BOEK
Boekkeurder
Sy hande volg die kontoere van haar lyf terwyl sy mond van haar borste na haar naeltjie beweeg. Hy skil die res van haar klere af sonder om die liefkosing van sy mond te staak...'
So lees 'n passievolle oomblik toe die held en heldin uit Chanette Paul se hygroman, Fynbos vir 'n feeks, uitein­delik voor die begeerte van hul vlees swik. Ofskoon hierdie soort bewoording sommige lesers mag afskrik, kan dit tog vir die meer liberale leser wonderlike ontvlugting bied. Volgens Janice Radway, in haar studie, Read­ing the romance, ontvlug vroue tydelik van hulle rol as moeder deurdat hulle die leesak­sie as 'n soort versperring gebruik. Sy noem ook voorts dat liefdesverhale, en in hierdie geval die hygroman, onuitgesproke behoeftes kan bevredig wat nie deur die ander party in die verhouding begryp word nie. Ek gaan poog om basiese inligting aangaande die hygroman uit te lig en sal ter verduideliking verwys na verskeie tekste binne die genre.
Die ontstaan van die hygroman in Afrikaans
Die eerste hygroman het alreeds in 1994 die lig gesien. Dit is toe dat skrywers soos Vita du Preez, Jeanette Fereirra, Louisa Erasmus, Elize Parker en ander behoorlik die wêreld van die Afrikaanse roman aan die brand geslaan het. En die rede daarvoor? Soos een uitgewer dit destyds tereg gestel het: 'Die idée van 'n hygroman het ontstaan toe 'n kliniese en kritiese beskouing van die Afrikaanse populêre boek en 'n vergelyking daarvan met die Engelse produk gedui het op stagnasie in Afrikaans. Nuwe lewe was nodig.' Hoe dit ook al sy, Afrikaanse liefdesverhale het tred verloor met die moderne wêreld: trouens, die beeld wat dit uitgedra het, was bykans Middeleeus. Die algehele 'wekroep' was duidelik: die be­staande resep moes verander word, vandaar die knippie seks, sterk heldin en dinamiese verpakking. Na 'n kykie na die Amerikaanse bodice rippers het uitgewers besef: die nuwe Afrikaanse populêre boek moes dieselfde as hulle Engelse eweknie wees om enigsins 'n impak te kan maak. Derhalwe is die ontwerpe verander en is die fokus verskuif van die sensuele element na die romantiek en die fantasie-element van liefdesverha-le. Perskor het toe einde 1999 vorendag gekom met sy Duet en Klaradyn reeks waar held en heldin behoorlik kafoefel. Vandag is Satyn, 'n onderafdeling van Tafelberg, ook kliphard besig om te fokus op die sensuele. Die onderskrif op hierdie titels tref duidelik met die boodskap, 'Want die hart het ook begeertes'.
Die term hygroman
Uit die aard van die literatuur blyk dit dat sommige skrywers en uitgewers skepties is om die term hygroman te gebruik. Chanette Paul voel dat dit uiteraard onnatuurlik is om te onderskei tussen 'n hygroman en 'n liefdesverhaal. Volgens haar is daar heelwat liefdesverhale met warmer liefdestonele as in hygromans, en omgekeerd. Cecilia Britz skram ook van die term weg aangesien dit soveel wanpersepsies skep oor presies wat romantiese .ksie is. Sy verkies om eerder te verwys na romantiese .ksie. Hoe dit ook al sy, die term hygroman is nou al deeglik vasgewortel in die volksmond.
Die aard van die roman
In 'n artikel deur Chanette Paul gebruik sy drie terme om boeke wat oor die liefde handel, te klassi.seer. Sy tref onderskeid tussen die romanse (romance), liefdesroman (romantic novel) en literêre roman. Paul klassi.seer dan ook die hygroman onder die romanse. Na aanleiding daarvan gaan ek voorts verwys na die romanse.
