Inligting met betrekking tot Inkomstebelasting
Tot U Diens
AGTERGROND
Hierdie brosjure word aan u voorsien om die voltooiing van u persoonlike inkomstebelastingopgawe (IB12S) te vergemaklik. Vir maklike verwysing is die gedeeltes in hierdie brosjure genommer om ooreen te stem met dieselfde gedeeltes in die opgawe. Gebruik hierdie brosjure tesame met die IB12S en u IRP5 / IB3(a) sertifikate.
U word uitgenooi om u naaste SARS kantoor te kontak, hetsy deur 'n besoek, telefonies of skriftelik, indien u enige probleme ondervind met die voltooiing van u opgawe. Onthou, ons sal u graag behulpsaam wees.
Die inligting wat benodig word, is in vier hoofkategorieë ingedeel:
Besonderhede van inkomste ontvang en / of toegeval. U sal dit vanaf u werkgewer / fonds / instansie ontvang het bv. IRP5 / IB3a.
Inligting ten opsigte van addisionele inkomste.
LET WEL:
Indien u enige ander inkomste ontvang het, byvoorbeeld boerdery- of besigheidsinkomste, moet u asseblief u plaaslike SARS kantoor nader vir 'n IB12BU opgawe. U moet terselfdertyd ook versoek dat u geregistreerde besonderhede as belastingpligtige dienooreenkomstig verander word.
Geen betalings, of korrespondensie wat nie betrekking het op die opgawe, moet aangeheg word nie.
U HANDTEKENING
Die opgawe moet deur u onderteken word.
n Ongetekende opgawe kan beskou word as 'n opgawe wat nie ontvang is nie, wat die heffing van boete vir die laat indiening van so 'n opgawe tot gevolg kan hê.
Voltooiing van die opgawe
Indien u 'n opgawe ontvang het, moet dit voltooi en ingedien word ongeag of u netto inkomste R60 000 per jaar oorskry al dan nie.
Laat en / of nie-indiening van 'n opgawe
U is verplig om te verseker dat 'n akkurate en volledige openbaring gemaak word in u belastingopgawe. Wanvoorstelling, versuim, weglating, verskaffing van onjuiste inligting of die versuim om 'n opgawe in te dien kan lei tot die heffing van boete, addisionele aanslae (tesame met rente) en / of vervolging.
Beswaar teen aanslag n Beswaar teen 'n aanslag moet skriftelik ingedien word en die kantoor wat op die aanslagkennisgewing aangedui is binne 30 dae vanaf datum van aanslag bereik.
Die verpligting vir die betaling van belasting, of rente op onbetaalde belasting, word nie opgeskort as gevolg van 'n appèl of beswaar nie.
LET WEL:
U persoonlike besonderhede is vooraf gedruk op u opgawe. Maak asseblief seker dat dit korrek is. Indien van die besonderhede verander het, foutief is, of weggelaat is, moet u die verandering in die wit gedeeltes op bladsy 1 aanbring.
Adres verandering
Ingevolge Artikel 67 van die Inkomstebelastingwet, moet u binne 60 dae u plaaslike SARS kantoor in kennis stel, indien u korrespondensieadres op enige stadium sou verander het. Sou u versuim om SARS van die verandering in kennis te stel kan dit die heffing van 'n boete, ingevolge Artikel 75 van die Inkomstebelastingwet, tot gevolg hê.
DEEL 1.15 BANKBESONDERHEDE
Dit is baie belangrik dat u bankbesonderhede wat op die opgawe verskyn, korrek is, om te verhoed dat terugbetalings in verkeerde bankrekeninge gemaak word. Dui enige verandering in bankbesonderhede in die wit blokkies in deel 1.15 aan. Elektroniese betalings sal geskied deur gebruik te maak van die banktakkodenommer en nie die naam van die bank nie.
LET WEL:
Geen terugbetalings sal in die bankrekening van 'n derde party of agent inbetaal word nie.
Gebaseer op die inligting verkry vanaf u opgawe vir die 2005 jaar van aanslag is 'n unieke identifikasienommer geskep en toegeken ten opsigte van elke eiendom / bate waaruit huurinkomste verkry is. Vir maklike verwysing van die unieke identifikasienommer met betrekking tot 'n spesifieke eiendom / bate wat voorheen verklaar is, is die betrokke inligting in hierdie gedeelte van die opgawe vooraf gedruk ten einde u behulpsaam te wees met die korrekte voltooiing van die huurskedule op bladsy 8 van u huidige belastingopgawe.
Maak asseblief seker dat die adresbesonderhede / beskrywing met verwysing na die reeds toegekende unieke identifikasienommer korrek is. Indien nie, moet u die korrekte besonderhede in die huurskedule op bladsy 8 van u opgawe aandui. Indien u in die vorige jaar 'n verlies gely het en die verlies is buite rekening gelaat (omhein) in die vasstelling van u belasbare inkomste, sal die verlies as 'n "0" in die wins / verlies kolom aangedui wees. Let asseblief daarop dat 'n "0" ook in die kolom aangedui sal wees as geen wins of verlies verkry is uit die bedryf wat betrekking het op 'n spesifiek toegekende unieke identifikasienommer.
Indien u op enige van die vrae in deel 3 van u opgawe positief geantwoord het, moet u asseblief die onderstaande inligting verskaf:
Verkryging van 'n vaste bate
Verstrek 'n skedule wat 'n beskrywing en ligging (adres) van die bate, sowel as die aankoopprys daarvan, aandui.
Afstand doen (verkoop) van 'n vaste bate Verstrek 'n skedule wat 'n beskrywing en ligging (adres) van die bate, sowel as die bedrag ontvang met die verkoop van die bate, aandui.
Verkryging van roerende bates, bv. motors, karavane, bote, ens. Verstrek 'n skedule met 'n beskrywing van die bates verkry waarvan die markwaarde R30 000 oorskry en dui die pryse ten opsigte van die betrokke bates aan.
Afstand doen (verkoop) van roerende bates Verstrek 'n skedule van al die bates waarvan die markwaarde R30 000 oorskry en dui die afsonderlike bedrae ontvang, ten opsigte van die onderskeie bates, aan.
Geskenke (donasies) ontvang
Voorsien 'n skedule ten opsigte van alle geskenke / donasies ontvang waarvan die waarde R30 000 oorskry, met 'n beskrywing van die skenkings / donasies, die waarde daarvan, asook die naam, adres en identiteitsnommer van die skenker.
Geskenke (donasies) gemaak Voorsien 'n skedule ten opsigte van alle geskenke / donasies gemaak waarvan die waarde R30 000 oorskry, met 'n beskrywing van die skenkings / donasies, die waarde daarvan, asook die naam, adres en identiteitsnommer van die ontvanger.
Erflating ontvang Voorsien 'n skedule waarin alle erflatings ontvang, waarvan die waarde R30 000 oorskry, beskryf word met die afsonderlike waarde ten opsigte van die onderskeie erflatings.
Begunstigde van 'n trust Voorsien 'n skedule waarin die trust se naam, geregistreerde adres en inkomstebelastingnommer (indien van toepassing), sowel as die naam van die land waar die trust geregistreer is, aangedui word.
ALGEMENE INLIGTING
Vanaf die 2002 jaar van aanslag sal alle Suid-Afrikaanse inwoners belas word op hul wêreldwye inkomste hoewel sekere kategorieë van inkomste-aktiwiteite wat buite Suid-Afrika onderneem is, vrygestel is, van Suid-Afrikaanse belasting. "Inwoner", soos omskryf in die Inkomstebelastingwet, beteken n natuurlike persoon wat gewoonlik woonagtig is in die Republiek;
n natuurlike persoon wat nie op enige tydstip gedurende die betrokke jaar van aanslag gewoonlik in die Republiek woonagtig is nie, maar wie --vir 'n tydperk van meer as 91 dae (of deel daarvan) gedurende die jaar van aanslag, sowel as elk van die vyf jare wat daardie jaar van aanslag voorafgaan, fisies in die Republiek teenwoordig was; en -gedurende die vyf voorafgaande jare van aanslag vir 'n tydperk van meer as 915 dae (of deel daarvan) in totaal in die Republiek fisies teenwoordig was, in welke geval daardie persoon 'n inwoner sal wees met ingang van die eerste dag van die betrokke jaar van aanslag, maar sluit nie enige persoon in wat geag word uitsluitlik 'n inwoner van 'n ander land te wees vir doeleindes van die toepassing van enige ooreenkoms aangegaan tussend die regerings van die Republiek en van daardie ander land vir die vermyding van dubbele belasting.
Die buitelandse belasting wat deur hierdie inwoners betaal is, sal egter oorweeg word om as 'n krediet toegestaan te word teen die Suid-Afrikaanse belastingaanspreeklikheid.
ARTIKEL10 (o)(ii) VRYSTELLING
Artikel 10 (o)(ii) van die Inkomstebelastingwet stel besoldiging ontvang of toegeval aan 'n persoon gedurende enige jaar van belasting vry, ten opsigte van dienste buite die Republiek deur daardie persoon gelewer vir of namens enige werkgewer, indien daardie persoon buite die Republiek was vir 'n tydperk of tydperke wat in totaal 183 volle dae gedurende enige tydperk van 12 maande wat gedurende daardie jaar van aanslag 'n aanvang neem of eindig, te bowe gaan; en vir 'n aaneenlopende tydperk wat 60 volle dae gedurende daardie tydperk van 12 maande te bowe gaan.
