INHOUDSOPGAWE BLADSY
Inleiding 1
Opdrag 1
Befondsing 1
Metodologie 1-3
Agtergrond 3
Inleiding 3
Ligging en samestelling van Studie gebied 4
Belangrike kenmerke van studie gebied 4
Ligging van dorpe en nedersettings 4
Natuurlike hulpbronne 4
Kern Infrastruktuur 4-6
Ekonomiese Sektore 6-7
Klimaat 7
Topografie 7
Bevolking en inkomste 7
Tipiese probleme en behoeftes 8
Samestelling van Munisipale Gebied 8
Metodologie 8
Publieke Deelname 8
a Huidige strukture; 8-10
b Gemeenskapsdeelname; 10-12
c Taakspanne 12-13
d Projek Bestuurs Komitee 13-14
Werksplan (TOR) 16
Fase 1: Analise 16
Inleiding 16
a Plaaslike Owerheid en Institusioneel 16-18
b Ruimtelike Analise 18
c Demografiese Informasie 18-20
d Omgewings Analise 20-21
e Infrastrukturele Analise 21-24
f Ekonomiese Analise 24-26
a Inleiding 26
b Metodologie 26
Institusioneel 27-28
Landbou 28
Mynbou 28-29
Toerisme 29-30
d Gevolgtrekking 31
Behoeftes en prioriteite 31
a Inleiding 31
Plaaslike Owerheid en Institusioneel; 31-32
Ruimtelik en Grondhervorming; 32
Infrastruktuur 34-35
Ekonomiese 35
Landbou 36
Mynbou 36
Toerisme en Besigheid 36
Prioriteite 36-39
Inleiding 39
Visie 39
Doelwitte 39
a Institusionele doelwitte 40
b Ruimtelik en Grondhervormings doelwitte 40
d Infrastrukturele doelwitte 41-42
e Ekonomiese doelwitte 42-43
Fase 3: Projekte 52
Inleiding 52
Plaaslike Owerheid en Institusioneel 52
Gemeenskapsontwikkeling 52
Infrastruktuur en Behuising 52
Ruimtelike Ontwikkeling en Grondhervorming 52-53
Omgewingsbestuur 53
Ekonomiese Sektore 53
Fase 4: Integrasie 53
Inleiding 53
Integrasie van projekte 53
Rampbestuursplan 54
Waterdienste Besigheidsplan 54
Goedkeuring 54-55
BYLAE:
Figuur 1 - Liggingsplan Figuur 2 - Ligging van Ekonomiese Sektore Bylaag A - Publieke Deelname Struktuur Bylaag B - Behoeftes en Prioriteite Bylaag C - Projekte Bylaag D-Ramp Bestuursprogram Bylaag E-Vigs-Program
INLEIDING
Hierdie dokument bevat die hersiende GOP/GEOP nadat kommentaar van die Departement van Behuising en Plaaslike Regering verkry is en bygewerk is.
OPDRAG
Die opdrag het hoofsaaklik die volgende behels:
Opstel van die Geïntegreerde Ekonomiese Ontwikkelingsplan (GEOP) asook die administratiewe funksies tydens die proses,
Die lewering van kundige insette tydens die proses.
Administrasie van proses (notules, finansies, voorbereiding)
BEFONDSING
Die Ontwikkelingsbank van Suidelike Afrika het die proses vir die Geïntegreerde Ekonomiese Ontwikkelingsplan befonds. Die verwysings raamwerk vir die proses is vervat in 'n ooreenkoms tussen Khai-Ma Munisipaliteit en die Ontwikkelingsbank van Suidelike Afrika.
Die doel van die Geïntegreerde Ekonomiese Ontwikkelingsplan vir die Khai-Ma Munisipale Gebied behels hoofsaaklik die volgende:
Identifisering van die huidige ekonomiese potensiaal en beperkinge;
Bevestig die ruimtelike, ekonomiese, sosiale, omgewings-en institusionele realiteite van die Khai-Ma Munisipale Gebied;
METODOLOGIE
Die metodologie vir die GEOP en GOP proses het hoofsaaklik die volgende ingesluit:
Fase 1: Inisiëring van proses. Die fase behels die aanstelling van die konsultante, die finalisering van die werksplan en die voorbereidende werk vir die proses.
Fase 2: Vestiging van Publieke Deelname Struktuur
Tydens fase 2 is die Publieke Deelname Struktuur gevestig wat as volg saamgestel is:
a IMPLEMENTERINGSAGENT
Die Khai-Ma Munisipaliteit is die Implementeringsagent.
b PROJEK BESTUURSKOMITEE
Die Projek Bestuurskomitee het namens die Khai-Ma Raad die GEOP en GOP proses die bestuur en ook die nodige monitering van die proses gedoen.
c TAAKSPANNE
Ses taakspanne is saamgestel uit die huidige strukture in die Khai-Ma Gebied. Die Taakspanne het namens die strukture in die Gemeenskap tydens werkswinkel sessies insette gelewer. (Sien Bylaag A).
d GEMEENSKAPSVERGADERINGS
Gemeenskapsvergaderings is gehou op elk van die vier dorpe in die Khai-Ma Munisipale Gebied. Weens die afgeleë ligging in die gebied, is die Gemeenskapvergaderings oor 'n tydperk van drie dae voltooi. Die vergaderings is gehou te Pofadder, Onseepkans, Aggeneys en Pella. Die vergadering by Onseepkans is in twee groepe verdeel om al die mense te akkommodeer.
FASE 3: OPSTEL VAN GEOP Fase 3 behels die volgende vier stappe: STAP 1
Evaluering van Status Quo van die Ruimtelike en Sosio-Ekonomiese Ontwikkeling van die Khai-Ma Gebied
STAP 2
SWOT" Analise en bepaling van behoeftes en prioriteite
STAP 3
Stel van Doelwitte, Beleid, Prioriteite en Strategieë
STAP 4
FASE 4: AFSLUITING VAN PROJEK
AGTERGROND
INLEIDING
Die Khai-Ma Munisipale Gebied se grense is baie uitgebrei met die insluiting van grootliks landelike gebied. Die uitbreiding het ook die herverdeling van nywerhede en waardevolle natuurlike hulpbronne meegebring.
Die bestaande Black Mountain Myn by Aggeneys asook die potensiaal van Gamsberg as sink-en loodmyn kan baie bydra tot werkskepping en die algehele opheffing van die gebied.
Die gevestigde tafeldruif uitvoerbedryf langs die Oranje Rivier naby Pella, asook die verdere uitbreidings potensiaal van die tafeldruif-en ander gewasse, soos dadels is 'n verdere bron van werkskepping en ekonomiese inspuiting.
Die Landboubedryf in die geheel is 'n belangrike sektor in die gebied waardeur werkskepping en bemagtiging van die inwoners kan geskied.
Deur 'n integreerde behandeling tot ekonomiese ontwikkeling te voeg, kan die integreerde en ekonomiese potensiaal van die gebied beter benut word. Die doel van die GEOP en ook die GOP is derhalwe om hierdie Geïntegreerde Ontwikkeling aktiveer. Hierdeur kan die tipiese probleme van die Khai-Ma Munisipale Gebied, soos armoede, werkloosheid en swak infrastruktuur aangespreek word. Die beskikbaarstelling van fondse en kundigheid deur OBSA het hierdie GEOP moontlik gemaak waardeur ontwikkeling kan geskied.
LIGGING EN SAMESTELLING VAN STUDIE GEBIED
Figuur 1 dui die ligging aan.
BELANGRIKE KENMERKE VAN DIE STUDIE GEBIED
LIGGING VAN DORPE EN NEDERSETTINGS
Die N14 verbind Pofadder met Springbok en Upington en dit is ook die hoofroete deur die gebied.
Figuur 1 dui die ligging van die gebied en dorpe aan.
NATUURLIKE HULPBRONNE
Die gebied vorm deel van die bekende Boesmanland streek.
Die minerale en metale voorkoms in die gebied is belangrike hulpbronne wat mynbou betref.