Uit die Afrikaanse literatuur blyk dit dat die volgende elemente integraal is tot enige suksesvolle romanse.
Die verhaal moet 'n gelukkige einde hê. In haar artikel in die Literator onder­skryf Chanette Paul hierdie siening. Sy sê dat die romanse die proses van die liefdesverhouding beskryf en dat daar ten alle tye die verwagting geskep moet word dat die held en heldin bymekaar gaan uitkom.
Die liefdesverhouding moet stadig ontwikkel, maar volgehoue van aard wees. Dit is uiters belangrik dat die stoom geleidelik moet opbou. Deur die held en heldin al vroeg tussen die lakens te laat beland, word die hele proses van afwagting summier geblus.
Daar moet genoegsame detail oor die hoofkarakters wees. Indien sulke inligting weggelaat sou word, kom die hoofkarak­ter nooit tot haar volle reg nie en word haar rol onoortuigend.
Instelling van grense met betrekking tot seksuele tonele.
Dit is uiters belangrik dat daar nie te veel klem gelê word op sekstonele nie, maar eerder dat die leser kan identi.seer met die heldin. Trouens, dis die emosie wat die heldin ervaar, wat uiteindelik die leser vasvang. Daarsonder kry die romanse nie sy bestaansreg nie. Dit is uiteraard die skrywer se taak om daardie duiselingwekkende gevoel wat mense tydens verliefdheid ervaar, weer te gee.
Eksplisiete liefdestonele kan na die skrywer se goeddunke ingesluit of weggelaat word. So, byvoorbeeld, kom Neil en Nina in Maalstroom van ekstase nooit naby 'n bed uit nie. En in die Anglo-Boereoorlogverhaal, Babette, is daar geen eksplisiete bedtonele nie.
Karakterisering
In enige romanse vorm die karakters die spil waarom alles draai, want sonder hulle is daar geen storie nie. Vir 'n geslaagde romanse, moet daar 'n elektriese vonk tussen die hoofkarakters heers. Die intrige in die ver­haal kan hoe interessant wees, maar sonder elektrisiteit tussen die hoofkarakters, gaan dit weinig beteken.
Die volgende aspekte ten opsigte van die onderskeie karakters is belangrik:
Die heldin
Die heldin is uiteraard die belangrikste karakter in die romanse. Skrywer Sheila Holland, alias Charlotte Lamb van die gewilde Mills & Boon faam onderskryf dit deur te sê: 'If you always write from the heroine's viewpoint, you can't go very wrong.' Dit is uiters belangrik dat die heldin onafhanklik en intelligent moet wees en ook 'n sin vir humor moet hê. Sy moet by magte wees om die held teen te gaan soos dan ook tereg in Fynbos vir 'n feeks gebeur waar die heldin, Chantal van der Sandt, as 'n sterk, onafhanklike vrou uitgebeeld word. As uitgewer van Alwyn Uitgewers laat stuit sy haar deur geen man nie. Nes in enige romanse begeer sy 'n sterk, ruwe ridder soos dan ook vergestalt word in Ezra Wasserman, haar manlike teenspeler. Hierdie fenomeen van absolute onafhanklikheid word verder onderstreep in Madonna deur Lize Odendaal. Haar heldin, Adri de Kock, is 'n gesogte interna­sionale spreker wat voel dat daar geen plek in haar lewe is vir 'n man nie. Ofskoon die heldin haar nie vreeslik vereenselwig met vroulike take nie, is sy tog beeldskoon. Die heldin word ook op 'n sekere manier as 'maagdelik' uitgebeeld, nog besig met die ontdekking van haar eie seksualiteit. Dit is uiters belangrik dat die heldin seksueel nie te ervare is nie.
Wat die held betref, is die volgende as­pekte belangrik.
