Aansoek om 'n individuele behuisingsubsidie
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing n Individuele behuisingsubsidie is 'n regeringstoelae wat bedoel is vir individue wat eienaarskap van 'n erf met dienste wil verkry. Dit stel die begunstigde in staat om 'n huisboukontrak te sluit, of om 'n bestaande, verbeterde residensiële eiendom wat nie deel van 'n goedgekeurde behuisingsubsidieprojek is nie te koop.
Hierdie toelae help ook kwalifiserende begunstigdes wat graag hulle subsidie wil verhoog om toegang tot bykomende krediet te bekom, asook begunstigdes wat nie vir krediet kwalifiseer nie.
Persone wat aan die volgende vereistes voldoen, kan aansoek doen:
Suid-Afrikaanse burger of 'n persoon wat 'n permanenteverblyfpermit het is getroud of bly saam met 'n langtermynlewensmaat is 'n alleenlopende persoon wat ouer as 21 jaar is en afhanklikes het maandelikse inkomste van die hele huishouding is R3 500 of minder het nie voorheen 'n residensiële eiendom besit nie gestremde aansoekers wat om spesiale variasies aansoek doen .
Bo
Stappe om te volg
Vul 'n aansoekvorm in wat slegs beskikbaar is van die Provinsiale Behuisingsdepartement, banke en munisipaliteite.
Neem die vorm na die aktebesorger om afdeling G in te vul.
Neem die vorm na die lener of finansiële instelling om afdeling H in die geval van kredietverwante aansoeke in te vul.
Neem die vorm na die kontrakteur om afdeling 1 in te vul in die geval van nuut geboude huise.
Lê 'n eed by die Kommissaris van Ede af.
Heg alle bevestigingsdokumentasie aan, bv. identiteitsdokument, huweliksertifikaat, geboortesertifikaat, bewys van inkomste, en koopbrief.
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
Daar is geen diensstandaard nie.
Bo
Koste
Die diens is gratis.
Bo
Vorms om in te vul
Bo
Kontakbesonderhede