Die groot landelike gebied en die Oranje Rivier wat deur die gebied vloei is natuurlike hulpbronne wat goed in die Landbou Sektor benut kan word. Die klimaat, veral langs die Oranje Rivier is goed vir die tafeldruif en subtropiese vrugte, asook dadels.
Die natuurskoon en die vallei langs die Oranje Rivier ondersteun die potensiaal vir toerisme. Die kulturele erfenis van die inheemse bevolking, soos by Pella dra verder by tot die natuurlike hulpbronne in die Khai-Ma Munisipale Gebied.
KERN INFRASTRUKTUUR
Die volgende infrastruktuur is tans in die Khai-Ma Munisipale Gebied in bedryf:
a EKSTERNE OF GROOTMAAT DIENSTE
Watervoorsiening
Pofadder asook Aggeneys, Pella en Onseepkans se watervoorsiening is afhanklik van die Oranje Rivier. Water word gepomp na hierdie dorpe vanwaar dit versprei word. Ook die myn by Aggeneys se water is afkomstig vanaf die Oranje Rivier. Pella en Onseepkans het nog nie behoorlike suiweringswerke nie.
Sanitasie
Paaie
Die R358 - (gruispad) verbind Pofadder met Onseepkans terwyl die verbinding tussen Pella en die N14 'n gruispad is. Hierdie pad is egter intussen geteer. Witbank is ook deur middel van 'n gruispad met Pofadder verbind. Die gruispaaie is dikwels, veral in die reënseisoen, feitlik onrybaar met 'n gevolglike hoë instandhoudingskoste en 'n gebrekkige dienslewering aan die gemeenskappe.
Telekommunikasie
Elektroniese Telkom-en selfoon dienste is beskikbaar in die gebied, maar moet uitgebrei word na al die dorpe.
Elektriese krag
Eskom verskaf die grootmaat elektriese krag in die gebied.
b INTERNE DIENSTE
Pofadder en Aggeneys, die myndorp, beskik grootliks oor verspreidings netwerke.
Sanitasie
Pofadder en Aggeneys beskik oor spoelriool, terwyl die ander dorpe se sanitasie nog hoofsaaklik uit emmers en put latrines bestaan.
Al die dorpe is voorsien van vullis stortingsterreine, waar vullis gestort word. Die vullis word per erf kollekteer en by die stortingsterrein besorg.
Ons beplan egter om die vaste afval te hersirkuleer deur bv. die blikke, bottels, plastiek, ens. te versamel en te verkoop vir hersirkulasie.
Paaie en stormwater
Die woonbuurte by Aggeneys het teerstrate terwyl van Pofadder se strate geteer is. Die ander dorpe se strate en stormwater moet opgradeer word.
Telekommunikasie
Nie al die inwoners van die dorpe beskik oor telekommunikasie geriewe nie.
Elektriese krag
EKONOMIESE SEKTORE
Landbou
Veeboerdery, hoofsaaklik skaap-, bees-en bokboerdery vorm 'n groot deel van die landboubedryf. Die vleis van hierdie boerdery vertakking word hoofsaaklik in die Noord Kaap bemark. Van hierdie vleis word op Pofadder geslag vir die plaaslike mark. Die tafeldruif bedryf en ander gewasse langs die Oranje Rivier word hoofsaaklik uitgevoer.
Toerisme
Die Toerisme Sektor het nog nie veel ontwikkel nie en kan meer bydra tot die gebied se ekonomie.
Mynbou
Black Mountain Myn by Aggeneys is in produksie en dra reeds by tot werkskepping en opheffing van die gebied. Indien Gamsberg se potensiaal benut word, kan dit 'n geweldige ekonomiese inspuiting vir die gebied wees. Klein myners is aktief in die gebied, maar weens 'n gebrek aan koördinering, kapasiteit en die ligging van markte, voer hulle 'n sukkel bestaan.
KLIMAAT
Die Khai-Ma gebied val binne die relatief droë Boesmanland. Die gemiddelde neerslag is 105 mm per jaar. Toestande is die van 'n tipiese halfwoestyn. Somers is warm met maksimum temperature tot 38°C (gemiddeld 26°C) en koel tot koue winters. Winter temperature is gemiddeld 12°C, maar kan daal tot benede vriespunt.
TOPOGRAFIE
Die Khai-Ma Munisipale Gebied word gekenmerk deur vlaktes met yl grasveld en inheemse struike. Rante en bergreekse kom voor, veral in die noordelike deel, naby die Oranje Rivier. Die kokerboom is kenmerkend van die Boesmanland.
Weens die begroeide veld en die harde voorkoms van die grondformasie, is die afloop vanaf reënstorms relatief hoog. Verskeie droë lope, wat tydens die reënseisoen vinnig afloop water akkommodeer word aangetref. Die droë lope dreineer na die Oranje Rivier.
BEVOLKING EN INKOMSTE
Die Khai-Ma Munisipale Gebied is yl bevolk. Die inwoners bly meestal op die dorpe. Waar die mense indiens is van die kommersiële landbou-en mynbou, word hulle op die plase en by die myne gehuisves. Werkloosheid is 'n tipiese probleem onder die bevolking en gevolglik is die per-kapita inkomste laag.
TIPIESE PROBLEME EN BEHOEFTES
Basiese dienste soos infrastruktuur ten opsigte van water, sanitasie en gesondheidsdienste is identifiseer as prioriteite. Dit is veral Onseepkans, Pella, Witbank en Pofadder wat hierdeur geraak word.
Werkskepping en bemagtiging van die inwoners is problematies, maar kan aangespreek word deur die benutting van die natuurlike hulpbronne van die gebied.
SAMESTELLING VAN MUNISIPALE GEBIED
Figuur 1 toon die samestelling van Khai-Ma Munisipale 1999 Gebied soos na Desember.
METODOLOGIE
PUBLIEKE DEELNAME
Publieke deelname is een van die hoekstene van die GOP/GEOP proses daarom het Khai-Ma Munisipaliteit verseker dat relevante strukture vir gemeenskaps deelname in plek kom.
Bylaag A stel die Publieke Deelname Strukture diagramaties voor.
a HUIDIGE STRUKTURE
Die volgende komitees bestaan:
Tegniese komitee
Transformasie komitee
Wykskomitees
TEGNIESE KOMITEE
Die komitee bestaan uit die volgende lede:
Raadslid L.H. van Rooi
TRANSFORMASIE KOMITEE
Bovermelde komitee bestaan uit die volgende raadslede:
Raadslid L.H. van Rooi
Raadslid L. van Rooi
R. van Rooi
D. Nel
R. Saal
WYKSKOMITEE WYK 1
D. Nel, E. Nel
L. van Rooi
WYK 2
WYK 3
F. Rooi, L. van Wyk
WYK 4
Daar is verskeie gemeenskaps vergaderings gehou, waartydens die gemeenskappe die geleentheid gekry het om insette te lewer. Tydens hierdie vergaderings is 'n metodiek gebruik wat verseker dat selfs die ongeletterdes ook aan die proses kon deelneem. Die fasiliteerders het ook die begrippe GOP en GEOP aan die onderskeie gemeenskappe verduidelik.
Die eerste reeks vergaderings is op 24 en 25 Julie 2001 gehou by lokale soos deur die Munisipale Bestuurder bepaal. By hierdie vergaderings is aan die gemeenskappe verduidelik hoe hulle in die hele struktuur inpas. Die onderstaande skematiese voorstelling stel die Gemeenskaps Deelname Struktuur voor:
Taakspanne
Die gemeenskappe lewer dus direkte insette by die publieke vergaderings. Hulle word ook verder verteenwoordig in die verskillende taakspane.
Die voorsitters van die taakspanne het weer sitting in die Projek Bestuurskomitee (PBK). Die gemeenskappe word dus sodoende die geleentheid gebied om deel te hê aan die hele Publieke Deelname Struktuur.
Die eerste rondte gemeenskaps vergaderings het gedurende die week van 23 Julie 2001 plaasgevind. Vergaderings wat op Pofadder en Aggeneys gehou sou word, kon nie plaasvind nie a.g.v. swaar reëns. Die vergaderings van Pella en Onseepkans het wel plaasgevind.
