PROVINSIALE DEPARTEMENT
VAN BEPLANNING, PLAASLIKE
BESTUUR EN BEHUISING
JAARVERSLAG 2000/2001
JAARVERSLAG 2000/2001
INDEKS
Bladsy
Deel 1 Algemene Inligting 1
Deel 2 Menslike Hulpbronbestuur 6
Deel 3 Programprestasie 18
DEEL EEN
ALGEMENE INLIGTING
INLEIDING
Die Departement is verantwoordelik vir die bestuur van ontwikkelingsbeplanning, die bevordering van effektiewe plaaslike bestuur en die fasilitering van bekostigbare en aanvaarbare behuising in die Wes-Kaap.
Die Departement bestaan uit drie lynfunksiekomponente, nl. die hoofdirektorate van Ontwikkelingsbeplanning, Plaaslike Bestuur en Behuising, met twee uitvoerende gesagte, nl. Minister C.B. Herandien (Behuising) en Minister P. Uys (Plaaslike Regering en Ontwikkelingsbeplanning).
Om uitvoering te gee aan die transformasiedoelwit, "Rasionalisering van die Staatsdiens", is 'n nuwe organisasie- en diensstaat sedert 1 April 2000 vir die Departement geïmplementeer. Die ou diensstaat is met 329 poste verminder. As deel van die provinsiale transformasieproses is die Direktoraat Provinsiale Beplanning in September 2000 na die Departement van Provinsiale Administrasie oorgedra.
Ooreenkomstig die nuwe bestuurs- en organiseringsraamwerk word groter klem gelê op bestuurselfstandigheid en berus groter verantwoordelikheid vir die daaglikse bestuur by die Departement.
Daar word deurlopend klem gelê op die transformasiebeginsels wat vervat sal word in departementele beleid, prosedures en kommunikasie. 'n Konsep- beleidsdokument t.o.v. gelyke indiensneming is gefinaliseer en daar sal met die vakbonde binne die Departement daaroor beraadslaag word. Taakspanne is aangewys ter verfyning van die transformasiedoelwitte en om die toepassing daarvan binne die Departement te bewerkstellig en te moniteer.
Vaardigheidsontwikkeling is een van die prioriteite wat deur die Departement gestel is en 'n vaardigheidsfasiliteerder is ook reeds aangestel om opleidingsprogramme en loopbaanvordering te fasiliteer. 'n Voorlopige bekwaamheidsoudit is reeds gedoen en sal verder verfyn word om dit in ooreenstemming te bring met die behoefte-analise ter ondersteuning van die vaardigheidsontwikkelingsplan.
In afwagting van die Provinsiale MIV/VIGS-beleid is 'n departementele MIV/VIGS-beleid nog nie gefinaliseer nie, maar handhaaf die Departement 'n benadering van geen diskriminasie teenoor en ondersteuning van MIV/VIGS-leiers.
Die afronding van die departementele akkommodasieplan is gedurende hierdie jaar voltrek deurdat die Departement vir die eerste keer al sy funksies onder een dak kon vestig. Voor hierdie rasionalisering was die Departement in ses kantore in die Kaapse metropolitaanse area gehuisves.
Die Departement het ook klem gelê op effektiewe bestuur en administrasie van lynfunksies, effektiewe benutting en opleiding van personeel, die handhawing van dissipline en bevordering van gesonde arbeidsverhoudinge, asook behoorlike gebruik en versorging van staatseiendom.
INLIGTING RAKENDE DIE MINISTERIE EN DEPARTEMENT
ONTWIKKELINGSBEPLANNING
Die primêre funksie van die Ministerie en Departement is om ontwikkelingsaangeleenthede binne die Provinsie te rig en te moniteer, en waar toepaslik, besluite daaroor te neem, op só 'n wyse dat volhoubare ontwikkeling ­
d.w.s. 'n balans tussen ontwikkelings- en bewaringsprioriteite - optimaal bereik word. Die belangrikste norm is die belang van die Provinsie se bevolking, wat daarin lê dat maksimale sosio-ekonomiese ontwikkeling bereik moet word terwyl die unieke omgewing terselfdertyd in stand gehou en verbeter word met die oog op volhoubare benutting deur huidige en toekomstige inwoners en toeriste. Om hierdie doel te bereik is die Ministerie en Departement betrokke by vooruitbeplanning, ontwikkelingsbestuur (veral appèlle teen goed- of afkeuring van aansoeke), die insameling, analise en verspreiding van inligting, die opstel van wetgewing en regulasies en, oorkoepelend oor alle take, beleidformulering.
Die vooruitbeplanningsfunksie van die Ministerie en Departement was nog altyd 'n hoë prioriteit weens die behoefte daaraan om proaktief te wees in strategiese en grondgebruikbeplanning, maar dit word algaande meer so na gelang suksesvolle ontwikkelingsbestuur veral in die plaaslike sfeer al meer op beplanning aangewese sal wees. Beplanningsbeleid moet voorsien word, en word voorsien, om spesifieke ontwikkelingsbehoeftes in 'n dinamiese beplanningsomgewing aan te spreek. Die proaktiewe of vooruitbeplanningsaktiwiteite sluit die volgende in: streekbeplanning, die regulering en waar nodig die opstel of monitering van Geïntegreerde Ontwikkelingsplanne (GOP'e), die ondersteuning van stedelike en landelike ontwikkelingsbeplanning, en die voorsiening van sektor-spesifieke ondersteuning en insette, byvoorbeeld met betrekking tot die Wes-Kaapse Behuisingsontwikkelingsraad-aangeleenthede.
Die ontwikkelingsbestuursfunksie van die Ministerie en Departement gaan tans hoofsaaklik om die prosessering en afhandeling van appélle rakende grondgebruik-aangeleenthede. Daar behoort 'n afname hierin te wees oor die volgende jaar of twee in die lig van die vergrote funksie van die plaaslike sfeer, maar dít impliseer nie noodwendig 'n afname in die prioriteit wat Provinsie aan ontwikkelingsbestuur heg nie. Die Ministerie en Departement speel tans toenemend 'n rol van leiding-gewing en kapasiteitsbou met betrekking tot ontwikkelingsbestuursaangeleenthede - sowel wat die munisipaliteite as die kliëntepubliek betref. Monitering, en om terugvoering te gee, word al meer gevind van groot belang te wees in dié verband, en herprioritisering van kapasiteit vind tans plaas om hierdie uitdaging die hoof te bied. Die implementering van beleid rakende grondhervorming word ook onderneem.
As 'n noodsaaklike ondersteuningsbasis om die voorafgaande te ondervang, gee die Ministerie en Departement toenemend prioriteit aan die insameling van inligting, die betekenisvolle analise daarvan, en die beskikbaarstelling van die resultate om te dien as vergrote kapasiteit vir munisipaliteite, ander staatsorgane en die ontwikkeling- en bewaring-sektore van die gemeenskap. Datatabelle, inligtingsverslae, statistiese datastelle en in die algemeen die inhoud en vermoë van die GIS (Geografiese Inligtingstelsel) speel 'n deurslaggewende rol in die nastrewing van optimale ontwikkeling in die Provinsie. Veral die bestuur en instandhouding van die GIS verkry spesiale aandag.
Die opstel van wetgewing en regulasies het in die jongste tyd prioriteitsaandag geniet, byvoorbeeld die regulasies en ander reëlings wat nodig is vir die implementering van die provinsiale Wet op Beplanning en Ontwikkeling, 7 van 1999. Voorts is daar die Ministerie en Departement se algemene rol van monitering en leiding-gewing, wat die opstel van modelregulasies vir die doel van bystand aan munisipaliteite om ontwikkelingsbestuursuitdagings die hoof te bied, insluit. 'n Verdere belangrike prioriteit in dié verband is die rasionalisering van uitgediende wetgewing en regulasies ten einde betekenisvolle ontwikkeling te bevorder.
Oorhoofs aan al die voorafgaande funksies en beginsels is daar die formulering van toepaslike beleid vir die aanspreek van die uitdaging dat volhoubare ontwikkeling bereik moet word. Beleid, en in besonder dinamiese en normatiewe beleid, is 'n noodsaaklike maatstaf en riglynbeginsel ter bepaling van die ontwikkeling van die Provinsie wat mees-toepaslik vir die bewoners is. Daar word later van beleid oor verskillende aspekte melding gemaak, maar die mees fundamentele beleid wat alles onderskraag is die biostreekbeplanningsraamwerk wat die drieërlei fundamentele pilare van volhoubare ontwikkeling vir ons Provinsie bied, naamlik omgewings­integriteit, ekonomiese doeltreffendheid en menslike welsyn.
Dit is die doel van die Ministerie en Departement om voort te gaan om hierdie beleidstelling aangaande die pilare van volhoubare ontwikkeling te gebruik as die grondslag vir alle beleid en ander werk in die uitoefening van die Ministerie en Departement se rol en funksies in die beste belang van die Provinsie se bevolking, soos wat ook in die afgelope jaar onder oorweging gedoen is.
PLAASLIKE BESTUUR
Die Wes-Kaapse Wet op die Bepaling van Soorte Munisipaliteite, 9 van 2000 is voorgelê aan en aanvaar deur die Provinsiale Parlement. Kennisgewings is aangaande transformasie uitgereik om vyf liggame in te stel, ten einde die transformasieprosesse te fasiliteer en 30 kennisgewings om die nuwe munisipaliteite in te stel soos afgebaken deur die Munisipale Afbakeningsraad, is afgekondig en gewysig. Die gevolge van samesmelting is ook deeglik in hierdie kennisgewings gedek. Altesaam136 munisipaliteite is afgeskaf en 30 munisipaliteite geskep. Gedurende die transformasieproses is amptenare en raadslede van munisipaliteite bygestaan om die nuwe uitdagings van die transformasie van plaaslike regering te bestuur, deur die verspreiding van riglyndokumente en nuusbriewe.
Die kommunikasie met munisipaliteite is deur die teenwoordigheid van provinsiale amptenare van die Departement by en deelname aan plaaslike regeringsforums, veral die transformasieforums, uitgebrei.
Gereelde vergaderings is op provinsiale vlak gehou met rolspelers op die gebied van rampbestuur en brandbestryding, ten einde 'n pro-aktiewe benadering aangaande rampe in die Provinsie te verseker. In hierdie verband is brandbestryding in die Provinsie uitgebrei by wyse van finansiële ondersteuning aan die Kaapse Metropolitaanse Raad om 'n addisionele brandbestrydingshelikopter gedurende die somer op gereedheidsvoet te hou. Eenvormige brandbestrydingsregulasies is opgestel en voorgelê vir aanvaarding deur die 30 munisipaliteite in die provinsie.
Twee-en-twintig bestuursondersteuningsprogramme is by geïdentifiseerde munisipaliteite ingestel.
Die Departement het ingevolge die Gekonsolideerde Munisipale Infrastruktuurprogram (GMIP) Eenhonderd-en­tagtig projekte van altesaam R86 miljoen goedgekeur en gekoördineer.
Die Departement het ingevolge die Plaaslike Ekonomiese Ontwikkeling (PEO) ses projekte van altesaam R5,1 miljoen goedgekeur en gekoördineer.
Mnr Pierre Uys, Provinsiale Minister van Plaaslike Regering en Ontwikkelingsbeplanning, het vanaf 25 Februarie tot 4 Maart 2001 Chili en Brasilië besoek. Die doel van die besoek was om die "munisipalisering" van primêre gesondheidsdienste te ondersoek, om uit die foute wat gemaak is te leer en om standpunte oor beste praktyke in hierdie verband uit te ruil. Mnr Uys is onder andere vergesel deur twee amptenare, onderskeidelik van die Departement van Beplanning, Plaaslike Bestuur en Behuising en die Departement van Gesondheid.
Wat wetgewing en die administrasie van wetgewing aanbetref, is deurlopende bystand aan munisipaliteite en verbruikers verleen wie ontevrede was met die diens en prestasie van hul munisipaliteite. Hierdie deel van dienslewering vereis heelwat verbetering.
BEHUISING
Die rol van die Ministerie en die Departement is om die fasilitering en die voorsiening van laekostebehuising in die Provinsie te bevorder binne die raamwerk van die nasionale en provinsiale behuisingsbeleid.
Die Ministerie en Departement se rol word soos gevolg vertolk:
Bepaling van Provinsiale Behuisingsdiensleweringsdoelwitte in verhouding tot die beskikbare fondse;
Formulering van Provinsiale beleid en wetgewing vir behuising, verstedelikking en vestigingsbestuur;
Implementering van Provinsiale Behuisingsprogramme;
Oorweging en goedkeuring vir die finansiering van Behuisingsontwikkelingsprojekte;
Ondersteuning van munisipaliteite in die uitvoering van hulle funksies met betrekking tot behuising;
Bestuur van die bates van die Wes-Kaapse Behuisingsontwikkelingsraad (WKBOR);
Bestuur van die Wes-Kaapse Behuisingsontwikkelingsfonds (Fonds); en
Monitering van behuisingsontwikkelingsprojekte.
VISIE
n Stabiele gemeenskap in 'n goed ontwikkelde omgewing.
MISSIE
Om geïntegreerde ontwikkelingsbeplanning, doeltreffende plaaslike regering, bekostigbare en aanvaarbare behuising en getransformeerde administrasie te bevorder.
