REGULASIE 2 - Vorm C
AANSOEK VIR DIE SKRAPPING VAN 'N KRIMINELE REKORD
ARTIKEL 271C2b VAN DIE STRAFPROSESWET, 1977 WET NO. 51 VAN 1977]
Moet voltooi word deur 'n persoon wat skuldig bevind is aan sekere misdrywe ingevolge wetgewing voor 1994
DEEL I
ALGEMENE INLIGTING:
Wie mag om die skrapping van 'n kriminele rekord aansoek doen:
n Persoon mag aansoek doen indien:
n Misdryf op sy of haar kriminele rekord uiteengesit is in Deel II van hierdie Vorm.
Die skuldigbevinding en vonnis wat op die kriminele rekord van die persoon verskyn nie outomaties deur die Kriminele Rekordsentrum van die Suid-Afrikaanse Polisiediens geskrap is nie.
Nota:
Voordat 'n aansoek om skrapping van 'n skuldigbevinding ingedien word, moet 'n gedragsertifikaat waarin die misdryf aangedui word (en bevestiging dat die tersaaklike misdryf nie outomaties deur die Kriminele Rekordsentrum geskrap is nie) van die Kriminele Rekordsentrum van die Suid-Afrikaanse Polisiediens bekom word.
Prosedure:
Die voltooide aansoekvorm (Deel II en Deel III) tesame met die aanhangsels moet gepos word of per hand afgelewer word aan die Direkteur-generaal: Justisie en Staatkundige Ontwikkeling:
Posadres: Privaatsak X 81 Pretoria 0001
Indien die Direkteur-generaal oortuig is dat die persoon voldoen aan die vereistes in artikel 271C van die Wet uiteengesit, sal hy of sy 'n sertifikaat van skrapping uitreik, wat gelas dat die misdryf(we) en vonnis(se) van die persoon geskrap word.
Die sertifikaat van skrapping wat deur die Direkteur-generaal uitgereik is sal binne 14 werksdae aan die hoof van die Kriminele Rekordsentrum van die Suid-Afrikaanse Polisiediens voorgelê word.
Indien die aansoek om skrapping geweier word sal die persoon per pos ingelig word van die besluit en die redes vir die besluit.
Die hoof van die Kriminele Rekordsentrum van die Suid-Afrikaanse Polisiediens, sal binne 21 werksdae, skriftelik aan die persoon bevestig dat die betrokke skuldigbevinding(s) en vonnis(se) geskrap is.
Nota: Versuim om die vorm volledig te voltooi of die vereiste dokumente aan te heg mag die aansoek om skrapping vertraag.
DEEL II
AANSOEK VIR DIE SKRAPPING VAN 'N KRIMINELE REKORD INGEVOLGE ARTIKEL 271C (b) VAN DIE STRAFPROSESWET, 1977 (WET NO. 51 VAN 1977)
Indien die spasie onvoldoende is moet die inligting op 'n aangehegte aanhangsel voorsien word
Ek, ...
volle name en van van applikant
ID Nommer: ...
of Paspoort nommer ...
of Datum van geboorte ...
