NUUSBRIEF
Jaargang 2005 Uitgawe 01
Voorwoord
Die proses om hersiene IDP's vir elke munisipaliteit op te stel het alreeds ver gevorder.Die laaste fase is nou aan die gang.Hierdie is die fase waar die onderskeie IDP's beskikbaar gestel word sodat gemeenskappe kommentaar en insette kan lewer waarna dit deur die onderskeie rade finaal goedgekeur word.
Net soos in die ander beplanningsfases is dit ook belangrik dat gemeenskappe hulle insette moet lewer en word 'n beroep op elke gemeenskaplid gedoen om deel aan die onderskeie prosesse in hulle munisipaliteite.Dit is belangrik dat
Lees binne meer oor...
Soos u bewus is,is die volgende rondte van verkose plaaslike Regering om die draai.Dit is belangrik vir plaaslike owerhede dat die IDP as ontwikkelingsriglyne moet dien vir die oorgangstydperk.Die instelling van die IDP "hearings" proses, wat deur die Departement van Provinsiale en Plaaslike Regering geïnisieer is op Distriksvlak, strewe daarna om die kwaliteit van IDP's te bepaal en ook om meganismes daar te stel om dit te verbeter. Die
IDP "Hearings" het ten doel om evaluering te doen, verbeterings voorstelle te formuleer en om nuwe Raadslede te help om op 'n deurlopende basis strategiese rigting te gee aan munisipaliteite.
Die proses is 'n deelnemende en integrale proses wat alle sektore insluit naamlik, staatsdepartemente, raadslede, kerke, gemeenskap organisasies, NGO's skole ens.Ten einde sodanige proses te dryf is dit van kardinale belang dat alle rolspelers betrokke moet wees.
Daarom wil ons tenslotte alle rolspelers aanmoedig om uit te reik na u plaaslike munisipaliteit om meer inligting te bekom oor die IDP proses, veral in die komende jaar met die verkiesing van nuwe Raadslede.
Skoonste dorp kompetisie
Gesondheidsake
Elke mens van ons in die Namakwa Streek is trots op die dorp waar vandaan hy/sy kom. Baie kere hoor ons hoe tieners argumenteer oor watter dorp die beste vermaak verskaf. Is dit altyd net die vermaak wat tieners laat aandui dat hulle dorp die beste is.
Ekonomiese ontwikkeling fokus nie alleenlik op werkverskaffing en armoedsverligting nie, maar moet op hierdie proses konsentreer op sosiale aspekte en die omgewing.
Om gestalte te gee aan bogenoemde het die Raad van die Namakwa Distriksmunisipaliteit in samewerking met die Provinsiale Departement van Toerisme om hierdie kompetisie te loods om gemeenskappe in sy regsgebied die belangrikheid van sy onmiddelike omgewing te laat besef.
Hierdie kompetisie gaan bestaan uit verskillende kategorieë van deelname naamlik; Kleindorpies, grootdorpies, skoonste vulstasies en gastehuise.Die Namakwa Distrik word dwarsdeur die jaar besoek deur toeriste en die kompetisie moet dus 'n impak hê op die toerisme bedryf van die streek.
n Spesiale taakspan is saamgestel deur die Raad om informasie te gee aan die verskillende munisipaliteite en rolspelers om 'n sukses te maak van die kompetisie. Vir enige verdere navrae rondom hierdie kompetisie kan u die Departement van Omgewings Gesondheid of Departement van Ekonomiese Ontwik­keling kontak by 027 - 71 28000 en vra vir Ivan Groenewald of Willem Auret.
Die opgraderings werke Die swembad is alreeds by die swembad is nou oop van middel Maart en afgehandel en die sal oop wees tot aan die swembad is gereed vir einde van April. Deur die swem.Dink twee keer winterseisoen sal swem alvorens u oorweeg om u aktiwiteite soos normaal somer uitrusting, voortgaan.Kom maak ge­baaikostuum of swem bruik van die laaste paar broekie weg te pak. dae.e
Werk vir Water Projek - Calvinia
Die NDM tree tans op as implementeringsagent vir die Departement Waterwese en Bosbou in die Werk vir Water Projek te Calvinia. Na vele onder­handelinge het die projek 'n aanvang geneem gedurende September 2004 met begroting van R1.5 miljoen. Hierdie projek word befonds deur die Departement Waterwese Wes Kaap. Aangesien hierdie projek spesifiek teiken op die Oorlogskloof gebied tussen Calvinia en Nieuwoudtville is 8 kontrakteurs met spanne van 12 gewerf uit die gebied.Intensiewe opleiding was verskaf aan die kontrakteurs en hul spanne waarna die werklike uitroeiing van die prosopis, 'n indringerboom in Januarie Die Werk vir Water projek het bepaalde doelwitte nl:
Bewaar en maak gebruik van Suid Afrika se natuurlike hulpbronne deur die verspreiding van indringende plante te voorkom en dit te beheer.