DATUM PLEK BYWONING
Die vergaderings van Pofadder en Aggeneys is gedurende die week van 17 September 2001 gehou.
DATUM PLEK BYWONING
/09/2001 Pofadder 56
Gedurende hierdie gemeenskap vergaderings is alle projekte gelys (GOP projekte, sowel as GEOP projekte).
c TAAKSPANNE
Die taakspanne is op 18 September 2001 te Pofadder saamgestel en vorm 'n integrale deel van die Publieke Deelname Struktuur soos onder punt 3.1.2 verduidelik. Verskeie taakspanne is saamgestel, nl.:
Landbou en Infrastruktuur
Mynbou en Omgewing
Toerisme en Besighede
SAMESTELLING VAN TAAKSPANNE
Hieronder volg tabelle oor die verskillende taakspanne:
LANDBOU EN INFRASTRUKTUUR TAAKSPAN
NAAM ORGANISASIE KONTAK BESONDERHEDE
MYNBOU EN OMGEWINGSAKE TAAKSPAN
NAAM ORGANISASIE KONTAK BESONDERHEDE
TOERISME EN BESIGHEDE TAAKSPAN
NAAM ORGANISASIE KONTAK BESONDERHEDE
Me. N. van Wyk Toerisme Beampte 054 - 9710060
Me. N. van Wyk is as Voorsitter van die Toerisme Taakspan verkies en Mnr. D. Groenewald is verkies tot Voorsitter van die Besigheids Sektor.
INSTITUSIONELE EN GEMEENSKAPS ONTWIKKELINGS TAAKSPAN
NAAM ORGANISASIE KONTAK BESONDERHEDE
Me. V. Genis Sport organisasies 054 - 9330022
Me. H. Jaar Raadslid 054 - 9330066
Die Projek Bestuurskomitee (PBK) is 'n direkte uitvloeisel van OBSA se betrokkenheid by Khai-Ma Munisipaliteit. Hierdie komitee is ook 'n integrale deel van die Gemeenskaps Deelname Struktuur (sien tabel by 3.1.2).
SAMESTELLING
Die PBK is uit die onderstaande rolspelers saamgestel:
Munisipale Bestuurder
Voorsitters van die taakspanne
Raadslede
NAAM ORGANISASIE KONTAK BESONDERHEDE
Me. N. van Wyk Voorsitter: Toerisme Taakspan 054 - 9710060
Me. H. Jaar Raadslid 054 - 9330066
DOEL EN FUNKSIE
Die PBK het ten doel om as skakel te dien tussen die Gemeenskaps Verteenwoordigende Forum en die Raad. Dit vorm ook 'n belangrike deel van die GOP strukture. Die PBK moet tegniese rigting gee aan die GEOP en verrig ook die volgende funksies:
Die PBK lig gemeenskappe in oor die Verteenwoordigende Forum en hanteer aansoeke deur rolspelers om deel te word van die Forum;
Die PBK identifiseer addisionele rolspelers; -Die PBK verkies groepe of lede gebasseer op die neergelegde kriteria; -Die PBK lê voorgestelde groepe of lede se aansoeke aan die Raad voor vir oorweging. -Die PBK nomineer lede en lig die publiek in; -Die PBK evalueer projek voorstelle; -Die PBK kyk na die uitvoerbaarheid en lewensvatbaarheid van projekte; -Die PBK prioritiseer projekte; -Die PBK verseker dat besigheidsplanne opgestel word en aan die neergelegde vereistes voldoen. -Die PBK verseker dat besigheidsplanne en die begroting in lyn is met die GOP.
Hierdie Forum vorm deel van die Gemeenskaps Deelname Struktuur, wat vir die GEOP en GOP in plek gekry is.
SAMESTELLING
Die Gemeenskaps Verteenwoordigende Forum is as volg saamgestel:
Burgemeester (Voorsitter)
Wyksraadslede
Belangegroepe soos die Kerke, Sport, Onderwys, Gestremdes, die Vroue, die Jeug, ens.
NAAM ORGANISASIE KONTAK BESONDERHEDE
DOEL EN FUNKSIES
Die Gemeenskaps Verteenwoordigende Forum is die hoofskakel tussen die gemeenskap en die Raad, wat weer aan die Raad moet rapporteer. Dit het ten doel om na die belange van die gemeenskap om te sien, derhalwe word verteenwoordiging aan gemeenskaps organisasies gebied.
Die Forum het verskeie funksies, nl.:
Die Forum moet toesien dat die taakspanne effektief fungeer;
Die Forum moet toesien dat prioriteits areas vir ontwikkeling identifiseer word;
Die Forum moet verseker dat die belange van die gemeenskap gedien word;
Die Forum moet toesien dat die proses(se) wat gevolg word voldoen aan die ooreengekome beginsels in terme van publieke deelname, bemiddeling en gelykheid;
Die Forum moet ook toesien dat die proses voldoen aan nasionale beleids voorskrifte.
Die reëlings vir die onderskeie werkswinkels is deur die Munisipale Bestuurder en sy Bestuurspan getref. Hulle het die vergader plekke, etes en vervoer reëlings getref.
WERKSPLAN
FASE 1: ANALISE (STATUS QUO)
INLEIDING
Die Analise was gedoen/status quo vasgestel deur gebruik te maak van die volgende metodologie:
Sekondêre bronne wat geraadpleeg was, sluit in:
Sensus 1996
Organogram van Munisipaliteit iii Begroting van Munisipaliteit
Geologiese kaarte vi
Wette b INLIGTING/INFORMASIE INGEWIN
Inligting en informasie was ingewin deur gebruik te maak van die volgende:
Raadslede van Khai-Ma Munisipaliteit ii
Amptenare van Khai-Ma Munisipaliteit iii Gemeenskapsvergaderings in Khai-Ma Munisipaliteit
Projek Bestuurskomitee
Taakspanne vi
Gemeenskapsforums vii Werkswinkels viii Sosio-ekonomiese Opname ix SWOT Analise
Die volgende analises was gedoen om die huidige status van ontwikkeling en sosio-ekonomiese ontwikkeling asook institusionele strukture binne die munisipale gebied te bepaal:
Institusioneel -Ruimtelike Analise -Sosio-ekonomiese Analise -Omgewings Analise -Institusionele en Plaaslike Owerheids Analise -Infrastruktuur Analise -Ekonomiese Sektore Analise -SWOT Analise a INSTITUSIONELE EN PLAASLIKE OWERHEIDS ANALISE
Khai-Ma Munisipaliteit is verantwoordelik vir die administrasie en bestuur van die Khai-Ma Munisipale Gebied soos aangedui in Figuur 1. Khai-Ma Munisipale Gebied val binne die Namakwa Distriks Munisipale Grense.
Khai-Ma Munisipaliteit het reeds sy Munisipale Bestuurder aangestel. Herstrukturering en die integrasie van alle gebiede en personeel is nog nie afgehandel nie. Alhoewel 'n Interim GOP saamgestel en goedgekeur is, is die Amalgamasie Plan van die Munisipaliteit nog nie afgehandel nie.
Die volgende aktiwiteite moet nog afgehandel word:
Organogram
Kontrakte pligte
Evaluerings stelsel
Delegasies
Rolle en funksies
Herstrukturering
Integrasie
Eiendoms waardasies
STRUKTURE
Die volgende strukture/komitees is in plek:
Tegniese Komitee ii
Transformasie Komitee iii GOP Verteenwoordigende Komitee; en iv Wykskomitees
EKSTERNE OMGEWING
Die Munisipale Bestuurder van Khai-Ma en die Munisipale Raad is verantwoordelik vir eksterne skakeling. Die Projek Bestuurs Komitee is een meganisme wat ook vir hierdie doel aangewend word.
b RUIMTELIKE ANALISE
Die Khai-Ma Munisipale gebied is hoofsaaklik 'n landelike gebied, in die hartjie van Boesmanland waar die volgende neigings voorkom:
Pofadder (die hoofdorpie), waar behoorlike dorpsbeplanning en infrastruktuur in plek is, maar ook informele vestigings voorkom.