Indien u inkomste ontvang het, wat u ingevolge die bogenoemde paragrawe as nie-belasbaar beskou nie, moet die betrokke inkomste in Skedule 6, "Ontvangste en toevallings wat u as nie-belasbaar beskou", aangedui word.
LET WEL:
Bewys van "binnekoms" en "vertrek" uit die Republiek moet op aanvraag beskikbaar wees indien dit benodig sou word.
DEEL 4.1 TIPE VAN INKOMSTE
Dui die tipe van inkomste wat u ontvang en / of toegeval het in deel 4.1 aan deur die "ja" of "nee" blokkie dienooreenkomstig te merk, en die toepaslike deel van die opgawe of skedules 1 tot 6 op bladsye 7 tot 10 van u opgawe te voltooi.
LET WEL:
Indien u enige ander inkomste soos boerdery- of besigheidsinkomste ontvang het, moet 'n IB12BU opgawe vanaf u plaaslike SARS kantoor aangevra word. Versoek die kantoor ook om die status van u geregistreerde besonderhede dienooreenkomstig te wysig.
DEEL4.2 HOOFBRON VAN INKOMSTE
Gebruik die onderstaande tabel om te bepaal uit watter sektor van die ekonomie u hoofbron van inkomste voortspruit, en voltooi die gegewe inligting in gedeelte 4.2 van u opgawe, langs die syfers 35.
Voorbeeld:
U ontvang 'n salaris vanaf 'n kleinhandelaar. U moet dan die kode 22 (Kleinhandel) vanuit die onderstaande lys kies. Die hoofbron van inkomste sal in die geval as 3522 aangedui word.
Sou u in besit van pensioeninkomste wees, sal die kode 25 (Finansiering, versekering, ens.) van toepassing wees. In die geval sal die hoofbron van inkomste 3525 wees.
Indien u by enige van die departemente van, of die nasionale of plaaslike regeringsdienste werksaam is, sal die kode 26 (Publieke administrasie) van toepassing wees, in welke geval die hoofbron van inkomste 3526 sal wees.
BRON-KODEBESKRYWING BRON-KODEBESKRYWING
Agentskappe en ander dienste 34 Metaalprodukte (uitgesonderd masjinerie en toerusting) 13
Ander vervaardigingsnywerhede 18 Mynwese en steengroefwerk 02
Bakstene, keramiek, glas, sement en dergelike produkte 11 Navorsings- en wetenskaplike institute 28
Chemikalieë en chemiese-, rubber- en plastiekprodukte 09 Onderwysdienste 27
Elektrisiteit, gas en water 19 Ontspanning en kulturele dienste 31
Finansiering, versekering, vasteeiendomenbesigheidsdienste 25 Papier, drukwerk en uitgewery 08
Gespesialiseerde hersteldienste 33 Persoonlike en huishoudelike dienste 32
Groothandel 21 Publieke administrasie 26
Hout, houtprodukte en meubels 07 Steenkool- en petroleumprodukte 10
Kleinhandel (ingeslote posbestellings) 22 Tekstielstowwe 04
Klerasie en skoeisel 05 Verversings en akkommodasie 23
Konstruksie 20 Vervoer, opberging en kommunikasie 24
Landbou, bosbou en vissery 01 Vervoertoerusting (uitgesonderd motorvoertuie onderdele en toebehore) 16
Leer, leerprodukte en pelse (uitgesonderd skoeisel en klerasie) 06 Voedsel, drank en tabak 03
Maatskaplike en verwante gemeenskapsdienste 30 Voertuie, onderdele en toebehore 15
Masjinerie en verwante items 14 Werkverskaffing (Direkteur van Maatskappy / Lid van beslote korporasie) 35
Metaal 12 Wetenskaplike, optiese en dergelike toerusting 17
Mediese, tandheelkundige, ander gesondheidsdienste en veeartsenykundige dienste 29
DEEL 4.3 INKOMSTE WAT OP U IRP5 EN / OF IB3(a) SERTIFIKATE AANGEDUI IS
Voltooi deel 4.3, deur gebruik te maak van die inligting soos aangedui in die "inkomstegedeelte" van die IRP5 of IB3(a) sertifikaat(e).
Salaris J 100 000
Jaarlikse betaling N 20 000
Reistoelae N 40 000
Ander toelae - belasbaar N 3 000
Gratifikasie N 10 000
Verblyftoelae N 1 000
Alle items moet in deel 4.3 van u opgawe getoon word.
Het u enige enkelbedragbetaling ontvang vanaf u werkgewer of uit 'n pensioen- of voorsorgsfonds?
Voltooi deel 4.3 van u opgawe deur gebruik te maak van die inligting soos aangedui op die betrokke IRP5 / IB3(a). Die vrygestelde gedeelte sal deur SARS bereken word.
Het u enige inkomste vanaf uittredingannuïteitsfondse ontvang?
Voltooi deel 4.3 van u opgawe deur gebruik te maak van die inligting soos aangedui op die betrokke IRP5 / IB3(a).
LET WEL: Alle inkomste-items wat op 'n IRP5 of IB3(a) verskyn, moet in deel 4.3 van die opgawe verklaar word. Dit sluit salarisinkomste, gratifikasies, enkelbedrae, annuïteite, ens., in.
Bruto uittredingfunderingsdiensinkomste
Indien die gedeelte van u IRP5 sertifikaat wat na die bruto uittredingfunderingsdiensinkomste verwys, teenoor die kode 3697 'n bedrag dra, moet hierdie bedrag teenoor die kode 3697 in deel 4.3 van u opgawe getoon word.
Voorbeeld van die bruto besoldiginggedeelte van 'n IRP5 of IB3(a) sertifikaat
KODE BESKRYWING BEDRAG
Bruto belasbare jaarlikse betalings
Bruto nie-belasbare inkomste
Bruto nie-uittredingfunderingsdiensinkomste
Bruto besoldiging
Hierdie bedrag moet in deel 4.3 van u opgawe getoon word.
Indien u meer as een IRP5 en / of IB3(a) ontvang het, moet die inligting ten opsigte van elke sertifikaat aangedui word.
Voorbeeld van die Werknemersbelastinggedeelte van 'n IRP5
KODE BESKRYWING BEDRAG
Standaard inkomstebelasting op werknemers - SIBW 4 500.00
Totale Werknemersbelasting 26 388.68
Inligting benodig in die geval van 'n IRP5 sertifikaat
Voltooi die IRP5 nommer, werkgewer se verwysingsnommer, die bruto besoldiging (kode 3699), standaard inkomstebelasting op werknemers (SIBW) en lopende betaalstelsel (LBS). (Sien voorbeeld van SIBW en LBS op bladsy 5).
Inligting benodig in die geval van 'n IB3(a) sertifikaat
Voltooi die IB3(a) verwysingsnommer, werkgewer se verwysingsnommer en die bruto besoldiging aangesien geen belasting teruggehou is nie (kode 3699). In plaas van die belasting moet die rede vir die nie-aftrekking van werknemersbelasting aangedui word, bv. 02. (Sien voorbeeld van redekode vir die nie-aftrekking hieronder.)
KODE BESKRYWING
Verdien minder as die belastingdrempel
Onafhanklike kontrakteur
sertifikaat getoon, terwyl die bruto besoldiging in die bruto besoldigingsgedeelte van u IRP5 / IB3(a)
sertifikaat gevind kan word.
DEEL6.1 MEDIESE EN TANDHEELKUNDIGE UITGAWES
DEEL6.1.1 MEDIESEFONDSBYDRAES
Eis die bedrag wat u as bydraes aan u mediesefonds gemaak het. Die bedrag verskyn normaalweg teenoor die kode 4005 op u IRP5 sertifikaat.
Let asseblief daarop, indien u IRP5 'n mediese byvoordeel teenoor die kode 3810 toon, dat dit beteken dat u werkgewer, namens u, mediesefondsbydraes gemaak het. Aangesien u mediesefondsbydraes dus nie werklik deur u gemaak is nie, beteken dit dan ook dat dit nie vir belastingdoeleindes as 'n aftrekking oorweeg kan word nie. Slegs bedrae wat werklik deur uself gemaak is, kan as aftrekking oorweeg word.
DELE 6.1.2 en 6.1.3 MEDIESE UITGAWES NIE VERHAALNIE
Eis die bedrae werklik gespandeer ten opsigte van uself, u gade en u kwalifiserende kinders en stiefkinders ten opsigte van:
Dienste gelewer en medisyne verskaf deur 'n geregistreerde geneesheer, tandarts, gesigkundige, homeopaat, naturopaat, osteopaat, kruiekundige, fisioterapeut, chiropraktisyn of ortoptis;
Hospitalisasie in 'n geregistreerde hospitaal of verpleeginrigting;
Tuisverpleging deur 'n geregistreerde verpleegster;
Medisyne voorgeskryf deur 'n geregistreerde praktisyn en verkry vanaf 'n geregistreerde apteker;
Mediese onkoste aangegaan en betaal buite die Republiek.