WETGEWENDE MANDAAT
Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 108 van 1996
Grondwet van die Wes-Kaap, 1 van 1998
Wet op Vaardigheidsontwikkeling, 97 van 1998
ONTWIKKELINGSBEPLANNING
Wet op Opheffing van Beperkings, 84 van 1967
Wet op Minder Formele Dorpstigting, 113 van 1991
Ordonnansie op Grondgebruikbeplanning, 15 van 1985
PLAASLIKE BESTUUR
Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Strukture, 117 van 1998
Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels, 32 van 2000
Wet op Plaaslike Regeringsafbakening, 27 van 1998
Munisipale Ordonnansie, 20 van 1974
Artikel 10G van die Oorgangswet op Plaaslike Regering, 209 van 1993 (soos gewysig)
Wet op Streeksdiensterade, 109 van 1985
Ordonnansie op Plaaslike Owerhede (Oudit), 17 van 1938
Ordonnansie op Eiendomswaardasie, 148 van 1993
Ordonnansie op Waardasie, 26 van 1944
Ordonnansie op Plaaslike Owerhede (Belegging van fondse), 23 van 1935
Wet op Burgerlike Beskerming, 67 van 1977
Ordonansie op Burgerlike Beskerming, 8 van 1977
Wet op Brandweerdienste, 99 van 1987
BEHUISING
Wet op die Voorkoming van Onwettige Uitsetting en Onregmatige Besetting van Grond, 19 van 1998
Wet op Minder Formele Dorpstigting, 113 van 1991
Behuisingswet, 107 van 1997
Wet op Landelike Gebiede, 9 van 1987
Wet op Huurbehuising, 50 van 1999
PUBLIEKE BESTAAN:
Die WES-KAAPSE BEHUISINGSONTWIKKELINGSRAAD is ingevolge die Wes Kaapse Behuisingsontwikkelingswet, 6 van 1999 ingestel.
Die funksies van die Raad is soos volg:
Die bystaan en ondersteuning van die provinsiale Minister en die Departement met die voorsiening van behuising, en met die bevordering en fasilitering van die integrasie van behuising in die Provinsie met ander fasette van ontwikkeling, binne die raamwerk van die nasionale en provinsiale behuisingsbeleid;
Die oorweging en goedkeuring van die finansiering van enige projekte of programme wat in ooreenstemming is met enige nasionale en provinsiale behuisingsprogramme, met geld wat in die Behuisingsontwikkelingsfonds inbetaal is ooreenkomstig die meerjarige program wat deur die provinsiale Minister goedgekeur is;
Die ondersoek van behuisingsverwante aangeleenthede op versoek van die provinsiale Minister of die Hoof van die Departement, ten einde die provinsiale Minister te adviseer;
Die uitlê en evaluering van nasionale en provinsiale beleid met die oog daarop om dit toe te pas;
Die advisering van die provinsiale Minister oor die verlening van goedkeuring aan munisipaliteite vir akkreditering ingevolge artikel 16 van die Wes-Kaapse Behuisingsontwikkelingswet, 6 van 1999;
Om onderworpe aan die beleid wat die provinsiale Minister bepaal het, en ooreenkomstig artikel 19 van die Wes-Kaapse Behuisingsontwikkelingswet, 6 van 1999, die bates te bestuur wat op hom oorgaan ingevolge artikel 6 en ander bates wat aangeskaf word ingevolge paragraaf (g) of subartikel en die bates te vervreem op 'n wyse wat bestaanbaar is met artikels 14 en 15 van die Behuisingswet, 1997 (Wet 107 van 1997); en
Die aanskaf van onroerende eiendom, indien deur die provinsiale Minister daartoe versoek.
in oorleg met die Hoof van die Departement en behoudens artikel 7 (a) van die Wes-Kaapse Behuisingsontwikkelingswet, 6 van 1999 en verkrygingswetgewing, -beleid en -praktyk wat in die Provinsie van toepassing is, enige dienste inkontrakteer wat die WKBOR redelikerwys nodig het om hom in staat te stel om sy pligte effektief te verrig, en die koste van sulke dienste moet deur die Hoof van die Departement met geld uit die Fonds gedek word;
behoudens die bepalings van enige wet en met die goedkeuring van die provinsiale Minister en die provinsiale Minister wat verantwoordelik is vir finansiële aangeleenthede, fondse verkry deur dit volgens ooreenkoms te leen van enige bron binne of buite die Republiek of deur skuldbriewe, wissels of effekte uit te reik, en fondse aldus verkry, val die Fonds toe; en onroerende eiendom in oorleg met die Hoof van die Departement verkry.
Die Hoof van Departement is die Rekenpligtige Beampte vir die Wes-Kaapse Behuisingsontwikkelingsfonds wat ingevolge die die Wes-Kaapse Behuisingsontwikkelingswet, 1999 ingestel is.
ALGEMENE KOMMENTAAR: INLIGTING VERKRY VAN STELSELS
Kennis moet geneem word dat die Departement se inligting aangaande menslikehulpbronbestuur en salarisadministrasie op rekord gestel en verwerk word op die nasionaal dwarsleggende PERSAL-rekenaarstelsel. Hierdie inligting op PERSAL het meerendeels op salarisbetalings en verwante prosesse betrekking. Uitgawes verwerk met PERSAL word programmaties oorgedra na die nasionaal dwarsleggende Finansiële Bestuurstelsel (FBS). Sommige transaksies ten opsigte van personeeluitgawes word egter direk deur FBS verwerk, sonder dat die inligting oorgedra word na PERSAL. Om hierdie rede kan daar in die praktyk 'n verskil wees tussen PERSAL en FBS ten opsigte van inligting rakende personeeluitgawes. Syfers wat in hierdie deel weerspieël word, is gebaseer op inligting verkry vanaf PERSAL en FBS. Die afwyking tussen die uitgawesyfers op PERSAL en die syfers gerealiseer en op rekord gestel op FBS is 7,39%. Daarvoor het die Departement alle salarisverwante uitgawes met betrekking tot die Senior Bestuurstelsel geverifieer en is die werklike FBS­uitgawesyfers in die tabelle gebruik.
DEEL TWEE
MENSLIKEHULPBRON-BESTUUR
BEPLANNING EN DIENSLEWERING
Verwys na Dele Een en Drie, waar inligting rakende kern mandate, doelwitte en dienslewering voorsien word.
ORGANISASIE
DEPARTEMENTELE ORGANISASIESTRUKTUUR EN GOEDGEKEURDE DIENSSTAAT
Hoof van Departement
Adjunkdirekteur-Generaal
Direktoraat Provinsiale Beplanning
Direkteur
Gedeelte van die jaar
DEPARTEMENT VAN BEPLANNING, PLAASLIKE BESTUUR EN BEHUISING
Die fasilitering van bekostigbare en aanvaarbare behuising
Die bevordering van effektiewe Plaaslike Regering
Die bestuur van ontwikkelingsbeplanning
Die lewering van 'n administratiewe ondersteuningsfunksie aan lynfunksies en provinsiale Ministers
DIREKTORAAT ONDERSTEUNINGSDIENSTE
Die behartiging van menslikehulpbron-bestuur
Die administrering van algemene administratiewe aangeleenthede
DIREKTORAAT FINANSIES
Die toepassing van begrotingsbeheer
Die bestuur van algemene finansiële aspekte
Die lewering van 'n departementele finansiële diens
HOOFDIREKTORAAT BEHUISING
Die lewering van 'n professionele en tegniese diens ten opsigte van behuisings- en verwante ontwikkelingsaangeleenthede
Die bestuur van behuising
Die bevordering van behuisingsvestiging
DIREKTORAAT PROFESSIONELE EN TEGNIESE DIESTE
Die lewering van 'n ingenieurs- en argitektoniese ondersteuningsdiens
Die lewering van 'n boukundige ondersteuningsdiens
Die lewering van 'n werke-inspeksieondersteuningsdiens
Die lewering van 'n administratiewe ondersteuningsdiens ten opsigte van projekte
DIREKTORAAT BEHUISINGSBESTUUR
Die administrering van die nasionale en provinsiale behuisingsprogramme
Die administrering en kommunikering van nasionale en provinsiale behuisingsbeleid
Die behartiging van behuisingsadministrasie-aangeleenthede
Die bestuur van behuisingsontwikkeling
DIREKTORAAT BEHUISINGSVESTIGING
Die bevordering van ordelike vestiging
Die bevordering van stedelike en landelike behuisingsontwikkeling
Die administrering van bates van die Wes-Kaapse Behuisingsontwikkelingsraad
Die lewering van 'n diens in landelike gebiede en op gemeenskapsplase
HOOFDIREKTORAAT PLAASLIKE BESTUUR
Die lewering van regsteun aan munisipaliteite
Die bevordering van ontwikkeling in Plaaslike Regering
Die lewering van finansiële ondersteuning aan munisipaliteite
DIREKTORAAT PLAASLIKE REGERING WETGEWING EN ADMINISTRASIE
Die lewering van 'n regsdiens aan munisipaliteite
Die lewering van ondersteuning met die administrasie van wette aan munisipaliteite
DIREKTORAAT PLAASLIKE REGERINGSONTWIKKELING
Die behartiging van institusionele ontwikkeling
Die koördinering van rampbestuur en brandbestryding
Die monitering van eiendomswaardasies en ondersteuning daarmee
Die doen van navorsing op die gebied van plaaslike regeringsontwikkeling
Die monitering en ondersteuning van IDP en prestasiebestuur
DIREKTORAAT PLAASLIKE REGERINGSFINANSIES
Die lewering van finansiële ondersteuning
Die toepassing van finansiële beheer HOOFDIREKTORAAT ONTWIKKELINGSBEPLANNING
Die uitvoering van streekbeplanning
Die uitvoering van grondontwikkelingsbestuur
Die bestuur van inligting ter ondersteuning van ontwikkelingsbeplanning
DIREKTORAAT STREEKBEPLANNING
Die uitvoer van streekbeplanning in die Metropool, Klein-Karoo-, Sentrale Karoo-, Breederivier-, Overberg-, Suid-Kaap-, Wynland- en Weskusdistrikte
Die uitvoer van spesiale streekbeplanningsprojekte
DIREKTORAAT GRONDONTWIKKELINGSBESTUUR
Die uitvoering van grondadministrasie
Die bestuur van grondgebruik
GETAL WERKNEMERS EN VAKATURES
Die tabelle hieronder illustreer die salarisvlakke en die aard van die beroepskategorieë op 31 Maart 2001 wat gebruik word in die volgende tabelle om die getal werknemers en vakante poste in die Departement per salarisvlak of aard van indiensneming te illustreer.
SALARISVLAKKE AARD VAN INDIENSNEMING
Salarisvlakke Minimum Kerf Maksimum Kerf
Abnormaal en Persoonlik - -
Aard van Indiensneming
Permanente Beampte
Permanente Beampte (op Proef)
Tydelik
Kontrak
Deeltyds 5/8
Deeltyds 6/8
Totale vergoedingspakket
GETAL WERKNEMERS EN VAKATURES PER AARD VAN INDIENSNEMING OP 31 MAART 2001
Salarisvlakke (sien verklaring) Aard van indiensneming (sien verklaring) Totale Personeel Vakatures
Abnormaal en Persoonlik
TOTAAL 331 35 5 371 136
WERKNEMERS BYKOMEND TOT DIE GOEDGEKEURDE DIENSSTAAT
Die volgende tabel dui die getal werknemers bykomend tot die goedgekeurde diensstaat soos op 31 Maart 2001.
GETAL WERKNEMERS BYKOMEND TOT DIE DIENSSTAAT OP 31 MAART 2001
Salarisvlakke Aard van indiensneming Totale Personeel
Abnormaal en Persoonlik
TOTAAL 235 235
POSEVALUERING
Posevaluering in die Provinsiale Administrasie: Wes-Kaap word op 'n gesentraliseerde grondslag bedryf. Vanweë die diverse aard en omvang van die Administrasie is dit van kardinale belang dat posevaluering op so 'n wyse geïmplementeer word dat dit konstante geloofwaardige resultate lewer en dwarsleggende billikheid, beide horisontaal en vertikaal regdeur die organisasie, verseker. By die afwesigheid van gesaghebbende nasionale riglyne met betrekking tot die implementering van die nasionale voorgeskrewe Equate-posevalueringstelsel kan die stelsel nie op so 'n konstante wyse geïmplementeer word dat dit aan bovermelde voorvereistes kan voldoen nie. Die implementering van posevaluering in terme van die Equate-stelsel word derhalwe teruggehou totdat die nasionale riglyne in plek is. In plaas daarvan is die huidige benadering van organisasie- en werkstudieondersoeke deur vaardige amptenare gevolg. Voorstelle wat die skepping van addisionele poste tot gevolg het, moes vir goedkeuring aan die provinsiale Kabinet voorgelê word.
BESOLDIGING
Die persentasies van die begroting, oordragbetalings, uitgawes op grond en geboue en diverse betalings uitgesluit, is soos volg:
Totale personeelkoste: 71,1%
Administratiewe uitgawes: 9,6%
Professionele en spesiale dienste: 14,9%
PERSONEELKOSTE
Die volgende tabel illustreer die verspreiding van personeelkoste met intervalle van R20 000 volgens ras, geslag en beroepskategorieë. Die beroeps-en raskategorie verwys na dié wat in die Wet op Diensbillikheid, 1998 omskryf word. In die toekoms sal die tabel ook die getal gestremde personeel aandui. Hierdie getalle is nie ingesluit in hierdie verslag nie as gevolg van die onduidelikhede rakende die omskrywing van die term 'gestremd'.
R20 000 tot R40 000 Klerke 6 3 23 16 5 53
Arbeiders en verwante werkers 7 15 189 1 2 214
Tegnici en geassosieerde professionele werkers 2 2
R40 000 tot R60 000 Klerke 3 42 28 1 21 7 102
Arbeiders en verwante werkers 4 4
Tegnici en geassosieerde professionele werkers 4 1 13 2 4 24
R60 00 tot R80 000 Klerke 2 11 12 1 6 6 38
Professionele werknemers 1 2 3
Tegnici en geassosieerde professionele werkers 1 3 2 1 4 11
R80 000 tot R100 000 Klerke 13 5 3 8 29
Senior beamptes en Bestuurders 2 5 9 2 5 23
Professionele werknemers 3 3
Tegnici en geassosieerde professionele werkers 1 1 13 2 11 28
R100 000 tot R120 000 Professionele werknemers 2 2
R120 000 tot R140 000 Senior beamptes en Bestuurders 2 1 7 10
Professionele werknemers 2 2
Tegnici en geassosieerde professionele werkers 2 2
R140 000 tot R160 000 Senior beamptes en Bestuurders 4 4 4 12
Professionele werknemers 2 9 11
R160 000 tot R180 000 Tegnici en geassosieerde professionele werkers 1 1
Senior beamptes en Bestuurders 2 5 7
Professionele werknemers 1 1 5 7
R180 000 tot R200 000 Professionele werknemers 1 2 3
Tegnici en geassosieerde professionele werkers 1 1
R340 000 tot R360 000 Senior beamptes en bestuurders 1 1 2 6 10
R400 000 tot R420 000 Senior beamptes en bestuurders 1 2 3
R480 000 tot R500 000 Senior beamptes en bestuurders 1 1
TOTAAL 10 20 119 304 2 1 56 94 606
DIE RELATIEWE KOSTE VAN DIE SENIOR BESTUURSDIENS (SBD)
Die persentasie van die totale personeelkoste wat aan die SBD (senior bestuurders en senior professionele beamptes) bestee is, was 8,44%.