Pofadder word omring deur privaat plase, maar besit ook grond wat vir Meentboerdery aangewend word, soos die plaas Koeries.
Pella, Onseepkans en Witbank - waar mense langs die oewers van die Garib Rivier gevestig het. Hierdie plekkies het basies grond beskikbaar vir landbou en boerdery doeleindes en word omring deur privaat plase waarop wingerd verbou word en met vee geboer word.
Aggeneys - wat hoofsaaklik 'n myndorp is, is omring deur privaat plase.
Daar kom ook berge (koppies) voor waar neerslae van sink en ander metale in minerale gevind word.
x 4 roetes kokerboom "woude"
Die Sosio-ekonomiese Analise fokus hoofsaaklik op sosio­ekonomiese data wat behou was van Sensus 1996 as hoofbron en sluit die volgende informasie per dorpie/nedersetting/plaas in:
Demografiese syfers
Ouderdomsgroepe
Inkomste vlakke, en
Ekonomiese aktiewe deel van bevolking c DEMOGRAFIESE INFORMASIE
Die demografiese informasie is uiters noodsaaklik vir die beplanning van infrastruktuur en dienste. Demografiese informasie is bekom vanaf Sensus 1996.
Plek Aantal Huis­houdings Bevolkings getal Vroulik Manlik
Aggenys 635 2515 1057 1458
Pofadder 647 2935 1561 1374
Totaal 1956 8476 4234 4242
BRON: SENSUS 1996
OUDERDOMSGROEPE
Die ouderdomsgroepe is veral belangrik omdat dit bepalend gaan wees vir die beplanning van die tipe dienste wat prioriteits aandag op elke dorpie (plekkie) gaan verg. So byvoorbeeld sal die vraag na mediese en maatskaplike welsyns dienste hoog wees in 'n dorpie (plek) waar die persentasie "ou mense" hoër is as die res van die ander ouderdomsgroepe in die gemeenskap.
Plek 0-6 Jaar 7-19 Jaar 20-39 Jaar 40-59 Jaar 60 Jaar en Ouer Totaal
Aggenys 334 502 1127 519 23 2505
Pofadder 404 1044 709 477 292 2926
BRON: SENSUS 1996
INKOMSTE VLAKKE
Die inkomste vlakke van inwoners is veral belangrik in die bepaling van die tipe dienste wat vir die gemeenskappe (inwoners) gelewer moet word, die bekostigbaarheid van dienste. Inkomste vlakke is ook aanduidend vir privaat instansies oor in watter gemeenskappe hulle hul geld kan belê.
Aggenys 4 14 11 26 51 134 73 93 151
Pofadder 35 20 115 128 114 83 32 21 70
Totaal 81 91 337 317 265 269 125 124 236
BRON: SENSUS 1996
EKONOMIESE AKTIEWE DEEL VAN BEVOLKING
Informasie oor die ekonomiese aktiewe deel van die bevolking is ook belangrik in die bepaling van die soort en tipe dienste wat gelewer moet word asook aanduidend van werkloosheid.
Plek Werk Werkloos Totaal Ekonomies Aktief
Aggenys 1297 74 1371
Pofadder 572 402 974
Totaal 2270 1381 3551
BRON: SENSUS 1996
d OMGEWINGS ANALISE
Die Oranjerivier Nama-Karoo gebied val binne die droë, warm dreinerings kom van die Oranje rivier in die noordelike strook van die munisipale gebied. Die reënval wissel tussen 150 mm en 350 mm en kom voor in die laat somer in die ooste en laat herfs in die weste.
Die grond is afkomstig van die verwering van oeroue graniete en gneisse. In die omgewing van die rivier is die topografie baie gebroke met Kokerboom voorkomste Aloe dichotoma, boesman gifboom, Euphorbia avasmantana en die Aggeneys Melkbos, E. Gregaria wat geassosieer word met die steil hellings wat voorkom in die gebied.
Die Boesmanland Nama-Karoo strek suidwaarts oor die res van die gebied en word hoofsaaklik bedek met plantsoorte in die chamaefites (bossies) en hemikriptofide (gras) spesies. Die ratio tussen die twee soorte is hoog met droë grassoorte in die meerderheid. Waar erosie reeds plaasgevind het en oppervlaktes grootliks verwyder is, verlaag die ratio en die bossieveld neem oor.
Die gebied is wyd uitgestrek en gelyk in die suide, met meer hoogte verskille na die rivier toe in die noorde. Die N14 roete vorm die hoofslagaar van beweging deur die gebied met enkele kleiner paaie na die meer afgeleë sentra, bv. Pella, Onseepkans ens.
Bevolking is yl versprei oor die gebied met groter digthede om die N14 roete en landbou gebiede in die vloedvlaktes van die Oranjerivier.
e INFRASTRUKTUUR ANALISE
Die Infrastruktuur Analise fokus op die bestaande infrastruktuur wat die volgende insluit:
Behuising
Paaie
Dienste
Infrastruktuur
BEHUISING
Bestaande informasie oor die tipe huise waarin mense woon is belangrik vir die beplanning van toekomstige behuising, subsidie skemas en die moontlike opgradering van huise.
Plek Aantal Huis-Houdings Materiaal waarmee huise gebou is
2001 Steen Sink Riet/Ander
Goed Swak
Aggenys 635
Pofadder 647
Totaal 1956
BRON: SENSUS 1996
SANITASIE EN WATER
Water en sanitasie vorm deel van die basiese dienste wat munisipaliteite moet lewer en informasie hieroor is uiters belangrik vir toekomstige beplanning van die uitbreiding daarvan. Dit is ook 'n belangrike bron van inkomste vir munisipaliteite, maar kan ook 'n groot las wees as dit nie op 'n bekostigbare wyse aan gemeenskappe voorsien word, indien gemeenskappe nie hiervoor betaal nie, indien 'n behoorlike krediet beheerstelsel nie in plek is en indien 'n behoorlike onderhoud en instandhoudings plan-en program nie in plek is nie.
Khai-Ma Munisipaliteit het nie 'n behoorlike onderhouds en instandhoudings plan en program in plek nie. Die kredietbeheer stelsel is ook gebrekkig, maar dit sal spoedig reggestel word.
Die volgende data bestaan oor water en sanitasie:
Sanitasie
Die inligting oor sanitasie is baie belangrik vir toekomstige beplanning. Munisipaliteite is verantwoordelik vir die voorsiening van basiese sanitasie. Basiese sanitasie kan omskryf word as:
Tegniese ondersteuning om die oprigting en ingebruikneming van ten minste 'n "VIP" toilet per huishouding daar te stel, onderhewig aan sekere voorskrifte en beperkings ten opsigte van water, gesondheid en die omgewing.
Die voorsiening van basiese sanitasie hou ook verband met die voorsiening van gratis basiese dienste.
Aggenys 635 631 1 0 0 3
Pofadder 647 557 5 80 4 1
Totaal 1956
BRON: SENSUS 1996
Munisipaliteite is verantwoordelik vir die voorsiening van basiese water aan alle inwoners. Basiese water voorsiening sluit die volgende in:
Die voorsiening van opleiding in effektiewe water gebruik n Minimum hoeveelheid van 25 liter drinkbare water per persoon per dag, teen:
n Minimum vloei van nie minder as 10 liter per minuut -binne 200 meter vanaf 'n huishouding, en -met 'n effektiwiteit van nie meer as 7
onderbrekings per water gebruiker per jaar nie.
Plek Aantal Huis-Houdings In Huis Op Erf Staan Kraan Water­tenk Boor­gat Dam/ Rivier Kanaal/ Ander
Aggenys
Pofadder
Totaal
BRON: SENSUS 1996
PAAIE
Pofadder is die setel en dit is deur die N14 met Aggeneys verbind. Die N14 verbind ook die Munisipale Gebied met Springbok en Gauteng. Pofadder is deur middel van die R358 met Onseepkans verbind. Pofadder is ook per teerpad met Pella verbind. Witbank is die mees westelike dorp en dit is ook per pad met Pofadder verbind. Die gruispaaie (tussen Pofadder en Onseepkans, asook tussen Pofadder en Witbank) is in 'n slegte toestand. Daar word gepoog om hierdie paaie op te gradeer.
