Verskillende ontwikkelings is besig om te geskied in die Richtersveld Munisipale gebied. Ons IDP hersieningsproses is voltooi asook ons munisipale begrotingsproses. Verskillende projekte is besig om armoede te verlig vir die inwoners van die gebied, wat die volgende insluit:
Die opgradering van die ou Delwerskamp in Alexanderbaai in 'n "Multi Purpose Resource Centre" wat werksgeleenthede vir die inwoners van die dorp tydelike en ook permanent gaan bied. Na voltooiing sal daar ook akkommodasie beskikbaar wees vir toeriste.
Die bou van twee kultuur gastehuise in Port Nolloth, 1 Nama en die ander 'n Afrika gastehuis.
n Uitgebreide publieke werksprogram wat werksgeleenthede bied vir ±200 mense van Port Nolloth, Eksteenfontein en Lekkersing.
Armoedverlig-tings projekte in die Richtersveld Gemeen-skaplike Bewarings-gebied en talle ander. Vir meer inligting skakel die munisipaliteit by:
Tel: 027-851 1111 Faks: 027-851 1101
Lees meer ...
Gedragskode vir munisipale amptenare
WATER PROJEKTE IN DIE NAMAKWA STREEK
Reeds tydens die oorname van die OCC dorpe is daar aangedui dat die water en elektrisiteit netwerke nie op standaard is nie. Die huidige voorsiening veral na die informele gebiede vind tans plaas uit 'n pypstelsel van onvoldoende deursnitte. Hierdie stelsel veroorsaak lae drukke by huishoudings asook onvoldoende water tydens spits verbruikers periodes.
In sekere gebiede is daar ook nog nie water op alle persele beskikbaar nie en inwoners moet water by Gemeenskaplike staankrane bekom. Met die beplande projek sal daar dan water op elke perseel gelewer word. Ten einde die Munisipaliteit in staat te stel om die voorsiening effektief te versprei en te beheer sal daar ook op elke perseel 'n watermeter geïnstalleer word.
Nama Khoi Munisi-paliteit beoog om die maksimum werks-geleenthede te skep en daarom is die Raadgewende Ingenieur versoek om spesiale konstruksie prosedure te volg. Die projek sal in afsonderlike fases opgedeel word wat bestaan uit konstruksie vir die grawe van die slote en die voorsiening van materiaal.
Die installering van die waterpyplyne en perseel aansluitings sal met Gemeenskapskonstruksie spanne gedoen word. Afsonderlike spanne sal gebruik word om die pype te lê, slote terug te vul en opruiming te doen.
Die eerste aflewering van die pype het reeds plaasgevind en die Kontrakteur vir die grawe van slote is ook aangestel. Daar sal na verwagting in begin Julie 2005 begin word met die installering van die pype. Volgens beplanning sal die projek teen die einde van die jaar voltooi word.
Watervoorsiening
Die opgradering van die Nieuwoudtville Watervoorsieningsprojek het reeds in die vorige finansiële jaar 'n aanvang geneem. Volgens beplanning sal die projek nou in die volgende paar maande voltooi word.
Met die projek is bestaande voorsiening vanaf boorgate verbeter. Bestaande boorgate is van nuwe elektrisiteitspompe voorsien waarna dit met pyplyne na die reservoir verbind is.'n Telemetriese beheerstelsel is geïnstalleer waarmee watervlak van die reservoir gebruik word om die pompe aan en af te sit.Die watervlakke van die reservoir asook die werking van die pompe word vanaf die munisipale kantore beheer.
Die finale fase van die projek het die boor van 3 bykomende boorgate ingesluit. Die pomptoetse is nou voltooi en installering van pompe in die boorgate en aansluiting by die bestaande stelsel sal dan die beplande projek afhandel.