DEEL6.1.4 LIGGAAMSGEBREK
Vermeld die aard van die gebreke waaraan u, u gade of kwalifiserende kinders ly (bv. brille, gehoorstukke, diabetes, ens.), asook besonderhede van hoe die bedrag geëis, saamgestel is.
DEEL6.1.5 GESTREMDE PERSOON
n "GESTREMDE PERSOON" beteken 'n persoon wat blind is, 'n persoon wat doof is, 'n persoon wat as gevolg van 'n permanente gebrek 'n rystoel, loopyster of kruk benodig om te beweeg, of 'n persoon wat 'n kunsledemaat benodig. Dit sluit ook 'n persoon in wat aan 'n geestesongesteldheid ly - soos omskryf in die Wet op Geestesgesondheid van 1973 (Wet no. 18 van 1973)
Ten einde oorweging te kan skenk om u mediese eis te kan klassifiseer as "gestremd" moet die volgende inligting voorsien word:
Blinde persoon - 'n Getekende brief op die briefhoof van 'n professionele persoon opgelei om 'n Snellenkaart te gebruik, waarin die diagnose, klassifikasie en die graad van blindheid bevestig word.
Dowe persoon - Vier kategorieë word statisties deur "DEAFSA (Deaf Federation of South Africa)" gedra, naamlik persone wat "uitermatig doof" is, persone wat "ernstige gehoorverlies" het, persone wat "gemiddelde gehoorverlies" het, en persone wat "geringe gehoorverlies" het. Vir doeleindes van die Inkomstebelastingwet sal 'n persoon wat "uitermatig doof" is en "ernstige gehoorverlies" het, soos getoets sonder 'n gehoorapparaat, beskou word as 'n persoon wie se gehoor in so 'n mate aangetas is dat hy/sy dit nie as 'n primêre middel van kommunikasie kan gebruik nie. Bevestiging ten opsigte van die graad van doofheid vanaf DEAFSAof 'n soortgelyke inrigting moet voorsien word.
Geestesongesteldheid -Bevestiging by wyse van 'n mediese verslag vanaf 'n psigiater of 'n geregistreerde sielkundige, dat 'n persoon geestesongesteld is soos gedefinieer in die Wet op Geestesgesondheid. Die bevestiging moet op 'n jaarlikse grondslag gedoen word.
Die toelaatbare aftrekking is onderhewig aan die volgende beperkings:
BELASTINGPLIGTIGES ONDER DIE OUDERDOM VAN 65 JAAR
Daardie gedeelte van die uitgawes hierbo genoem wat 5% van belasbare inkomste, voor hierdie aftrekking, oorskry sal as aftrekking kwalifiseer, bv.:
n Belastingpligtige ontvang 'n salaris van R87 000.00 waarvan 'n bedrag van R6 525.00 afgetrek is ten opsigte van pensioenfondsbydraes. Die belastingpligtige het ook 'n pensioen-inkomste van R36 000.00 ontvang vir die jaar.
Min: Pensioenfondsbydraes 6 525.00
Plus: Pensioeninkomste 36 000.00
Beperking van die mediese eis:
Dus: Die bedrag van R5 824.00 van die mediese uitgawes sal dus nie kwalifiseer as 'n aftrekking nie. Alle kwalifiserende uitgawes moet egter geëis word, aangesien die beperking deur SARS gedoen sal word.
BELASTINGPLIGTIGES 65 JAAR EN OUER Indien u 65 jaar of ouer is, mag u al die uitgawes hierbo vermeld eis sonder enige beperkings.
GESTREMDE PERSOON
Waar u, u gade of kwalifiserende kind of stiefkind 'n "gestremde persoon" is, daardie gedeelte van die uitgawes hierbo genoem, wat R 500 oorskry. Met ander woorde, die eerste R 500 kwalifiseer nie as aftrekking nie.
U EIS SAL NIE OORWEEG WORD INDIEN DIE VOLGENDE DOKUMENTÊRE BEWYSE TER STAWING VAN U EIS NIE AANGEHEG IS NIE.
Bewyse van bydraes deur uself, aan die mediesefonds gemaak.
Mediesefondsstaat ten opsigte van bedrae wat nie vanaf die fonds verhaal is nie: Heg asseblief die staat wat die akkumulatiewe bedrae ten opsigte van die bedrae deur u betaal, aandui, wat u gedurende Februarie 2006 vanaf u mediesefonds verkry het, aan.
Ander bedrae wat nie by die mediesefonds ingedien / deur die fonds terugbetaal is nie: Voltooi die skedule van uitgawes op bladsy 23 van hierdie brosjure en heg dit aan bladsy 9 van u opgawe.
Indien die fondse wat deur die mediesefonds aan u beskikbaar gestel is, ten opsigte van sekere mediese prosedures, uitgeput is, moet u bewys daarvan vanaf die betrokke fonds aanheg.
Eis u kwalifiserende uitgawes. Die beperking sal deur SARS bereken word.
Behou asseblief u kwitansies ter stawing van u eis.
DEEL 6.2 DONASIES
Het u enige donasies gemaak?
Heg 'n lys van die donasies gemaak sowel as die oorspronklike artikel 18A-kwitansies aan bladsy 9 van u opgawe. Eis die totale bedrag, aangesien die toelaatbare bedrag programmaties deur SARS bereken sal word.
DELE 6.3 -6.8 PENSIOEN-, UITTREDINGANNUÏTEITS- , VOORSORGSFONDS EN INKOMSTEBESKERMINGS-BYDRAES
Het u enige bydraes tot 'n pensioen- of voorsorgsfonds gemaak?
Voltooi dele 6.3, 6.4 en / of 6.7deur gebruik te maak van die inligting op die IRP5(s).
Indien u enige agterstallige pensioenfondsbydraes gemaak het, moet dit in deel 6.4 van u opgawe geëis word en bewys van sulke agterstallige bydraes moet ingedien word om u eis te staaf.
LET WEL:Die pensioenfondsbydraes sal beperk word tot 7.5% van die bruto uittredingfunderingsdiensinkomste .
Die bydraes tot u voorsorgsfonds sal nie as aftrekking toegelaat word ten opsigte van die betrokke jaar van aanslag nie, maar die kollektiewe bydraes wat nie in berekening gebring is nie sal in ag geneem word by uittrede uit die fonds.
Gebruik die bedrag soos aangedui op die sertifikaat wat u van die betrokke instansie verkry het om deel 6.5 te voltooi. Bydraes wat op 'n IRP5 verskyn sal nie meer in aanmerking geneem word nie.
U eis sal beperk word tot die grootste van
% van belasbare inkomste uitgesonderd inkomste uit uittredingfunderingsdiens Hierdie bedrag sal teenoor die kode 3698 op die IRP5 getoon word. Wanneer belasbare inkomste bepaal word, moet die volgende aftrekkings NIE in aanmerking geneem word NIE: -kapitaalontwikkelingskoste boerdery; -donasies; -uittredingannuïteitsfondsbydraes; -mediese en tandheelkundige uitgawes; -onkoste ten opsigte van gronderosiewerk; of
R 3 500 min toelaatbare pensioenfondsbydraes; of
Eis u werklike bydraes, aangesien die berekening deur SARS gedoen sal word.Enige oorskot sal na die daaropvolgende jaar van aanslag oorgedra word.Agterstallige uittredingannuïteitsfondsbydraes moet in deel 6.6 van u opgawe geëis word.
LET WEL:
Slegs bydraes aan enige uittredingannuïteitsfonds of -fondse wat gedurende die jaar van aanslag gemaak is as lid van die betrokke fonds(e) sal in aanmerking geneem word as aftrekking. Dit beteken dat bydraes wat namens u tot voordeel van 'n ander persoon gemaak is, bv. u gade of kind, nie oorweeg sal word nie.
Het u enige bydraes tot 'n Inkomstebeskermer gemaak?
Gebruik die bedrag soos aangedui op die sertifikaat wat u vanaf die betrokke instansie verkry het, om deel 6.8 te voltooi.
LET WEL:
Slegs bydraes wat gemaak is ten opsigte van die versekering wat u dek teen verlies aan inkomste as gevolg van siekte, besering, ongeskiktheid of werkloosheid en die bedrae wat ingevolge daardie polis betaalbaar is, inkomste soos omskryf uitmaak of sal uitmaak, sal oorweeg word.
DEEL6.9 REISKOSTE
Gebruik die inligting op bladsy 12 van hierdie brosjure om die berekening op bladsy 6 van u opgawe te voltooi. Die resultaat van u berekening moet in deel 6.9 van u opgawe aangetoon word.
DEEL6.10 VERBLYFTOELAE
Het u 'n verblyftoelaag ontvang?
Indien u verblyftoelaag teenoor kode 3704 (plaaslik) en / of 3754 (buiteland) op u IRP5 aangetoon is, moet u eis gebaseer word op die bedrae wat u werklik gespandeer het, of, alternatiewelik, die bedrae wat geag gespandeer is, soos omskryf in artikel 8 (c)(ii) van die Inkomstebelastingwet.
