Attestering van amptelike dokumente en eindgebruikersertifikate
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing
Die attestering of waarmerking van dokumente is 'n proses waarin handtekeninge geverifieer word, en beteken dat amptelike dokumente onderteken en van 'n seël voorsien word, en dat een van twee sertifikate daarby aangeheg word: óf 'n apostilsertifikaat , óf 'n egtheidsertifikaat .
attesteer amptelike openbare dokumente wat binne Suid-Afrika verly is vir gebruik buite die Republiek van Suid-Afrika by wyse van 'n apostilsertifikaat of 'n egtheidsertifikaat verskaf riglyne oor hoe om die regte handtekeninge of dokumente te bekom aan kliënte verstrek inligting per telefoon, pos of e-pos aan kliënte.
Suid-Afrikaanse verteenwoordigers in die buiteland kan amptelike dokumente slegs attesteer indien die dokumente eerste deur die betrokke buitelandse outoriteit of die Departement van Buitelandse Sake se attesteringsafdeling geattesteer is. Suid-Afrikaanse verteenwoordigers kan nie apostilsertifikate uitreik nie; net egtheidsertifikate.
Bo
Stappe om te volg
Stel in die eerste plek vas watter dokument jy wil laat attesteer.
Die attesteringsafdeling kan die betrokke attestering of apostilsertifikaat uitreik indien die volgende reëls nagekom is:
Die dokument is hoogstens een jaar oud.
Jy moet aan die attesteringsafdeling sê in watter land die dokument gebruik gaan word sodat vasgestel kan word of 'n apostil- of 'n egtheidsertifikaat uitgereik moet word.
Voordat die attesteringsafdeling die betrokke attesterings- of apostilsertifikaat kan uitreik, moet die dokument geattesteer word deur:
n landdros, addisionele landdros of assistent-landdros n griffier of assistent-griffier van die hoër hof van Suid-Afrika.
Dien die onderstaande dokumente op een van die volgende maniere by die attesteringsafdeling in:
Persoonlik - Dokumente wat persoonlik ingehandig is, kan slegs met 'n ontvangsbewys afgehaal word. 'n Ontvangserkenning word aan jou gegee wanneer jy jou dokumente inhandig.
Per koerier - Daar sal 'n afhalingstrokie aan die koerier gegee word, en hierdie strokie moet getoon word wanneer die dokumente afgehaal word. Jy moet die koerier ook betaal om jou dokumente weer aan jou terug te besorg.
Per geregistreerde pos of spoedpos - Sluit 'n selfgeadresseerde, voorafbetaalde A4-koevert in sodat die attesteringsafdeling die dokumente aan jou kan terugstuur. 'n Dekbrief, met inligting oor die getal dokumente wat geattesteer moet word, die land waarvoor die attestering nodig is, en al jou kontakbesonderhede, moet die dokumente vergesel.
Via die Suid-Afrikaanse verteenwoordiger in die buiteland .
Die volgende dokumente word nie aanvaar nie:
verkorte dokumente of rekenaardrukstukke gewaarmerkte kopieë van huwelik-, geboorte- en doodsertifikate en klaringsbewyse gewaarmerkte kopieë van huwelikstaatsertifikate of bewys van burgerskap gewaarmerkte kopieë van reisdokumente of identiteitsdokumente dokumente wat deur kommissarisse van ede as ware kopieë van die oorspronklike dokumente gewaarmerk is. 'n Notaris moet die dokumente waarmerk.
Die onderstaande dokumente hoef nie, soos hierbo bepaal, eers deur die hof geattesteer te word indien hulle deur onderteken is deur die owerheid wat hulle uitgereik het nie:
Onverkorte of volledige geboorte-, huwelik- en/of doodsertifikate en briewe wat 'n individu se burgerskapstatus bevestig, mits hulle onderteken en gestempel is deur die werknemer van Buitelandse Sake wat daartoe gemagtig is.
Aannemingsdokumente wat deur die Registrateur van Aannemings by die Departement van Justisie onderteken en gestempel is.
Uitvoerdokumente wat deur 'n kamer van koophandel onderteken en gestempel is.
Sertifikate van opvoedkundige kwalifikasies wat deur die daartoe gemagtigde werknemer by die Departement van Onderwys onderteken en gestempel is.
Polisieklaringsbewyse wat deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens se Sentrum vir Kriminele Rekords onderteken en gestempel is .
Brief van geen beletsel wat deur die daartoe gemagtigde werknemer by Buitelandse Sake onderteken en gestempel is.
Registrasie van 'n maatskappy wat deur die Registrateur van Beslote Korporasies onderteken en gestempel is.
Mediese sertifikate wat deur die daartoe gemagtigde beamptes by die Raad vir Gesondheidsberoepe onderteken en gestempel is.
Dokumente wat op die vervoer van lewende hawe, met inbegrip van troeteldiere, betrekking het, moet deur 'n daartoe gemagtigde staatsveearts onderteken en gestempel wees.
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
Openbare ure is van Maandag tot Vrydag, 08:30-12:30
Die attesteringsafdeling sal sewe dae kennis gee in die geval van sluiting op 'n dag wat nie 'n openbare vakansiedag is nie.
Bo
Koste
Daar word geen fooie vir die verwerking van dokumente gehef nie.
Bo
Vorms om in te vul
Geen vorms hoef ingevul te word nie, maar dui altyd aan in watter land jy die dokumente gaan gebruik.
Bo
Kontakbesonderhede