Gedragskode vir munisipale personeel
Calvinia KantoorWerk vir Water Program
n Personeellid van 'n munisipaliteit is 'n openbare beampte in 'n ontwikkelingsgeoriën-teerde plaaslike stelsel, en moet dienooreenkomstig a die bepalings van artikel 502 implementeer; b 'n Kultuur van verbintenis tot diens aan die publiek en 'n kollektiewe sin van verantwoordelikheid vir prestasie ingevolge stan-daarde en doelwitte kweek; c die basiese waardes en beginsels van openbare administrasie wat in artikel 1951 van die Grondwet beskryf word, bevorder en daarna streef om dit toe te pas; d afskrifte van of inligting oor die munisipaliteit se geïntegreerde ontwikkelingsplan verkry, en sover moontlik binne die omvang van die personeellid se posbeskrywing, daarna streef om die oogmerke wat in die geïntegreerde ontwikkelingsplan uit een gesit word, te implementeer, en die prestasie doelwitte wat vir elke prestasie aanwyser gestel word, te behaal; e deelneem aan die prestasiebestuurstelsel vir die munisipaliteit as geheel, sowel as die personeellid se individuele prestasie evaluering en beloningstelsel indien bestaan.
Die konstruksie op die Nieuwoudtville Vakansie Oord het gedurende Mei 2005 volstoom begin. Die Department van Behuising en Plaaslike regering het reeds gedurende April 2003 R1,5 miljoen vir hierdie projek bewillig. Op hierdie stadium het die Namakwa Distriksmunisipaliteit ook R 50 000.00 tot die projek bygedra.
Die aanvanklike ontwikkeling is aangrensend die bestaande karavaan park naby die dam in Nieuwoudtville beplan. Dit het die bou van 6 chalets, 'n publieke swembad asook die inrig van 'n plek vir dagbesoekers ingesluit. Die projek sou in fases uit gevoer word aangesien die fondse van die Departement van Behuising en Plaaslike regering slegs genoeg was vir die bou van 3 chalets en die inrig van 'n plek vir dagbesoekers.
Die HOP komitee van Nieuwoudtville, onderleiding van Mnr I F Januarie, het egter 'n volgehoue visie nagestreef om van hierdie ontwikkeling iets spesiaals te maak en in die proses te verseker dat soveel as moontlik van hulle doelwitte bereik word. Gedurende November 2003 het Conservation International by die projek betrokke geraak. 'n " Design Charette" het die Nieuwoudtville gemeenskap met 'n span van professionele kundiges bymekaar gebring.
Die sentrale doelwit van die vakansie oord ontwikkeling is om 'n plek te vestig wat eko toerisme in die Nieuwoudtville omgewing verder sal bevorder. Conservation International en die Hantam Munisipaliteit, het 'n sogenaamde "Public Private Partnership (PPP) gevorm en saam het hulle daarin geslaag om 'n verdere R1 miljoen by die Ontwikkeling van Suider Afrika te bekom. Die voorwardes van hierdie fondse is dat die werke sover moontlik deur arbeidsintensiewe konstruksie metodes moet plaasvind. 'n Verdere R 890 000.00 is ook in tussen vanaf die 'Spesiale Municipal Innovation Fund (SMIF)" bekom. Die totale fondse vir hierdie projek is sowat R 3,44 miljoen. Die projek is gedurende 2004 herbeplan om te verseker dat die konstruksie arbeids gebasseerd plaasvind en ook dat die vakansie oord eko-toerisme in die toekoms sal bevoder. Op hierdie stadium geskied konstruksie ook in twee fases.
Fase 1 behels die bou van 'n publieke swembad, inrig van braai fasiliteite vir dagbesoekers en/of kampeerders asook die bou van die ingangshek. Tydens die eerste fase sal die meeste van die harde-en sagte landskap werke ook voltooi word. Die Chalets sal tydens fase 2 van die projek gebou word. Conservation International sal ook betrokke wees by die toerus van die chalets en sal ook die gemeenskap van Nieuwoudtville bystaan en ondersteun met die dag tot dag bestuur en bemarking van die nuwe fasiliteite.
Gedruk deur Trans Oranje Drukkers - Upington - 054 332 3056