Die persentasie van die totale personeelkoste wat bestee is aan senior bestuurders wat in 'n permanente hoedanigheid aangestel is, was 8,44%.
DIE RELATIEWE KOSTE VAN OORTYD, TOELAES EN VOORDELE
Die koste van oortyd, toelaes en voordele as 'n persentasie van die totale personeelkoste is geïllustreer in die onderstaande tabel.
Totale Oortyd Toelae Voordele
Personeel- koste Koste Persentasie Koste Persentasie Koste Persentasie
Toelaes sluit toelaes van SBD-lede uit
REGSTELLENDE AKSIE, WERWING, BEVORDERING EN BEEÏNDIGING VAN DIENSTE
VORDERING MET DIE IMPLEMENTERING VAN DIE REGSTELLENDE AKSIEPROGRAM
Die Verslag oor Billike Indiensneming is gedurende Julie 2000 ingehandig.
Die Billike Indiensnemingsplan is in die proses van oorlegpleging met Arbeid en Werknemers.
Die Konsulteringsforum is alreeds saamgestel.
GETAL WERKNEMERS GEWERF
Die getal werknemers gewerf per salarisvlak ooreenkomstig ras en geslag word in die volgende tabel geïllustreer. Daarna word die getal werknemers gewerf per beroepskategorie ooreenkomstig ras en geslag geïllustreer.
WERKNEMERS GEWERF PER SALARISVLAK
Salarisvlak Swart Kleurling Indiër Wit Totaal
Abnormaal en Persoonlik 1 3 12 7 2 2 27
TOTAAL 6 8 30 18 10 8 80
WERKNEMERS GEWERF PER BEROEPSKATEGORIE
Wetgewers, senior beamptes en bestuurders
Professionele werknemers 1 1 2 3 2 9
Tegnici en geassosieerde professionele werkers 3 2 1 3 9
Klerke 4 5 27 15 7 3 61
Diens­en verkoopswerkers
Vaardige landbou­en visserywerkers
Werkers wat hand- en verwante werk doen
Aanleg­en masjienoperateurs en monteerders
TOTAAL 6 8 30 18 10 8 80
GETAL WERKNEMERS BEVORDER
Die getal werknemers bevorder, per salarisvlak, ooreenkomstig ras en geslag. Die volgende tabel dui die getal werknemers aan ooreenkomstig ras en geslag wat per beroepskategorie bevorder is.
WERKNEMERS BEVORDER PER SALARISVLAK
Salarisvlak
Abnormaal en Persoonlik
TOTAAL 2 3 15 29 1 13 12 75
Vlak waarheen werknemer bevorder is.
WERKNEMERS BEVORDER PER BEROEPSKATEGORIE
Wetgewers, senior beamptes en bestuurders 2 2
Professionele werknemers 1 1 2 4
Tegnici en geassosieerde professionele werkers 1 2 11 3 6 23
Klerke 1 15 15 1 8 3 43
Diens-en verkoopswerkers 1 1
Vaardige landbou en visserywerkers
Werkers wat hand- en verwante werk doen
Aanleg­en masjienoperateurs en monteerders 1 1
TOTAAL 2 3 15 29 1 13 12 75
GETAL WERKNEMERS WIE SE DIENSTE BEEÏNDIG IS
Die getal werknemers wie se dienste beeïndig is per tipe beeïndiging word ooreenkomstig ras en geslag geïllustreer. Die getal werknemers wie se dienste beeïndig is per salarisvlak en beroepskategorie word volgens ras en geslag in die daaropvolgende tabelle ingesluit.
DIE GETAL WERKNEMERS WIE SE DIENSTE BEEÏNDIG IS PER TIPE DIENS-BEEÏNDIGING
Dood 1 1
Bedanking 5 2 1 8
Verstryking van kontrak 1 4 17 10 3 8 43
Operasionele vereistes 1 2 3
Wangedrag 7 7
Swak gesondheid 5 3 8
Aftrede 1 1 4 4 10
Skeidingspakket 1 1
Dros
Oorplasing
TOTAAL 2 6 18 34 8 13 81
DIE GETAL WERKNEMERS WIE SE DIENSTE BEEÏNDIG IS PER SALARIS-VLAK
Salarisvlak Swart Kleurling Indiër Wit Totaal
Abnormaal en Persoonlik 2 4 15 12 3 5 41
TOTAAL 2 6 18 34 8 13 81
DIE GETAL WERKNEMERS WIE SE DIENSTE BEEÏNDIG IS PER BEROEPS-KATEGORIE
Wetgewers, senior beamptes en bestuurders
Professionele werknemers 2 2 4 8
Tegnici en geassosieerde professionele werkers 1 3 5 9
Klerke 4 17 12 6 4 43
Diens-en verkoopswerkers
Vaardige landbou en vissery werkers
Werkers wat hand- en verwante werk doen
Aanleg­en masjienoperateurs en monteerders 1 2 3
TOTAAL 2 6 18 34 8 13 81
GETAL BUITELANDSE AANSTELLINGS
Nie van toepassing op die Departement nie.
PRESTASIEBESTUUR EN VAARDIGHEIDSONTWIKKELING DIE GETAL WERKNEMERS WAT PRESTASIETOEKENNINGS ONTVANG HET
Die volgende tabelle toon die getal werknemers aan wat prestasietoekennings ontvang het, ooreenkomstig salarisvlakke, beroepskategorieë, geslag- en rasverspreiding aan.
Klerke 1 1
Aanleg­en masjienoperateurs en monteerders 1 1
Klerke 1 1
Klerke 2 1 3
Klerke 1 11 2 7 1 22
Klerke 2 2 4
Professionele werknemers 2 3 5
Klerke 2 1 3
Professionele werknemers 1 1
Tegnici en geassosieerde professionele werkers 2 2
Professionele werknemers 1 1
Tegnici en geassosieerde professionele werkers 1 3 4
Professionele werknemers 1 1
Tegnici en geassosieerde professionele werkers 1 1
Professionele werknemers 1 1
Tegnici en geassosieerde professionele werkers 2 2
Professionele werknemers 7 7
Tegnici en geassosieerde professionele werkers 1 1
Wetgewers, senior beamptes en bestuurders 1 1 7 9
Wetgewers, senior beamptes en bestuurders 1 2 3
Abnormaal en Persoonlik Tegnici en geassosieerde professionele werkers 1 1
TOTAAL 1 2 25 11 18 28 85
OPLEIDINGSDOELWITTE
n Vaardigheidsprofiel is vir alle personeel voltooi. Dit is gedoen as die eerste fase van die samestelling van die Departement se Vaardigheidsontwikkelingsplan.
Die inligting verkry uit die vraelys was nie voldoende om die personeel se ware vaardighede en opleidingsvlakke te weerspieël nie. Die Direktoraat Ondersteuningsdienste het intussen met die Kaapse Administratiewe Akademie oorleg gepleeg om 'n meer gedetaileerde vaardigheidsprofiel-vraelys saam te stel waaroor daar binnekort met die betrokke vakbonde oorleg gepleeg sal word, waarna dit vir voltooiing aan alle personeel in die Departement versprei sal word.
DEPARTEMENTELE OPLEIDINGSBEGROTING
Altesaam R547 000 is vir opleiding in die Departement vir die 2000/2001 finansiële jaar toegeken (uitgesluit reis en verblyf).
Die totale bedrag bestee aan elke opleidingsteiken ten opsigte van die verspreiding van ras, geslag en beroepsklas vir elke gradering kan nie in hierdie stadium ingedien word nie.
GETAL EN TIPE OPLEIDINGSPROGRAMME GEÏMPLEMENTEER
Die inligting ten opsigte van interne en eksterne programme by die Kaapse Administratiewe Akademie kan nie in hierdie stadium voorsien word nie.
GETAL EN AARD VAN GEVALLE VAN BESERING, SIEKTE EN DOOD IN DIE WERKSOMGEWING
Tipe Voorval Aard van Gevalle Getal
Besering Ledemaat beserings 24
Siekte Geen
Dood Geen
KOLLEKTIEWE OOREENKOMSTE
Kollektiewe ooreenkomste word aangegaan op 'n sentrale grondslag in die Wes-Kaapse Provinsiale Bedingingsraad. Besonderhede van sulke ooreenkomste wat gedurende die oorsigjaar aangegaan is, word in die Jaarverslag van die Departement van Provinsiale Administrasie: Wes-Kaap weerspieël.
SIEKTEVERLOF
Alle verloffunksies op die stelsel is gedurende Januarie en Februarie 2001 gedeaktiveer om voorsiening te maak vir die aanpassing op PERSAL vir die nuwe verlofbedeling. Gevolglik was dit nie moontlik om enige verlofadvies gedurende hierdie tydperk in die stelsel op rekord te plaas nie. Alhoewel die verloffunksies gedurende Maart 2001 gereaktiveer is, belemmer agterstande die voorsiening van betroubare statistiek.
DEEL DRIE
PROGRAMPRESTASIE
POS: 8: BEPLANNING, PLAASLIKE BESTUUR EN BEHUISING
Doel:
Om geïntegreerde ontwikkelingsbeplanning, effektiewe plaaslike regering, bekostigbare en aanvaarbare behuising en getransformeerde administrasie te bevorder.
Oorsig:
Kernprestasie:
Sewentig persent van die nuut goedgekeurde diensstaat was gedurende die jaar gevul, in ag genome verteenwoordigendheid. Die Departement was op skedule met die implementering van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur ("PFMA" genoem, n.a.v. die Engels), insluitend die aanstelling van 'n Hoof Finansiële Beampte, en 'n hoë prioriteit is op kapasiteitsbou van personeel geplaas. Alle relevante inligting rondom die "PFMA" en ander personeelverwante aangeleenthede is na alle vlakke in die Departement gekommunikeer terwyl geslagsensitiwiteit sterk bevorder is.
Die bestuur van grondbesetting en plakkery was 'n voortgesette proses en regsbindende ooreenkomste is ontwikkel en aangegaan tussen die Departement, namens die Wes-Kaapse Behuisings­ontwikkelingsraad (WKBOR), en munisipaliteite in die Kaapse Metropool, ten einde laasgenoemde in staat te stel om op te tree soos en wanneer nodig in geval van besetting van grond wat aan die WKBOR behoort.
Beleid vir die oordrag van die WKBOR se behuisingsvoorraad en oop grond is geformuleer en deur die WKBOR aanvaar. Samesprekings tussen die Departement en die Munisipaliteit Tygerberg insake die oordrag van alle Delft eiendomme na Tygerberg is geïnisieer en konsultante is aangestel vir die implementering van die Swart Kommissie se aanbevelings ten opsigte van ongeveer 450 eiendomme te Delft.
Die Departement het daarin geslaag om sy volle voorwaardelike toekenning van R341 miljoen vir behuising te spandeer en het sodoende 23 505 behuisingsgeleenthede geskep.
Gedurende hierdie tydperk is die debiteurestelsel ook verbeter, wat die gerekenariseerde stelsel vir behuisingsdebiteure is. Vir die eerste keer in die geskiedenis was die Departement in staat om sy debiteure van maandelikse state te voorsien waarop hulle finansiële verpligtinge teenoor die Departement verskyn het, in ooreenstemming met normale besigheidspraktyk.
Die Departement het 'n skuldinvorderingstrategie ontwikkel en 'n doelgerigte poging word aangewend om met die wanbetalers te kommunikeer ten einde met hulle te onderhandel om hulle te oortuig om hulle rekeninge te vereffen, óf deur kontantbetalings, óf deur middel van ooreenkomste vir die vereffening daarvan by wyse van maandelikse paaiemente.
Munisipaliteite is ondersteun met die opgradering van hoofinfrastruktuur. Die Gekonsolideerde Munisipale Infrastruktuurprogram (GMIP) se toewysing van R86 miljoen is vir 180 projekte regdeur die Wes-Kaap aangewend.
Die Departement is tans besig om die Wes-Kaapse Beplannings- en Onwikkelingswet, 7 van 1999 en toepaslike regulasies te wysig om te verseker dat dit in ooreenstemming is met nasionale wetgewing en dat dit effektief geïmplementeer word.
Voortdurende leiding deur persoonlike besoeke en finansiële hulp is aan munisipaliteite voorsien met die opstel van hul geïntegreerde ontwikkelingsplanne.
Spesialiswerk (wat spesifieke vaardighede vereis) is uitgekontrakteer met betrekking tot onder andere biostreeksbeplanning en verwante omgewingsaangeleenthede en 'n konsep-handleiding in hierdie verband is geformuleer.
Die vestiging van 'n "Man-and-Biosphere" (MaB)-komitee is in beginsel deur die provinsiale Kabinet goedgekeur en die Departement onderneem tans 'n proses om die komitee se grondwet, rol en funksie te formuleer. Wetgewing in hierdie verband sal geformuleer word.
Die Wes-Kaapse Wet op die Bepaling van Soorte Munisipaliteite, 9 van 2000, is aan die Provinsiale Parlement voorgelê en aanvaar. Met betrekking tot transformasie is kennisgewings uitgereik om liggame tot stand te bring om die transformasieprosesse te fasiliteer, en 30 kennisgewings is afgekondig om die nuwe munisipaliteite soos deur die Munisipale Afbakeningsraad afgebaken, tot stand te bring. Die gevolge van samesmelting is ook deeglik in hierdie kennisgewings hanteer. Altesaam 136 munisipaliteite is afgeskaf en 30 munisipaliteite tot stand gebring. Tydens die transformasieproses is munisipale beamptes en raadslede bygestaan in die hantering van die nuwe uitdagings van plaaslike regering-transformasie, deur die verspreiding van leidinggewende dokumentasie en nuusbriewe.
