingsbrief moet verkry word ongeag of die motorvoertuig in Suid-Afrika of in die buiteland gebou is. Soorte voertuie waarvoor 'n magtigingsbrief vereis word, is:
motors, busse en motorfietse vragvoertuie sleepwaens spesiale voertuie, soos mobiele hyskrane, trekkers en stropers.
Alle motorvoertuie, ongeag of hulle in Suid-Afrika vervaardig of hierheen ingevoer is, moet voldoen aan die motorvoertuigvereistes soos uiteengesit in die Wet op Nasionale Padverkeer, 1996. Invoerders moet bewys lewer dat die betrokke voertuig voldoen aan die vereistes wat deur die Suid-Afrikaanse Buro van Standaarde neergelê is.
Bo
Stappe om te volg
Vul die aansoekvorms in en heg die volgende aan:
kopie van identiteitsdokument magtigingsbrief in die geval van 'n maatskappy of organisasie beëdigde verklaring oor die ombouing, wat by die Suid-Afrikaanse Polisiediens afgelê is en die volgende inligting bevat: die enjin- en onderstelnommers, volle besonderhede van die werk wat uitgevoer is, en die bron van hoofkomponente klaringsertifikaat van die Suid-Afrikaanse Polisiediens padwaardigheidsertifikaat weegbrugsertifikaat twee foto's van die motorvoertuig.
Betaal die voorgeskrewe fooi.
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
Die magtigingsbrief behoort binne vier tot ses dae gereed te wees.
Bo
Koste