DIENSTE
Informasie oor bestaande dienste word benodig vir beplannings of opgraderingsdoeleindes. Die volgende dienste en dienstepunte is beskikbaar:
ONDERWYS
Plek Naam van skool Aantal leerders Aantal leerkragte Leerkrag/leerder verhouding
VEILIGHEID
Instelling Plek Misdaad syfer Probleme
Polisiestasie Onseepkans "A" misdade toon daling, maar "B" misdade toon styging weens dronkenskap Geen belangstelling in Gemeenskaps Polisiërings Forum nie. Probleme met opleiding van reserviste. Benodig 4 X 4 voertuig. Geen vroulike lede op die personeel nie. Geen arbeider vir algemene pligte nie.
Polisiestasie Aggeneys 317 p.j. Geen probleme f EKONOMIESE ANALISE
Die Ekonomiese Analise is belangrik, want dit bepaal die hoof ekonomiese sektore en neigings binne die munisipale gebied en is belangrik vir toekomstige beplannings, ontwikkeling en uitbreiding. Die tabel hieronder toon werkverskaffing in elke sektor en sub-sektor aan.
Landbou
Informasie oor bestaande landbou sektore, infrastrukture en ontwikkeling is belangrik vir die beplanning van toekomstige landbou ontwikkeling.
Die grootste landbou aktiwiteite binne die Khai-Ma Munisipale Gebied is veeboerdery (80 %) waarvan:
Dorperskaap boerdery 85 % uitmaak, en
Boerbokke boerdery kom ook voor
Dadels
Beesboerdery
Uitvoerdruiwe
Katoen, en
Hoenderboerdery
Twee slagpale kom ook voor.
Op Onseepkans kan wisselboerdery op klein skaal voorkom terwyl die volgende boerdery aktiwiteite ook voorkom:
Omgewing
Behoorlike Omgewingsbewarings programme vir die Mynbou aktiwiteite op Aggeneys en die voorgenome aktiwiteite op Gamsberg is reeds opgestel en in plek.
Omgewingsbewarings programme vir die ontginning van graniet en vir meentboerdery en ander boerdery aktiwiteite moet nog saamgestel word.
Mynbou
Geen behoorlike mynbou strukture bestaan, behalwe vir die myn op Aggeneys en die beoogde Gamsberg Myn.
Die volgende minerale kom voor:
Sillimaniet: wat 'n groot bron vir alluminium is.
Koper, sink en lood: Aggeneys
Graniet: naby Pofadder
Kwartskristalle
Die ekonomiese potensiaal van die verskillende minerale voorkomste moet nog bepaal word, behale vir sink, koper en lood.
Toerisme
Die volgende toerisme aktiwiteite en attraksies bestaan:
x 4 roetes naamlik:
die sirkel (Charliespas om by Canyonpas uit te kom - volg Lelikpad tot by Klein - Pella en omgekeerd) -Charliespas of Canyonpas sluit aan by 4 x 4 roete langs die rivier -Sluit die twee passe om die berg uit en ry vanaf Pella deur motorhek en volg roete na Lelikpad. -Staproetes -Bergklim roetes -Toerisme kantoor -Akkommodasie -Kanovaart: Onseepkans -Die Katedraal te Pella
a INLEIDING
Die SWOT Analise werkswinkel het op 23 Oktober 2001 te Pofadder plaas gevind. Die verskillende taakspanne is uitgenooi om insette te lewer oor die sterkpunte, swakpunte, geleenthede en bedreiginge van die verskillende ekonomiese sektore. Alle verteenwoordigers het saam aan die SWOT Analise deelgeneem.
b METODOLOGIE
Die volgende metodologie is gebruik en ook aan die rolspelers verduidelik:
Aanvanklik is die begrip SWOT Analise met behulp van sketse verduidelik. Daar is moeite gedoen om te verseker dat die rolspelers verstaan wat die begrip behels en hoe die analise gedoen moet word, sodat hulle self insette kan lewer.
Daarna is die ekonomiese sektore behandel. Oor elkeen van die sektore is 'n sektor analise gedoen. Die rolspelers lewer by elke sektor insette oor sterkpunte, swakpunte, geleenthede en bedreiginge.
Die insette van die rolspelers word op 'n skryfbord geskryf sodat hulle seker kan wees dat dit wat hulle gesê het wel so gedokumenteer word.
Insette wat meer as een ekonomiese sektor raak, word as sodanig aan die rolspelers deur die fasiliteerders uitgewys.
Die resultate van hierdie sessie word onder die volgende punte hanteer:
Sterkpunte
Swakpunte
Geleenthede
Bedreiginge c RESULTATE VAN DIE SWOT ANALISE
Die resultate van die SWOT Analise word in tabel vorm hieronder weergegee :
Institusioneel
Landbou
Mynbou toerisme
INSTITUSIONEEL
STERK PUNTE SWAK PUNTE
Samestelling van die munisipaliteit fondse, kundigheid, ens. word gepoel deel;
Gedesentraliseerde dienspunte;
Infrastruktuur geboue;
Het Munisipale Bestuurder aangestel;
Armlastige beleid in plek;
Gratis basiese dienste is ingestel;
Rekenaars administratiese finansiële stelsel, ens.; Organogram nog nie goedgekeur nie; Kommunikasie stelsel telefone baie keer buite werking; Delegasies delegering van pligte; Rolle en verantwoordelikhede is nog nie uitgeklaar nie; Pligstate; Regstellende aksie; "Performance Agreements"; Dienslewering kliënte sorg; Opleiding; Kapasiteitsbou van raadslede en amptenare; Gratis basiese dienste; Ooreenkomste met dienste verskaffers, bv. Distrik Munisipaliteit, Staat, ens.; Krediet beheer; Betaling vir dienste is swak en lei tot begrotings probleme;
GELEENTHEDE BEDREIGINGS
Programme soos onder andere "Masakhane"; Water & Sanitasie, HIV/VIGS Werkskepping (as organogram goedgekeur en implimenteer kan word); Krediet beheer; Opleiding en kapasiteitsbou;
Swak betaal kultuur; Krediet beheer; Werkloosheid; Kliënte sorg;
LANDBOU
STERK PUNTE SWAK PUNTE
Weidingsdrakrag van grond; Beskikbare besproeiingsgrond' Beskikbare water; Veegetalle; Gesonde vee wêreld; Bestaande twee slagpale;
Swak betaling; Te min grond vir kommersiële boerdery (lae drakrag); Infrastruktuur op plase is swak; Onvoldoende fondse vir benutting van besproeiingsgrond; Onvoldoende markte; Swak paaie; Verwerking van vleis & velle nie beskikbaar nie;
GELEENTHEDE BEDREIGINGS
Landbank finansiering meer toereikend; Werkskepping; Opleiding; Geleenthede deur Regering; Verbetering van Infrastruktuur; Besigheids geleenthede; Eienaarskap van eie besigheid; Markte; Uitvoer geleenthede;
Roofdiere; Veesiektes; Vee diefstal; Lae reënval; Kwaliteit van vee; Swak Infrastruktuur op plase;
MYNBOU
TOERISME
STERK PUNTE SWAK PUNTE
Verskillende tipe kristalle en minerale
Goeie markte elders
Mark (mense word onderbetaal­uitbuiting)
Permitte en lisensies uitreiking langdradig
Paaie
Toerusting is swak
Sluikhandel
Kapitaal
Verwerking
Ontbreking van strukture
GELEENTHEDE BEDREIGINGS
Marknavorsing
Verwerkingsaanlegte
Skep van strukture
Kontrakte en ooreenkomste
Werkskepping
Besigheidsgeleenthede vir kleinmyners
Sekuriteit
Omgewingsimpak
Gebrek aan kennis en kundigheid
Uitbuiting van gemeenskap
Samewerking van gemeenskap
Gebrek aan strukture
Onwettige handel
STERK PUNTE SWAK PUNTE
Die gebied se eie inheemse geskiedenis en kultuur inheemse groepe soos die Korannas, die San en die Namas het hier gewoon. Die gebied se natuurlike besienwaardighede soos die wye vlaktes, pragtige berge, maanlandskaps tonele en die feit dat die Oranjerivier naby Onseepkans vir die eerste en enigste keer ooswaarts vloei en sommer weer weswaart koers kry. Die gebied is `n deurgangs roete na Namibië daar is `n grenspos by Onseepkans, wat bepaalde onbenutte toerisme - en besigheids potensiaal het. Die ongerepte natuur is `n treffer. Groot getalle kokerbome kom in die gebied voor. Naby Onseepkans word `n groot kokerboom - woud aangetref. Ander skaars vetplant soorte, soos beeskloutjie en andere kom ook in die gebied voor. Die plaaslike mense se rustige leefwyse en inheemse kulturele aktiwiteite is ook `n lokaas vir toeriste. Die ongerepte 4x4 roetes, wat oor berge, vlaktes en droeë rivierlope strek, is `n groot lokaas vir 4x4 entoesiaste. Bowenal strek van die roetes ook langs die Oranjerivier, waar `n mens soms deur asemrowende mooi natuurtonele begroet word.
