Aansoek om die invoer van diere en genetiese material
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing
Jy moet 'n invoerpermit van die Registrateur van Veeverbetering hê voordat jy diere of genetiese materiaal soos embrio's, eierselle of semen na Suid-Afrika kan invoer.
As die aansoeker die aansoek nie persoonlik onderteken nie, moet 'n brief wat die ondertekenaar, byvoorbeeld 'n agent, magtig om die aansoek namens die aansoeker te teken saam met die aansoek ingedien word.
As 'n aansoeker met die buitelandse verskaffer van die dier of materiaal wat ingevoer gaan word 'n ooreenkoms aangegaan het wat bepaal dat tantièmes, fooie of konsessies bykomend tot die koopprys betaal moet word, moet die aansoek vergesel word van 'n brief van bevestiging deur die Direkteur-generaal van die Departement van Handel en Nywerheid dat sy departement so 'n ooreenkoms goedgekeur het.
Bo
Stappe om te volg
Laai die elektroniese aansoekvorm af en vul dit in tweevoud in. Die vorm kan ook by die Registrateur van Diereverbetering aangevra word.
Onvolledige aansoeke sal na die aansoeker teruggestuur word.
Heg die volgende dokumente by die aansoek aan:
n uitgebreide tweegenerasie-stamboek die dier se prestasierekord die bloedgroepsertifikaat.
Die regte fooi moet elke aansoek vergesel. Maak tjeks en posorders uit aan: Direkteur-generaal: Landbou.
Bankbesonderhede:
Rekeningnommer: 011219556
Takkode: 000845/010845
Dien aansoeke by die toepaslike telersvereniging of registrasie-owerheid in vir aanbeveling.
Dien aansoeke in by:
Die Registrateur van Diereverbetering
Privaatsak X138
Pretoria
Die veeverbeteringspermit sal aan die Direktoraat Veeartsenykunde gestuur word, wat 'n veeartsenyinvoerpermit sal uitreik. Jy hoef geen bykomende aansoekvorm vir 'n veeartsenyinvoerpermit in te dien nie.
Die veeartsenyinvoerpermit het spesifieke gesondheidsvereistes, wat deur die staatsveearts in die land van uitvoer gesertifiseer moet word voordat die besending uitgevoer word. Jy kan by die Senior Bestuurder: Dieregesondheid vasstel wat hierdie vereistes is.
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
Dit kan 30 dae neem om die aansoek te verwerk.
Bo
Koste
Bo
Vorms om in te vul
Bo
Kontakbesonderhede
