Aansoek om diere-entstowwe na Suid-Afrika in te voer
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing
Entstowwe vir dieregebruik mag slegs na Suid-Afrika ingevoer en versprei of verkoop word as hulle ingevolge die Wet op Misstowwe, Veevoedsel, Landboumiddels en Veemiddels, 1947 geregistreer is.
Om 'n entstof in te voer wat vir diere gebruik word, moet jy 'n invoerpermit van die Direktoraat Dieregesondheid bekom. Hierdie permit is vir 'n beperkte tydperk en vir slegs een besending geldig.
As jy 'n ongeregistreerde entstof vir proewe na Suid-Afrika wil invoer, moet jy twee permitte hê. Een permit is van die Registrateur van Wet 36 van 1947, en die ander van die Direktoraat Dieregesondheid. Die aansoek om die permit van die Registrateur van Wet 36 van 1947 moet vergesel word van die volledige voorgestelde proefprotokol. Die Direktoraat Dieregesondheid reik eers 'n permit uit wanneer hulle 'n afskrif ontvang van die permit wat deur die Registrateur van Wet 36 van 1947 uitgereik is. 'n Entstof wat vir proewe ingevoer word, mag nie verkoop word nie.
In 'n noodsituasie waar 'n siekte uitbreek en geen geregistreerde entstof in die land beskikbaar is nie, kan dit nodig wees om 'n ongeregistreerde entstof te gebruik. Dan moet jy, as 'n voornemende invoerder, by die Medisynebeheerraad aansoek doen om 'n Artikel 21-vrystelling ingevolge die Wet op Medisyne en Verwante Stowwe, 1997 . Jy moet ook van die Direktoraat Dieregesondheid 'n invoerpermit kry om die entstof in die land in te bring. Hulle reik slegs hierdie permit uit sodra jy toestemming by die Medisynebeheerraad verkry het en bewys van daardie toestemming aan hulle voorgelê het. In hierdie geval mag die ongeregistreerde entstof vir 'n beperkte tydperk verkoop word totdat registrasie verkry is.
Bo
Stappe om te volg
As die entstof nie geregistreer is nie en in 'n proef gebruik gaan word, moet jy 'n dekbrief op die briefhoofpapier van jou maatskappy aan die Registrateur van Wet 36 van 1947 stuur om 'n invoerpermit aan te vra. Jou brief moet inligting oor die volgende bevat:
die hoeveelheid of hoeveelhede die naam van die produk die aktiewe bestanddeel of bestanddele, insluitende die konsentrasie daarvan die land van oorsprong die vervaardiger die lotnommer wat ingevoer word n Blad met tegniese data of 'n etiket met die registrasienommer van die beheerraad van die land waar die produk geregistreer is die plek van binnekoms wanneer die produk benodig word die feit dat dit bedoel is vir proefnemings vir die registrasie van veemiddels die produk se registrasiestatus elders n Gedetailleerde proefprotokol met inligting oor verwagte begindatum spesiale aandag aan die uiteinde van voedsel wat van voedselproduserende diere bekom word en aanspreeklikheid oor medisyne.
Dien 'n afskrif van jou aansoek om 'n veeartseny-invoerpermit by die Direktoraat Dieregesondheid in sodra jy jou invoerpermit van die Registrateur van Wet 36 van 1947 ontvang, of vrystelling ingevolge Artikel 21 van Wet 101 van 1965.
As die entstof reeds vir gebruik in Suid-Afrika geregistreer is ingevolge Wet 36 van 1947 het jy slegs 'n invoerpermit van die Direktoraat Dieregesondheid nodig. Heg 'n afskrif van die registrasie ingevolge Wet 36 van 1947 by jou aansoek aan.
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
Doen asseblief minstens ses weke voor die beoogde invoerdatum aansoek om die veeartsenykundige invoerpermit. Nadat die staatsveearts die aansoek goedgekeur het, neem dit die permitkantoor twee tot drie werksdae om die aansoek te verwerk en die permit uit te reik.
Bo
Koste
Bo
Vorms om in te vul
Bo
Kontakbesonderhede
