Regulasie 2 - Vorm B
AANSOEK VIR SKRAPPING VAN 'N KRIMINELE REKORD
ARTIKEL 271C 2a VAN DIE STRAFPROSESWET, 1977 WET NO. 51 VAN 1977]
Moet voltooi word deur 'n persoon wie sy of haar kriminele rekord geskrap wil hê op die grondslag dat sy of haar skuldigbevinding die gevolg was van wetgewing gebaseer op ras of wat in die grondwetlike bedeling nie as 'n misdryf beskou sou word nie
DEEL I
ALGEMENE INLIGTING
Wie mag om die skrapping van 'n kriminele rekord aansoek doen:
n Persoon mag aansoek doen indien:
Hy of sy skuldig bevind is aan 'n misdryf gebaseer op ras.
Hy of sy skuldig bevind is aan 'n misdryf wat nie as 'n misdryf geag sou word in 'n oop en demokratiese gemeenskap gebaseer op menswaardigheid, gelykheid en vryheid kragtens 'n demokratiese grondwetlike bedeling nie.
Nota:
Voordat 'n aansoek om skrapping van 'n skuldigbevinding ingedien word, moet 'n gedragsertifikaat waarop die misdryf verskyn, van die Kriminele Rekordsentrum van die Suid-Afrikaanse Polisiediens bekom word. Die gedragsertifikaat moet by die aansoek aangeheg word.
Prosedure:
Die voltooide aansoekvorm (Deel II en Deel III), tesame met die aanhangsels moet gepos word of per hand afgelewer word aan die Direkteur-generaal: Justisie en Staatkundige Ontwikkeling:
Posadres: Privaatsak X 81 Pretoria 0001
Indien die Direkteur-generaal oortuig is dat die persoon voldoen aan die vereistes in artikel 271C (a) van die Wet uiteengesit, sal hy of sy 'n sertifikaat van skrapping uitreik, wat gelas dat die misdryf(we) en vonnis(se) van die persoon geskrap word.
Die sertifikaat van skrapping wat deur die Direkteur-generaal uitgereik is sal binne 14 werksdae aan die hoof van die Kriminele Rekordsentrum van die Suid-Afrikaanse Polisiediens voorgelê word.
Indien die aansoek om skrapping geweier word, sal die persoon per pos ingelig word van die besluit en die redes vir die besluit.
Die hoof van die Kriminele Rekordsentrum van die Suid-Afrikaanse Polisiediens, sal binne 21 werksdae skriftelik aan die persoon bevestig dat die betrokke skuldigbevinding(s) en vonnis(se) geskrap is.
Nota: Versuim om die vorm volledig te voltooi of die vereiste dokumente aan te heg mag die aansoek om skrapping vertraag.
DEEL II
AANSOEK OM SKRAPPING VAN 'N KRIMINELE REKORD INGEVOLGE ARTIKEL 271C (a) VAN DIE STRAFPROSESWET, 1977 (WET NO. 51 VAN 1977)
Indien die spasie onvoldoende is moet die inligting op 'n aanghegte aanhangsel voorsien word.
Ek, ...
volle name en van van applikant,
ID Nommer: ...
of Paspoort nommer ...
of Datum van geboorte ...
was skuldig bevind en gevonnis vir oortreding van ...
besonderhede van die misdryfwe op ... datums.
Voltooi die toepaslike spasies hieronder:
i Hierdie misdryf was gebaseer op ras omrede:...
ii Die misdryf sou nie as 'n misdryf beskou word in 'n oop en demokratiese gemeenskap gebaseer op menswaardigheid, gelykheid en vryheid kragtens 'n demokratiese grondwetlike bedeling nie, omrede:
iii 'n Gedragsertifikaat met Navraag No: ...uitgereik op ...van die Kriminele Rekordsentrum van die Suid-Afrikaanse Polisiediens verkry wat die skuldigbevinding en vonnis reflekteer is aangeheg.
iv Ek versoek dat 'n sertifikaat van skrapping, wat gelas dat die skuldigbevinding en vonnis soos bo vermeld geskrap word, ingevolge artikel 271C3 van die Wet uitgereik word.
DEEL III
PERSOONLIKE EN KONTAK BESONDERHEDE VAN DIE APPLIKANT
i PERSOONLIKE BESONDERHEDE
Volle name:
ID Nommer:
of Paspoort nommer:
of Datum van geboorte:
ii KONTAK BESONDERHEDE
Woonadres:
Poskode ...
Posadres:
Poskode ...
Telefoonnommers:
Werk: ...
Huis: ...
Selfoon: ...
E-pos adres: ...
Faks nommer: ...
Geteken te ... hierdie ...dag van ... jaar ...
HANDTEKENING (Applikant)
DEEL I
Alleenlik vir amptelike gebruik: Verwysings No ...
NAAM VAN APPLIKANT: ...
i Verantwoordelike beampte: Aanbeveling
Geteken Datum ii Nasien beampte: Aanbeveling
Geteken Datum iii Direkteur-generaal: Besluit
Ek is oortuig dat ...
naam van of applikant aan die vereistes soos in artikel 271C (a) uiteengesit vir die uitreiking van 'n sertifikaat van skrapping voldoen en gevolglik gelas ek dat die tersaaklike misdryf(we) en vonnis(se) op sy/haar kriminele rekord geskrap word.
Gevolglik reik ek, ingevolge artikel 271C , die aangehegte skrappingsertifikaat uit. Ek versoek dat ...(die aangewese beampte) die sertifikaat aan die hoof van die Kriminele Rekordsentrum voorlê om ooreenkomstig artikel 271D van die Wet mee gehandel te word.
Ek weier om die sertifikaat uit te reik omdat die applikant, ...
naam van applikant om die volgende redes nie kwalifiseer nie:
Direkteur-generaal Datum
Justisie en Staatkundige Ontwikkeling
Amptelike stempel van die Direkteur-generaal
