Reaksie op besetting van grond
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing
Staatsgrond en grond in privaat besit kan onwettig beset word.
Die staat het 'n konstitusionele verpligting om te sorg - waar nodig en met die beskikbare bronne - dat dat daar voldoen word aan alle burgers se fundamentele reg op grond en/of behuising.In spesiale gevalle, waar besetting op groot skaal plaasvind, het die staat egter eweneens die plig om grondeienaars te help om hulle grond te beskerm.
In gevalle waar onwettige besetters van die grond af verwyder moet word en dit nie hulle fundamentele regte benadeel nie, moet die regeringsinstansie wat vir die staatsgrond verantwoordelik is, of die privaat eienaar, onverwyld by die hof aansoek doen om uitsetting in terme van die Wet op die Voorkoming van Onwettige Uitsetting en Onregmatige Besetting van Grond, 1998. Hierdie wet word tans deur die Departement van Behuising geadministreer.
Individue wat geen toegang tot landbougrond het nie kan by die Departement van Grondsake aansoek doen om bystand om geskikte landbougrond te bekom. Individue wat nie behuising het nie kan by die plaaslike munisipaliteit of, indien nodig, by die plaaslike of nasionale Departement van Behuising aansoek doen om bystand.
Die Departement van Grondsake sal:
by die hof aansoek doen om 'n uitsettingsbevel teen die onwettige besetters van staatsgrond wat onder sy beheer is mits die fundamentele regte van die onwettige besetters nie in die gedrang is nie mense wat enige staats- of privaat grond onwettige beset, en wat landbougrond nodig het maar geen toegang daartoe het nie, help om geskikte landbougrond te bekom ander regeringsgesag help om geskikte alternatiewe grond te bekom vir die onwettige besetters wat behuising nodig het waar nodig, en waar spesiale omstandighede bestaan, privaat eienaars van landbougrond wie se grond onwettig beset is, help om besetters op geskikte alternatiewe grond te hervestig.
Bo
Stappe om te volg
As privaat grond onwettig beset word sonder dat daar spesiale omstandighede bestaan, moet die grondeienaar die hof onmiddellik vra om 'n uitsettingsbevel ingevolge die Wet op die Voorkoming van Onwettige Uitsetting en Onregmatige Besetting van Grond, 1998 uit te reik.
As privaat grond onwettig beset word sonder dat daar spesiale omstandighede bestaan, kan die grondeienaar die Departement van Grondsake om hulp vra as die besetters die grond beset omdat hulle landbougrond nodig het.
As privaat grond onwettig beset word en daar wel spesiale omstandighede bestaan, kan die grondeienaar die plaaslike munisipaliteit van daardie gebied of, indien nodig, die provinsiale of nasionale Departement van Behuising om hulp vra as die besetters die grond beset omdat hulle behuising nodig het.
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
Die Departement het aanvanklik omtrent 14 dae nodig om geskikte alternatiewe grond te bekom. Weens onderhandelings met belanghebbers en goedkeuring deur die Minister kan dit egter twee tot drie maande neem om die proses af te handel.
Bo
Koste
Die koste verbonde aan die verkryging van geskikte alternatiewe grond verskil van geval tot geval. Faktore wat 'n rol speel, is die grootte van die gemeenskap waarvoor grond gevind moet word en die prys van grond in 'n bepaalde gebied.
Bo
Vorms om in te vul
Daar hoef geen vorms ingevul te word nie.
Bo
Kontakbesonderhede
