Aansoek om internasionale maatskaplike diens
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing
Die internasionale maatskaplike diens is 'n internasionale nie-regeringsorganisasie sonder politieke, rasse-, godsdienstige of nasionale partydigheid, met 'n algemene sekretariaat in Genève, Switserland. Die diens het 'n netwerk van maatskaplike werkers regoor die wêreld wat spesiaal in hulle onderskeie lande opgelei is en van hulle lande se sake kennis dra.
Die ISS help individue en gesinne wat persoonlike en maatskaplike probleme het wat net deur internasionale samewerking opgelos kan word. Enige persoon in Suid-Afrika en in die buiteland kan daarvan gebruik maak.
Bo
Stappe om te volg
Hoe om 'n versoek te rig as jy in Suid-Afrika woon:
Doen by jou naaste maatskaplike werker se kantoor aansoek.
Stel 'n verslag van die besonderhede van jou geval saam in die fomaat wat die ISS voorskryf. Hierdie kort verslag moet jou omstandighede beskryf en sê watter dienste jy van die ander land aanvra.
Stuur die verslag na die provinsiale verteenwoordiger van die ISS in die hoofkantoor van jou provinsiale Departement van Maatskaplike Ontwikkeling.
Hoe om aansoek te doen as jy buite Suid-Afrika bly:
Doen by die ISS-geaffilieerde buro of korrespondent in die buiteland aansoek.
Bo
Regsraamwerk
Internasionale maatskaplike dienste word gelewer kragtens die affiliasiekontrak tussen die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling en die Algemene Sekretariaat van die ISS.
Bo
Diensstandaard
Verwysings word hanteer sodra hulle ontvang word. Wanneer ISS SA 'n verwysing van 'n provinsiale departement ontvang, verwys hulle die diensversoek na die ISS-geaffilieerde buro of korrespondent in die buiteland. Hulle antwoord hang van die plaaslike omstandighede af.
Wanneer ISS SA 'n verwysing uit die buiteland ontvang, verwys hulle die versoek na die plaaslike provinsiale verteenwoordiger, wat dan met 'n plaaslike maatskaplike werker reël om die saak te ondersoek en 'n verslag aan die provinsiale departement te skryf. Sodra die provinsiale departement die verslag ontvang, word dit aangestuur na ISS SA, wat dit bestudeer en met opmerkings en/of vrae na belanghebbendes toe aanstuur.
Die dienskwaliteitsvlak word verseker deur die plaaslike en provinsiale maatskaplike werkers en deur die maatskaplike werker by die ISS SA-kantoor wat die saak hanteer. Regeringsamptenare volg protokolprosedures wat deur die Algemene Sekretariaat van die ISS voorgeskryf word.
Bo
Koste
In Suid-Afrika is hierdie diens gratis. In sommige lande kan 'n fooi vir sekere dienste gehef word. Hierdie fooie verskil van land tot land.
Bo
Vorms om in te vul
Daar is geen vorms om in te vul nie.
Bo
Kontakbesonderhede
