DOEL VAN HIERDIE BROSJURE
Hierdie brosjure sal jou help om :
meer te wete te kom oor skoon water en afvalwater (riool) in pype meer te wete te kom oor die geïntegreerde waterlekkasieprojek jou waterverbruik te verminder meer te wete te kom oor basiese dienste, skoon water en afvalwater (riool)
die rekening vir jou water en afvalwater (riool) te bereken waterlekkasies te identifiseer jou watermeter te lees jou waterlekkasies reg te maak jou waterverbruik te verminder die Stad se verantwoordelikhede en waterdienste se verantwoordelikhede te verstaan jou eie verantwoordelikhede te verstaan
Hierdie boek behoort aan ... standplaas of erfnommer ... in ... 
HOE SKOON WATER AAN JOU EIENDOM VOORSIEN WORD
Reënwater word in damme opgegaar, in waterbehandelingsaanlegte behandel om dit drinkbaar te maak en dan deur opgaardamme en waterpypleidings na jou blyplek vervoer.
HOE AFVALWATER (RIOOL) VAN JOU EIENDOM WEGVLOEI
Die water wat uit jou opwasbak, toilet, stort, bad en ander sanitêre ware wegvloei, word afvalwater of riool genoem. Dit vloei deur pype en word by waterbehandelingsaanlegte behandel. Die water wat van hierdie aanlegte (behandelde afvalwater) wegvloei, vloei terug in riviere en in die see.
WAAROM SKOON WATER EN AFVALWATER (RIOOL) GELD KOS
Dit kos alles geld om die damme, pypleidings, waterbehandelingsaanlegte en opgaardamme te bou en in stand te hou - dit is waarom gebruikers vir water- en afvalwater-(riool)dienste moet betaal.
WIE IS VIR SKOON WATER EN AFVALWATER-(RIOOL)DIENSTE IN JOU GEBIED VERANTWOORDELIK?
Die departement van waterwese en bosbou is vir die damme verantwoordelik alhoewel die Stad sommige van sy eie damme besit. Die Stad Kaapstad se departement van waterdienste is verantwoordelik daarvoor om te verseker dat water- en afvalwater-(riool)dienste aan jou gelewer word.
Baie inwoners van Kaapstad gebruik baie meer water as wat hulle behoort te gebruik. Dit mors water en geld. Projekte word aangepak om hierdie uitdagings die hoof te bied. Hierdie projek is gerig op die spesifieke uitdagings in arm gemeenskappe soos joune waar die munisipale waardasies oor die algemeen minder as R100,000 is. Die projek is daarop gerig om water te bespaar om water- en afvalwater-(riool)rekenings minder te maak deur jou te bemagtig om jou waterlekkasies te identifiseer en reg te maak en vermorsing te verminder. Dit skenk aandag aan alle aspekte, onder meer die maatskaplike, regulerende, kommersiële en tegniese aspekte.
WAAROM WORD DAAR SO BAIE WATER GEBRUIK?
Die vernaamste redes vir die hoë waterverbruik is:
waterlekkasies mense wat water mors
JY KAN MINDER WATER GEBRUIK As jy:
leer hoe om jou loodgieterswerk in 'n goeie toestand te hou die afsluitkraan toedraai sodra jy 'n lekkasie gewaar die lekkasie regmaak weet hoeveel water jy gebruik omdat jy jou meter gereeld lees ophou om onnodig water te gebruik.
Dan sal jy:
baie water bespaar jou water- en rioolrekening minder maak sodat jy dit kan bekostig die behoefte aan nuwe damme, waterbehandelingsaanlegte, opgaardamme en pypleidings verminder en dus al die inwoners van Kaapstad 'n klomp geld spaar.
HOE DIE PROJEK GAAN WERK
As jy die eienaar van 'n eiendom is, is jy daarvoor verantwoordelik om jou loodgieterswerk in 'n goeie toestand te hou en waterlekkasies op jou eiendom reg te maak. Die mense wat op die eiendom bly, of dit die eienaar of huurder is, is daarvoor verantwoordelik om te verseker dat hulle slegs die water gebruik wat hul nodig het en wat hul kan bekostig.