Die bedrag van u eis moet in deel 6.9 getoon word en 'n uiteensetting met die volgende inligting moet aan bladsy 9 van u opgawe geheg word:
Die tydperk(e) ten opsigte waarvan uitgawes geëis word;
Die bestemming waar die uitgawes aangegaan is;
Die totale aantal dae ten opsigte waarvan uitgawes geëis word; en
Is die uitgawes plaaslik of in die buiteland aangegaan?
Kwitansies ter stawing van u eis moet op aanvraag beskikbaar wees.
Indien u verblyftoelaag teenoor kode 3705 (plaaslik) en / of 3755 (buiteland) getoon word, sal dit met aanslag as 'n nie-belasbare toelaag beskou word en geen eis toegestaan word nie. In hierdie geval sal dit dus nie vir u nodig wees om u eis te bereken nie en geen bedrag moet teenoor kode 4017 (plaaslik) en / of 4019 (buiteland) in deel 6.10.1 en / of van u opgawe getoon word nie.
Indien u 'n verblyftoelaag ontvang het ten opsigte van plaaslike sowel as buitelandse uitgawes aangegaan, moet dit afsonderlik geëis word. Die bedrag ten opsigte van plaaslike en buitelandse uitgawes moet respektiewelik teenoor kodes 4017 (plaaslik) en 4019 (buiteland) geëis word.
DEEL6.11 ANDER UITGAWES
Indien u enige ander uitgawes aangegaan het, moet die volle besonderhede daarvan in deel 6.11 van u opgawe getoon word.
Studeerkamer by privaatwonings
Die aftrekking van enige uitgawes in verband met enige woonhuis of huishoudelike persele word verbied behalwe ten opsigte van sodanige gedeelte wat vir bedryfsdoeleindes gebruik word. Sodanige gedeelte van die persele sal slegs geag word vir bedryfsdoeleindes gebruik te wees indien:
Dit spesifiek toegerus is vir doeleindes van u bedryf; en
Dit gereeld en uitsluitlik vir bedryfsdoeleindes aangewend word.
Indien die inkomste waarteen die aftrekking geëis word voortvloei uit die bekleding van 'n diens of amp, is geen aftrekking toelaatbaar nie, tensy:
U inkomste uit sodanige diens of amp hoofsaaklik verkry word uit kommissie of ander wisselende betalings wat op u werkprestasie gebaseer is en u pligte hoofsaaklik verrig word andersins as in 'n kantoor wat aan u voorsien word deur u werkgewer; of
U pligte hoofsaaklik verrig word in die studeerkamer by u privaatwoning.
Die volgende riglyne word verskaf met betrekking tot 'n eis vir 'n tuisstudeerkamer. Volle besonderhede ter stawing van u eis moet saam met u opgawe verstrek word. Dokumentasie ter stawing van die eis moet bewaar word om op versoek aan SARS te stuur.
Daar moet 'n direkte verband wees tussen die aangaan van studeerkamerkoste en die voortbrenging van inkomste.
Daar word, ingevolge die vereistes van 'n dienskontrak met u werkgewer, vereis dat u 'n studeerkamer by u private woning moet hê.
Die studeerkamer mag slegs vir bedryfsdoeleindes gebruik word.
Om SARS in staat te stel om te besluit of u geregtig is op 'n aftrekking vir u studeerkamer al dan nie, moet die volgende verstrek word:
Wat is die aard van u beroep, en waarom is dit nodig om 'n studeerkamer by u huis te hê?
n Afskrif van u dienskontrak, diensregulasies of personeelkode. -Verskaf u werkgewer aan u 'n kantoor by u werkplek? Volledige besonderhede van enige beperkings op die gebruik van die kantoor sowel as 'n brief van u werkgewer ter bevestiging, moet verstrek word. -Is die aard van u werk sodanig dat dit van u verwag word om na-ure tuis te werk? Volle besonderhede van hoe dikwels u die tuisstudeerkamer moet gebruik sowel as 'n staat waarin dit bevestig word, word van u werkgewer vereis. -Is dit 'n vereiste dat u die tuisstudeerkamer moet gebruik om na-ure onderhoude te voer of inligting aan kliënte of werknemers te verskaf?-Is u studeerkamer spesifiek toegerus vir doeleindes van u bedryf?-Word u studeerkamer gereeld en uitsluitlik vir u werk gebruik?-Tot watter mate is die studeerkamer onontbeerlik vir die behoorlike uitvoering van u take?
Indien u vir 'n aftrekking kwalifiseer, sal die bedrag op die volgende grondslag bereken word:
A X Totale Kostes
Waar A =die oppervlakte in m² is, van die deel wat spesifiek toegerus is en gereeld en uitsluitlik vir die bedryf gebruik word, en
B = die totale oppervlakte in m² is (met insluiting van enige buitegeboue en deel wat vir die bedryf gebruik word), en
Totale kostes =Die koste aangegaan in die verkryging en instandhouding van die eiendom (Uitgesluit uitgawes van 'n kapitale aard)
Reparasies spesifiek aan die studeerkamer gemaak sal nie verdeel word nie, maar ten volle toegelaat word. Reparasies aan die gebou in die algemeen word nie by totale kostes ingesluit nie.
Beperking van aftrekkings (artikel 23(m) van die Inkomstebelastingwet)
Algemene aftrekkings in die vasstelling van belasbare inkomste, artikel 11 van die Inkomstebelastingwet, sal slegs oorweeg word indien u besoldiging (inkomste vanaf u werkgewer) geheel of hoofsaaklik verkry word uit kommissie gebaseer op verkope. "Geheel of hoofsaaklik" beteken meer as 50% van u bruto besoldiging (bv. salaris-tipe inkomste).
Die enigste uitgawe-items wat as aftrekking oorweeg sal word, is die volgende:
Bydraes tot 'n pensioen- of uittredingannuïteitsfonds;
Regskoste wat werklik aangegaan is ten opsigte van 'n eis, geskil of regsgeding wat ontstaan het in die loop van, of uit hoofde van, die verrigtinge deur die belastingpligtige onderneem by die beoefening van sy beroep;
Waardevermindering (slytasie) van 'n bate;
Slegte skuld;
Voorsiening vir slegte skuld;
Premies betaal ingevolge 'n versekeringspolis wat daardie persoon dek alleenlik teen die verlies aan inkomste, ten opsigte waarvan enige premie as gevolg van siekte, besering, ongeskiktheid of werkloosheid gemaak is, en ten opsigte waarvan alle bedrae wat ingevolge die polis betaalbaar is, as inkomste ingesluit sal word.
Voorbeeld 1
n Belastingpligtige ontvang pensioendraende salaris van R40 000 en kommissie-inkomste van R130 000. Die belastingpligtige dra R3 000 by tot 'n goedgekeurde pensioenfonds en het kommissie-verwante uitgawes ten bedrae van R70 000 aangegaan. Aangesien meer as 50% van sy inkomste uit kommissie bestaan, sal die beperkings van artikel 23(m) nie geld nie. Die R70 000 se kommissie-verwante uitgawes sal dus oorweeg word. Die pensioenbydraes word nie deur die beperkings ingevolge artikel 23(m) geraak nie.
Voorbeeld 2
n Belastingpligtige ontvang pensioendraende salaris van R60 000 en kommissie op verkope van R60 000. Die belastingpligtige het R4 500 bygedra tot 'n goedgekeurde pensioenfonds en het kommissie-verwante uitgawes ter bedrae van R10 000 aangegaan. Aangesien nie meer as 50% van die belastingpligtige se inkomste uit kommissie verkry is nie sal die beperkings ingevolge artikel 23(m) van krag wees, en die kommissie-verwante uitgawes dus nie toegestaan word nie. Die pensioenbydraes word nie deur die beperkings ingevolge artikel 23(m) geraak nie.
Dui asseblief aan of u 'n direkteur van 'n maatskappy of 'n lid van 'n beslote korporasie is, aangesien hierdie inligting 'n direkte impak op u geregistreerde belastingstatus as voorlopige belastingpligtige het.
Voltooi asseblief bladsy 6 van u opgawe om u eis ten opsigte van reisuitgawes te bereken. Reisuitgawes kan volgens een van die volgende metodes geëis word:
Waar rekords van werklike uitgawes bygehou is, voltooi dele 1, 2 en 4 van bladsy 6 van u opgawe om u eis te bereken. Let asseblief op die voorgeskrewe afskrywingstydperk en die beperking van die koste van die voertuig met betrekking tot die eis wat bereken is op werklike onkoste. Die beperking ten opsigte van die 2006 jaar van aanslag is R360 000.
Waar geen rekords van uitgawes bygehou is nie, gebruik onderstaande tabel en voltooi dele 1, 2 en 3 van bladsy 6 van u opgawe om u eis te bereken.
LET WEL:
U eis sal nie oorweeg word indien deel 2 van bladsy 6 van u opgawe nie voltooi is nie. Die kolom waarin die waarde aan die begin van die jaar van aanslag aangedui word, sal slegs van toepassing wees as u gedeelte 4 van die skedule voltooi. Indien die voertuig vir 'n tydperk van minder as 365 dae vir besigheidsdoeleindes gebruik is, moet die vaste kostekomponent pro rata op 'n daaglikse grondslag verminder word.