Die kommunikasie met munisipaliteite is versterk deur die teenwoordigheid en deelname van provin­siale beamptes by plaaslike regeringforums, veral die transformasieforums. Gereelde vergaderings is op provinsiale vlak gehou met rolspelers in die veld van rampbestuur en brandbestryding, ten einde 'n proaktiewe benadering tot rampe in die provinsie te verseker. Twee en twintig bestuurs­ondersteuningsprogramme is by geïdentifiseerde munisipaliteite geïmplementeer. Die implementering van loodsprestasiebestuursprogramme by drie munisipaliteite om hul doeltreffendheid en effektiwiteit te verbeter, word deur die Provinsie ondersteun en hierdie instrument speel 'n belangrike rol in die bewerkstelliging van 'n aanvaarbare etos van dienslewering by munisipaliteite.
As gevolg van die vernietigende brande gedurende Desember 1999-Januarie 2000 het die Wes-Kaapse Provinsiale Regering en die Departement van Waterwese en Bosbou apart en gesamentlik ondersoek ingestel en aanbevelings gedoen om te verseker dat sulke verwoesting nie weer plaasvind nie. Eenhonderd-twee-en-sewentig aanbevelings is geïdentifiseer uit die gekombineerde verslae en sal geïmplementeer word in the volgende twee tot drie jaar.
Wat Munisipale Diensvennootskappe aanbetref, het 'n provinsiale taakspan 'n proses ontwerp vir die implementering van sulke vennootskappe regdeur die provinsie. Ongelukkig bestaan daar geen duidelikheid oor die spesifieke rol en verantwoordelikhede van die provinsies nie. Die universiteite van die Wes-kaap en Vrystaat het die mandaat gekry om 'n kursus te ontwikkel vir Munisipale Diensvennootskappe en gedurende Januarie 2001 is die eerste kursus, gemik op die opleiding van opleiers, aangebied by die Universiteit van die Wes-Kaap. Daar word verwag dat hierdie program meer substantief sal wees gedurende die volgende jaar.
Die sentralisering van die begroting van inligtingstegnologie (IT) in die 1998/99 finansiële jaar en die gevolglike besnoeiing in die fondse soos oorgeplaas uit die basistoekenning van die Departement, het tot gevolg gehad dat die Departement verdere besnoeiing in die basistoekenning moes maak om vir IT­toerusting te voorsien.
Kernbeleidsontwikkelings:
Die Wes-Kaap beskik oor unieke kwaliteite in soverre dit hulpbronne betref. Die streek geniet voorkeur as gevolg van die gebied se natuurskoon, sy aantrekkingskrag as 'n toerismebestemmingsgebied, sy landboupotensiaal, sy beboude gebiede, goed bestuurde instellings, gemeenskaps- en gesondheids­fasiliteite, bestaande infrastruktuur, sy mense, ens. Hierdie faktore lok groot hoeveelhede mense, wat tot gevolg het dat daar uitermate groot druk, nie net op bestaande dorpe en ontwikkelingsnodusse nie, maar ook op hoëpotensiaal-landbougrond, natuurlike gebiede, riviermondings en die Wes-Kaapse kuslyn geplaas word. Ten einde te verseker dat finansiële groei en ontwikkeling ter ondersteuning van die noodsaaklike opheffing, algemene welsyn en menslike ontwikkeling van al die mense van die Wes-Kaap op 'n geordende, harmonieuse en volhoubare manier plaasvind, gee die Departement leiding en rigting aan die munisipaliteite en ander kliënte van die Departement met betrekking tot ontwikkelings­en omgewingsaangeleenthede. Dit sluit onder andere beleidsdokumente en riglyne in met betrekking tot die bestuur van die kuslyn, plaaswerkervestiging, ontwikkeling van oorgangsgebiede rondom dorpe en nodusse, 'n stedelike vestigingspatroon, volhoubare ontwikkeling deur die toepassing van die metodiek van biostreekbeplanning, en ander beleid met betrekking tot spesifieke ontwikkelingsvraagstukke.
Die Departement (Hoofdirektoraat: Plaaslike Bestuur) erken die konstitusionele integriteit van die plaaslike regeringsfeer. Die Wes-Kaapse Wet op die Bepaling van Soorte Munisipaliteite, Wet 9 van 2000, is voorgelê aan en aanvaar deur die Provinsiale Parlement. Met betrekking tot transformasie is kennisgewings aan vyf liggame uitgereik om die transformasieprosesse te fasiliteer, en dertig kennisgewings afgekondig en gewysig om die nuwe munisipaliteite soos afgebaken deur die Munisipale Afbakeningsraad tot stand te bring. Die gevolge van samesmelting is ook deeglik in hierdie kennisgewings hanteer. Altesaam 136 munisipaliteite is afgeskaf en 30 munisipaliteite tot stand gebring. Tydens die transformasieproses is munisipale beamptes en raadslede bygestaan in die hantering van die nuwe uitdagings van plaaslike regering-transformasie, deur die verspreiding van leidinggewende dokumentasie en nuusbriewe.
n Belangrike beleidsverandering was die oorskakeling vanaf regulerende administrasie na same­werkende regering. Die kommunikasie met plaaslike regeringsfeer is versterk deur die teenwoordigheid en deelname van provinsiale beamptes by plaaslike regering-forums, veral die transformasieforums. Gereelde vergaderings is op provinsiale vlak gehou met rolspelers op die gebied van rampbestuur en brandbestryding, ten einde 'n pro-aktiewe benadering tot rampe in die provinsie te verseker. In hierdie verband is brandbestryding in die provinsie versterk deur middel van finansiële ondersteuning aan die Kaapse Metropolitaanse Raad ten einde 'n addisionele helikopter vir brandbestryding gedurende die somer op bystand te hou. Twee-en-twintig bestuursondersteuningsprogramme is by geïdentifiseerde munisipaliteite geïmplementeer. Tegniese en finansiële ondersteuning is met die opstel van hul geïntegreerde ontwikkelingsplanne aan munisipaliteite voorsien.
Gedurende die 2000/2001 finansiële jaar het die Wes-Kaapse Behuisingsontwikkelingsraad die restourasie van historiese plattelandse nedersettings as 'n provinsiale behuisingsprogram goedgekeur. Hierdie program sal die opgradering van kultuurhistoriese erfenisplekke in die plattelandse gebiede regdeur die provinsie moontlik maak. Dit sluit dorpies soos Wupperthal, Elim, Zoar/Amalienstein, Genadendal, Mamre, Pniel en Witterwater in. Alhoewel hierdie areas oor groot toerismepotensiaal beskik, het hulle reeds die volle negatiewe impak van vestedeliking gevoel, met die oorblywende inwoners wat ekonomiese teenspoed in die gesig staar. Die opgradering van hierdie wonings sal die lewensomstandighede van die begunstigdes verbeter en die inwoners in staat stel om voordeel uit die toerismemark te trek.
Beleid is deur die WKBOR bepaal om die oordrag van vaste bates, insluitende woonstelkomplekse, na munisipaliteite te reguleer.
Beleid is bepaal ten opsigte van die verkoop van nieresidensiële eiendomme teen markwaarde deur middel van openbare tenders, ten einde inkomste te genereer vir die voorsiening van laekoste­behuisingseenhede ooreenkomstig die Behuisingsubsidieskema.
Die Departement het 'n bevel deur die Kaapse Hooggeregshof in die gesig gestaar om skuiling aan 'n groep kinders en hul ouers te voorsien in die Irene Grootboom-saak, op grond van hulle konstitusionele regte kragtens artikel 28 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996. Hierdie bevel is suksesvol as 'n appèlsaak deur die Grondwetlike Hof aangeneem. Die bevel deur die Grondwetlike Hof dien in werklikheid as 'n baie belangrike beleidsdirektief vir alle sfere van die regering in soverre dit die vertolking en inhoud van die grondwetlike reg op behuising behels.
PROGRAM: 1: ADMINISTRASIE
Doel:
Om die Departement te bestuur en 'n effektiewe en doeltreffende getransformeerde administrasie daar te stel.
Hierdie program bestaan uit die volgende subprogramme:
Korporatiewe Dienste
Menslikehulpbron-ontwikkeling
Personeelbestuur en administrasie
Arbeidsverhoudinge
Algemene administrasie en logistieke ondersteuning
Rekordbestuur
Verkrygingsadministrasie
Betalings verskuldig aan oortolligheid op voormalige Ontwikkelingsraadlede (Pensioene)
Kantoor van die Provinsiale Minister van Behuising en Leier van die Huis (ook verantwoordelik vir Korporatiewe Dienste)
Uitvoering van adviserende, sekretariële, administratiewe en kantoorondersteuningsdienste
Kantoor van die Provinsiale Minister van Plaaslike Regering en Ontwikkelingsbeplanning
Uitvoering van adviserende, sekretariële, administratiewe en kantoor ondersteunende dienste
Beleidsontwikkeling:
Beleidsontwikkelingsprosesse het gedurende die jaar gefokus op die volgende funksionele areas:
Toepassing van die dissiplinêre prosesse binne die Departement
Toegang tot inligting
Billike indiensneming en regstellende aksie
Vaardigheidsontwikkeling
Implementering van die nuwe verlofstelsel
Implementering van die Senior Bestuurstelsel (SMS)
Toepassing van die gesubsidieerde motorvoertuigskema
Voorsiening van sellulêre fone vir amptenare
Implementering van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur, 1 van 1999
Elektroniese verkrygingstelsel
Uitsette Diensleweringaanduider Werklike prestasie
Verslae ..Finansieel ..Personeel ..Ander statistieke Voorafbepaalde tydsraamwerke en voorgeskrewe formate Alle verslae/statistieke is volgens voorgeskrewe formate betyds ingedien.
Finansiële opgawes Verslag van die Ouditeur-generaal 'n Ongekwalifiseerde verslag is deur die Ouditeur-generaal uitgereik. Die Departement het binne die begrotingstoekenning gebly.
PROGRAM: 2: BEHUISING
Doel:
Die bestuur en bevordering van bekostigbare en aanvaarbare behuising met verwante infrastruktuur binne die Provinsie Wes-Kaap.
Die program bestaan uit die volgende subprogramme:
Behuisingsbestuur
Formulering van provinsiale behuisingsbeleid, wetgewing en bystand aan munisipaliteite
Die bevordering en fasilitering van behuisingsontwikkelingsprojekte
Voorsiening van behuisingsubsidies aan begunstigdes
Om administratiewe funksies aan die Wes-Kaapse Behuisingsontwikkelingsraad (WKBOR) te lewer
Bestuur van Wes-Kaapse Behuisingsontwikkelingsraad se bates
Bevordering van ordelike vestiging, die bestuur van vestiging en verwante impakverminderende maatreëls
Formulering van provinsiale beleid op verstedeliking en landelike ontwikkeling
Professionele en Tegniese Dienste
Lewering van ingenieurs- en argiteksbystanddiens aan ontwikkelingsinstansies
Bestuur van instandhoudingsdienste ten opsigte van ingenieursinfrastruktuur en Wes-Kaapse Behuisings­ontwikkelingsraad-eiendom
Lewering van tegniese ondersteuningsdienste aan ontwikkelingsinstansies
Dienslewering van interne administratiewe en finansiële ondersteuningsdienste vir profesionele en tegniese personeel
Uitsette Diensleweringaanduider Werklike prestasie
Formulering van provinsiale behuisingsbeleid. Die voorsiening van provinsiale beleid om 'n sekere behoefte binne die Provinsie aan te spreek. Die WKBOR het die opgradering van die kultuurhistoriese terreine as 'n provinsiale behuisingsprogram ingestel.
Bevordering van behuising. Besteding van voorwaardelike behuisingstoekennings. Mylpaal:Prosessering van 22 000 subsidies. 'n Totaal van 23 505 subsidies is geprosesseer. Die voorwaardelike toekenning vir behuising is ten volle gespandeer.
Die werkswinkels het al die munisipaliteite in die provinsie ingesluit. Altesaam 553 munisipale amptenare en raadslede het die werkswinkels bygewoon waar die behuisingsbeleid ontleed en opdragte aangaande die onderskeie wette gegee is.
Kapasitieitsbou op plaaslike rege­rings- en provinsiale bestuursvlak met betrekking tot behuisingsver­wante aangeleenthede. Om die kapasiteit te bou van munisipale en provinsiale ampte­nare en raadslede deur bywoning van en opleiding in behuisings­aangeleenthede, en ten opsigte van die voorskrifte van die onderskeie behuisingswette en behuisingbestuur. Formele opleidingskursusse is vir munisipale en provinsiale ampte­nare met betrekking tot die volgende gehou: Behuisingsbeleid en Bestuur - 51 kursusgangers; Behuisingsontwikkeling en Bestuur - 78 kursusgangers Projekbestuur vir Beroepslui - 46 kursusgangers Opleiding op die debiteure stelsel - 44kursusgangers; 'n Kursus wat spesifiek gerig is op die begunstigdes van behuisings­subsidies is ook aangebied. Behuisingsopleiding vir inwoners - 25 kursusgangers
Bestuur van die WKBOF. Doeltreffende finansiële bestuur. 'n Aanvaarbare verslag is van die Ouditeur-generaal ontvang.
Lewering van 'n sekretariaatsdiens aan die WKBOR. Die doeltreffende administrasie van korrespondensie, opstel van agendas, neem van notules van die WKBOR vergaderings sowel as die opstel van voorleggings aan die Raad aangaande behui­sings-ontwikkeling en verwante aangeleenthede. 'n Totaal van 470 voorleggings is aan die Raad gedoen waarvan 462 goedgekeur is.
Moniteer en bestuur onwettige beset­ting van grond wat aan die WKBOR behoort. Aantal voorvalle van onwettige besetting. 'n Ooreenkoms is met die Uniestad bereik vir die monitering en bestuur van onwettige besettings, wat tot gevolg gehad het dat die voorvalle tot 'n minimum beperk is.