Sommige paaie is swak vir die motor-toeris. Daar is nie akkommodasie op alle plekke in die Khai-Ma munisipale gebied beskikbaar nie bv. Op Witbank en Onseepkans. Die oornag geriewe wat tans langs die Pofadder-Kakamas teerpad geskep word, bring meer beddens vir Pofadder. Onkunde oor die effektiewe bedryf van `n besigheid soos bv. `n gastehuis, winkel, ens. Gebrek aan opgeleide toergidse, veldgidse en bedrewe gastehuis bestuurders. Die gebrek aan die nodige fondse. Kommunikasie middele, soos telefone landlyne, selfoon torings, ens. is gebrekkig of dit ontbreek geheel en al. Ten opsigte van landlyn verbinding, word besighede en toerisme deur die handsentrale - model, gekortwiek. Daar is ook `n gebrek aan `n effektiewe bemarkings
Die Oranjerivier is self ook `n trekpleister.
strategie. Toerisme kantore bestaan nie
Die staproetes, wat vir `n verskeidenheid van natuurtoeriste voorsiening maak. of waar dit wel bestaan is dit gebrekkig toegerus. Hierdie kantore kan dus nie effektief benut word nie.
Die meeste persone wat in besighede of in die toerisme bedryf berokke is, is nie
Engels magtig nie en hulle kan dus nie met die kliënt of die toeris kommunikeer nie.
Hierdie probleem plaas ook `n demper op toerisme ontwikkeling.
GELEENTHEDE BEDREIGINGS
Geleenthede bestaan om toergidse en veldgidse op te lei en om ook gastehuis bestuurs opleiding, kliëntediens opleiding en opleiding in die gebruik van basiese engels, te doen. Baie werksgeleenthede kan geskep word deur die opgradering van paaie en die skepping van ander infrastruktuur (soos oornag geriewe) om dienste aan toeriste te lewer. Daar bestaan ook geleenthede om die voorheen benadeelde gedeelte van die bevolking te bemagtig om deel te word van die toerisme hoofstroom of in besighede betrokke te raak, wat ook voordeel kan trek uit toerisme. Die geleentheid bestaan om oornag fasiliteite by Onseepkans te skep, wat onder andere besoekers aan Namibië kan akkommodeer. Die geleentheid bestaan ook dat die plaaslike owerheid en die privaat sektor die inisiatief kan neem om beleggers op kundige maniere te lok. Die geleenthede bestaan ook om die kommunikasie middele te verbeter of te voorsien. Beter voorsiening van hiedie uiters noodsaaklike middele kan `n positiewe uitwerking op besighede en toerisme het. Daar bestaan ook geleenthede om die toerisme kantore op te gradeer. Dit op sigself kan tot beter dienslewering lei en ook broodnodige werksgeleenthede verskaf.
Beskadiging van die natuur deur groter getalle toeriste wat die gebied sal besoek. Hier word veral die vrees uitgespreek dat dit veral die vetplant spesies sal wees wat aan die korste ent sal trek, wanneer groter getalle toeriste hul opwagting maak as gevolg van die implementering van `n effektiewe bemarkings strategie. Die gevaar van oorbemarking bestaan. In `n mens se strewe om die besoekersgetalle na die gebied te verhoog, loop `n mens die gevaar om oor te bemark. Dit is `n voldonge feit dat die gebied ekologies beperkte getalle mense kan hanteer. Duplisering van besighede en toeriste dienste. Die gevaar bly bestaan dat dienste en besighede dupliseer kan word en dit sal katastrofiese gevolge het.
d GEVOLGTREKKING
Die gevolgtrekking wat uit die resultate van die SWOT Analise gemaak kan word is dat die potensiaal en geleenthede bestaan om die probleme (swak punte en bedreigings) binne die munispale gebied aan te spreek deur verder uit te bou op die sterk punte, die potensiaal (geleenthede) te benut en die tekortkominge wat beide deur die SWOT Analise en die Analise Fase openbaar (bloot gelê) was, aan te spreek.
BEHOEFTES EN PRIORITEITE
a INLEIDING
Die proses wat gevolg was om probleme/behoeftes en prioriteite te bepaal het ingesluit:
Gemeenskapsvergaderings
Taakspan vergaderings
Projek Bestuurskomitee vergaderings
Analise (Status Quo bepaling) (wat dokumentêre navorsing insluit)
Gemeenskaps Ontwikkelings Forum werkwinkels Verwys ook na Bylaag B vir behoeftes en prioriteite soos bepaal.
Die probleme en behoeftes wat identifiseer was word ingedeel onder:
Plaaslike Owerheid en Institusioneel
Ruimtelik en Grondhervorming
Infrastruktuur
Ekonomies
PLAASLIKE OWERHEID EN INSTITUSIONEEL
Die volgende institusionele behoeftes/probleme was identifiseer:
i Administrasie
Integrasie van gebied
Organogram
Prestasie kontrakte
Rol-en funksie ontleding
Delegasies
Opleiding/kapasiteitsbou
Administratiewe stelsel
Finansiële stelsel Betaling vir dienste (kredietbeheer stelsel en beleid) Begrotings Opleiding/kapasiteitsbou
RUIMTELIK EN GRONDHERVORMING
Die behoefte vir meer grond vir veeboerdery en besproeiingsboerdery is ook as 'n kort termyn probleem identifiseer. Die grondhervormings behoeftes kan soos in die volgende tabel opgesom word:
GROND PLEK
Veeboerdery
Besproeiing
Befondsing:
Grondaankope/huur
Infrastruktuur
Produksiemiddele
Opleiding & kapasiteitsbou
Navorsing
Die sosio-ekonomiese behoeftes en probleme fokus hoofsaaklik op werkloosheid, inkomste vlakke en gemeenskaps aangeleenthede soos:
Kapasiteitsbou
Opvoeding
Sport en ontspanning
Nooddienste
Veiligheid en sekuriteit
Inkomste vlakke
Een van die grootste probleme met die inkomste vlakke is die groot getalle huishoudings wat geen inkomste het nie en die met inkomste wat laer as R1 000-00 per maand is en sterk aangewys is op subsidie vir munisipale dienste. Die inkomste vlakke vir inwoners van die munispale gebied kan volgens Sensus 1996 syfers (statistieke) soos volg saamgevat word:
Werkloosheid
Die werkloosheid syfer vir die munisipale gebied volgens syfers verkry vanaf Sensus 1996 was 1 381 werkloses of 38,89 % van die totale ekonomiese aktiewe deel van die bevolking. Werkloosheid gee aanleiding tot armoede en gepaardgaande sosio-ekonomiese probleme soos drankmisbruik, geweld en misdaad.