Gedurende die duur van hierdie projek sal alle huishoudelike lekkasies egter gratis reggemaak word. Hierdie is 'n eenmalige geleentheid. Na die projek is dit weer jou eie verantwoordelikheid.
Opgeleide gemeenskapskakelbeamptes gaan jou huis besoek om jou te help om vas te stel of daar waterlekkasies is, hoe om jou meter te lees, hoe om jou loodgieterswerk in 'n goeie toestand te hou en hoe om jou waterverbruik te verminder tot soveel as wat jy nodig het en kan bekostig.
n Gemeenskapskakelbeampte sal jou besoek
Daarna sal loodgieters wat beperkte loodgieters genoem word omdat hulle kort opleiding gehad het, jou waterlekkasies regmaak. Sommige van hierdie opgeleide beperkte loodgieters sal gehelp word om klein besighede te begin sodat hulle in die toekoms ook waterlekkasies kan regmaak teen pryse wat jy kan bekostig. Deur net die hoeveelheid water te gebruik wat jy nodig het en kan bekostig en deur jou rekening elke maand te betaal, sal jy 'n waterwyse gebruiker word. Ons verduidelik later hoe jy nie 'n sent hoef te betaal as jy minder as 11 kiloliter water per maand gebruik nie!
GRATIS BASIESE SKOON WATER EN AFVALWATER-(RIOOL)DIENSTE
Elke maand word 6 000 liter (6 kiloliter) skoon water aan jou voorsien en 4 200 liter (4,2 kiloliter) afvalwater (riool) gratis weggevoer ooreenkomstig nasionale beleid.
DEERNISTOELAE As die munisipale waarde van jou eiendom minder as R100,000 is, word daar nog 'n R20­deernistoelae op jou rekening gekrediteer.
Teen die huidige tariewe is die water- en rioolrekening vir 11 kiloliter water R20, 01 BTW ingesluit. As jy op 'n eiendom woon met 'n munisipale waarde van minder as R100 000 beteken dit jy kan 11 kiloliter water gebruik en net 1 sent vir water en riool betaal.
HOE DIE HOEVEELHEID AFVALWATER (RIOOL) BEREKEN WORD
Die verwydering van afvalwater (riool) word bereken as 70% van die verbruik tot 'n maksimum van 28 kiloliter per maand (70% van 40 kiloliter). Dit beteken dat vir enige waterverbruik van meer as 40 kiloliter per maand is daar geen bykomende koste vir die verwydering van afvalwater (riool) nie.
TARIEWE Die koste van water en afvalwater (riool) word volgens bloktariewe bereken. Hoe meer water jy gebruik en hoe meer afvalwater (riool) jy laat verwyder, hoe meer betaal jy per kiloliter (kl). Hou die tabelle hieronder op datum met die huidige tariewe. Die tariewe verander gewoonlik op 1 Julie elke jaar.
-6 R0,00 6-12 R2,39 12-20 R5,10 20-40 R7,55 40-50 R9,33 Meer as 50 R12,31
AFVALWATER-(RIOOL) BLOKTARIEWE (PER kl):
Meer as 28 R0,00
opgeleide beperkte loodgieters sal gehelp word om klein besighede te begin sodat hulle enige waterlekkasies in die toekoms kan regmaak teen pryse wat jy kan bekostig!
HOE OM TE BEREKEN HOEVEEL JOU WATER- EN AFVALWATER-(RIOOL) REKENING IS
Voorbeeld: waterverbruik van 30 kl oor 'n tydperk van 32 dae
Die tariefblokke verander afhangende van die tydperk tussen meterlesings. Omdat die tydperk tussen meterlesings meer as een maand is (365 dae ÷ 12 maande = gemiddelde van 30,417 dae per maand) in hierdie geval, sal die blokke in die verhouding 32 ÷ 30,417 vermeerder.