Die implementering van die Grond­wetlike Hof se voorskrifte oor die reg op behuising, met spesiale verwysing na artikels 26 en 28. 1. Opgradering en voorsiening van basiese dienste in infor­mele nedersettings. 2. Ontwikkeling van 'n beleid vir die opgradering van informele nedersettings. 1. Tydelike fasiliteite (huis­houdelike water en sanitasie­fasiliteite) vir 'n bedrag van ongeveer R1 miljoen is voor­sien. 2. Daar is begin met beleids­formulering en dit sal gedurende die 2001/2002 finansiële jaar gefinaliseer word.
Die implementering van die voor­skrifte van die Wet op 1. Vestiging van 'n Huur- behuisingstribunaal. 1. Advertensies is geplaas vir nominasies vir die Tribunaal,
Huurbehuising, 50 van 1999. 2. Vestiging van 'n personeel­ondersteunings-komponent vir die Tribunaal. 3. Die proklamering van 'n Kode vir Goeie Praktyk en Provinsiale Regulasies. nominasies is ontvang en na die Minister en die betrokke Staande Komitee verwys. 2. Werkstudieondersoek is afge­handel, goedgekeur en aanbe­veel vir implementering gedu­rende die 2001/02 finansiële jaar. 3. Voorstelle vir 'n Kode vir Goeie Praktyk en Provinsiale Regulasies is vir kommentaar gepubliseer en word vir finale publikasie gefinaliseer.
Om lopende sowel as agterstallige skuld in te vorder. Ontvangs van betaling van debiteure. 1. 'n Kredietbeheerstrategie is gevestig. 2. Debiteure word maandeliks van rekeninge voorsien. 3. 'n Skuldinvorderingstrategie is geformuleer.
Bywerking van WKBOR se eien­domsregister. Akkuraatheid en betroubaarheid van eiendomsregister. 1. 'n Studie oor die residensiële-, handels - sowel as nywer­heidspersele in die Metropool is afgehandel. 2. 'n Konsultant is aangestel om die register by te werk vir die gebiede buite die Metropool.
Om uitvoering te gee aan die bepalings van die Behuisingswet, 107 van 1997 met betrekking tot die oordrag van bates van die WKBOR aan munisipaliteite. Die oordrag van die Raad se bates aan munisipaliteite. Beleid vir die oordrag van bates aan munisipaliteite is in plek gestel.
Administreer Menslikevestiging-ont­wikkelingsprogamme. Voorsien pro­gram bestuursfunksie t.o.v tegniese sowel as administratiewe en finan­siële aangeleenthede. Prioritiseer en evalueer besigheids­planne. Wanfunksionering ten opsigte van behuisingsvoorsiening word uitgeskakel. Vier projekte is goedgekeur en mee begin gedurende die finansiële jaar, waarvan 2 voltooi is. Bedrag gespandeer: R5 202 827 miljoen.
Evaluering van WKBOR-projekte aan die hand van ingenieursdienste en topstrukture. Uitvoerbare projekte word aan die WKBOR voorgelê. Sewe-en-twintig nuwe subsidie­aansoeke aan die hand van inge­nieurs­en tegniese verslae is geëvalueer. Hierbenewens is gekonsolideerde subsidies t.o.v. topstrukture ook voorgelê
Monitering van vordering van behuisingsprojekte. Kwaliteit van topstrukture en dienste voldoen aan aanvaarbare standaarde. 127 projekinspeksies is gedoen.
Instandhouding van eiendomme wat aan die WKBOR behoort. 'n Aanvaarbare vlak van dienste word gehandhaaf en eise of klagtes van huurders en muni­sipaliteite word geminimaliseer. Instandhoudingswerke by onge­veer 4000 eiendomme is onder­neem, binne die goedgekeurde begroting van R2,7 miljoen.
Verleen ondersteuningsdienste aan susterdepartemente en munisipaliteite. Voorsiening van maatskaplike fasiliteite. Een veeldoelige sentrum en biblioteek is voltooi. Nog twee is in die beplannings-en
PROGRAM: 3: ONTWIKKELINGSBEPLANNING Doel:
Om ontwikkelingsbeplanning in die provinsiale en plaaslike regeringsfeer in die bevordering en bestuur van die Provinsie Wes-Kaap te ondersteun, te moniteer en te reguleer
Hierdie program bestaan uit die volgende subprogramme:
Administrasie
Voorsiening van bestuurs- en adviesdienste aan die Hoofdirektoraat en Ministerie
Streekbeplanning
Ondersteuning van landelike en stedelike ontwikkelingsaksies
Beplanning, evaluering en finansiering van streekbeplanningsprojekte
Evaluering van spesifieke ontwikkelingsake met betrekking tot aansoeke by die Wes-Kaapse Behuisings­ontwikkelingsraad (WKBOR)
Regulering, monitering en ondersteuning van geïntegreerde ontwikkelingsplanne in die plaaslike regeringsfeer
Uitbesteding van relevante stadsbeplannings-aangeleenthede waar die nodige kapasiteit of kundigheid in die Departement nie beskikbaar is nie
Inligtingsbestuur
Bestuur van 'n Provinsiale Inligtingsdiens
Instandhouding van 'n Geografiese Inligtingstelsel
Grondontwikkelingsbestuur
Om toepaslike wetgewing met betrekking tot beplanning en ontwikkeling te implementeer en te bestuur
Die implementering en bestuur van 'n appèlmeganisme en die prosessering van appèlle
Die implementering en uitvoering van beleid met betrekking tot grondhervorming
Kapasiteitsbou in die plaaslike regeringsfeer met betrekking tot beplanning en ontwikkeling
NOTA: Gedurende die finansiële jaar is die subprogram Provinsiale Beplanning oorgeplaas na die Departement van Provinsiale Administrasie
Beleidsontwikkelings:
Die Beleid vir die Vestiging van Plaaswerkers is deur die Provinsiale Kabinet goedgekeur en is op 1 September 2000 as provinsiale beleid afgekondig.
Die Provinsiale Biostreekbeplanningsraamwerk is in Oktober 2000 voltooi en een dinkskrum, wat al die munisipaliteite en beplanningskonsultante betrek het, is gehou.
Die Departement omskep tans die Provinsiale Verstedelikingsraamwerk ('n tegniese dokument wat in Augustus 2000 voltooi is) in 'n Konsepgroenskrif op Verstedeliking in die Wes-Kaap.
Die Provinsiale Kabinet het die konsep Kussonebeleid vir die Wes-Kaap gedurende November 2000 in beginsel goedgekeur vir bekendmaking. Daar is sedertdien begin met die vertaling van die dokument in sowel Afrikaans as Xhosa.
Uitsette Diensleweringaanduider Werklike prestasie
Ondersteuning van landelike en stedelike ontwikkelings-aksies. Die aantal aansoeke gefinaliseer. Altesaam 910 aansoeke is ingevolge die toepaslike wetgewing gefinaliseer.
Beplanning, evaluering en finan­siering van streekbeplannings­projekte. Voorsiening van beplanningsbeleid om spesifieke beplanningsbehoef­tes in 'n dinamiese beplannings­omgewing aan te spreek. Die Beleid vir die Vestiging van Plaaswerkers is deur die Provin­siale Kabinet goedgekeur en is op 1 September 2000 as Provinsiale Beleid afgekondig. Die Provinsiale Biostreekbeplan­ningsraamwerk is in Oktober 2000 voltooi en 'n voorlegging aan munisipaliteite en konsultante in die veld is gedurende Februarie 2001 gedoen. 'n Konsepdokument is gedurende Augustus 2000 voltooi om as 'n Konsepgroenskrif vir Verstede­liking in die provinsie te dien. 'n konsep Kussonebeleid vir die Wes-Kaap is gedurende November 2000 in beginsel goedgekeur deur die Kabinet, en daar is begin met die vertaling van die dokument in sowel Afrikaans as Xhosa.
Evaluering van spesifieke ontwik­kelingsake met betrekking tot aansoeke by die WKBOR. Voorsiening van deurlopende bystand t.o.v. aansoeke by die WKBOR. 27 aansoeke by die WKBOR is deur die Hoofdirektoraat ontvang vir professionele beplanningsinset en is aan die WKBOR voorgelê.
Regulering, monitering en onder­steuning van geïntegreerde ontwik­kelingsraamwerke in die plaaslike regeringsfeer. Voorsiening van professionele bystand gedurende geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP)-prosesse aan al 30 munisipaliteite ten einde elke munisipaliteit in staat te stel om 'n konsep-GOP op te stel. Alle munisipaliteite het gedurende die GOP-proses persoonlike pro­fessionele bystand ontvang. Dié ondersteuning het 'n dinkskrum in Februarie 2001 ingesluit, om alle munisipaliteite voor te berei t.o.v. die opstel van GOP'e vir die nuut­afgebakende munisipaliteite. Teen die einde van die finansiële jaar het elke munisipaliteit 'n Konsep-GOP opgestel.
Finansiering van eksterne beplan­ningsaksies. Voorsiening van finansiële onder­steuning aan die 30 munisipaliteite, gegrond op verdienstelike aan­soeke vir die daarstel van ruim­telike ontwikkelingsplanne, bio­streekplanne en soneringskema regulasies. Befondsing is ook vir individuele verdienstelike projekte met betrekking tot ruimtelike beplanning voorsien. 'n Bedrag van R37 000 is aan die Munisipaliteit Slangrivier betaal vir die finalisering van 'n struktuurplan. Weens die oor­gangsproses is die oorblywende bedrag van R2,5m wat gedurende hierdie finasiële jaar beskikbaar was, nie aan munisipaliteite oor­betaal nie. Hierdie bedrag is vir dieselfde doel na die 2001/2002 finansiële jaar oorgedra.
Bestuur van 'n Provinsiale Inligtingsdiens. Die aantal nieruimtelike data­tabelle, statistiese verslae en mediavrystellings aan die onder­ 59 elektroniese tabelle en 74 statistiese verslae en vrystellings is voorsien.
skeie interne en eksterne kliënte. Die verkryging van statistiese datastelle om 'n provinsiale inligtingsdiens te bevorder. 6 elektroniese statistiese datastelle is verkry.
Instandhouding van 'n Geografiese Inligtingstelsel. Die hoeveelheid ruimtelike elek­troniese data en kaarte voorsien aan die onderskeie interne en eksterne kliënte. Die verkryging en inkorporering van ruimtelike datastelle in die GIS om dienslewering te bevorder. 10 elektroniese datastelle is aan 6 kliënte voorsien en 347 kaarte is in antwoord op 145 navrae voorsien. 88 ruimtelike datastelle is verkry, geïnkorporeer en opgedateer.
Om toepaslike wetgewing met betrekking tot beplanning en ontwikkeling te implementeer en te bestuur. Die inwerkingstelling van die Wes-Kaapse Wet op Beplanning en Ontwikkeling, 7 van 1999. Die herroeping van verouderde wetgewing soos die Ordonnansie op Grondgebruikbeplanning, 1985 (Ordonnansie 15 van 1985), die Wet op Opheffing van Beperkings, 84 van 1967 en die Wet op Minder Formele Dorpstigting, 113 van 1991. Die Wet kon nie geïmplementeer word nie omdat die grond­wetlikheid van die Wet bevraag­teken is deur die Wes-Kaapse Plaaslike Regerings-organisasie. Verdere onderhandelings met die Organisasie het voortgegaan, en 'n Senior Advokaat is versoek om 'n regsmening oor die saak te gee. Die ander wetgewing kon nie voor die inwerkingstelling van Wet 7 van 1999 herroep word nie.
Die implementering en bestuur van 'n appèlmeganisme en die prosessering van appèlle. Aanstelling van lede van die Wes-Kaapse Beplanningshersienings­raad. Inhuldigingsvergadering van die Raad. Nominasies is in die pers aangevra met die oog op konstituering van die Raad. Daar kon egter nie voortgegaan word met die aanstelling van die lede nie omdat die Wet agterweë gehou is. Vergaderings van die Raad kon nie voortgaan alvorens die Raad behoorlik gekonstitueer en die lede aangestel is nie.
Die implementering van beleid met Registrasie van Dorpe, om dit vir Ingevolge Wet 112 van 1991 is betrekking tot grondhervorming. voorheen benadeelde gemeenskap­pe moontlik te maak om toegang tot grond te verkry met behulp van die Wet op die Opgradering van Grondbesitregte, 112 van 1991 en die Wet op Minder Formele Dorpstigting, 113 van 1991. Oordrag van erwe ten einde die minderbevoorregtes te bemagtig deur die voorsiening van basiese dienste. 293 dorpsregisters geopen. Ingevolge Wet 113 van 1991 is 53 dorpsregisters geopen. Die inisiatief vir die Oordrag van Residensiële Eiendom is tot dusver uitgevoer, en erwe is soos volg oorgedra vir die gelyste projekte: Crossroads 325 Mosselbaai 133 Oudtshoorn 652.
Kapasiteitsbou in die plaaslike regeringsfeer met betrekking tot beplanning en ontwikkeling. Om die kapasiteit van munispale amptenare te bou deur bywoning van en insetlewering by munisipale beplanningsforums en ver­gaderings en deur voorleggings aan munispale amptenare oor beplanningsbeleid, beplannings­wetgewing, grondgebruikbestuur en ontwikkelingsaansoeke. Opleiding van munisipale personeel met betrekking tot nuwe prosedures en bepalings van Wet 7 van 1999. Individuele munisipaliteite is besoek en professionele steun en leiding voorsien aangaande die opstel van struktuurplanne en ruimtelike ontwikkelingsplanne. Gedurende April 2000 is 'n Saamtrektoer dwarsdeur die Provinsie Wes-Kaap onderneem, en die amptenare van al die munisipaliteite wat by beplanning en ontwikkeling betrokke is, is opleiding gegee oor die bepalings van die Wet. Voorleggings is aan al die munisipaliteite gemaak oor biostreekbeplanning en geïnte­
PROGRAM: 4: PLAASLIKE REGERINGSDIENSTE Doel:
Om die totstandkoming, ontwikkeling en regulering van effektiewe, doeltreffende, deursigtige en volhoubare plaaslike regering te bevorder, te koördineer en te moniteer.
