Aansoek om diere en diereprodukte na Suid-Afrika in te voer
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing n Veeartsenyinvoerpermit is nodig om diere of diereprodukte in Suid-Afrika in te voer.
Daar bestaan invoerprotokolle vir diere en diereprodukte. Kry die jongste gesondheidsvereistes by die Direktoraat Dieregesondheid aangesien die vereistes gereeld verander.
Bo
Stappe om te volg
Vul die aansoekvorm in. Kontak die Direktoraat Dieregesondheid as jy nie seker is watter vorm om in te vul nie.
Betaal die permitfooi in die Departement se bankrekening in:
Tak: 010845
Belangrik: Gebruik die invoerder se naam en van as verwysing.
Let wel: Die invoerder moet sowel die binnelandse as die buitelandse bankkoste betaal die departement sal nie 'n permit uitreik voor die volle bedrag ontvang is nie.
Jy kan 'n tjek wat aan die Direkteur-generaal: Landbou uitgemaak is aan die aansoekvorm vasgeheg en dit na die adres by kontakbesonderhede toe pos.
Jy kan ook betaal by een van die kantore van die Departement van Landbou wat onder kontakbesonderhede gelys is.
As jy namens iemand anders aansoek doen, moet jy seker maak dat jy die inbetaling onder daardie persoon of maatskappy se naam doen.
Geen aansoek sal geprosesseer word sonder bewys van betaling nie. Bewys van betaling moet na 012 329 8292 gefaks word. Merk dit asseblief Vir aandag: Ina Labuschagne.
Pos die vorms aan:
Die Direkteur: Dieregesondheid
Beleidseenheid vir Invoer en Uitvoer
Privaatsak X138
Pretoria of Faks die vorms na: 012 329 8292
Meld asseblief op die aansoekvorm of die permit afgehaal sal word en of dit aan jou gepos moet word.
In gevalle waar diere onder kwarantyn geplaas moet word, moet die invoerder die kwarantynbeampte by die plek van binnekoms kontak:
Die kwarantynstasie in Durban is tans nie in bedryf nie, maar jy kan inligting verkry deur die kantoor te skakel by Tel: 031 368 6011 of 'n Faks: 031 337 7469 te stuur.
Die kwarantynbeampte sal die bespreking van akkommodasie by die kwarantynstasie reël en die toepaslike deel van die aansoekvorm invul. Dit sal dan teruggefaks word na die permitkantoor, wat die betrokke invoerpermit sal uitreik.
n Vrywaringsverklaring moet ingevul en aan die aansoekvorm geheg word. Hierdie vrywaringsverklaringvorm is ook by die permitkantoor te kry.
By ontvangs van die ingevulde aansoekvorm sal 'n veterinêre invoerpermit en 'n veeartseny -gesondheidsertifikaat uitgereik en regstreeks aan jou gepos word.
Die veeartsenygesondheidsertifikaat moet binne 10 dae voor vertrek in Engels ingevul word deur 'n veearts wat deur die veeartsenybestuur van die land van uitvoer daartoe gemagtig is.
As jy enige inligting oor die presiese vereistes vir 'n spesifieke dier of diereproduk nodig het, kan jy voorbeelde van die veeartsenyinvoerpermit en die veeartseny gesondheidsertifikaat by die permitkantoor kry.
Die volgende moet by die plek van binnekoms aan die Suid-Afrikaanse veeartseny-invoerbeampte voorgelê word:
oorspronklike veeartsenyinvoerpermit oorspronklike veeartsenygesondheidsertifikaat enige ander vereiste dokumentasie, soos 'n vrywaringsverklaring en 'n sertifikaat van inenting teen hondsdolheid.
Wanneer nat of droë huide en velle en trofeë ingevoer word, moet die aansoekvorm bevestig word deur die staatsveearts in die gebied waar die goedgekeurde fasiliteit geleë is. Die betrokke staatsveearts moet die aansoekvorm met 'n handtekening bekragtig en dan stempel, voordat dit aan die permitkantoor teruggefaks word. Die permitkantoor sal eers by ontvangs van hierdie vorm 'n invoerpermit uitreik.
Wannneer lewende plaasdiere soos beeste, skape, bokke en perde ingevoer word, moet jy 'n diereverbeteringspermit kry voor 'n veeartsenyinvoerpermit uitgereik kan word.
Albei hierdie oorspronklike permitte moet by die plek van binnekoms aan die veeartsenybeampte voorgelê word, saam met die oorspronklike veeartsenygesondheidsertifikaat wat deur die land van uitvoer uitgereik is.
Bo
Bo
Diensstandaard
Wanneer die staatsveearts die aansoek goedgekeur het, neem dit nog drie tot vier werksdae om die permit uit te reik.
Bo
Koste
R110 vir 'n gewone invoerpermit of R900 vir 'n meesterinvoerpermit.
Bo
Vorms om in te vul
Bo
Kontakbesonderhede
