Aansoek om 'n tydelike invoerpermit om diere vir spesifieke doeleindes, soos skoue, kommersiële benutting van weiding, voerkrale en onmiddellike slagting, in te voer
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing
Diere mag met 'n tydelike invoerpermit ingevoer word vir:
skoue, tentoonstellings, kompetisies kommersiële benutting van weiding kommersiële afronding in voerkrale of onmiddellike slagting stoettelery.
Onvolledige aansoeke sal na die aansoeker teruggestuur word en geen verantwoordelikheid sal vir enige ongerief aanvaar word nie.
Aansoeke moet 30 dae voor die beoogde invoerdatum by die Registrateur: Diereverbetering ingedien word.
Bo
Stappe om te volg
Laai die aansoekvorm af en vul dit in drukskrif en in hoofletters in.
Die juiste fooi moet elke aansoek vergesel. Maak tjeks en posorders uit aan: Direkteur-generaal: Landbou.
Die bankbesonderhede is:
Rekeningnommer: 011219556
Takkode: 000845/010845
Vir dienste van 'n veearts of tydelike stoettelery moet toestemming van die betrokke telersvereniging verkry word.
Dien aansoeke in by:
Die Registrateur: Diereverbetering
Privaatsak X138
Pretoria
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
Die aansoek sal binne 30 dae gekeur word.
Bo
Koste
Skoue, dienste van 'n veearts en tydelike stoettelery: R230
Kommersiële voerdery/afronding in voerkrale of onmiddellike slagting: R65
Bo
Vorms om in te vul
Bo
Kontakbesonderhede