Watertariefblokke vir 32 dae
Riooltariefblokke vir 32 dae
Voorbeeld: waterverbruik van 20 kl oor 'n tydperk van 29 dae
Die tariefblokke verander afhangende van die tydperk tussen die meterlesings. Omdat die tydperk tussen die meterlesings minder as 'n maand is 365 dae ÷ 12 maande = gemiddelde van 30,417 dae per maand in hierdie geval, verminder die blokke in die verhouding 28 ÷ 30,417.
Watertariefblokke vir 29 dae
Riooltariefblokke vir 29 dae
LEKKASIES WAT JY KAN SIEN EN HOOR In die meeste gevalle kan jy waterlekkasies hoor of sien. Jy kan sien as 'n kraan of pyp drup. 'n Toiletspoelbak wat gedurig lek, maak 'n geraas.
IDENTIFISEER LEKKASIES WAARVAN JY NIE BEWUS IS NIE Sommige lekkasies is moeilik om te sien, bv. 'n stadige lek in die toiletbak. As jy goed kyk, sal jy dit egter sien. Dan is daar die ondergrondse of onsigbare lekkasies. Jy kan vasstel of hierdie waterlekkasies bestaan deur die watermeter te gebruik.
Draai al die krane toe en sê vir almal in die huis om nie water te gebruik voordat jy nie vir hulle sê om dit te doen nie.
Wag vir 30 minute om seker te maak dat die geiser en die toiletspoelbakke vol is.
Lees die meter. As die rooi nommertjies beweeg, is daar 'n waterlekkasie.
As daar 'n baie stadige lekkasie is, sal die kleinste rooi lettertjie baie stadig beweeg. Jy sal dit slegs raaksien as jy vir 'n hele paar uur nie water gebruik nie. As daar 'n ondergrondse lekkasie is, kry 'n opgeleide of beperkte loodgieter om dit te kom regmaak.
LEER HOE OM JOU WATERMETER TE LEES
Indien die watermeter gesluit is, kan die munisipaliteit dit met 'n meterbokssleutel oopsluit. Die belangrikste ding is om te verstaan wat die nommer op die watermeter beteken. Die diagram hieronder wys jou hoe om die digitale en wyserplaatmeter te lees. Die Stad lees elke maand die meter. Die waterverbruik word bereken deur die vorige maand se lesing 
an die huidige maand an die huidige maand SKAT JOU MAANDELIKSE WATERVERBRUIK As jy wil skat wat jou maandelikse verbruik waarskynlik sal wees, lees die meter 7 dae uit mekaar uit. Skat die maandelikse verbruik = 7 dae verbruik x 30,417 dae ÷ 7 dae. As jy dink jou verbruik gaan te hoog wees, doen dadelik iets om dit te verminder want jou rekening gaan te hoog wees. So kan jy baie water en geld spaar.
HERSTEL WATERLEKKASIES As jy 'n bietjie opleiding gehad het, is dit maklik om waterlekkasies reg te maak. As jy geen opleiding gehad het nie, is dit beter om 'n opgeleide of beperkte loodgieter te kry. Maak seker dat jy die afsluitkraan (die kraan wat die hoofwatertoevoer na jou eiendom afsluit) toedraai voordat jy enige waterlekkasies regmaak. Jy moet in elk geval die afsluitkraan toedraai sodra daar 'n lekkasie is sodat jy nie water mors en aan die einde van die maand 'n hoë water- en afvalwater-(riool)rekening kry nie.
LEKKENDE KRANE
Die kraan drup gedurig alhoewel dit toegedraai is. Gewoonlik moet die wasser in hierdie geval vervang word. Verskillende stappe word gevolg as jy 'n koper- of plastiekkraan het. Stappe om 'n kraanwasser te vervang is:
Draai die eiendom se afsluitkraan toe.