is skuldig bevind aan die volgende misdryf(we) in oortreding van -
Merk asseblief die relevante misdryf(we) met 'n X
artikel 1 van die Swart Grondwet, 1913 (Wet No. 27 van 1913);
artikel 12 van die Ontwikkelingstrust en Grondwet, 1936 (Wet No. 18 van 1936);
artikel 5 , gelees met artikel 5 , van die Swartes (Stadsgebiede) Konsolidasiewet, 1945 (Wet No. 25 van 1945);
artikel 6, gelees met 6 , van die Swartes (Stadsgebiede) Konsolidasiewet, 1945 (Wet No. 25 van 1945);
artikel 8 , gelees met artikel 8 , van dieWet op Kleurlingnedersettings, 1946 (Wet No. 7 van 1946);
artikel 2 van die Wet op Verbod van Gemengde Huwelike, 1949 (Wet No. 55 van 1949);
artikel 4 van die Wet op Verbod van Gemengde Huwelike, 1949 (Wet No. 55 van 1949);
artikel 11 van die Wet op BInnelandse Veiligheid, 1950 (Wet No. 44 van 1950);
artikel 10 van die Wet op Swart Bouwerkers, 1951 (Wet No.27 van 1951);
artikel 10 van die Wet op Swart Bouwerkers, 1951 (Wet No.27 van 1951);
artikel 14 van die Wet op Swart Bouwerkers, 1951 (Wet No.27 van 1951);
artikel 15 van die Wet op Swart Bouwerkers, 1951 (Wet No.27 van 1951);
artikel 16 van die Wet op Swart Bouwerkers, 1951 (Wet No.27 van 1951);
artikel 20 van die Wet op Swart Bouwerkers, 1951 (Wet No.27 van 1951);
artikel 28 van die Wet op Swart Bouwerkers, 1951 (Wet No.27 van1951);
artikel 29 van die Wet op Swart Bouwerkers, 1951 (Wet No.27 van 1951);
artikel 30 van die Wet op Swart Bouwerkers, 1951 (Wet No.27 van 1951);
artikel 15 van die Swartes (Afskaffing van Pase en Koördinering van Dokumente) Wet, 1952 (Wet No. 67 van 1952);
artikel 2 van die Strafregwysigingswet, 1953 (Wet No. 8 van1953);
artikel 2 van die Wet op Aanwysing van Aparte Geriewe, 1953 (Wet No. 49 van 1953);
artikel 16 van die Wet op Seksuele Misdrywe, 1957 (Wet No. 23 van 1957);
artikel 46 van die Wet op Groepsgebiede, 1966 (Wet No. 36 van 1966);
artikel 2 van die Wet op Terrorisme, 1967 (Wet No. 83 van 1967);
artikel 3 van die Wet op Terrorisme, 1967 (Wet No. 83 van 1967); of artikel 2, gelees met artikel 4 , van die Wet op die Verbod op Buitelandse Finansiering van Politieke Partye, 1968 (Wet No. 51 van 1968).
My kriminele rekord bevattende my skuldigbevinding en vonnis ten opsigte van bogemelde misdryf(we) moes outomaties deur die Kriminele Rekordsentrum van die Suid-Afrikaanse Polisiediens ingevolge artikel 271C van die Wet geskrap gewees het.
n Gedragsertifikaat met Navraag No: ... uitgereik op ... van die Kriminele Rekordsentrum van die Suid-Afrikaanse Polisiediens verkry en waarop die misdryf aangedui word is aangeheg.
My skuldigbevinding en vonnis ten opsigte van bovermelde misdryf(we) is nie geskrap nie
Ek versoek dat 'n sertifikaat van skrapping wat gelas dat my skuldigbevinding en vonnis soos hierbo aangedui, ingevolge artikel 271C van die Wet uitgereik word. My versoek is gebaseer op die volgende gronde:
DEEL III
PERSOONLIKE EN KONTAK BESONDERHEDE
i PERSOONLIKE BESONDERHEDE
Volle name:
ID Nommer:
of Paspoort nommer:
of Datum van geboorte:
ii KONTAK BESONDERHEDE
Woonadres:
Poskode ...
Posadres:
Poskode ...
Telefoonnommers:
Werk: ...
Huis: ...
Selfoon: ...
E-pos adres: ...
Faks nommer: ...
Geteken te ... hierdie ...dag van ... jaar ...
HANDTEKENING (Applikant)
DEEL I
Alleenlik vir amptelike gebruik: Verwysings No ...
NAAM VAN APPLIKANT: ...
i Verantwoordelike beampte: Aanbeveling
Geteken Datum ii Nasien beampte: Aanbeveling
Geteken Datum iii Direkteur-generaal: Besluit
Ek is oortuig dat die applikant, ...
naam van of applikant aan die vereistes soos in artikel 271C uiteengesit vir die uitreiking van 'n sertifikaat van skrapping voldoen en gevolglik gelas ek dat die tersaaklike misdryf(we) en vonnis (se) op sy/haar kriminele rekord geskrap word.
Gevolglik reik ek, ingevolge artikel 271C , die aangehegte skrappingsertifikaat uit. Ek versoek dat ...(die aangewese beampte) die sertifikaat aan die hoof van die Kriminele Rekordsentrum voorlê om ooreenkomstig artikel 271D van die Wet mee gehandel te word.
Ek weier om die sertifikaat uit te reik omdat die applikant, ...
naam van applikant om die volgende redes nie kwalifiseer nie:
Direkteur-generaal Datum
Justisie en Staatkundige Ontwikkeling
Amptelike stempel van die Direkteur-generaal