Verskaffing van doelmatige opleiding in die voorkoming en beheer van die verspreiding van indringerplante. Wie het toegang tot die program? Hierdie program bied werksgeleenthede aan werklose mans en vroue, maar die klem is veral op vroue wat gesinshoofde is, die jeug en gestremdes. Die meeste werkers word in plattelandse gebiede gewerf. Die sukses van die Calvinia program sal 'n voorloper wees vir verdere programme in die Namakwa gebied.
Die raad sal funksioneer binne die munisipale regsgebied en het ten doel om die Nasionale beleid t.o.v MIV en Vigs uit te voer binne ons plaaslike gemeenskappe.
Kontak Besonderhede
Tel: 027 - 71 88100
Faks: 027 -71 21635
Bestuurskomitee
Voorsitter:
Burgemeester
Onder voorsitter:
Sekretaresse:
Me. C Visser
Tesourier:
Die volgende Taakspanne is uit die lede saamgestel:
NS: Hierdie komitee is saamgestel uit verskeie rolspelers, wykskomitee lede, NICRO, Vakbonde asook die Departement van Gesondheid.
FEES 2005 Die Namakwa Fees vind vanjaar plaas vanaf die 1-5 Desember 2005 en beloof om vanjaar baie meer pret en plesier aan elke lid van die gesin te gee.
Die taakspan is alreeds hard aan die werk om te verseker dat die fees vanjaar baie groter as verlede jaar sal fees. 'n Verskeidenheid van aktiwiteite word beplan om meer vermaak aan die jonger/jeug te bied.
As u verlede jaar enige van die aktiwiteite gemis het, is dit belangrik om in u dagboek hierdie belangrike datums aan te teken.
Namakwa Fees, Prent en Plesier vir Elke Spier!
Hierdie berig is 'n uittreksel vanaf die Burger Die jongste syfers van die Wêreldgesondheids organisasie WGO toon Suid Afrika is die land met die derde meeste TB-lyers ter wêreld.
Persentasie gewys het Suid Afrika en Zambië egter die heel hoogste voorkoms van die siekte.
Volgens Suid Afrika se amptelike syfers is daar sowat 'n kwartmiljoen nuwe gevalle per jaar wat nooit opgespoor word nie.
Sowat 'n derde van alle kinders wat tuis deur volwassenes aan TB blootgestel word, word met die kiem geïnfekteer.'n Derde van die kinders word siek.
onder kinders en volwassenes tussen 1971 en 2001 met 700% toegeneem Boonop is een uit drie van alle TB-lyers in die Wes Kaap.
Tot 40% van alle nuwe TB gevalle in die provinsie kom onder kinders voor. "Die internasionale Stop TB­veldtog het so pas 'n program begin om kinder-TB te beveg.
Ons hoop kinders sal binnekort op die WGO se prioriteitslys geplaas word.Hier by ons het min politici nog besef hoe 'n groot krisis dit is.
Die Wes Kaapse hoë kindertuberkulose syfer is gedeeltelik daaraan te wydte dat daar meer doeltreffende metodes van diagnose is.
In die res van die land gebruik baie klinieke slegs speekseltoetse om TB te diagnoseer, het dr. Ben Marais, 'n pediater aan die US, gesê.Die metodes is slegs vir volwassenes doeltreffend.Die Wes Kaap het egter meer toegang tot x-strale om kinders wat reeds siek is met TB, te kan diagnoseer.
word onder meer deur drankmisbruik vererger.Drank,rook en wanvoeding veroorsaak ook dat mense se weerstand teen siektes veel swakker is.Nog 'n oorsaak wat dikwels verswyg word, is dat die tronke se omset in die wes kaap baie hoog is.
TB syfers is ook baie hoog onder gevangenisse.Al die pogings van dokters word in die wiele gery as daar nie iets daadwerkliks aan mense se lewensomstandighede gedoen word nie.
Dit is dus baie belangriker om 'n bohaai te maak oor voedig en lewensgehalte om TB te voorkom as wat dit die geval is met MIV/Vigs.
Die meeste gesonde mense sal siek word na infeksie met die MI-virus. Slegs 'n klein persentasie van die gesonde mense sal TB kry indien hulle met die bakterie in aanraking kom.