Draai die kraan heeltemal oop.
Skroef die hulsel los (koperkrane).
Skroef die spoel los.
Verwyder die wasser.
Let wel: Maak seker jy het die regte grootte wasser vir die kraan.
Pas die wasser.
Sit die spoel weer terug.
Draai die hulsel weer vas (koperkrane).
Draai die kraan toe, draai die afsluitkraan vir watervoorsiening oop en kyk weer of dit nog lek.
LEKKENDE TOILETSPOELBAKKE
Maak seker jy verstaan die verskil tussen die vervaardigers se verskillende make voordat jy probeer om 'n toiletspoelbak reg te maak. Indien jy twyfel, kry 'n opgeleide of beperkte loodgieter. Draai die afsluitkraan op die eiendom toe voordat enige herstelwerk gedoen word.
Verkeerde regstelling van die vlotterarm
Water vloei oor die oorloop omdat die vlotterarm te hoog opgestel is. Wees versigtig om nie die plastieksok te breek wat in die vlotterklep pas nie. Hou die vlotterarm met een hand vas terwyl jy die kant met die vlotter (bal) liggies afdruk. Om te verseker dat jy nie die plastieksok breek nie, haal die hele vlotterarm af deur die vlotterklep los te skroef. As daar nie 'n stelmoer aan die arm is nie, draai die moer om die vlotter te laat sak.
Vlotterarm is weg
Water vloei aanhoudend deur die vlotterklep. Vlotterarms van verskillende vervaardigers verskil, dus moet jy verseker dat jy die regte vlotterarm het. Plaas die regte vlotterarm in posisie en sit die splitpen in.
Vervang 'n vlotterwasser
Water vloei deur die vlotterklep selfs al word die arm vasgehou in die posisie wat die vlotterklep behoort te sluit. Verskillende vervaardigers gebruik verskillende meganismes. Vat die vlotterklep saam as jy 'n vlotterwasser gaan koop om te verseker jy kry die regte een. Die verskaffer kan die nuwe wasser vir jou by die winkel insit.
Vlotterwasser is weg
Maak seker jy vervang die vlotterklep met die regte een vir die soort spoelbak.
Spoelklepwasser het verweer
Water loop in die toiletbak in selfs al is die watervlak onder die oorlooppyp. Verwyder die spoelklep deur die deel vas te hou wat aan die spoeltenk vas is en draai die boonste kant van die spoelklep. Maak seker jy breek nie die meganisme nie. Moenie baie krag gebruik nie. As jy nie die boonste kant van die spoelklep kan verwyder nie, kry 'n opgeleide of beperkte loodgieter. Haal die ou wasser uit en vervang dit met 'n nuwe een. Maak seker jy het die regte wasser vir die spesifieke soort spoeltenk. Soms word hierdie soort lek nie deur die wasser veroorsaak nie, maar omdat daar vuiligheid of die een of ander voorwerp in is, veroorsaak dit dat die wasser nie reg pas nie. Maak die area skoon en sit weer die top van die spoelklep terug.
Lekkasie by die las tussen die spoelbak en die spoelklep
Water drup op die vloer uit die las tussen die spoelbak en die vlotterklep. Die watervlak is dus nooit hoog genoeg om die vlotterklep te laat sluit nie en die water loop aanhoudend. Maak eers die houermoere styf vas. Draai eers met die hand en draai dan liggies met 'n moersleutel. Moenie dit te styf vasdraai nie. As dit aanhou lek, verwyder die vlotterklep deur die houermoere los te skroef, vervang die wasser wat tussen die vlotterklep en die spoeltenk is en maak dit dan weer vas.
As die lekkasie nog steeds daar is nadat jy probeer het om die waterlekkasie reg te maak, moet jy altyd 'n opgeleide of beperkte loodgieter ontbied.
maak seker jy maak nie die houermoere te styf vas nie!
