Aansoek om inligting van die akteskantoor
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing
Die akteskantoor is oop vir enige lid van die publiek wat inligting wil bekom oor:
die geregistreerde eienaar van 'n eiendom die voorwaardes ten opsigte van so 'n eiendom interdikte en kontrakte met betrekking tot die eiendom die aankoopprys van die eiendom die reëls van 'n deeltitelskema n Afskrif van 'n huweliksvoorwaardeskontrak, serwituutaktes, verbande, ensovoorts afskrif van die deeltititelplan of die reëls van 'n deeltitelskema dorpstigtingsvoorwaardes inligting wat met die eiendom of akte verband hou.
Bo
Stappe om te volg
Om inligting by die akteskantoor te bekom, moet jy die volgende gereed hê:
die volle name en/of identiteitsnommer van die eienaar van die eiendom, of minstens sy of haar geboortedatum.
die korrekte standplaasnommer en dorpsgebied of plaasnaam en nommer nie die straatadres nie.
Om 'n afskrif van 'n akte of dokument van die akteskantoor te bekom, moet jy na enige akteskantoor gaan registrasiekantore mag nie inligting verstrek wat per brief of telefonies aangevra is nie na die inligtingstoonbank gaan, waar die beampte jou sal help om die voorgeskrewe vorm in te vul en die prosedure sal verduidelik vra dat 'n datatikster 'n soektog na die eiendom uitvoer en die verskuldigde bedrag by die kassier betaal en die kwitansie weer na die beampte by die inligtingstoonbank neem. Die kwitansienommer sal aan jou afskrif van die titel toegeken word.
Bo
Regsraamwerk
Registrasie van Aktes Wet, 1937
Bo
Diensstandaard n Soektog kan 30 tot 60 minute duur. By sommige van die groter kantore word 'n akte gepos of dit kan na 'n sekere tyd afgehaal word.
Bo
Koste
Afskrif van die huweliksvoorwaardeskontrak of akte vir inligtingsdoeleindes: R36
Afskrif van dorpstigtingsvoorwaardes: R4 per bladsy
Aktesoektog: R6
Rekenaardrukstuk: R6 per uitdruk
Bo
Vorms om in te vul
Die beampte by die akteskantoor sal die vorm vir jou gee.
Bo
Kontakbesonderhede