Die eerste 16 000 km sal as privaat geag word tensy rekords gehou is van die werklike kilometers gereis vir beide privaat- en besigheidsdoeleindes. Besigheidskilometers word geag om gelyk te wees aan die verskil tussen die totale aantal kilometers afgelê en 16 000 km, mits besigheidskilometers nie 16 000 km oorskry nie.
LET WEL:
Indien u eis gebaseer is op die werklike kilometers afgelê, moet u ritstate indien ten opsigte van kilometers gereis. Die volgende minimum inligting ten opsigte van besigheidskilometers afgelê moet in die ritstate vervat wees:
Datum waarop die reis onderneem is
Die plek van bestemming, na en vanaf
Die kilometers gereis
DEEL 1 INKOMSTE UIT BELEGGINGS
Beleggingsinkomste is hoofsaaklik verteenwoordigend van inkomste verkry uit 'n belegging by 'n finansiële instelling, 'n bank of 'n maatskappy wat effektetrustaandele administreer. Dividende uit plaaslike beleggings, behalwe dividende verkry vanaf 'n eiendomstrust, is nie belasbaar nie. Dividende ontvang vanaf buitelandse beleggings is egter belasbaar en moet in deel 2.3 en deel 3 van Skedule 1 aangedui word.
LET WEL:
Inkomste verkry vanuit 'n belegging in effektetrustaandele kan aangedui word as buitelandse dividende, plaaslike dividende, buitelandse rente of plaaslike rente. Hierdie inligting sal verskyn op die sertifikaat wat u vanaf die instansie waar u fondse belê is, verkry het, en moet in die toepaslike gedeelte in deel 2 van Skedule 1 aangetoon word.
DEEL2 BRUTO BEDRAE ONTVANG VANUIT BELEGGINGSINKOMSTE
Die bruto bedrae ontvang ten opsigte van beleggingsinkomste moet in deel 2 van Skedule 1 getoon word, aangesien die vrystelling programmaties deur SARS gedoen sal word.
Indien u BUITE gemeenskap van goedere getroud is, of ONGETROUD is, moet die volle bedrag ontvang ten opsigte van buitelandse rente en plaaslike rente in deel 1 van Skedule 1 aangedui word en die totale onderskeidelik oorgedra word na deel 2 van Skedule 1. Indien u enige inkomste uit buitelandse dividende verdien het, moet deel 2.3 en deel 3 van Skedule 1 voltooi word. Indien u BINNE gemeenskap van goedere getroud is, moet slegs die helfte van u beleggingsinkomste na deel 2 oorgedra word. Die ander gedeelte is in die hande van u gade belasbaar. 'n Inkomste-advies moet vanaf die instansie verkry word waar u fondse belê is en aan bladsy 9 van u opgawe geheg word.
LET WEL:
Die vrystelling ten opsigte van die 2006 jaar van aanslag is R15 000 indien u jonger as 65 jaar is, en R22 000 indien u 65 jaar of ouer is. Indien u beleggingsinkomste dus R25 000 oorskry en u onder die ouderdom van 65 jaar is, of R32 000 en u 65 jaar en ouer, is en u belasbare inkomste R80 000 per jaar oorskry, is u verplig om as voorlopige belastingpligtige te registreer.
Die vrystelling sal geld ten opsigte van buitelandse dividende, buitelandse rente, asook plaaslike rente-inkomste. Die vrystelling ten opsigte van buitelandse beleggingsinkomste, d.i. buitelandse dividende en buitelandse rente, is egter beperk tot R2 000 en sal in die volgende orde toegedeel word; buitelandse dividende, buitelandse rente en daarna plaaslike rente soos aangedui in die onderstaande voorbeeld van 'n belastingpligtige wat onder die ouderdom van 65 jaar is.
DEEL 3 BUITELANDSE DIVIDENDE
U as belastingpligtige het die keuse om te besluit of u op die netto dividend-inkomste uit buitelandse bronne belas wil word. Indien u die keuse sou maak, is dit nie nodig om te bepaal watter bedrag aan belasting betaal, betrekking het op die inkomste verdien uit buitelandse dividende nie, aangesien u belas sal word op die netto bedrag na aftrekking van die belasting weerhou. In dié geval sal geen krediet toegestaan word ten opsigte van die Suid-Afrikaanse belasting betaalbaar nie. Die keuse het betrekking op alle buitelandse dividende ontvang gedurende die betrokke jaar van aanslag, en moet op 'n jaarlikse grondslag gemaak word. U sal op die bruto dividend belas word indien u nie 'n keuse uitoefen nie, in welke geval die buitelandse belasting betaal as krediete oorweeg sal word.
Voltooi dele 2.3 en 3 van Skedule 1 deur gebruik te maak van die inligting soos weergegee op die sertifikaat wat u vanaf die instansie ontvang het wat u fondse, waaruit u buitelandse dividend inkomste ontvang, administreer. Waar spesifieke inligting wat versoek is nie beskikbaar is nie moet die betrokke kolom blanko gelaat word. Heg die toepaslike sertifikate aan bladsy 9 van u opgawe.
Indien u binne gemeenskap van goedere getroud is moet u slegs 50% van die totale buitelandse belasting wat van u en u gade se buitelandse beleggingsinkomste weerhou was in deel 4.3 van u opgawe aandui.
Agtergrond oor artikel 20AOmheining van vasgestelde verliese van sekere bedrywe
Artikel 20A is in die Belastingwet opgeneem met ingang van die 2005 jaar van aanslag. Die artikel maak voorsiening dat, onderworpe aan sekere toetse, 'n vasgestelde verlies gely deur 'n natuurlike persoon, nie teen enige ander inkomste behalwe die inkomste verkry vanaf die betrokke bedryf in berekening gebring kan word nie. Dit beteken dat vasgestelde verliese gely ten opsigte van 'n bedryf, met spesifieke verwysing na sekere geïdentifiseerde bedrywe, in sekere omstandighede onderworpe sal wees aan die potensiële omheining van die vasgestelde verlies. Die omheining van so 'n verlies kan egter voorkom word indien die feite en omstandigheids toets, waarvoor in subartikel voorsiening gemaak word, aandui dat die bedryf 'n besigheid daarstel ten opsigte waarvan daar 'n redelike vooruitsig is om belasbare inkomste binne 'n redelike tydperk te verdien.
n Voorvereiste vir die toepassing van artikel 20A is dat, in die jaar van aanslag waarin die omheining die eerste keer toegepas word, die belastingpligtige se belasbare inkomste (voor die verrekening van enige vasgestelde verlies uit die beoefening van enige bedryf gedurende daardie jaar van aanslag gely en die balans van 'n vasgestelde verlies wat van die voorafgaande jaar vorentoe gedra is) gelyk is aan of meer is as die bedrag waarop die maksimum marginale skaal van belasting vir individue hefbaar is. Ten opsigte van die 2006 jaar van aanslag is die maksimum marginale skaal hefbaar op belasbare inkomste wat R300 000 oorskry.
In die geval van die geïdentifiseerde bedrywe, soos gelys in artikel 20A (b) van die Inkomstebelastingwet, kan die potensïele omheining van vasgestelde verliese reeds in die 2005 jaar van aanslag toegepas word tensy die 'feite en omstandigheids toets' aandui dat dit 'n geregverdigde bedryf is.
Die omheining kan geskied ten opsigte van verliese met betrekking tot die geïdentifiseerde bedrywe of ander bedrywe ten opsigte van die drie-uit- vyf-jaar of die ses-uit-tien-jaar reël (uitgesluit boerdery inkomste).
Die geïdentifiseerde bedrywe gelys in artikel 20A (b) is as volg:
n Sport wat deur daardie persoon of enige familielid beoefen word;
Enige handel in versamelstukke deur daardie persoon of 'n familielid;
Die verhuring van residensiële verblyf, tensy minstens 80% van die residensiële verblyf deur persone wat nie familielede van daardie persoon is nie gebruik word vir minstens helfte van die jaar van aanslag;
Die verhuring van voertuie, lugvaartuie of bote, tensy minstens 80% van die voertuie, lugvaartuie of bote deur persone wat nie familielede van daardie persoon is nie gebruik word vir minstens helfte van die jaar van aanslag;
Diereskouing deur daardie persoon of enige familielid;
Boerdery of dieretelery, tensy daardie persoon dit op 'n voltydse basis beoefen;
Enige vorm van uitvoerende of beeldende kunste; of
Enige vorm van dobbelary of weddenskap.
Die drie-uit-vyf-jaar reël
Die drie-uit-vyf-jaar reël het betrekking op alle bedrywe wat nie ingesluit is by die lys van geïdentifiseerde bedrywe nie. Die huidige jaar van aanslag moet in berekening gebring word met die toepassing van die drie-uit-vyf-jaar reël. Vasgestelde verliese gely ten opsigte van bedrywe wat nie geïdentifiseer is nie kan dus potensieel vanaf die 2007 jaar van aanslag omhein word ingevolge artikel 20A (a). Dit sal gebeur indien die spesifieke bedryf vir drie
agtereenvolgende jare beginnende in die 2005 jaar van aanslag, 'n vasgestelde verlies ly. Die omheining kan egter uitgestel word as die bedryf 'n wins sou realiseer in enige van die jare waarna in die voorafgaande sin verwys word, soos geïllustreer in die volgende voorbeeld.