Hy word as sterk uitgebeeld: sterk .sies en sterk van karakter. Ofskoon hy nie mooi hoef te wees nie, moet hy tot 'n mate aantreklik wees. Hy moet ook intelligent wees en 'n sin vir humor hê. Verder moet hy sy maat onherroeplik liefhê en ten alle koste beskerm en versorg. Die held se aanvanklike afsydigheid word gewoonlik deur die leser afgemaak as die gevolg van 'n vroeë liefdesteleurstelling. Enige promiskuïteit aan die kant van die held word ook toegeskryf aan sy viriliteit en vrees vir emosionele betrokkenheid. Hy word ook .naal van sy promiskuïteit genees wanneer hy meegesleur word deur sy liefde vir die heldin. Hierdie fenomeen word dan ook duidelik uitgebeeld in Die hartebreker deur Jaybee Roux, wanneer Austin besluit dat sy dwalende oë nou rustig geword het en dat Amelia die enigste vrou vir hom is. Voorts is dit ook uiteraard belangrik dat die held sy diepste gevoelens teenoor die heldin erken sodat die twee minnaars hulle uiteindelik vir ewig tot mekaar kan verbind. Enige owerspel en 'bed-hopping' is ook totaal taboe binne hierdie genre. Die heldin sal 'n seksuele verhouding slegs met die held aanknoop wanneer sy haarself .naal tot hom verbind het. Die sukses van 'n geslaagde hygroman lê dan uiteindelik opgesluit in konvensie - met die huwelik as volmaakte eindpunt.
Die 'decoy' karakter verwys hoofsaaklik na die derde karakter in die verhaal. Hierdie karakter is die man of vrou wat die leser laat wonder by wie die held of heldin gaan uitkom. Hierdie 'decoy' werk gewoonlik mits dit nie te langdradig is nie. Die lesers wil so gou moontlik weet by wie die heldin gaan uitkom, anders verloor die storie sy oemf. Ofskoon hierdie karakter daar moet wees vir die kompetisie, moet dit duidelik wees dat die held en heldin uiteindelik mekaar sal vind.
Die randkarakters
Soos ons weet, is 'no man an island'. Net so funksioneer held en heldin nie in isolasie nie. Hulle het tog immers broers, susters, familie en vriende, kennisse en kol­legas. Randkarakters kan 'n insiggewende bydrae tot die romanse maak, indien hulle reg aangewend word. Alias Paul: 'Dis belangrik dat elkeen funksioneel is en hul teenwoordigheid moet gemotiveerd en verantwoord wees.'
Die leser
Na aanleiding van 'n studie wat deur Mills & Boon geloods is, is bevind dat lesers van romantiese .ksie strek van oor alle strata, ongeag ouderdom, status en inkomstegroep. Janice A Radway wys in haar studie, Reading the romance daarop dat lesers van populêre reekse soos Mills & Boon probeer om tydelik te ontvlug van hul sosiale rolle as moeder en eggenoot. Die studie wys daarop dat vroue die liefdesverhaal gebruik om hulle te distansieer van diegene wat op hulle aangewese is vir emosionele sorg. Vroue lees ook om hulself emosioneel aan te vul. Dit blyk ook voorts dat die lees van romantiese verhale onuit­gesproke behoeftes aanspreek waarvoor 'n lewensmaat nie altyd ontsag het nie. Volgens uitgewer Nelleke de Jager verskaf die teks 'n fantasiewêreld waar die held en randkarak­ters begrip toon vir die heldin se behoeftes. Volgens Radway verkies lesers 'n heldin wat arrogant, onafhanklik en rebels is, al het sy vroeër haar loopbaan prysgegee vir haar nuutgevonde liefde en haar verpligtinge as tuisteskepper. Sodoende kan die leser haar eie moontlike onderdruktheid uitleef in die hardegat heldin wat die manlike hoofkarak­ter knaend op sy plek sit.
Verwysings
Joubert, J. My matras en jou kombers. Insig, 2000, pp.64-65.
n Keur: Hygromans
Boekkeurder
Die hygroman kafoefel m. witwarm woema