Hierdie program bestaan uit die volgende subprogramme:
Rasionalisering van plaaslike regeringswetgewing, met inagneming van nasionale wetgewing en bystand aan munisipaliteite om in ooreenstemming met toepaslike wetgewing te funksioneer
Plaaslike regeringsontwikkeling
Monitering en ondersteuning van plaaslike regeringstrukture, die bevordering van 'n pro-aktiewe benadering aangaande rampbestuur en brandbestryding, monitering en bevordering van die Geïntegreerde Ontwikkelingsbeplanningsproses by munisipaliteite, adviesdiens en statutêre verpligtinge met inagneming van eiendomswaardasies en die verlening van adviesdienste aan munisipaliteite oor sosiale, finansiële en grondwetlike aangeleenthede
Plaaslike regeringsfinansies
Monitering en ingrypende ondersteuning van finansiële administrasie van munisipaliteite, regulering van kapitaalvereistes en spesifieke diensaangeleenthede by munisipaliteite asook die monitering van die finansiële lewensvatbaarheid van munisipaliteite
Beleidsontwikkelings:
Erkenning aan grondwetlike integriteit van die plaaslike regeringsfeer
Verander van regulerende administrasie na samewerkende regering
Om diagnostiese studies by geïdentifiseerde munisipaliteite te doen. Aantal diagnostiese studies voltooi. Dertien diagnostiese studies is voltooi.
Om ondersteuning aan munisipale Aantal dispute opgelos. Twee honderd-en-sewe skriftelike belastingbetalers te bied in die geskille van belastingbetalers is afhandeling van geskille met en afgehandel.
klagtes oor hulle munisipaliteit.
Moniteer die finansiële lewens­vatbaarheid van die nuut gestigte munisipaliteite. Aantal nuut gestigte munisipa­liteite wat gemoniteer is. Dertig nuut gestigte munisipaliteite is gemoniteer.
Om munisipaliteite te moniteer en Aantal munisipaliteite wat Dertig munisipaliteite is te ondersteun ten einde aan gemoniteer en ondersteun is. gemoniteer en ondersteun ten einde finansiële voorskrifte te voldoen. aan finansiële voorskrifte te voldoen.
Om munisipaliteite te ondersteun met die implementering van trans­formasie. Aantal suksesvolle hersaamge­stelde munisipaliteite. Dertig suksesvol hersaamgestelde munisipaliteite.
Om infrastruktuur ingevolge die Aantal munisipale infrastruktuur­ Eenhonderd-en-tagtig munisipale
Gekonsolideerde Munisipale Infra­ programme. infrastruktuurprogramme of struktuurprogram (GMIP) te skep. projekte is goedgekeur en die implementering gekoördineer.
Om munisipaliteite met verkie­sings te moniteer en te ondersteun . Aantal munisipaliteite gemoniteer en ondersteun. Eenhonderd-ses-en-dertig munisi­paliteite is gemoniteer en onder­steun.
Om munisipaliteite met eiendomswaardasies te ondersteun. Aantal munisipaliteite wat met eiendomswaardasies ondersteun is. Drie munisipaliteite is ondersteun.
Om die proses van munisipaliteite se opstel van Geïntegreerde Ontwikkelingsplanne te moniteer. Aantal munisipaliteite gemoniteer. Dertig munisipaliteite is gemoniteer.
Om tegniese bystand aan munisipaliteite te verskaf met die samestelling van Geïntegreerde Ontwikkelingsplanne en - Raamwerke. Aantal munisipaliteite wat tegnies bygestaan is. Dertig munisipaliteite is tegnies bygestaan by twee werkswinkels.
Om finansiële bystand aan munisipaliteite te lewer met die samestelling van Geïntegreerde Ontwikkelingsplanne en - Raamwerke. Aantal munisipaliteite wat finansieel bygestaan is. Een munisipaliteit is finansieel bygestaan.
Oordragbetalings:
Naam van instelling Oordrag R'000
Voormalige Munisipaliteit van Aurora (finansiële bystand) 50
Voormalige Munisipaliteit van Ashton (bestuursondersteuning) 365
Voormalige Munisipaliteit van Beaufort-Wes (bestuursondersteuning) 138
Voormalige Munisipaliteit van Ceres (bestuursondersteuning) 175
Voormalige Munisipaliteit van Grabouw (bestuursondersteuning) 301
Voormalige Munisipaliteit van Grootbrak (bestuursondersteuning) 200
Voormalige Munisipaliteit van Knysna (bestuursondersteuning) 341
Voormalige Munisipaliteit van Mosselbaai (bestuursondersteuning) 331
Voormalige Munisipaliteit van Oudtshoorn (bestuursondersteuning) 180
Voormalige Munisipaliteit van Plettenbergbaai (bestuursondersteuning) 312
Voormalige Munisipaliteit van Saron (bestuursondersteuning) 27
Voormalige Munisipaliteit van Tulbagh (bestuursondersteuning) 22
Voormalige Munisipaliteit van Vredendal (bestuursondersteuning) 194
Voormalige Munisipaliteit van Weskus Skiereiland (bestuursondersteuning) 23
Voormalige Munisipaliteit van Worcester (bestuursondersteuning) 1 321
Voormalige Kaapse Metropolitaanse Raad (finansiële bystand om 'n addisionele brandbestrydingshelikopter op gereedheidsgrondslag te hou gedurende die somer) 1 123
PROGRAM: 5: HERSTRUKTURERING Doel:
Om voorsiening te maak vir die herstrukturering van die Departement.
DEEL VIER
WES-KAAP PROVINSIE
DEPARTEMENT VAN BEPLANNING, PLAASLIKE BESTUUR EN BEHUISING
INHOUD
Bladsy
Bestuursverslag en Goedkeuring 35
Verslag van die Ouditeur-Generaal 49
Verklaring van Rekeningkundige Beleid en Verwante
Aangeleenthede 54
Inkomstestaat 56
Aantekeninge tot die Inkomstestaat 58
WES-KAAP PROVINSIE DEPARTEMENT VAN BEPLANNING, PLAASLIKE BESTUUR EN BEHUISING
Verslag van die Rekenpligtige Beampte aan die Uitvoerende Gesag en die Wes-Kaapse Provinsiale Parlement
Algemene oorsig van die stand van finansiële sake
Algemene oorsig Begrotingstoekenning
Totaal 464,684
Administrasie
,054 Behuising
,396 Ontwikkelingsbeplanning
,016 Plaaslike regeringsdienste
,835 Herstrukturering
Onderspandering
Totaal 29,617
Administrasie
,674 Behuising
,004 Ontwikkelingsbeplanning
,234 Plaaslike regeringsdienste
,169 Herstrukturering
Redes vir onderspandering
Vakante poste nie gevul.
Justisie-eise nie betyds ontvang nie.
Sentralisering van voorrade en sekere administratiewe funksies.
Besigsheidsplanne vir nasionale voorwaardelike toekennings laat goedgekeur.
WES-KAAP PROVINSIE DEPARTEMENT VAN BEPLANNING, PLAASLIKE BESTUUR EN BEHUISING
Die uitstel van die plaaslike regeringsverkiesings.
Projekte nie betyds voltooi nie.
Spanderingspatrone Grafiek aangeheg op bladsy 41:
Dui die totale uitgawes vir die 2000/2001 finansiële jaar in vergelyking met die van 1999/2000 aan.
Grafiek aangeheg op bladsy 42:
Dui die spandering per program aan.
Grafieke aangeheg op bladsye 43 tot 48:
Dui die spandering per standaarditem per program en die begrotingspos aan.
Nota: Vir vergelykingsdoeleindes is die voorwaardelike toekenning (R341,466m) ten opsigte van die SA Behuisingsfonds buite berekening gelaat.
Alle personeellede is aan die nuwe finansiële wetgewing bekend gestel deur middel van inligtingsessies by die Provinsiale Tesourie, die verspreiding van relevante dokumentasie en opleidingsessies ten einde te verseker dat hulle oor 'n agtergrondkennis beskik van die norms en standaarde van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur (PFMA), die Nasionale Tesourie Regulasies (NTR's) en die Provinsiale Tesourie Direktiewe (PTD'e). Alle nuut aangestelde personeel sal ook vir kursusse genomineer word by die Provinsiale Tesourie. Gestruktureerde departementele kursusse sal ook teen die einde van die finansiële jaar geïmplementeer word.
n Hoof Finansiële Beampte (HFB) is ook op 1 Maart 2001 by die Departement aangestel om die Rekenpligtige Beampte met sy verantwoordelikhede, soos uiteengesit in gedeelte 2 van Hoofstuk 5 van die PFMA, by te staan.
WES-KAAP PROVINSIE DEPARTEMENT VAN BEPLANNING, PLAASLIKE BESTUUR EN BEHUISING
Finansiële prosesse en prosedures ingevolge die Tesourie-Instruksies en die Skatkiswet is aangepas en uitgereik ooreenkomstig die PFMA, NTR's en die PTD'e. Soos die behoefte ontstaan, word nuwe prosedures ontwikkel en ingevolge die nuwe wetgewing uitgereik.
Dienste gelewer deur die Departement`
Tariefbeleid Gesubsidieerde motorvervoer
Tariewe word vasgestel deur die nasionale Departement van Vervoer.
Parkeergelde
Maandelikse parkeergelde vir amptenare is in ooreenstemming met provinsiale tariewe soos vasgestel deur die Departement van Ekonomiese Sake, Landbou en Toerisme en goedgekeur deur die Provinsiale Tesourie in terme van Nasionale Tesourie Regulasie (NTR) 7.3.1.
GIS kaarte en kopieë vanaf lêers vir privaatpersone en -instellings
Alle tariewe word jaarliks deur die Departement hersien en deur die Provinsiale Tesourie goedgekeur in terme van Nasionale Tesourie Regulasie (NTR) 7.3.1. Hierdie tariewe is kosteverhalend.
Openbare Entiteite
Algemeen
Die Wes-Kaapse Behuisingsontwikkelingsraad is 'n provinsiale openbare entiteit soos gelys in Skedule 3 van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur, 1999 (Wet Nr. 1 van 1999) (soos gewysig).
WES-KAAP PROVINSIE DEPARTEMENT VAN BEPLANNING, PLAASLIKE BESTUUR EN BEHUISING
Doel
Die WKBOR het tot stand gekom ingevolge die Wes-Kaapse Behuisings­ontwikkelingswet, 1999 (Wet Nr. 6 van 1999). Die pligte en funksies van die Raad word gestipuleer in Artikel 7 van genoemde Wet.
Fondse word ooreenkomstig die Wet op Openbare Finansiële Bestuur, 1999 (Wet 1 van 1999) (soos gewysig) as 'n nasionale voorwaardelike toekenning begroot onder die subprogram Behuisingsbestuur van die program Behuising van die Departement. Oordragte word na die Fonds gemaak soos fondse vanaf die nasionale Departement van Behuising ontvang word. Verslagdoening en ander voorwaardes soos voorgeskryf in die jaarlikse Wet op die Verdeling van Inkomste, word streng nagekom.
Risikobestuur en bedrogvoorkoming n Nuwe Bedrog- en diefstalvoorkomingsplan sal teen 30 Junie 2001 ingevolge die Wet op Openbare Finansiële Bestuur, 1999 (Wet 1 van 1999), soos gewysig geïmplementeer word en het ten doel dat:
die beleid, prosedures, reëls en regulasies en ander regeringsvoorskrifte, insluitende beleid oor menslike hulpbronne, streng nagekom word;
die dissiplinêre kode en prosedures toegepas word en toesighouers in die uitvoering daarvan opgelei word, die voorgeskrewe interne beheermaatreëls binne beleid, prosedures, reëls, regulasies en ander amptelike voorskrifte toegepas en nagekom word;
n Risikobestuursplan geïmplementeer word in oorleg met die Interne Oudit Eenheid van die Provinsiale Administrasie: Wes-Kaap;
gestruktureerde programme van deurlopende risikobepaling geïmplementeer en onderhou word;
WES-KAAP PROVINSIE DEPARTEMENT VAN BEPLANNING, PLAASLIKE BESTUUR EN BEHUISING
n Bedrogvoorkomingskomitee tot stand gebring word met 'n verwysingsraamwerk soos uiteengesit in bylae A van die Plan;
die kode van etiek en besigheidsgedrag, sowel as die Gedragskode van die Staatsdiens deur alle beamptes gerespekteer en toegepas word;
die Bedrogbeleid en Reaksieplan ondersteun en nagekom word en dat amptenare 'n kultuur van zero verdraagsaamheid tot korrupsie, bedrog, diefstal en wanadministrasie by alle individue bevorder;
rekord gehou word van alle aantygings van bedrog, sowel as verliese en skade gelei deur kriminele of moontlike kriminele optrede of versuim. In hierdie verband is beamptes bewus gemaak van die Bedroglyn 080-122-6545;
sekuriteit fisies verskerp word. Sodoende word beamptes weereens bewus gemaak van die Ondersoekbeleid;
n bewusmakingsveldtog te loods, eerstens deur middel van opvoedkundige werkswinkels en tweedens, deur die gebruik van plakkate en, deurlopende onderhoud en hersiening van die Plan.
Die Plan is deur die Interne Ouditkomponent van die Provinsie ontwikkel en die effektiwiteit van die Plan sal in die nuwe finansiële jaar waargeneem word.
Voor hierdie Plan is 'n Bedrogvoorkomingsbeleid ingevolge die Skatkiswet, 1994, sowel as die Finansiële Regulasies en die Tesourie-Instruksies (Hoofstuk W) ontwikkel en wat deur die Provinsiale Kabinet goedgekeur is.
Die stelsel is streng geadministreer en het effektief gefunksioneer. In alle gevalle van bedrog, diefstal ens. aangemeld, is die omstandighede wat tot die insident aanleiding gegee het, ontleed en is voorkomingsmaatreëls getref om die Provinsie se belange te beskerm.
Gestaakte aktiwiteite
Die provinsiale beplanningsfunksie is einde September 2000 na die Departement van Provinsiale Administrasie oorgeplaas. Die ongespandeerde fondse (R3 253 000) vir die res van die finansiële jaar is na die Departement verskuif en die opskorting was opgeneem in die Aansuiweringsbegroting vir 2001.