Jaar van aanslag Bedryfsaktiwiteit Wins / Verlies
Verhuring bate A Verlies gely
Verhuring bate A Wins gerealiseer
Verhuring bate A Verlies gely
Verhuring bate A Verlies gely
Verhuring word as 'n bedryf beskou en as gevolg van die feit daar nou uit drie van vyf jaar 'n verlies gely sal word (waar daardie persoon gedurende die vyf jaar tydperk wat eindig op die laaste dag van daardie jaar van aanslag, 'vasgestelde verlies gely het in minstens drie jare van aanslag) sal die omheining van die vasgestelde verlies in die 2008 jaar van aanslag in werking tree. Indien daar egter in die 2008 jaar van aanslag 'n wins gemaak is en in die 2009 jaar van aanslag 'n verlies gely word, sal die omheining eers in die 2009 jaar van aanslag plaasvind.
Die bedrywe waarop die drie-uit-vyf-jaar reël betrekking het sluit die volgende in:
Die verhuring van residensiële verblyf, waar minstens 80% van die residensiële verblyf deur persone wat nie familielede van daardie persoon is gebruik word vir minstens helfte van die jaar van aanslag;
Die verhuring van voertuie, lugvaartuie of bote, waar minstens 80% van die voertuie, lugvaartuie of bote deur persone wat nie familielede van daardie persoon is gebruik word vir minstens helfte van die jaar van aanslag;
Boerdery of dieretelery, waar daardie persoon dit op 'n voltydse basis beoefen; en
Enige ander bedryf wat nie spesifiek geïdentifiseer is nie.
Feite en omstandighede
Ten opsigte van beide die geïdentifiseerde sowel as die bogenoemde bedrywe kan die omheining van die vasgestelde verlies voorkom word in terme van subartikel wat voorsiening maak vir 'n ontsnappingsroete ingevolge waarvan die belastingpligtige kan bewys dat die betrokke bedryf 'n besigheid daarstel ten opsigte waarvan daar 'n redelike vooruitsig is om belasbare inkomste binne 'n redelike tydperk te verdien. Die faktore wat spesifiek in ag geneem sal word is die volgende:
Die verhouding van die bruto inkomste verkry uit daardie bedryf tot die bedrag van toelaatbare aftrekkings by die beoefening van daardie bedryf;
Die vlak van aktiwiteite beoefen deur daardie persoon of die bedrag van onkoste aangegaan ten opsigte van advertensie, promosie of verkope in die beoefening van die bedryf;
Of daadie bedryf op 'n kommersiële wyse beoefen word met inagneming van- -Die aantal voltydse werknemers aangestel vir die doeleindes van die bedryf; -Die kommersiële vestiging van die perseel waar die bedryf beoefen word; -Die mate van die toerusting wat uitsluitlik gebruik word vir doeleindes van die beoefening van daardie bedryf; en -Die tyd wat die persoon by die perseel spandeer ten einde die besigheid te bedryf.
Die aantal jare van aanslag waarin vasgestelde verliese gely is in die beoefening van daardie bedryf in verhouding tot die tydperk vanaf die datum wanneer die persoon daardie bedryf begin beoefen het en met inagneming van- -Enige onverwagte gebeure wat tot enige van daardie vasgestelde verliese aanleiding gegee het; en -Die aard van die betrokke besigheid.
Die besigheidsplanne van daardie persoon en enige veranderinge daaraan om te verseker dat belasbare inkomste in die toekoms verkry sal word uit die beoefening van daardie bedryf; en
Die mate waarin enige bate wat aan daardie bedryf toeskryfbaar is of beskikbaar is vir gebruik deur daardie persoon of enige familielid vir doeleindes van ontspanning of persoonlike gebruik.
Die ses-uit-tien-jaar reël
Waar vasgestelde verliese in ses uit tien jare gely word ten opsigte van die geïdentifiseerde bedrywe wat in subartikel 2(b) gelys is sal die feite en omstandighede toets nie meer beskikbaar wees om te voorkom dat die verlies omhein word nie. Dit beteken dus dat sou 'n verlies gely vanuit 'n geïdentifiseerde bedryf, met die toepassing van die feite en omstandigheids toets voorkom het dat die die vasgestelde verlies omhein word sal dit ingevolge die ses-uit-tien-jaar reël nie langer moontlik wees om die omheining te verhoed nie. Alhoewel hierdie bepaling geld ten opsigte van al die geïdentifiseerde bedrywe word boedery- bedrywighede spesifiek in subartikel 7 uitgesluit van hierdie beperking. Die rede vir die uitsluiting is gesetel in die feit dat sekere vorms van boerdery aktiwiteite lang tydperke van verliese meebring alvorens 'n wins gerealiseer kan word.
Vasgestelde verlies wat in berekening gebring moet word
Ten opsigte van beide die drie-uit-vyf-jaar sowel as die ses-uit-tien-jaar reël sal enige vasgestelde verlies wat gely is in enige jaar van aanslag voor of op 29 Februarie 2004, buite rekening gelaat word.
Voltooiing van die huurskedule
Die huurinkomsteskedule op bladsy 8 en 9 van die opgawe bestaan uit die volgende 3 dele wat voltooi moet word:
Bepaling van wins / verlies uit die verhuring van eiendom / bate
Voltooi asseblief hierdie gedeelte volledig. Hierdie gedeelte bevat die minimum inligting wat benodig word vir die berekening van die huurwins of verlies.
Geliewe daarop te let dat elke bedryfsaktiwiteit afsonderlik beoordeel word vir die potensiële omheining van verliese. Onafhanklike finansiële state moet dus ten opsigte van elke bedryfsaktiwiteit opgestel word en die wins of verlies ten opsigte van elke bate (verhuring) apart aangedui word.
In sekere omstandighede is dit egter moontlik dat die verhuring van meer as een bate as 'n enkelbedryf beskou kan word. Indien dit die geval is moet die wins / verlies verkry as 'n enkelitem gelys word en kan 'n gekombineerde stel finansiële state ingedien word. Ten einde SARS in staat te stel om te bepaal of dit wel een bedryf is moet die inligting soos versoek in gedeelte 2 van die skedule voltooi word.
Getroud binne gemeenskap van goedere
Indien u huurinkomste ontvang het en u binne gemeenskap van goedere getroud is moet slegs 50% van die wins / verlies verklaar word aangsien die ander 50% in ag geneem sal word by die berekening van u gade se belasbare inkomste.
Inligting benodig ten opsigte van die verhuring van eiendom / bate
Hierdie gedeelte moet volledig voltooi word. Verwys na gedeelte 1 hierbo.
In die geval van die verhuring van residensiële verblyf, voertuie, lugvaartuie en bote moet gelet word op die uitsluiting as geïdentifiseerde bedryf indien meer as 80% van die verhuring aan nie familielede vir minstens helfte van die jaar van aanslag plaasgevind het.
Plaaslike inkomste verkry uit die verhuring van eiendom / bate
Hierdie gedeelte bestaan uit die volgende 6 kolomme naamlik:
Adres van eiendom / beskrywing van bate
Indien die inkomste ten opsigte van die eiendom / bate reeds in die 2005 jaar van aanslag verklaar is en die aanslag reeds verwerk is, sal van die inligting op bladsy 2 van die opgawe gebruik gemaak kan word om die gedeelte te voltooi. Sou die besonderhede ten opsigte van die adres en / of beskrywing van die bate nie korrek weergegee is op bladsy 2 van die opgawe nie moet u die korrekte besonderhede teenoor die betrokke unieke identifikasienommer in die huurinkomsteskedule aandui.
Unieke identifikasienommer
Die unieke identifikasienommer soos aangedui in deel 2 van u opgawe is programmaties deur SARS geskep, ten opsigte van elke eiendom / bate, gebaseer op die inligting wat u in u 2005 opgawe verstrek het. Indien u steeds inkomste verkry uit die verhuring van die eiendom / bate waarna die toegekende unieke identifikasienommer verwys, moet die betrokke nommer in hierdie kolom aangedui word.
Indien inkomste vir die eerste keer verkry word uit die verhuring van 'n eiendom / bate moet die kolom oopgelaat word aangesien 'n unieke identifikasienommer op aanslag programmaties deur SARS geskep en toegeken sal word. Dit beteken dat die kolom nie voltooi moet word nie in die geval waar die eiendom / bate in die huidige jaar van aanslag verkry is.
In die geval waar huurinkomste verklaar is in u 2005 belastingopgawe en die aansalag nog nie gefinaliseeer is nie sal die unieke identifikasienommer nie beskikbaar wees nie en moet die kolom oopgelaat word.
