






HOME|YOUR LIFE|TOPICS|PUBLICATIONS |DIRECTORIES |YOUR GOVERNMENT|TENDERS|JOBS





Afrikaans
|
isiXhosa
|
About
|
Contact
|
Help
|
Advanced Search  |



 





Home > Publications > Public Information > K > Kwelvrae oor MIV en Vigs &gt Kan ek Daarop Aandring dat Iemand 'n MIV-toets moet Ondergaan Voordat ek Hom of Haar Aanstel?

Kan ek Daarop Aandring dat Iemand 'n MIV-toets moet Ondergaan Voordat ek Hom of Haar Aanstel?



Vraag: Ek begin volgende maand werk en het gerel dat 'n huiswerker vir my kom werk en my kinders van twee en vier oppas. Ek wil h dat sy 'n bloedtoets moet ondergaan voordat sy begin werk want ek is bekommerd daaroor dat sy dalk MIV kan h en dat my kinders dit kan opdoen. Hoe maak ek seker dat sy getoets word?

Antwoord: Selfs as iemand MIV-negatief toets voordat hulle begin werk, is dit moontlik dat hulle in die toekoms besmet kan raak. In Suid-Afrika is dit onwettig om daarop aan te dring dat iemand 'n MIV-toets moet ondergaan voordat hulle 'n werk aangebied word. Dit is ook onwettig om iemand af te dank net omdat hulle MIV-positief is.

Selfs as 'n persoon wat in diens is besluit om 'n MIV-toets te ondergaan, is hulle nie wetlik verplig om hulle werkgewer oor die uitslag in te lig nie. As hulle dit doen, is die werkgewer onder 'n verpligting om die inligting vertroulik te hou.

Enigeen wat besluit om getoets te word moet voor en na die toets berading kry. Die persoon moet ook 'n ingeligte toestemming-vorm teken voordat bloed vir die toets getrek kan word. In die praktyk beteken dit dat die persoon voor die toets gedoen word, oor MIV en vigs ingelig sal word, die risiko om positief getoets te word sal bespreek word en daar sal gepraat word oor hoe hulle dink hulle f 'n positiewe, f 'n negatiewe toets sal hanteer. Die berader sal bepaal hoekom die persoon getoets moet word en hom of haar inlig oor hulle wetlike regte. As die persoon MIV-positief sou toets, sal die berader maniere bespreek waarop hulle kan keer dat die virus aan ander mense oorgedra word.

Menseregteskendings het gebeur met werkgewers wat hulle werknemers vir bloedtoetse geneem het sonder dat ingeligte toestemming verkry is. Dit kom op 'n aanranding neer. Enige gesondheidsorgwerker wat voorts 'n werkgewer oor die werknemer se MIV-status inlig sonder daardie persoon se toestemming, sal skuldig wees aan die ernstige oortreding van die verbreking van vertroulikheid.

Baie mense is bekommerd oor die moontlikheid van MIV-besmetting vir hulle of hulle kinders. Dit is egter belangrik om te onthou dat MIV nie deur gewone, daaglikse kontak versprei word nie. As dit die geval was, sou amper almal van ons nou al positief gewees het, omdat ons gereeld in kontak is met mense wat die siekte onder lede het. MIV word op drie maniere oorgedra:
* onbeskermde seks met 'n besmette persoon
* 'n MIV-positiewe ma kan haar kind tydens swangerskap, geboorte of borsvoeding besmet
* blootstelling aan bloed wat met MIV besmet is.


Suid-Afrika het een van die veiligste bloedoortappingsdienste ter wreld. Ons kom ook selde in aanraking met ander mense se bloed. Vir 'n persoon om op di manier besmet te word, moet hulle 'n snyplek h waardeur die besmette bloed in hulle bloedstroom kan kom. Die meeste mense wat gevra word wanneer laas hulle op so 'n manier in kontak was met enigiemand anders se bloed, vind dat hulle nie die vraag kan beantwoord nie. Die beste manier om die verspreiding van die siekte te voorkom is deur jouself te bewapen met kennis en daarvolgens op te tree.

Sommige huiswerkers wat positief getoets is vir MIV, was in die voordelige posisie dat hulle hul werkgewers in hulle vertroue kon neem en steun kon kry. Di werkgewers besef dat mense met MIV ook broodwinners is, en dat dit die gehalte van hulle werk, eerder as hulle MIV-status is, wat belangrik is.


CONTENTS | < Previous Section | Next Section >


CONTENTS: Kwelvrae oor MIV en Vigs

* Hoe Vertel Ek My Dogter Van My MIV-status?
* Is Berading Nodig Voordat Mens 'n Vigstoets Ondergaan?
* Kan ek my Baba Borsvoed as ek MIV-positief is?
* Is dit Moontlik om deur Orale Seks met MIV Besmet te Word?
* Kan Mens Voorkom dat jy MIV-besmetting deur Orale Seks Opdoen?
* Wat Is Teen-retrovirale Terapie? Hoe Werk Dit?
* Hoekom Lyk dit of Swart Vroue in Suid-Afrika Meer Kwesbaar is vir MIV-besmetting as Enigeen Anders?
* Kan Mens deur Sosiale Kontak met MIV Besmet Word?
* Watter Bewyse is daar dat Goeie Voeding Deurlopend die Immuunrespons Verbeter?
* Kan ek Daarop Aandring dat Iemand 'n MIV-toets moet Ondergaan Voordat ek Hom of Haar Aanstel?
* Hoe kan ek my Vriendin Ondersteun wat met MIV en Vigs Leef?
* Hoe Verwerk ek 'n Vigssterfte?
* Wat Moet ek Oorweeg Voordat ek my MIV-positiewe Status aan Nabye Vriende en Familie Onthul?
* Hoekom Moet jy Altyd Kondome Gebruik Terwyl jy Teenretrovirale Middels Neem?
* Watter Raad en Berading oor MIV en Vigs is Beskikbaar vir Klein- en Mediumgrootte Ondernemings?
* Moet ek Alleen Gaan of Behoort ek my Seksmaat Saam met my te Neem vir 'n MIV-toets?
* Hoe Werk die Regering se TRV-program en Waar kan ek die Medisyne in die Hande Kry?
* My MIV-toets was in 1998 toe ek TB gehad het Positief. Behoort ek Nou met TRV's te Begin?
* Hoe Praat ek met my Kinders oor MIV en Vigs?
* Kan my Kinders Toevallig MIV Opdoen?
* Wat is die Kanse dat my Kind MIV en Vigs by die Speelskool kan Opdoen?





This content also available in English | Le nkcazelo iyafumaneka nangesi Xhosa



The content on this page was last updated on 10 January 2006



Don't understand government jargon or an acronym? Use the GLOSSARY.



| QUESTIONS? Just ask us: questions@capegateway.gov.za



Terms of Use | Privacy Policy | Copyright







Cape Gateway is a government service aimed primarily at citizens of the Western Cape, providing information on local, provincial and national government