Armoedsverligting en Bemagtiging n Behoefte bestaan aan behoorlike armoedsverligting en bemagtigings programme binne die dorpies binne die munisipale gebied.
Kapasiteitsbou
Kapasiteitsbou was identifiseer as 'n behoefte om werkloses te bemagtig om self onderhoudend te kan word.
Gesondheid
Behoorlike gesondheidsprogramme en die voorsiening van gesondheidsdienste was identifiseer as 'n behoefte wat deur die Munisipaliteit en Provinsiale Regering aangespreek moet word. Een van die beste klinieke bestaan op Aggeneys, maar dit is slegs toeganklik vir mynwerkers en nie vir hulle uitgebreide families en ander inwoners wie nie vir die myn werk nie.
Opvoeding
Opvoedings programme was identifiseer as 'n behoefte, veral programme oor water, sanitasie, omgewingsbewaring, betaling vir dienste, munisipale aangeleenthede, gesondheid, HIV/VIGS, toerisme bewusmaking en veiligheid en sekuriteit.
Sport en ontspanning
Die gebrek aan fasiliteite en sport bemagtigings programme was identifiseer as 'n behoefte.
Nooddienste
Daar is 'n totale gebrek aan behoorlike ambulans en ander nooddienste.
Veiligheid en sekuriteit
INFRASTRUKTUUR
Die volgende infrastruktuur behoeftes, soos in die tabelle aangedui was identifiseer:
Watervoorsiening: Ekstern Intern Bron Kwaliteit Kwanitieit Verspreiding Beskikbaarheid per erf Druk (onvoldoende)
Behuising
Vervoer: Padvervoer Lugvervoer
Sanitasie: Intern Ekstern Op-erf
Stormwaterdreinering Eksterne water Interne water
Vaste afval: Ekstern Intern
Energie/elektrisiteit: Ekstern Intern
Telekommunikasie: Ekstern Intern
EKONOMIES
Die volgende is as die ekonomiese sektore identifiseer met 'n behoefte aan verdere ontwikkeling:
Landbou
Mynbou en
Toerisme
Die probleme/behoeftes wat onder elke sektor identifiseer was word in tabel vorm aangedui:
LANDBOU
Watervoorsiening Veeboerdery Besproeiing
Grond Veeboerdery Besproeiing
Befondsing Grond aankope Infrastruktuur Produksiemiddele Opleiding/kapasiteitsbou Navorsing
Strukture
MYNBOU
Bepaal potensiaal
Befondsing
Kundigheid
Opleiding/kapasiteitsbou
Omgewingsbestuur
Infrastruktuur
Vestig strukture
TOERISME EN BESIGHEID
Bepaal potensiaal
Befondsing
Kundigheid
Infrastruktuur
Opleiding/kapasiteitsbou
Skep strukture - toerisme
Besigheid
PRIORITEITE
Prioriteite word ingedeel onder kort termyn (k), medium termyn (m) en lang termyn (l). Kort termyn prioriteite is prioriteits behoeftes/probleme - wat binne 0 -2 jaar aangespreek moet word; medium termyn behoeftes/probleme - wat binne 2 - 5 jaar aangespreek moet word en lang termyn behoeftes/probleme - wat oor 'n tydperk van 5 jaar of langer aangespreek moet word.
Die prioriteite word in tabel vorm hieronder aangedui:
a INSTITUSIONEEL
Die behoeftes/probleme soos in 3.4.4.2.5 identifiseer is almal kort termyn.
b RUIMTELIK EN GRONDHERVORMING
Soneringskema
Grondgebruiksbeheer
Uitleg planne
Omgewingsgebruik
Inkomstevlakke
Werkloosheid
Kapasiteitsbou
Gesondheid
Opvoeding
Sport en ontspanning
Nooddienste
Veiligheid & sekuriteit
INFRASTRUKTUUR
EKONOMIES
Watervoorsiening: Bron Kwaliteit Kwantiteit Verspreiding Beskikbaarheid per erf Druk voldoende
Behuising
Vervoer:
Padvervoer
Lugvervoer
Eksterne infrastruktuur
Interne infrastruktuur
Sanitasie:
Ekstern
Op-erf
Stormwaterdreinering: Eksterne water Interne water
Vaste afval: Ekstern Intern
Energie/elektrisiteit: Ekstern Intern
Telekommunikasie: Ekstern Intern
Die ekonomiese sektore word ingedeel in landbou, mynbou en toerisme en besighede en word hulle prioriteite in die volgende tabelle weer gegee:
Landbou
Watervoorsiening: Veeboerdery Besproeiing
Grond: Veeboerdery Besproeiing
Befondsing: Grond aankope/huur Infrastruktuur Produksiemiddele Opleiding/kapasiteitsbou Navorsing
Skep strukture
Mynbou
Toerisme en besigheid
Bepaal potensiaal
Befondsing
Kundigheid
Infrastruktuur
Opleiding/kapasiteitsbou
Omgewingsbestuur
Skep strukture
Bepaal potensiaal
Befondsing
Kundigheid
Infrastruktuur
Opleiding/kapasiteitsbou
Skep strukture: Toerisme Besigheid
INLEIDING
In die vorige fase is gefokus op probleme en behoeftes. In hierdie fase is die klem op die visie, doelwitte en strategieë. Die proses wat gevolg is het voorsiening gemaak vir Gemeenskapsvergaderings, Taakspan sittings, sittings van die Gemeenskaps Verteenwoordigende Forum, Projek Bestuurskomitee sittings en bepaling van behoeftes en prioriteite.
VISIE
Khai-Ma Munisipaliteit se visie is om effektiewe, hoë gehalte dienslewering te verseker: verhoging van die inwoners se lewensstandaard te verseker en die daarstelling van 'n gunstige klimaat vir investering om sodoende ekonomiese ontwikkeling te bewerkstellig.
DOELWITTE
In hierdie gedeelte van die verslag word die doelwitte as volg ingedeel:
Institusionele doelwitte
Ruimtelike-en Grondhervormings doelwitte
Infrastrukturele doelwitte
Ekonomiese doelwitte
Die doelwitte word verder verdeel onder kort termyn doelwitte (0-2 jaar), medium termyn doelwitte (2 -5 jaar) en langtermyn doelwitte ( langer as 5 jaar).
a INSTITUSIONELE DOELWITTE
Die volgende Institusionele doelwitte, wat almal kort termyn doelwitte is, is bepaal:
Administrasie
Finalisering van die integrasie van die gebied
Finalisering van die organogram
Opstel en ondertekening van die prestasie kontrakte
Finalisering van die rol-en funkise ontleding
Finalisering van delegasies
Finalisering van 'n program vir opleiding/kapasiteitsbou van die personeel en raadslede
Daarstelling van 'n effektiewe administratiewe stelsel
Finalisering van dienslewerings ooreenkomste
Daarstelling van 'n effektiewe finansiële stelsel
Daarstelling van 'n effektiewe kredietbeheerstelsel en 'n kredietbeleid
Afhandeling van die begrotings
Finalisering van 'n program vir finansiële opleiding/kapasiteitsbou van personeellede en raadslede b RUIMTELIKE EN GRONDHERVORMINGS DOEL-WITTE
Ten opsigte van die ruimtelike en grondhervormings doelwitte het Khai-Ma Munisipaliteit die volgende ten doel:
Die finalisering van 'n volledige soneringskema en dorpsuitlegte vir dorpe binne sy regsgebied, uitsluitend Aggeneys.
GIS Sisteem
Die integrasie van die rasgebaseerde woonbuurte van Pofadder en Aggeneys, sodat daar volle integrasie van die aparte woonbuurte kan plaasvind.
Die verkryging van meer grond vir veebooerdery-en besproeiings doeleindes binne die regsgebied van Khai Ma Munisipaliteit.
Grond oudit c SOSIO-EKONOMIESE DOELWITTE
Khai-Ma Munisipaliteit wil die volgende sosio-ekonomiese doelwitte verwesenlik:
Die verbetering van die inkomste vlakke van die inwoners van die regsgebied.
Die skep van werksgeleenthede om die werkloosheidsyfer van 39 % te verlaag na 20 %.