Bruto inkomste
Die bruto inkomste verkry vanuit die verhuring van 'n eiendom / bate moet in hierdie kolom getoon word. Geliewe te let dat die inkomste verkry uit onderskeie bates apart aangedui moet word tensy u spesifieke motivering voorsien waarom die inkomstes beskou moet word as verkry vanaf 'n enkel bedryf.
Wins / verlies
Die netto berekende wins of verlies verkry vanuit die verhuring van die eiendom / bate moet in die kolom aangedui word.
JA/ NEE aanwyser
Lees assesblief die vraag sorgvuldig en dui dan aan of die verlies buite rekening gelaat moet word in die berekening van u belasbare inkomste indien 'n verlies gely is ten opsigte van die verhuring van die eiendom / bate. Indien u "JA" sou antwoord sal die verlies nie in aanmerking geneem word by die vasstelling van u belasbare inkomste nie. Sou u aandui dat die verlies nie omhein moet word nie sal u u besluit moet staaf deur die dokumentasie, waarna die paragraaf "Feite en omstandighede" op bladsy 17 van hierdie brosjure verwys, aan te heg. Die dokumentasie moet gebaseer word op die feite wat spesifiek in hierdie paragraaf aangespreek word. Indien geen ondersteunende dokumentasie voorsien word nie kan 'n verlies moontlik ingevolge artikel 20Avan die Inkomstebelastingwet omhein word.
Bronkode
Gebruik die volgende lys van kodes ten einde hierdie gedeelte te voltooi. Indien u egter onseker is watter kode om te gebruik moet hierdie gedeelte oopgelos word en sal deur SARS voltooi word.
Wins: Sport 4280 Verlies: Verhuring van bote 2429
Verlies: Sport 4281 Wins: Huurwins plaaslik 4210
Wins: Versamelstukke 4282 Verlies: Huurverlies plaaslik 4211
Verlies: Versamelstukke 4283 Wins: Verhuring van trokke / motors / ens 2408
Wins: Diereskouing 4284 Verlies: Verhuring van trokke / motors / ens 2409
Verlies: Diereskouing 4285 Wins: Skrywer / komponis / kunstenaar 3110
Wins: Dobbel 4286 Verlies: Skrywer / komponis / kunstenaar 3111
Verlies: Dobbel 4287 Wins: Verhuring van vliegtuig 2416
Wins: Verhuring van bote 2428 Verlies: Verhuring van vliegtuig 2417
Buitelandse huurinkomste
Aangesien huurinkomste as bedryfsinkomste beskou word moet enige buitelandse huurinkomste verklaar word in die "Totale belasbare buitelandse inkomste skedule" en nie in die skedule vir plaaslike huurinkomste nie.
Inwonende Suid-Afrikaanse belastingbetalers sal verantwoordelik wees vir Kapitaalwinsbelasting op enige wins wat ontstaan met die verkoop van hul wêreldwye bates. Nie-inwoners sal aanspreeklik wees vir belasting op die wins ten opsigte van die verkoop van Suid-Afrikaanse bates. Bates wat geraak word is, eiendomme van enige aard, insluitend roerende, onroerende en tasbare of ontasbare bates, maar uitgesluit handelsware en mynbates wat kwalifiseer vir 'n inkomstebelastingaftrekking.
Maak asseblief seker dat skedule 3 volledig voltooi is om die aanvra van ontbrekende inligting deur SARS te vermy.
Voltooi Skedule 3 van u opgawe met die volgende inligting:
OPBRENGS: Dit is die verkoopprys van die bate.
BASISKOSTE: Dit is die onkoste aangegaan ter verkryging of totstandkoming van die bate. Ingesluit enige onkoste aangegaan wat direk verband hou met die verbetering van sodanige bate. Die basiskoste sluit nie bedrae in wat andersins as 'n aftrekking vir inkomstebelastingdoeleindes toegelaat is nie. 'n Aparte skedule moet voorsien word wat die berekening van die basiskoste aandui.
Berekening van die basiskoste van 'n bate wat op 1 Oktober 2001 reeds in u besit was.
Ten einde die gedeelte van die wins wat betrekking het op die periode voor 1 Oktober 2001 uit te sluit kan enige van die volgende metodes gebruik word:
% van die opbrengs by beskikking sal as die basiskoste geag word geen rekords beskikbaar en markwaarde kan nie bepaal word nie; of-Markwaarde van die bate soos op 1 Oktober 2001 die "waardasiedatum"; of-Tydtoedelingsmetode
Hierdie metode mag gebruik word indien rekords beskikbaar is van die datum van verkryging en die koste van die bate. Die volgende formule word gebruik om die tydtoedelingsbasiskoste van die bate te bepaal.
Wins X Periode besit voor waardasiedatumOorspronklike koste + Periode besit voor en na waardasiedatum (totale tydperk in besit)
Verbeterings of toevoegings wat aangebring is voor 1 Oktober 2001 word beskou asof dit plaasgevind het tydens verkryging van die bate. Die periode voor 1 Oktober 2001 word beperk tot 20 jaar. Die totale koste van toevoegings wat gemaak is na waardasiedatum vorm deel van die basiskoste (geen toedeling).
Basiskoste ten opsigte van bates wat op / na 1 Oktober 2001 aangekoop is, is gewoonlik die aankoopprys plus enige verbeterings gemaak.
OMROL VAN BASISKOSTE: Dit beteken dat die beskikking van 'n bate nie 'n kapitaalwins of -verlies tot gevolg sal hê nie, maar dat die wins / verlies oorgedra word tot die daaropvolgende beskikking van die bate. In alle gevalle sal die voorafgaande basiskoste omgerol word. Omrollings is van toepassing in die volgende geval:
Oordraging van bates tussen gades (par. 67 van die Agtste Bylae tot die Inkomstebelastingwet).
LET WEL:
Die omrolbasiskoste veroorsaak nie 'n kapitaalwins / verlies in die jaar van aanslag waarin so 'n omrol plaasvind nie.
UITSLUITINGS / AANSUIWERINGS (NIE JAARLIKSE UITSLUITINGS NIE): In die geval van 'n individu wat nie handel dryf nie sal dit persoonlike gebruiksbates wees, langtermynversekeringspolisse, ens.
KAPITAALWINS / VERLIES: Dit sal die antwoord wees van Opbrengs - (minus) Basiskoste (- (minus) omrol van basiskoste en uitsluitings, indien van toepassing).
Dui die hoofbatetipebronkode as volg aan:
Plaaslike bates Wins Verlies
Vaste onroerende bates (bv. grond, geboue) 6502 6503
Primêre woning (bv. huis, meenthuis, woonstel, boothuis, karavaan) 6504 6505
Finansiële instrumente gelys (bv. aandele, effektetrust, skuldbriewe, verhandelbare effekte, opsies) 6506 6507
Buitelandse bates Wins Verlies
Vaste onroerende bates (bv. grond, geboue) 6530 6531
Primêre woning (bv. huis, meenthuis, woonstel, boothuis, karavaan) 6532 6533
Finansiële instrumente gelys (bv. aandele, effektetrust, skuldbriewe, verhandelbare effekte, opsies) 6534 6535
Sou die bogenoemde bronkodes nie spesifiek voorsiening maak vir 'n betrokke bate nie moet 'n beskrywing van die bate in die skedule gegee word, aangesien SARS die toepaslike kodes sal invul.
Verklaar die bedrae ontvang ten opsigte van kapitaalwins / verlies transaksies in deel 2 van Skedule 3. Alhoewel die Wet voorsiening maak vir 'n primêre uitsluiting van R10 000 moet die volle bedrag van die wins / verlies verklaar word, aangesien die primêre uitsluiting programmaties deur SARS bereken sal word. Die jaarlikse uitsluiting het ook betrekking op 'n verlies. Die insluitingskoers van 25% sal ook programmaties deur SARS bereken word.
Indien die wins R1 miljoen oorskry met die verkoop van 'n primêre woning en winste wat met die verhandeling van aandele gemaak word, is dit tipiese voorbeelde van bates wat Kapitaalwinsbelasting tot gevolg sal hê. Indien u 'n waardasiesertifikaat ten opsigte van 'n bate verkry het, moet dit deur u bewaar word en saam met die belastingopgawe ingedien word waarin die beskikking oor (afstanddoening van) die bate verklaar word.
LET WEL:
Indien buitelandse belasting betaal is ten opsigte van buitelandse kapitaalwins, eis die bedrag teenoor kode 4114 in deel 5 van u opgawe. Die plaaslike en buitelandse kapitaal wins / verlies op u opgawe moet apart verklaar word. 'n kapitaalverlies kan slegs teen 'n kapitaalwins verreken word.
Buitelandse inkomste ontvang moet as volg verklaar word:
Inkomste uit besoldiging waarvoor 'n IRP5 sertifikaat ontvang is - voltooi deel 2.3 van u opgawe en gebruik diè
bronkode soos op die IRP5 aangedui
Buitelandse dividende ontvang - Skedule 1, Dele 2 en 3
Buitelandse rente ontvang - Skedule 1, Dele 1 en 2
Buitelandse kapitaalwins / verlies - Skedule 3, Deel 2
Enige ander belasbare buitelandse inkomste ontvang, waarna nie spesifiek in die opgawe verwys word nie, moet in Suid-Afrikaanse geldeenheid in Skedule 4 getoon word.
