Aansoek om 'n permit vir die invoer van 'n tweedehandse of gebruikte voertuig
Beskrywing
Indien jy tweedehandse of gebruikte voertuie na Suid-Afrika wil invoer, het jy spesiale toestemming van die Ministerie van Handel en Nywerheid of sy agente nodig. Die Ministerie sal besluit of dit in die openbare belang is dat tweedehandse of gebruikte voertuie ingevoer word.
Om vir 'n invoerpermit aansoek te doen, moet jy die voorgeskrewe aansoekvorm indien. 'n Invoerpermit word vereis vir alle goedere wat aan invoerbeheermaatreëls onderworpe is.
Invoerpermitte word vereis om te sorg dat ingevoerde tweedehandse goedere nie die bedrywe in die Suid-Afrikaanse Doeane-unie vernietig nie. Hierdie diens bevorder die uitoefening van beheer ter wille van veiligheid en gehalte.
Kry meer inligting by die Internasionale Handelsadministrasiekommissie .
Stappe om te volg
Voorsien die Departement van 'n gewaarmerkte afskrif van jou identiteitsdokument.
Voorsien die Departement van 'n gewaarmerkte afskrif van die voertuig se registrasiesertifikaat.
Dien die aansoekvorm by die Internasionale Handelsadministrasiekommissie se Direktoraat: Invoer- en Uitvoerbeheer in.
Regsraamwerk
Diensstandaard
Dit kan tot drie dae neem om jou aansoek te verwerk.
Koste
Hierdie diens is gratis.
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
