Hoe om vir 'n leerlingskap aansoek te doen indien jy werkloos is
Beskrywing n Leerlingskap is 'n leerprogram wat tot 'n beroepskwalifikasie lei. 'n Leerlingskap behels 'n leerprogram by 'n opleidingsentrum of kollege behels asook indiensopleiding. Voordat jy aan 'n leerlingskap kan deelneem moet 'n werkgewer bereid en in staat wees om die leerlingskap te verskaf.
Wie mag aansoek doen?
Enigiemand wat skool, kollege of universiteit voltooi het en werkloos is. Werklose individue moet by die Departement van Arbeid as werksoekers registreer.
n Leerlingskap is gratis. Elkeen wat gekies word om 'n leerlingskap te volg, ontvang 'n leerlingskaptoelae van die werkgewer.
Die duur van 'n leerlingskap verskil van sektor tot sektor, maar is gewoonlik nie korter as een jaar nie.
Vir meer inligting, besoek die Departement van Arbeid.
Stappe om te volg
Oorweeg die soort opleiding en werk wat jy graag wil hê. As jy byvoorbeeld van die buitelug hou, moet jy nie vir kantoorwerk aansoek doen nie.
Stel jou CV só op dat die volgende persoonlike inligting daarin voorkom:
Jou naam en geboortedatum
Opleiding: die skool wat jy bygewoon het, en jou kwalifikasies
Werksondervinding, name van vorige werkgewers en jou pligte by elkeen
Ander vaardighede soos rekenaarvaardigheid, en of jy 'n bestuurderslisensie het
Verwysings
Registreer as 'n werksoeker by jou naaste arbeidsentrum. Werkgewers sal jou besonderhede daar vind indien hulle 'n leerlingskap wil begin.
Skakel ? SETA om uit te vind watter werkgewers 'n leerlingskap aanbied. :
Vra familie en vriende om op die uitkyk te wees vir vakatures en lees die advertensies in koerante.
Bly in verbinding met jou arbeidsentrum en sorg dat jou besonderhede op datum bly, sou dit verander.
Regsraamwerk
Wet op Basiese Diensvoorwaardes, 1997 
Diensstandaard
Die duur van 'n leerlingskap wissel, maar dis gewoonlik nie korter as een jaar nie.
Koste
Die diens is gratis.
Vorms om in te vul
Doen by die Departement van Arbeid of jou naaste arbeidsentrum.