WES-KAAP PROVINSIE DEPARTEMENT VAN BEPLANNING, PLAASLIKE BESTUUR EN BEHUISING
Nuwe aktiwiteite/voorgestelde nuwe aktiwiteite
Die Departement van Finansies het oorspronklik 'n Departementele Reken­meestersfunksie op 'n gesentraliseerde basis namens hierdie Departement verrig. Ten einde in lyn met die gees van die Openbare Finansiële Bestuurswet, 1999 (Wet Nr. 1 van 1999) (soos gewysig) te bly, het die Departement van Finansies 'n proses van desentralisering van die Departementele Rekenmeestersfunksie na die onderskeie departmente onderneem. Vanaf 1 April 2001 sal hierdie Departement genoemde funksie self verrig, met die Departement van Finansies wat 'n groot rol sal speel in die oorgangsfase.
Dieselfde proses is met die Personeelfunksie gevolg wat met ingang van 1 April 2001 by die Departement van Provinsiale Administrasie gedentraliseer is, met laasgenoemde Departement wat 'n ondersteuningsrol sal vervul in die oorgangsperiode.
Werkstudie-ondersoeke is gedoen na die rol en funksies van die nuwe Direktoraat Departementele Finansies en die nuwe diensstaat is goedgekeur deur die Provinsiale Kabinet per Minute 142/2001 gedateer 9 Mei 2001. Die voorgestelde diensstaat vir die personeel en algemene administratiewe funksies sal gedurende Junie 2001 aan die Provinsiale Kabinet voorgelê word.
Goedkeuring
Die aangehegte finansiële jaarstate en aantekeninge tot die state soos uiteengesit op bladsye 54 tot 60 is deur die Rekenpligtige Beampte goedgekeur.
/01 UITGAWES 1999/00 UITGAWES
/01 SPANDERINGSPATROON PER PROGRAM
Administrasie Behuising Ontwikkelingsbeplanning Plaaslike regeringsdienste Herstrukturering
/01 SPANDERINGSPATROON PER STANDAARDITEM
PROGRAM 1: ADMINISTRASIE
/01 SPANDERINGSPATROON PER STANDAARDITEM
PROGRAM 2: BEHUISING
Personeel Administratief Voorrade Toerusting Prof. & spes. Oordragbetalings Diverse
/01 SPANDERINGSPATROON PER STANDAARDITEM
PROGRAM 3: ONTWIKKELINGSBEPLANNING
Personeel Administratief Voorrade Toerusting Prof. & spes. Oordragbetalings Diverse
/01 SPANDERINGSPATROON PER STANDAARDITEM
PROGRAM 4: PLAASLIKE REGERINGSDIENSTE
Personeel Administratief Voorrade Toerusting Prof. & spes. Oordragbetalings Diverse
/01 SPANDERINGSPATROON PER STANDAARDITEM
PROGRAM 5: HERSTRUKTURERING
Personeel Administratief Voorrade Toerusting Prof. & spes. Oordragbetalings Diverse
/01 SPANDERINGSPATROON PER STANDAARDITEM
BEGROTINGSPOS 8: BEPLANNING, PLAASLIKE BESTUUR EN BEHUISING
Personeel Administratief Voorrade Toerusting Prof. & spes. Oordragbetalings Diverse
WES-KAAP PROVINSIE DEPARTEMENT VAN BEPLANNING, PLAASLIKE BESTUUR EN BEHUISING
VERSLAG VAN DIE OUDITEUR-
INHOUDSOPGAWE
Bladsy
Aard en Omvang 50
Nakomingsoudit 51
Ouditmening 51
Nakomingsoudit 51
BEKLEMTONING VAN AANGELEENTHEDE 51
Interne oudit 53
Ouditkomitee 53
WAARDERING 53
WES-KAAP PROVINSIE DEPARTEMENT VAN BEPLANNING, PLAASLIKE BESTUUR EN BEHUISING
VERSLAG VAN DIE OUDITEUR-GENERAAL OOR DIE FINANSIËLE JAARSTATE VAN BEGROTINGSPOS 8 vir die jaar geëindig 31 MAART 2001
Dit dien gemeld te word dat die ouditverslag uitgereik is op grond van 'n oudit wat op die Engelse weergawe van die finansiële state uitgevoer was. Die akkuraatheid van die vertaling van die jaarverslag, met inbegrip van die bestuursverslag, rekeningkundige beleid en finansiële state in Afrikaans is, weens 'n tydsbeperking, nie deur die Kantoor van die Ouditeur-generaal bevestig nie.
Die finansiële state soos uiteengesit op bladsye 35 tot 48 en bladsye 54 tot 60, vir die jaar geëindig 31 Maart 2001, is ingevolge artikel 188 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996 (Wet No. 108 van 1996), gelees met artikels 3 en 5 van die Wet op die Ouditeur-generaal, 1995 (Wet No. 12 van 1995), geouditeer. Hierdie finansiële state, die instandhouding van effektiewe beheermaatreëls en die nakoming van toepaslike wette en regulasies is die verantwoordelikheid van die rekenpligtige beampte. My verantwoordelikheid is om op grond van die oudit, 'n mening oor hierdie finansiële state en die nakoming van toepaslike wette en regulasies, van toepassing op finansiële aangeleenthede, uit te spreek.
Aard en omvang
Die oudit is ooreenkomstig algemeen aanvaarde owerheidsouditstandaarde uitgevoer wat algemeen aanvaarde ouditstandaarde insluit. Hierdie standaarde vereis dat die oudit beplan en uitgevoer word om redelike sekerheid te verkry dat daar geen wesenlike wanvoorstelling in die finansiële state is nie. 'n Oudit behels:
n ondersoek, op 'n toetsgrondslag, van bewyse wat die bedrae en openbaarmakings in die finansiële state steun;
n beoordeling van die rekeningkundige beginsels wat gebruik is en beduidende ramings wat deur bestuur gemaak is; en n evaluering van die algehele aanbieding van die finansiële state.
As gevolg van die aard van die voorgeskrewe rekeningkundige praktyk, is die oudit binne 'n finansiële verslagdoeningsraamwerk uitgevoer wat nie noodwendig op hierdie stadium 'n redelike weergawe van die resultate van die bedrywighede, finansiële posisie en kontantvloei vir die boekjaar tot gevolg het nie.
WES-KAAP PROVINSIE DEPARTEMENT VAN BEPLANNING, PLAASLIKE BESTUUR EN BEHUISING
VERSLAG VAN DIE OUDITEUR-GENERAAL OOR DIE FINANSIËLE JAAR-STATE VAN BEGROTINGSPOS 8 (vervolg) vir die jaar geëindig 31 MAART 2001
Ek glo dat die oudit 'n redelike grondslag vir my mening bied.
Nakomingsoudit
Voorts behels 'n oudit 'n ondersoek, op 'n toetsgrondslag, van bewyse wat nakoming van die betrokke wette en regulasies wat onder my aandag gekom het en op finansiële aangeleenthede van toepassing is, in alle wesenlike opsigte steun.
Ek glo dat die oudit 'n redelike grondslag vir my mening bied.
Ouditmening
Na my mening is hierdie finansiële state, in alle wesenlike opsigte, 'n redelike weergawe van die resultate van die bedrywighede van die Begrotingspos vir die jaar geëindig 31 Maart 2001, in ooreenstemming met voorgeskrewe rekeningkundige praktyk en op 'n wyse deur die toepaslike wetgewing vereis.
Nakomingsoudit
Op grond van die ouditwerk uitgevoer, het niks onder my aandag gekom wat my laat glo dat wesenlike nie-nakoming van wette en regulasies, wat op finansiële aangeleenthede van toepassing is, voorgekom het nie.
BEKLEMTONING VAN AANGELEENTHEDE
Sonder om die ouditmening hierbo uitgespreek te kwalifiseer, word die aandag op die volgende aangeleenthede gevestig:
'n Afsonderlike kontantvloeistaat en balansstaat is nie vir hierdie Begrotingspos ingedien nie. Verduidelikings in hierdie verband is vanaf die hoof van die Departement van Finansies aangevra. Daar is aangedui dat dit nie moontlik is om die proefbalans van departemente wat 'n Finansiële Bestuurstelsel (FBS) -kode deel in afsonderlike departemente te verdeel ten einde afsonderlike kontantvloeistate en balansstate op te stel nie, hoofsaaklik vir die volgende redes:
WES-KAAP PROVINSIE DEPARTEMENT VAN BEPLANNING, PLAASLIKE BESTUUR EN BEHUISING
VERSLAG VAN DIE OUDITEUR-GENERAAL OOR DIE FINANSIËLE JAAR-STATE VAN BEGROTINGSPOS 8 (vervolg) vir die jaar geëindig 31 MAART 2001
Op die FBS word die rekenings vir skatkistoekennings, betaal-meester­generaal en wissels betaalbaar as hoof verantwoordelikheid toegangs­afwagrekenings hanteer, dit wil sê slegs die hoofkantoor het toegang tot hierdie rekenings. Alle departemente wat 'n FBS departementskode deel, deel ook hierdie rekenings. Die strukturering van hierdie rekenings op die FBS laat nie toe dat afsonderlike finansiële verslae vir departemente wat die betrokke FBS departementskode deel, versoek kan word nie.
Voorts, omdat departemente wat 'n FBS departementskode deel dieselfde bankrekening moet gebruik, is dit ook nie moontlik om die toewysing van onafgepaarde inskrywings in die bankafwagrekenings, nl. die deposito-, wisselsbetaalbaar- en betaalmeester-generaalrekenings te bepaal nie. Die redes hiervoor is hoofsaaklik dat gelde na die bankrekening gekrediteer word voordat die FBS van die betrokke deposito's geadviseer word en omdat betalings­transaksies volgens tjeknommer, wat nie per departement verdeel word nie, teboekgestel word.
Die betaalmeester-generaalrekening is 'n weerspieëling van die bankrekening wat by 'n bankinstelling gehou word. Aangesien die betaalmeester­generaalrekening per FBS departementskode gehou word, is dit nie moontlik om gedeeltes van die banksaldo aan 'n spesifieke departement toe te deel nie.
In die meeste gevalle word die salarisstelselinskakeling by die FBS globaal teen 'n hoofverantwoordelikheid gedoen wat dit onmoontlik maak om die departemente namens wie oorbetalings gemaak is te identifiseer, aangesien slegs een bedrag ten opsigte van 'n aftrekkingsrekening en 'n FBS departementskode betaal word.
As gevolg van bogemelde redes is 'n gekonsolideerde kontantvloeistaat en balansstaat, asook die aantekeninge daarby, voorgelê en in die jaarverslag van Begrotingspos 3 - Finansies gepubliseer. Laasgemelde weerspieël die gekonsoli­deerde stand van die FBS departementskode 70, wat Begrotingspos 1 - Premier, Direkteur-generaal en Korporatiewe Dienste, Begrotingspos 3 - Finansies, Begrotingspos 4 - Gemeenskapsveiligheid, Begrotingspos 8 - Beplanning, Plaaslike Bestuur en Behuising en Begrotingspos 9 - Omgewing- en Kultuursake en Sport inkorporeer.
WES-KAAP PROVINSIE DEPARTEMENT VAN BEPLANNING, PLAASLIKE BESTUUR EN BEHUISING
VERSLAG VAN DIE OUDITEUR-GENERAAL OOR DIE FINANSIËLE JAAR-STATE VAN BEGROTINGSPOS 8 (vervolg) vir die jaar geëindig 31 MAART 2001
Interne oudit
Tydens 'n kabinetsvergadering wat op 19 September 1999 gehou is, is daar goedgekeur dat sekere ondersteuningsdienste op 'n gesentraliseerde grondslag gelewer mag word en dat hierdie situasie na twee jaar hersien sal word. As gevolg hiervan is die interne ouditfunksie van die Provinsiale Administrasie: Wes-Kaap as 'n gesentraliseerde (gedeelde) funksie vir al die onderskeie departemente van die Administrasie gevestig. Gedurende die boekjaar 2000­01 het die interne ouditkomponent deel van Begrotingspos 1 - Premier, Direkteur-generaal en Korporatiewe Dienste gevorm. 'n Evaluering van die interne ouditfunksie van die Administrasie word in die Verslag van die Ouditeur-generaal oor die finansiële state van voormelde begrotingspos vir die jaar geëindig 31 Maart 2001 ingesluit.
Ouditkomitee
Op 4 Mei 2000 het die Minister van Finansies, ingevolge die magte wat deur artikels 17 en 77(c) van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur, 1999 (Wet No. 1 van 1999) aan hom toevertrou is, 'n gesentraliseerde ouditkomitee vir die Provinsiale Administrasie: Wes-Kaap vir 'n tydperk van twee jaar daargestel. 'n Evaluering van die funksies van die ouditkomitee van die Administrasie word in die Verslag van die Ouditeur-generaal oor die finansiële state van voormelde begrotingspos vir die jaar geëindig 31 Maart 2001 ingesluit.
WAARDERING
Die ondersteuning deur die rekenpligtige beampte en sy personeel gedurende die oudit verleen, word opreg waardeer.
WES-KAAP PROVINSIE DEPARTEMENT VAN BEPLANNING, PLAASLIKE BESTUUR EN BEHUISING
Basis van verrekeninge
Die finansiële state is, tensy anders vermeld, voorberei op die historiese koste basis in ooreenstemming met die volgende beleid wat konsekwent toegepas is in alle materiële opsigte.
Onderliggende beginsels
Die finansiële state is voorberei op die kontantbasis van rekeningkunde, behalwe waar anders aangedui. Onder die kontantbasis van rekeningkunde, word transaksies en ander gebeurtenisse erken wanneer kontant ontvang en betaal word. Hierdie basis van rekeningkunde meet finansiële resultate vir 'n periode as die verskil tussen kontant ontvang en betaal. Vertroue word gestel op die feit dat die Departement 'n lopende saak is.
Inkomste
Inkomste van die Provinsie en/of departementele ontvangste word oorbetaal aan die Provinsiale Inkomstefonds. Ongespandeerde toegekende fondse word in die Provinsiale Inkomstefonds teruggestort.
Uitgawes
Die Inkomstestaat sluit lopende en kapitale uitgawes in. Ongemagtigde uitgawes word nie as uitgawes verklaar alvorens sodanige uitgawes óf deur die Provinsiale Parlement goedgekeur is, óf van 'n derde pary verhaal is, óf uit die volgende jaar se appropriasie gefinansier is nie.