Een Speserye met gif oral in SA op rakke
Net een van die elf risie produkte wat nou aan winkel rakke onttrek word omdat dit die kanker wekkende Sudan-kleurstof bevat, word nasionaal in winkels verkoop. Die res is almal plaaslike produkte wat net in sekere provinsies beskikbaar is. Mnr David Robins, ondervoorsitter van Pick 'n Pay, het gister gesê hulle het Robertsons se Peri Peri speserye van sowat 300 winkels regoor die land verwyder nadat 'n ondersoek deur die Sunday Times onthul het dit is een van elf verskillende produkte wat Sudan bevat. 'n Produk van Bombay Spices is onttrek by sowat 20 van hul takke in Wes Kaap. Drie produkte van Adamson Spices op die lys word in Durban verkoop, sekere produkte van Ma's Spices, Osman's, Allifa's en Chef's in Gauteng. Robertsons was nie gister vir kommentaar beskikbaar nie, maar hul bestuurder van verbruikersake, me Christine Broadhurst, het aan die Sunday Times gesê hulle is verras dat een van hulle produkte positief getoets het vir Sudan. Hulle het geskrewe sertifikate van verskaffers dat die basiese materiale in hul produkte Sundan vry is. Die Pick 'n Pay groep gaan nou eis dat alle vervaardigers van rissie produkte, wat reeds ondernemings gegee het dat hul produkte toets en waarborge voorlê dat dit veilig is.Die groep gaan ook sy eie toetse doen. Die Sudan kleurstof, wat verbode is in kos in Suid Afirika en wat gebruik word om petrol, olie en skoenpolitoer te kleur, het veroorsaak dat sowat 600 produkte in Brittanje vanjaar van winkelrakke verwyder is.Die departement van gesondheid het daarna besendings rissie produkte by hawens terug gehou. Sy eie ondersoek het nie Sudan opgelewer nie. Mnr Solly Mabotha, woordvoerder het vroeër gesê die onttrekking van die produkte in Brittanje was 'n voorsorg maatreël.Die hoeveelhede Sudan wat gevind is, was so klein "dat daar geen onmiddellike gevaar vir verbruikers is nie Die lys produkte waarin Sudan gevind is volgens 'n media verklaring deur die departement van gesondheid.
TOERISME INLIGTINGS KANTOOR Die Namakwa Distriksmunisipaliteit stel graag hiermee sy inligtingskantoor bekend wat reeds in 2003 geopen het, regoor Agenbach Garage. Hierdie kantoor is huidiglik in die Sosio Ekonomiese Departement gesetel en is oop vir die publiek, leerders en studente. Waardevolle inligting van oor 'n wye spektrum is beskikbaar en word nog steeds in gesamel vir bewaring. Ek wil sommer van die geleentheid gebruik maak om u as leerders uit te nooi om enige nuus van geskiedkundige waarde by wyse van oorvertelling, fotos, video's aan ons te stuur.Ons nooi almal wat dalk een of ander tyd inligting van watter aard ookal benodig om ons te kontak by onderstaande adres vir moontlike besoek. Studente en leerders wat veral gemoeid is met toerisme studies, die skryf van take, projekte en werkstukke om die inligtings kantoor te besoek.Waar ons nie onmiddelik inligtings-bronne beskikbaar het sal ons poog om spoedig die relevante bronne te bekom. Die vriendelike personeel by die kantoor is meer as bereid om u tot diens te wees. Vir meer inligtings of besonderhede kontak gerus vir, Isaac Hollenbach by die volgende nommers. Tel. 027 - 71 28000 Faks. 027 -7128040 e-pos. izakh@namakwa­dm.gov.za
Het u miskien gedink dat Radio Namakwa nie weer 'n verskyning gaan maak nie? Wel u was beslis by 'n fout. Di e direkteure van die Radio stasie het besef hoe lief ons geword het vir hierdie stasie, maar ook dat hulle self nie langer kan wag om met die mense van die Namakwa Streek te gesêls nie. Radio Namakwa is vanaf 1 Mei 2005 weer amptelik op die lug. U kan weer luister na u gunsteling aanbieders en na die heerlike musiek van Dewald. Wie weet miskien is daar weer vir ons 'n verrassing en kan hierdie keer nog meer voete klop. Een iets wat u as luisteraars moet onthou i s dat ons geliefde stasie nie weer bekend sal bekend staan as Radio Namakwa nie.Hier is nou die geleentheid vir u om vir ons eie radiostasie 'n spognaam te kry. Verdere inligting oor die naamsverandering sal aan u ons luisteraars deur gegee word. Kom laat ons almal hierdie stasie geniet en dit ondersteun om vir altyd by ons te wees.Radio Namakwa, die stasie vir die mense ,deur die mense.
UITVOERENDE BURGERMEESTERS TOERNOOI 2005
Dit is alweer 2005 en wat sê dit vir ons, Uitvoerende Burgemeesters Sokker Toernooi is al weer met ons. Ons wil alle geaffilieërde sokker spanne (mans en vrouens) aanmoedig om hulle vroeg gereed t e kry vir die strawwe uitklop wedstryde wat eersdaag sal begin.
Ons sien uit na 'n opwindende toernooi. Ook wens ons alle spanne sterkte en voorspoed toe met die voorbereidngs en vir die huidige kompetisies.
Vir meer inligting of navrae kan u gerus met;
Gedruk deur Trans Oranje Drukkers - Upington - 054 332 3056