Omrekening van buitelandse valuta n Inwoner wat belasbare inkomste verkry wat vasgestel is in 'n buitelandse valuta moet, met die omrekening van die belasbare inkomste na Rand, 'n keuse uitoefen tussen of
Die gemiddelde wisselkoers met betrekking tot die betrokke jaar van aanslag
Het u enige buitelandse belasting betaal?
Eis die bedrag buitelandse belasting betaal ten opsigte van buitelandse dividende, buitelandse rente, enige ander buitelandse inkomste of enige buitelandse kapitaalwinstransaksie, teenoor die toepaslike kodes (4111, 4112, 4113 en 4114) in deel 5 van u opgawe.
Toepassing van die buitelandse belastingkrediet
Indien u die keuse sou uitgeoefen het om op netto buitelandse dividende belas te word, sal u eis vir buitelandse belasting betaal ten opsigte van buitelandse dividende ontvang nie oorweeg word nie.
U eis ten opsigte van buitelandse belasting betaal sal beperk word, ingevolge artikel 6quatvan die Inkomstebelastingwet, tot die bedrag betaalbaar in Suid-Afrikaanse belasting in verhouding tot die buitelandse inkomste ontvang, deur die volgende formule toe te pas:
Buitelandse belasbare inkomste x Normale belasting betaalbaar
Totale belasbare inkomste
Met aanslag sal die kollektiewe bedrag ten opsigte van buitelandse belasting betaal op kapitaalwinstransaksies beperk word tot die normale belasting betaalbaar met betrekking tot die winste.
Watter bewyse vir buitelandse belasting betaal, sal aanvaar word?
Die volgende dokumentasie is voorbeelde van bewyse wat aanvaar sal word vir bedrae wat betaal is ten opsigte van buitelandse belasting:
indien buitelandse belasting deur die bron daarvan teruggehou is -die oorspronklike dokumentasie ontvang vanaf die betrokke bron;
indien buitelandse belasting nie deur die bron daarvan teruggehou is nie - 'n belastingaanslag of kwitansie uitgereik deur die betrokke belastingowerheid.
Indien u enige ander plaaslike inkomste ontvang het wat nog nie in u opgawe verklaar is nie, moet u Skedule 5 voltooi. Meld die aard en bron van die inkomste. Indien die spasie op die opgawe nie voldoende is nie, moet u die bron, aard, asook die onderskeie bedrae, op 'n aparte skedule aandui en die skedule aan bladsy 9 van u opgawe heg.
Voltooi Skedule 6 indien enige bedrae u toegeval het, of u bedrae ontvang het wat u as nie-belasbaar beskou en voorsien volledige besonderhede aangaande die bedrae, aard en bron van inkomste.
SKEDULE VAN MEDIESE UITGAWES NIE INGEDIEN EN / OF VERHAAL VANAF U MEDIESEFONDS NIE
BESONDERHEDE VAN MEDIESE UITGAWES NIE INGEDIEN EN / OF VERHAAL VANAF U MEDIESEFONDS NIE
LET WEL: Eise ten opsigte van uitgawes sal nie oorweeg word nie mits die skedule volledig voltooi is en aan bladsy 9 van u opgawe geheg is.
Datum Verskaffer / Dokter VoorgeskrewemedikasieJa / Nee Is die eis by diemediesefondsingedien? Ja / Nee Rede vir die nie-indiening van die eis by die mediesefonds /Rede vir die nie-verhaling van die eis vanaf die mediesefonds Bedrag
TOTAAL: Indien die spasie in die skedule onvoldoende is, moet n addisionele skedule aangeheg word.'
Opsomming van inligting in u opgawe verstrek om behulpsaam te wees met die berekening van u belastingaanspreeklikheid
ALGEMENE INLIGTING
Indien u enige buitelandse inkomste verdien het, sal die toelaatbare aftrekkings ten opsigte van DONASIES, UITTREDINGANNUÏTEITSFONDSBYDRAES en MEDIESE EN TANDHEELKUNDIGE uitgawes toegedeel word in dieselfde verhouding wat u plaaslike en buitelandse inkomste teenoor die totale inkomste, voor die vermindering van die genoemde aftrekkings, dra. Vir verdere inligting raadpleeg die betrokke "Interpretation Note" No 18 op die SARS webwerf www.sars.gov.za of skakel u naaste SARS kantoor.
Statutêre skale van toepassing op individue
WAAR DIE BELASBARE INKOMSTE:
Nie R 80 000 te bowe gaan nie 18% van elke R1 van die belasbare inkomste
R80 000 te bowe gaan, maar nie R130 000 nie R14 400 plus 25% van die bedrag waarmee die belasbare inkomste die bedrag van R80 000 oorskry
R130 000 te bowe gaan, maar nie R180 000 nie R26 900 plus 30% van die bedrag waarmee die belasbare inkomste die bedrag van R130 000 oorskry
R180 000 te bowe gaan, maar nie R230 000 nie R41 900 plus 35% van die bedrag waarmee die belasbare inkomste die bedrag van R180 000 oorskry
R230 000 te bowe gaan, maar nie R300 000 nie R59 400 plus 38% van die bedrag waarmee die belasbare inkomste die bedrag van R230 000 oorskry
R300 000 te bowe gaan R86 000 plus 40% van die bedrag waarmee die belasbare inkomste die bedrag van R300 000 oorskry
Die voorbeeld hieronder illustreer die berekening van belastingaanspreeklikheid asook die toepassing van die kortings.
Voorbeeld:
U belasbare inkomste is Belasting op R180 000 (per statutêre skale) = R 16 7 025.00 R 26 900.00
Plus: 30% van R37 025.00 (R167 025 -R130 000) Totale aanspreeklikheid voor kortings = R R 11 107.50 38 007.50
Min: Korting van toepassing (onder 65 jaar) Belastingaanspreeklikheid R R 6 300.00 31 705.50
Let asseblief daarop dat SIBW (wat verteenwoordigend is t.o.v. die belasting wat as die jaarlikse ekwivalent van die eerste R60 000 van u salarisinkomste gevorder word) slegs onder sekere omstandighede terugbetaalbaar is, nieteenstaande die feit dat u belasbare inkomste moontlik onder die belastingdrumpel mag wees, aangesien SIBW per inkomstetydperk betaalbaar is.
BEREKENING VAN BELASTINGAANSPREEKLIKHEID
LET WEL: Indien u buitelandse inkomste ontvang het, moet u die paragraaf "Algemene inligting" opbladsy 24 bestudeer alvorens u die volgende berekening doen.
INKOMSTE
Alle items soos in deel 4 van u opgawe aangedui, maar uitgesluit nie-belasbare bedrae
Plaaslike beleggingsinkomste (Skedule 1, deel 2.1)
Buitelandse rente-inkomste (Skedule 1, deel 2.2)
Buitelandse dividende (Skedule 1, deel 2.3)
Plaaslike huurinkomste (Skedule 2)
Ander plaaslike inkomste (Skedule 5)
Sub-totaal
MIN: VRYSTELLINGS Vrygestelde beleggingsinkomste (R15 000 indien u onder die ouderdom van 65 jaar is en R22 000 indien u 65 jaar of ouer is). Verwys na die voorbeeld in die paragraaf wat handel oor beleggingsinkomste vir die toedeling van die vrystelling tussen plaaslike en buitelandse beleggingsinkomste.
Sub-totaal
MIN: AFTREKKINGS
Pensioenfondsbydraes (dele 6.3 / 6.4 van u opgawe)
Inkomste beskermingsbydraes (deel 6.8)
Enige ander aftrekkings wat nie aangespreek word nie, bv. reis (maar uitgesluit donasies en mediese onkoste) (dele 6.9, 6.10 en 6.11 van u opgawe)
Sub-totaal
TEL BY: (Ignoreer indien verlies)
Berekende kapitaalwins (Skedule 3) Minus: Jaarlikse uitsluiting (R10 000) Sub-totaal (totale kapitaalwins) Totale kapitaalwins x 25% (insluitingskoers)
Totale belasbare buitelandse inkomste (Skedule 4) (Buitelandse beleggingsinkomste uitgesluit)
Sub-totaal
Donasies (deel 6.2 van u opgawe)
Sub-totaal (a)
Medies (deel 6.1 van u opgawe) Mediese aftrekkingskode 4008 Minus: 5% van sub-totaal (a) Minus beperking Toelaatbare mediese aftrekking Toelaatbare mediese aftrekkingskode 4008 OF Mediese aftrekkingskode 4009 (gestremde persone) OF: Indien u 65 jaar of ouer is, sal daar geen beperking wees nie.
BELASBARE INKOMSTE
Normale belasting op belasbare inkomste (sien skale, bladsy 24)
Kortings (sien bladsy 24)
TOTALE BELASTING BETAALBAAR
SIBW (verwys na SIBW kolom in deel 5 van u opgawe) MIN:
Buitelandse belasting betaal (verwys na bladsy 22 van hierdie brosjure vir beperking)
Voorlopige belasting betaal (indien van toepassing)
BELASTING BETAALBAAR DEUR / AAN U