HOE OM MINDER WATER TE GEBRUIK Skottelgoedwas
Wasbak
Moet nooit jou tande borsel of hande, borde en bakke, ens. onder 'n lopende kraan was nie. Gebruik altyd 'n prop of vang die afvalwater op om weer te gebruik.
Moet nooit 'n kraan onnodig laat loop nie.
Kyk gereeld of daar water uit krane drup, want 'n lekkende kraan 1 druppel per sekonde kan tot 30 l water per dag mors - dit is gelykstaande aan 10 000 l per jaar!
Vervang kraanwassers gereeld en sit 'n kraanspuit in om die vloei van die water te beperk en te versprei. Dit bespaar water hoewel dit vir jou voel asof jy dieselfde hoeveelheid water gebruik.
Moet nooit 'n toilet onnodig spoel nie (as dit geel is, los dit; as dit bruin is, spoel dit weg).
Gebruik altyd waterbesparingstoestelle in spoelbakke om die hoeveelheid water wat spoel te verminder.
Kyk gereeld of die toilet se spoelmeganismes waterdig is, of die oorloop binnekant reg is en herstel foute dadelik.
buiten skottelgoedwasser
Probeer om net een of twee keer per dag skottelgoed te was.
Tuin/buitekant
Gebruik so ver as moontlik stort-, bad- en skottelgoedwater vir jou tuin.
Op die dae wat jy die tuin mag natlei, moenie dit tussen 10:00 en 17:00 doen nie.
Gebruik 'n deklaag in die tuin om water in die grond terug te hou.
Moenie jou motor met 'n tuinslang was nie, gebruik twee emmers.
Bad en stort
Stort vir ongeveer 3 minute, gebruik 'n waterwyse stortkop en vang soveel water as moontlik op om in die toilet te gebruik.
Moet nooit baie water in die bad tap nie, deel die badwater met iemand en gebruik dit dan om die toilet te spoel en die tuin nat te maak.
Wasmasjien
Gebruik die wasmasjien slegs op volle lading.
Geiser
Kyk gereeld of jou geiser se oorloop reg is en maak foute dadelik reg.
As jy jou tuin natmaak en 'n stort en bad gebruik, gaan dit moeilik wees om minder as 11 kl water per maand te gebruik."
STAD KAAPSTAD EN WATERDIENSTE SE VERANTWOORDELIKHEDE
Om damme en infrastruktuur te bou wat water van die groot damme ver weg van die Stad tot by jou voordeur vervoer.
Om voorsiening te maak vir waterbehandeling en dus te verseker dat die water wat jy uit jou kraan tap, skoon en veilig is om te drink en vir kook- en wasdoeleindes gebruik kan word.
Om op 'n gereelde grondslag water- en riooldienste, binne redelike perke, aan jou te verskaf.
Om die tyd te verminder wat dienste stilstaan as gevolg van herstelwerk aan gebarste en lekkende munisipale waterpype en versperde munisipale rioolpype.
Om die waterstelsel teen 'n voldoende druk in stand te hou.
Om jou watermeter elke maand akkuraat te lees.
Om 'n akkurate rekening aan jou te stuur.
WAAR OM JOU WATER- EN AFVALWATER-(RIOOL)REKENING TE BETAAL
Jy kan jou water en afvalwater-(riool)rekening by die volgende plekke betaal:
Jou plaaslike munisipale kantoor n Plaaslike munisipale kantoor waar jy werk, inkopies of sake doen
By enige tak van ABSA bank, rekeningnommer 4056584569, takkode 631609. Jou nege­syfer-kontrakrekeningnommer moet op die depositostrokie geskryf word. Neem altyd jou rekening saam as jy betaal en hou die kwitansie by jou.
JOU VERANTWOORDELIKHEDE Meld alle navrae en probleme by die Stad se oproepsentrum by 086 010 3089 aan. Dit sal die Stad en waterdienste help om 'n beter diens aan jou te lewer. Meld probleme en navrae met jou meterlesing waterverbuik en rekening by die Stad se oproepsentrum by 086 010 3089 aan.
