Aansoek om 'n identiteitsdokument
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing n Identiteitsdokument is 'n dokument wat bewys lewer van 'n persoon se identiteit . ID's word uitgereik aan Suid-Afrikaanse burgers en persone wat 'n permanente verblyfpermit het en 16 jaar oud of ouer is. 'n ID kan ook uitgereik word aan enigiemand wat vir die regering of 'n statutêre liggaam buite Suid-Afrika werk of wat gesekondeer is om vir 'n ander land se regering te werk. Hierdie reëling geld ook vir daardie persoon se eggenoot en kinders.
Bo
Stappe om te volg
Doen by jou naaste kantoor van Binnelandse Sake aansoek of, as jy in die buiteland aansoek doen, by jou naaste Suid-Afrikaanse ambassade of missie.
Dien 'n geboortesertifikaat in, óf 'n ou verwysingsboek wat voor 1 Julie 1986 uitgereik is.
As die geboorte nie geregistreer is nie en daar dus geen geboortesertifikaat is nie, moet jy vorm BI-24/15 invul en ten minste een dokument wat jou identiteit bewys daarby aanheg, soos 'n doopsertifikaat, skoolbrief or kraamsertifikaat.
Dien twee ID-grootte foto's in.
Jou vingerafdrukke sal geneem word vir opname in die bevolkingsregister.
Getroude aansoekers moet 'n afskrif van hulle huweliksertifikaat toon.
n Vrou wat vir 'n ID aansoek doen en wat enige van haar vorige vanne wil terugneem, moet bewys dat sy op die gebruik van daardie van geregtig is.
n Immigrant wat vir 'n ID aansoek doen, moet 'n permanente verblyfpermit, naturalisasie- of vryskeldingsertifikaat, huweliksertifikaat en vorm BI-529 aanheg.
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
Die uitreik van 'n ID kan tot agt weke duur.
Bo
Koste
Hierdie diens is gratis.
Bo
Vorms om in te vul
Let wel: Die vorms in nie aanlyn beskikbaar nie. Tree asseblief met jou naaste departementele kantoor in verbinding.
Bo
Kontakbesonderhede
