Links: Met Tafelberg in die agtergrond, 'n lie.ike wit strand en 'n diepblou see, was die uitstappie op die strand kos vir 'n mens se siel
Bo: Wie het gesê dat die bordspel domino net binnenshuis gespeel kan word?
Adjunkdirekteur
Die personeel van die Biblioteekdiens het in Desember van heinde en ver gekom om die 2005 spanbousessie by Melkbos-oppie-see by te woon.
Die verrigtinge is deur Johan Swiegelaar, direkteur van die Wes-Kaapse Provinsiale Biblioteekdiens geopen met 'n oorsig van die strategiese rigting van die Diens, wat binne die raamwerk van die departementele stra-tegiese plan, sy eie strategiese plan opgestel het. Hy het ook kortliks die uitdagings wat in 2006 op ons wag, beskryf.
Met so 'n pragtige dag langs die see het almal wat kan loop op 'n 'beach walk' gegaan om die spinnerakke 'n bietjie los te skud. Na 'n ligte ontbyt is die verrigtinge voortgesit.
Liesel de Villiers het daarna die besigheidsplan vir die komende boekjaar van die Biblioteekdiens bekendge-stel en die spesi.eke doelwitte wat bereik moet word, verduidelik. Alle personeel is dus eerstehands ingelig oor alle projekte en wie daarvoor verantwoordelik gaan wees. 'n Lewendige vraesessie het hierdie deel van die dag se program afgesluit.
In die tydjie voor middagete is verskeie spanspe­letjies gespeel om die waarde van saamwerk binne spanverband te illustreer.
Aangesien daar die .kses en die minder .kses in die Biblioteekdiens is, het dié wat sportief is spanspeletjies op die strand gespeel terwyl dié met minder moto­riese vaardighede aan 'n vasvra deelgeneem het. Die Topdogs het vir die tweede keer skoonskip gemaak en die beste presteer in die vasvra.
Na 'n heerlike middagete was daar 'n prysuitdeling en 'n gelukkige prystrekking. Almal het 'n sleutelhouer as aandenking gekry.
Die verrigtinge is deur Adjunkdirekteur Nomaza Konkco afgesluit met 'n positiewe boodskap oor samewerking binne kulturele diversiteit.
In die geheel was dit 'n uiters suksesvolle dag. Die personeel van hoofkantoor en die streke het mekaar beter leer ken wat net tot 'n groter waardering vir almal se rol in die bereiking van ons doelwitte kan lei.
SPANBOU
Personeel het almal 'n kersie aangesteek ter ondersteuning van
Links: Tyd om die innerlike te voed was daar ook
Die energiekes onder die personeel besig met vlugbal terwyl ander personeel aanmoediging van die kant gegee het
Onder: 'n Klinkklare bewys dat die Biblioteekdiens se direk­teur op meer as een gebied die voortou kan neem
Verversings word na die lang strandstappie geniet
