Aansoek om suiwelprodukte na Suid-Afrika in te voer of hulle in transito deur Suid-Afrika te vervoer
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing n Veeartseny-invoerpermit is nodig om suiwelprodukte na Suid-Afrika in te voer of hulle deur die land te vervoer.
Invoerpermitte is vir 'n beperkte tyd en slegs vir een besending geldig.
Doen minstens ses weke, maar hoogstens agt weke voor jou beoogde handeling aansoek om 'n permit.
Bo
Stappe om te volg
Vul die aansoekvorm in.
As die produkte in transito deur Suid-Afrika vervoer word, moet jy 'n afskrif van die veeartseny-invoerpermit van die land van eindbestemming saam met die aansoek om 'n Suid-Afrikaanse veeartseny-transitopermit indien.
Betaal die permitfooi in die Departement van Landbou se bankrekening in:
Naam van rekeninghouer: Departement van Landbou
Tak: 010845
Let wel: Die invoerder is vir sowel binnelandse as buitelandse bankkoste aanspreeklik die Departement sal nie 'n permit uitreik voor die volle bedrag betaal is nie.
Jy kan 'n tjek wat aan die Direkteur-Generaal: Landbou uitgemaak is aan die aansoekvorm vasheg en dit na die adres pos wat hieronder verskyn.
Jy kan ook by die kantoor van die Departement van Landbou betaal .
As jy namens iemand anders aansoek doen, moet jy sorg die betaling onder daardie persoon se naam of maatskappynaam geskied.
Geen aansoek sal sonder bewys van betaling verwerk word nie. Bewys van deposito kan na 012 329 8292 gefaks word. Merk dit vir aandag: Ina Labuschagne.
Stuur die ingevulde vorms na:
Die Direkteur: Dieregesondheid
Beleidseenheid vir Invoer en Uitvoer
Privaatsak X138
Pretoria of Faks dit na 012 329 8292
Meld op die aansoekvorm of jy die permit sal kom haal en of dit aan jou gepos moet word. Bel die permitkantoor om uit te vind of die permit gereed is voordat jy dit gaan haal.
By ontvangs van die ingevulde aansoekvorm sal ons 'n veeartseny-invoerpermit en 'n eksemplaar van 'n veeartsenykundige gesondheidsertifikaat uitreik en dit regstreeks aan jou stuur.
Hierdie veeartsenykundige gesondheidsertifikaat moet in Engels ingevul word deur 'n veearts wat deur die veeartsenybestuur van die land van uitvoer daartoe gemagtig is. Die uitreikingsdatum moet nie ouer wees as hoogstens tien dae voor die produkte vervoer gaan word nie, en dit moet op amptelike briefhoofpapier gedruk wees.
As jy inligting oor die presiese vereistes vir 'n spesifieke produk wil hê, kan jy voorbeeldkopieë van die veeartseny-invoerpermit en die veeartsenykundige gesondheidsertifikaat by die permitkantoor kry.
Jy moet die volgende moet by die plek van binnekoms aan die Suid-Afrikaanse veeartsenyinvoerbeampte voorlê:
oorspronklike veeartseny-invoerpermit oorspronklike veeartsenykundige gesondheidsertifikaat, wat deur 'n veearts in die land van oorsprong uitgereik is.
Jy kan meer inligting oor invoervereistes by die permitkantoor of op die Departement van Landbou se webwerf kry.
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
As die staatsveearts dit goedgekeur het, duur dit nog twee tot drie werksdae om die permit uit te reik.
Bo
Koste
Bo
Vorms om in te vul
Bo
Kontakbesonderhede
