Aansoek om die uitreiking van sertifikate van die Internasionale Saadtoetsvereniging
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing
As 'n geakkrediteerde lidlaboratorium van die Internasionale Saadtoetsvereniging is die Amptelike Saadtoetsstasie van die Departement van Landbou gemagtig om Internasionale Saadtoetssertifikate uit te reik. Hierdie sertifikate word vir uitvoerdoeleindes uitgereik.
Drie soorte sertifikate kan uitgereik word, naamlik Saadtoetssertifikate en 'n Saadmonstersertifikaat .
Die Oranje Sertifikaat word uitgereik wanneer die monster amptelik van die lot getrek word en die toetse gedoen word onder gesag van die geakkrediteerde laboratorium wat die monster getrek het.
Die Groen Sertifikaat word uitgereik wanneer die monster amptelik van die lot getrek word onder gesag van 'n geakkrediteerde laboratorium, maar die toetse deur 'n ander geakkrediteerde laboratorium in 'n ander land uitgevoer word.
Die Blou Sertifikaat word uitgereik wanneer die neem van die monster nie 'n geakkrediteerde laboratorium se verantwoordelikheid is nie, en die geakkrediteerde laboratorium slegs vir die toets van die monster verantwoordelik is.
Oranje en Groen sertifikate het betrekking op die saadlot waaruit monsters geneem is, terwyl die Blou sertifikaat slegs betrekking het op die monster wat ontvang is om getoets te word.
Bo
Stappe om te volg
Laai die elektroniese aansoekvorm vir die Orange Internasionale Sertifikaat af en vul die vorm in. Aangesien 'n geakkrediteerde laboratorium in 'n ander land 'n Groen Sertifikaat sal uitreik, moet u die OSTS daarvoor kontak .
Vra dat amptelike saadlotnommers toegeken word.
Faks die aansoeke aan die OSTS .
Saadlotnommers sal toegeken word en die aansoek sal aan jou teruggefaks word. Dit sal ook gefaks word aan die gemagtigde ouditbeampte by die streekskantoor wat die monsterneming sal doen.
Berei die saadlotte vir monsterneming voor. Dit sluit in dat die lot gemerk moet word met die lotnommers wat toegeken is. Elke houer moet gemerk wees of voorsien wees van 'n etiket met die lotnommer wat toegeken is daarop.
Wanneer die saadlot gereed is vir monsterneming, kontak die ouditbeampte om monsters te kom neem.
Die monsters word by die OSTS ingehandig, die gehalte word getoets en die toepaslike sertifikaat word uitgereik.
Betaal die saadtoetstarief. By ontvangs van die monsters word 'n kwitansie uitgereik Die bankbesonderhede is soos volg:
Takkode: 01-08-45
Rekeningnommer: 011244887
Betaling kan elektronies of oor die toonbank geskied, maar die kwitansienommer moet verstrek word sodat die deposito en die kwitansie bymekaargebring kan word.
Doen om 'n Blou Sertifkaat aansoek deur 'n brief te skryf waarop jou organisasie se briefhoof verskyn, aangesien die merk van die saadlot en amptelike monsterneming nie van toepassing is nie.
Bo
Regsraamwerk
Daar is geen regsraamwerk nie.
Bo
Diensstandaard
Die Amptelike Saadtoetsstasie gee voorrang aan die toets van saadmonsters vir uitvoerdoeleindes. Verskillende soorte gewasse word onder verskillende omstandighede getoets en die duur van 'n toets kan wissel van 'n paar dae tot 'n paar weke.
Die OSTS streef daarna om saadmonsters van een besending onder dieselfde toetsomstandighede te laat ontkiem. Die kliënt kan ook 'n verskeidenheid toetse aanvra. Geen algemene inligting oor die diensstandaard kan gevolglik verskaf word nie. Doen asseblief by die fasiliteit self navraag.
Bo
Koste