Fisiese bates (vaste bates, roerende bates en voorrade) word ten volle afgeskryf wanneer daarvoor betaal word en as uitgawes in die inkomstestaat verklaar. Die balansstaat sluit dus nie fisiese bates in nie, mits anders aangedui.
Ontvangbare en betaalbare bedrae
Ontvangbare en betaalbare bedrae word nie normaalweg erken onder die kontantbasis van rekeningkunde nie. Ontvangbare en betaalbare bedrae soos ingesluit in die balansstaat spruit egter voort uit kontantbetalings wat ontvangbaar is en kontantontvangstes wat aan die Provinsiale Inkomstefonds, of 'n ander party, verskuldig is.
Vergelykende syfers
Die vergelykende syfers soos in die inkomstestaat aangetoon; is beperk tot die syfers soos aangetoon in die vorige jaar se geouditeerde finansiële state, asook sodanige ander vergelykende syfers wat die Departement geredelik beskikbaar mag hê vir rapportering ingevolge die Wet op Openbare Finansiële Bestuur.
WES-KAAP PROVINSIE DEPARTEMENT VAN BEPLANNING, PLAASLIKE BESTUUR EN BEHUISING
Ongemagtigde, onreëlmatige, vrugtelose en verkwistende uitgawes
Ongemagtigde, onreëlmatige, vrugtelose en verkwistende uitgawes word as 'n lopende bate in die balansstaat hanteer tot tyd en wyl sodanige uitgawes óf verhaal, óf deur die Provinsiale Parlement gamagtig word, óf teen toekomstige toegekende fondse verreken word.
Skuldafskrywingsbeleid
Alle skuld wat uit Departementele bedrywighede voortspruit soos losies en inwoning, salarisoorbetalings, verskafferafkeurings, ens., word hanteer ooreenkomstig die voorskrifte soos vervat in die Wet op Openbare Finansiële Bestuur, Tesourie Regulasies, Provinsiale Tesourie Direktiewe en Staande Delegasies. Dit sluit inter alia in, die opvolging van skuld, direkte betaalrolaftrekkings, regsstappe teen wanbetalers en, nadat alle kanale sonder enige sukses gevolg is, die afskrywing van die skuld.
WES-KAAP PROVINSIE
DEPARTEMENT VAN BEPLANNING, PLAASLIKE BESTUUR EN BEHUISING
INKOMSTESTAAT
alle bedrae R'000 tensy anders aangedui
Vorige jaar INKOMSTE Aantekenin g Huidige jaar
Werklik Werklik Bewilligdebedrag Afwyking Oor-/(onder-)vordering
Bewilligde fondse
Ander ontvangste 3 664 ­ 664
,208 Totaal 465,348 464,684 664
Afwyking Onder-/(oor-)spandering
,657 UITGAWES 435,067 464,684 29,617
,551 NETTO SURPLUS VIR DIE JAAR 30,281 - 30,281
Werklik Werklik
Inkomste oordraagbaar aan Inkomstefonds 4 664
Bewilligde fondse om terug te stort in Inkomstefonds
Voorwaardelike toekennings 7,380
,551 - Ander bewilligde fondse 22,237
,551 Totaal 30,281
Werklik UITGAWES PER PROGRAM Werklik Bewilligdebedrag+ Afwyking Onder-/(oor-)spandering
,703 Program 1: Administrasie 12,375 14,049 1,674
,364 Program 2: Behuising 379,392 390,396 11,004
,081 Program 3: Ontwikkelingsbeplanning 13,782 22,016 8,234
,454 Program 4: Plaaslike regeringsdienste 18,666 25,835 7,169
Program 5: Herstrukturering 10,847 12,383 1,536
,657 Totaal 5 & 6 435,067 464,684 29,617
Werklik UITGAWES PER STANDAARDITEM Werklik Bewilligdebedrag+ Afwyking Onder-/(oor-)spandering
,889 Personeeluitgawes 52,466 60,526 8,060
,233 Administratiewe uitgawes 7,120 8,243 1,123
Voorrade en lewendehawe 1,170 1,363 193
,218 Toerusting 7 2,010 2,916 906
,629 Professionele en spesiale dienste 8 11,017 18,045 7,028
,291 Oordragbetalings 9 360,461 372,748 12,287
,657 Totaal 435,067 464,684 29,617
Werklik EKONOMIESE KLASSIFIKASIE VAN UITGAWES Huidige jaarwerklik Huidige jaar % van totaal
,485 Kapitaaluitgawes 1,260 0.29%
,881 Lopende uitgawes 73,346 16.86%
,100 Kapitaaloordragte 349,669 80.37%
,191 Lopende oordragte 10,792 2.48%
,657 Totaal 435,067 100.00%
VORIGE JAAR UITGAWES TOEGELAAT IN HUIDIGE JAAR
Werklik Rede waarom voorheen afgekeur Aard van uitgawe Werklik
Ongemagtigde uitgawes Verkiesings­koste 2
Totaal 2
WES-KAAP PROVINSIE
DEPARTEMENT VAN BEPLANNING, PLAASLIKE BESTUUR EN BEHUISING
AANTEKENINGE TOT DIE INKOMSTESTAAT
alle syfers R'000 tensy anders aangedui
Voorwaardelike toekennings ontvang
Ontvang van Doel Werklik Bewilligde bedrag Afwyking Oor-/(onder-)vordering
Nasionale Departement van Behuising SA Behuisingsfonds 341,466 341,466 -
Nasionale Departement van Behuising Mense vestigingsher­ontwikkelingsprogra m 9,000 9,000 -
Nasionale Departement van Behuising Kapasiteitsbou 1,860 1,860 -
Nasionale Departement van Behuising Hostelle beleid 750 750 -
Bewilligde fondse Werklik Bewilligdebedrag Afwyking Oor-/(onder-)vordering
Ander ontvangste
Werklik Bewilligdebedrag Afwyking Oor-/(onder-)vordering
Gesubsidieerde motorvervoer 215 259 
Gelde nie deur wet/ordinansie voorgeskryf
Diverse kapitaalontvangste 12 27 
Verouderde tjeks 7 7
Memorandumkoste - 4 
Verkope 2 6 
Terugbetalings vorige jare 256 30 226
Ander 172 396 
Totaal 664 722 
Inkomste oordraagbaar na Inkomstefonds
Beskrywing Werklik
Inkomste oordragte t.o.v. vorige jaar -
Inkomste oordragte t.o.v. huidige jaar 658
Huidige jaar oordragte uitstaande 6
Totaal 664
WES-KAAP PROVINSIE
DEPARTEMENT VAN BEPLANNING, PLAASLIKE BESTUUR EN BEHUISING
AANTEKENINGE TOT DIE INKOMSTESTAAT (vervolg)
alle syfers R'000 tensy anders aangedui
Uitgawe per program en verduideliking van wesentlike verskille Werklik Bewilligde bedrag+ Afwyking Onder-/(oor-)spandering
Program 1: Administrasie 12,375 14,049 1,674
Subprogram: Korporatiewe dienste 10,217 11,373 1,156
Subprogram: Kantoor van die Provinsiale Minister van Plaaslike Regering 866 1,078 212
Subprogram: Kantoor van die Provinsiale Minister van Behuising 1,292 1,598 306
Program 2: Behuising 379,392 390,396 11,004
Subprogram: Administrasie 1,425 2,341 916
Subprogram: Behuisingsbestuur 349,047 352,886 3,839
Subprogram: Behuisingvestiging 10,200 11,401 1,201
Subprogram: Professionele en tegniese dienste 18,720 23,768 5,048
Program 3: Ontwikkelingsbeplanning 13,782 22,016 8,234
Subprogram: Administrasie 585 1,772 1,187
Subprogram: Streekbeplanning 5,195 10,884 5,689
Subprogram: Inligtingsbestuur 1,190 1,527 337
Subprogram: Provinsiale beplanning 2,499 2,499 -
Subprogram: Grondontwikkelingsbestuur 4,313 5,334 1,021
Program 4: Plaaslike regeringsdienste 18,666 25,835 7,169
Subprogram: Administrasie 544 731 187
Subprogram: Plaaslike regering: Wetgewing en administrasie 2,212 3,016 804
Subprogram: Plaaslike regering: Ontwikkeling 6,547 7,870 1,323
Subprogram: Plaaslike regering: Finansies 9,363 14,218 4,855
Program: Spesiale funksies 5 5 -
Diefstalle en verliese 5 5 -
Totaal 435,067 464,684 29,617
Verduideliking van wesenlike verskille
Program 1: Administrasie
Die besparing is toe te skryf aan die nie-vulling van vakante poste as gevolg van 'n werkstudie-ondersoek, asook Justisie-eise wat nog nie ontvang is vir hofsake nie.
Program 2: Behuising
Die besparing is toe te skryf aan die nie-vulling van vakante poste, die sentralisering van voorrade en ander administratiewe uitgawes, onvoltooide kontrakte met konsultante en besigheidsplanne t.o.v. voorwaardelike toekennings nog nie goedgekeur deur die Nasionale Departement van Behuising nie.
Program 3: Ontwikkelingsbeplanning
Die besparing is toe te skryf aan die nie-vulling van vakante poste, die sentralisering van voorrade en ander administratiewe uitgawes, onvoltooide kontrakte met konsultante en die nie-betaling van bystand aan plaaslike owerhede as gevolg van die 2000 munisipale verkiesings.
Program 4: Plaaslike regeringsdienste
Die besparing is toe te skryf aan die nie-vulling van vakante poste, die sentralisering van voorrade en ander administratiewe uitgawes, onvoltooide kontrakte met konsultante en die uitstel van die Bestuursondersteuningsprogram by plaaslike owerhede as gevolg van die 2000 munisipale verkiesings.
Program 5: Herstrukturering
Die besparing is toe te skryf aan die uitfasering van botalliges
WES-KAAP PROVINSIE
DEPARTEMENT VAN BEPLANNING, PLAASLIKE BESTUUR EN BEHUISING
AANTEKENINGE TOT DIE INKOMSTESTAAT (vervolg)
alle syfers R'000 tensy anders aangedui
Viremente toegepas op uitgawes per program Werklik Bewilligde bedrag
Program 1: Administrasie 12,375 14,044 1,669 0,04%
Program 2: Behuising 379,392 390,396 11,004 - -
Program 3: Ontwikkelingsbeplanning 13,782 22,016 8,234 - -
Program 4: Plaaslike regeringsdienste 18,666 25,835 7,169 - -
Program 5: Herstrukturering 10,847 12,383 1,536 - -
Program: Spesiale funksies 5 - 5 -
Totaal 379,392 390,396 11,004 -
Toerusting
Werklik
Lopend 750
Kapitaal 1,260
Totaal 2,010
Professionele en spesiale dienste
Werklik
Staatsprokureur 1,864
Privaat prokureurs 40
Ouditeursvergoeding 869
Rekenaardienste 11
Beplanningsfooie 29
Konsultante 6,025
Kontrakteurs 31
Besering aan diens 45
Koerierdienste 13
Menslike hulpbronontwikkeling 1,244
Komitee- en raadslede 459
Ander 31
Totaal 11,017
Oordragbetalings
Oordraer Doel Werklik Bewilligde bedrag+ Afwyking Onder-/(oor-)spandering
Nasionale Departement van Behuising SA Behuisingsfonds 341,466 341,466 -
Nasionale Departement van Behuising Mense vestigingsher­ontwikkelingsprogra m 5,203 9,000 3 797
Nasionale Departement van Provinsiale en Plaaslike Regering Finansiële bystand aan plaaslike regering 2,170 - (2 170)
Ander oordragte deur die Departement Wes-Kaapse Behuising­konferensie - 250 250
Finansiële bystand aan plaaslike regering - 1,500 1,500
Ruimtelike raamwerke 37 4,424 4 387
Vestigingsbystand 1,795 2,013 218
Totaal 360,461 372,748 12,287
WES-KAAP PROVINSIE
DEPARTEMENT VAN BEPLANNING, PLAASLIKE BESTUUR EN BEHUISING
AANTEKENINGE TOT DIE INKOMSTESTAAT (vervolg)
alle syfers R'000 tensy anders aangedui
Verslag oor skriftelike versekering vanaf entiteite verkry
Om te verseker dat voldoen word aan artikel 38 (j) van die WOFB, moet alle entiteite wat oordragbetalings ontvang van die Departement skriftelike versekering voorsien/bewyse lewer van die volgende:
dat fondse slegs aangewend is vir die doel waarvoor dit goedgekeur is ge-ouditeerde finansiële state of gesertifiseer as wesenlik deur 'n geregistreerde rekenmeester voldoende stelsels van boekhouding en interne beheer bestaan dat uitgawebewyse ten opsigte van die werklike projek/diens bewaar word vir ouditdoeleindes
Fondse is weerhou van daardie entiteite wat nie die verlangde geskrewe versekering kon voorsien nie.
Diverse Werklik
Stabilisasiefonds 380
Pensioen oortollige personeel 334
Plaaslike Owerhede Mediese Hulpfonds (POMHF) 87
Groepversekering 2
Wesenlike verliese deur kriminele optrede 4
Ander wesenlike verliese afgeskryf 1
Geskenke, donasies en borgskappe gemaak 15
Totaal 823
1 Wesenlike verliese deur kriminele optrede
Voorval Kriminele prosedures/dissiplinêre stappe gedoen Bedrag
Diefstal van selfone (3 gevalle) Geen 4
Totaal 4
2 Ander wesenlike verliese afgeskryf
Aard van verlies Rede Bedrag
Skade aan Staatsmotorvervoer voertuie verhaal vanaf die Departement (3 gevalle) Nie-verhaalbaar 1
Totaal 1
3 Geskenke, donasies en borgskappe betaal in kontant
Betaal aan Doel Waarde
Provinsiale korporatiewe geskenke Interowerheids­betrekkinge 5
Totaal 15
Ontvangstes vanaf ander departemente
Naam van Departement Aard van ontvangste Bedrag
Nasionale Departement van Behuising Voorwaardelike toekenning 356,076
Nasionale Departement van Provinsiale en Plaaslike Regering Voorwaardelike toekenning 8,284
Totaal 364,360