Meld die volgende by die waterblitslyn by 086 010 3054 aan:
gebarste waterpype en waterlekkasies aan die Raad se kant van die watermeter en in die straat riooloorloop en versperrings wat nie op privaat eiendom voorkom nie lae waterdruk n Oproep na hierdie nommers kos dieselfde as 'n plaaslike oproep. Dit is nie 'n selfoonnommer nie. Jy kan ook hierdie probleme by die plaaslike munisipale kantoor aanmeld.
Doen die volgende op jou eiendom:
Hou jou loodgieterswerk in 'n goeie toestand.
Maak seker dat jy waterlekkasies op jou eiendom stop sodra dit voorkom deur die afsluitkraan toe te draai.
Herstel waterlekkasies so gou as moontlik op jou eie koste.
Beheer waterlekkasies deur dikwels jou watermeter te lees.
Verminder jou waterverbruik deur net soveel te gebruik as wat jy nodig het.
Verminder die hoeveelheid water wat jy verbruik sodat jy 'n rekening kry wat jy kan bekostig.
Werk saam met waterdienste om water- en afvaldienste vir jou gemeenskap te laat werk.
Betaal vir die dienste bo die gratis basiese water en betaal die deernistoelae van R20.
Moenie vreemde voorwerpe, gebruikte olie en benodigdhede in die rioolstelsel afspoel nie.
Moenie oppervlakte/reënwater in die rioolstelsel uitstort nie.
Maak seker dat die watermeter en die rioolgrenskamer altyd toeganklik is.
KOM ONS WORD ALMAL WATERWYSE VERBRUIKERS ...
Jy sal 'n waterwyse verbruiker wees as jy:
slegs soveel water gebruik as wat jy nodig het die afsluitkraan toedraai sodra jy 'n waterlekkasie sien slegs die afsluitkraan oopdraai as jy water nodig het; moenie toelaat dat water aanhoudend lek nie. Dit is 'n vermorsing.
die waterlekkasie so gou as moontlik regmaak net soveel water gebruik as wat jy kan bekostig jy jou water- en rioolrekening elke maand betyds betaal.
As jou munisipale eiendomswaarde minder as R100,000 is en jy gebruik altyd minder as 11 kiloliter water per maand, hoef jy nie 'n sent te betaal nie!
Werk saam met waterdienste om water- en afvalwater(riool)dienste vir jou gemeenskap te laat werk.
HOU 'N REKORD VAN JOU WATERVERBRUIK
Teken die datum aan (kolom 1).
Lees die meter - al die syfers, swart en rooi (kolom 3).
Lees die meter 'n paar dae later, verkieslik 7 dae (1 week), op ongeveer dieselfde tyd van die dag.
Teken die datum aan.
Bereken en teken in kolom 2 die getal dae sedert die vorige lesing aan.
Bereken en teken in kolom 4 die waterverbruik vir die tydperk aan = verskil tussen die huidige en vorige lesing in kolom 3.
Bereken en teken in kolom 5 die geskatte maandelikse verbruik aan = kolom 4 x 30.417 ÷ kolom 2. (Die gemiddelde getal dae in 'n maand is 365 dae in 'n jaar ÷ 12 maande = 30.417). Let wel: rond die verbruik tot die naaste kiloliter af.
Bereken die geskatte rekening deur die stappe te volg in "Hoe om jou water- en afvalwater(riool)rekening te bereken". Let daarop dat omdat dit 'n geskatte maandelikse rekening is (30.417 dae), die tariefblokke nie aangepas hoef te word nie.
Let wel: gebruik 'n tydperk van 7 dae om die beste skattng te kry.
As jou waterverbruik te hoog is, doen onmiddellik stappe om dit te verminder.
Gebruik hierdie om 'n rekord te hou van jou waterverbruik:
Sny uit
WATERBLITSLYN BY
STAD SE
OPROEPSENTRUM
Sny uit