Die inisiëring van armoede verligtings programme, kapasiteitsbou programme en bemagtigings programme binne die regsgebied van Khai-Ma Munisipaliteit.
Die daarstelling van gesondheidsprogramme en die voorsiening van gesondheidsdienste (soos hospitaal, klinieke, lykshuise, ens.) aan die inwoners van die regsgebied op die kort termyn by Pella en Pofadder en op die lang termyn by Witbank.
Die daarstelling van opvoedingsprogramme oor water, omgewingsbewaring, dienste betaling, HIV/VIGS, toerisme bewusmaking en munisipale aangeleenthede.
Sport-en ontspannings fasiliteite (bv. parke) by alle dorpe.
Die voorsiening van nooddienste (ambulansdienste en brandweerdienste) by Pella en Witbank op die kort termyn, by Pofadder op die medium termyn en by Aggeneys.
Die behoorlike voorsiening van veiligheid en sekuriteitsdienste, veral aan Pella en Witbank.
c INFRASTRUKTURELE DOELWITTE
Ten opsigte van die infrastrukturele doelwitte het Khai-Ma Munisipaliteit die volgende ten doel:
Die verbetering van die water kwaliteit van Onseepkans en Witbank.
Die verhoging van die kwantiteit van die water by Onseepkans.
Die waterdruk by Onseepkans op die kort termyn aan te spreek en by Pella en Witbank te verhoog.
Die voorsiening van huise op die kort termyn by al die dorpe.
Die voorsiening van Publieke Vervoer by Aggeneys en Onseepkans (kapasitering van 'n persoon of persone vanuit die voorheen benadeelde gemeenskap om die diens te lewer)
Die opgradering van die twee vliegvelde by Pella en Pofadder.
Die opgradering van die Pofadder-Onseepkans grondpad en die Witbank toegangspad.
Die aansluiting van water per erf by Onseepkans, Witbank, en Pofadder.
Die voltooiing van interne stormwaterdreinering sisteme by Onseepkans, Pella en Pofadder.
Die voorsiening van eksterne afval sisteme by al die dorpe, behalwe Aggeneys.
Die voorsiening van interne afval sisteme (vullisstortings terreine, ens.) by al die dorpe, behalwe by Pofadder en Aggeneys.
Die voorsiening van eksterne kommunikasie sisteme by Onseepkans en Pella.
Die voorsiening van interne kommunikasie sisteme by al die dorpe, behalwe Aggeneys.
e EKONOMIESE DOELWITTE
Landbou
Die voorsiening van water vir veeboerdery doeleindes aan die meentplase.
Die voorsiening van water vir besproeiing doeleindes by alle dorpe.
Hulp met die verkryging van fondse vir die aankoop/huur van grond vir veeboerdery by Aggeneys, Onseepkans, Pofadder en Witbank.
Verkryging van fondse vir die daarstelling van infrastruktuur by al die plekke, behalwe Witbank.
Voorsiening van programme vir opleiding, kapasiteitsbou en navorsing.
Landbou navorsing in die hele regsgebied.
Fasiliteringshulp met die skepping van die nodige strukture om landbou te verteenwoordig by Pella, Onseepkans en Pofadder.
Mynbou
Potensiaal bepaling vir die hele Khai-Ma regsgebied.
Behulpsaam te wees met die daarstelling van opleidings programme en kapasiteitsbou programme.
Die daarstelling van 'n omgewings bestuursprogram.
Vestiging van die nodige strukture om mynbou in die regsgebied te verteenwoordig.
Toerisme en besighede
Potensiaal bepaling vir die hele regsgebied.
Hulpverlening met die verkryging van die nodige fondse vir infrastruktuur, opleiding en kapasiteitsbou vir die hele regsgebied.
Verkryging van die nodige kundigheid om nuwe projekte aan die gang te kry.
Vestiging van die nodige strukture wat die toerisme bedryf kan verteenwoordig.
Vestiging van strukture wat die sake sektor kan verteenwoordig.
Hulpverlening met die proses om besighede aan die gang te kry in al die dorpe, behalwe Aggeneys.
By 3.3.3 het die klem op doelwitte geval en by 3.3.4 val die klem weer op die strategieë, met ander woorde hoe sal die doelwitte realiseer word. Daar is ook alternatiewe vir elke strategie vasgestel.
Die strategieë word onder die volgende hoofde behandel:
Administrasie
Finalisering van die integrasie van die gebied, die organogram, prestasie kontrakte, rol-en funkise ontleding, delegasies, opleiding/kapasiteitsbou program, daarstelling van 'n effektiewe administratiewe stelsel en die finalisering van dienslewerings ooreenkomste word gedoen d.m.v. die volgende alternatiewe:
Die MB en sy bestuursprogram, asook die Raadslede sorteer dit uit n konsultant word aangestel om behulpsaam te wees, in samewerking met bovermelde rolspelers.
Daarstelling van 'n effektiewe finansiële stelsel, kredietbeheerstelsel, opstel van begrotings en die finalisering van 'n opleiding/kapasiteitsbou program word die volgende alternatiewe gebruik:
Die MB met sy bestuurspan en die Raadslede verrig die vermelde take n konsultant word aangestel om behulpsaam te wees, in samewerking met bovermelde rolspelers.
Khai-Ma Munisipaliteit beskik nie oor die kapasiteit om self die ruimtelike doelwitte aan te spreek nie. Die Munisipaliteit het nie sy eie Stads-en Streeksbeplanner nie. Van die volgende alternatiewe word gebruik gemaak om 'n Ruimtelike Ontwikkelingsplan vir Khai-Ma op te stel:
n diensverskaffer word aangestel om die soneringskema op te stel en die dorpsuitlegte te voltooi, wanneer die nodige fondse bekom is. Daar is egter 'n basis plan beskikbaar (Sien Bylaag F).
Distriks Munisipaliteit kan hulp verleen.
vir die integrasie van die rasgebaseerde woonbuurte sal die volgende alternatief gebruik word:
dorpsbeplanning word so gedoen dat die oop ruimtes tussen die aparte woonbuurte met woonerwe beset word.
Vir die voorsiening van meer grond, is die volgende alternatief of alternatiewe beskikbaar:
Aansoeke word by die Departement van Grondsake ingedien deur die munisipaliteit vir die aankoop van meentgrond, wat aan die inwoners verhuur word.
Diegene wat grond benodig vind self die nodige fondse om grond aan te koop, bv. by die Departement van Grondsake, 'n kommersiële bank, Landbank, Nywerheids Ontwikkelings Korporasie (NOK), ens.
n aansoek word aan die Departement van Landbou gerig om die nodige waterregte te bekom vir besproeiings doeleindes c SOSIO-EKONOMIESE STRATEGIEë
Ter verbetering van die inkomstevlakke van die inwoners sal die volgende alternatiewe gebruik word:
Aktivering van plaaslike ekonomiese ontwikkeling (tans die GEOP voltooi) -Vasstelling van minimum plaaslike lone
Vir werkskepping sal die volgende alternatiewe gebruik word:
Plaaslike ekonomiese ontwikkeling -Infrastrukturele projekte, waarby werkloses in die regsgebied van Khai-Ma betrek word. -Armoede verligtings projekte
Vir armoede verligting sal die volgende alternatiewe gebruik word:
Armoede verligtings projekte -Subsidering vir dienste betalings -Plaaslike ekonomiese ontwikkeling -Vry basiese dienste
Gesondheidsdienste en gesonheidsprogramme het die volgende alternatiewe:
n aansoek aan die relevante departement om die verlangde dienst te lewer -onderhandelinge met die Distriks Munisipaliteit oor lewering van gesondheids dienste
Vir opvoedings programme oor water, toerisme, VIGS, ens. is die volgende alternatiewe beskikbaar:
water en sanitasie bewusmakings program van die
Departement van Waterwese -HIV/VIGS program -Bewusmakings program oor munispale dienste -Toerisme bewusmakings program
Vir die daarstellng van Sport-en ontspannings fasiliteite is die volgende alternatief beskikbaar:
Aansoeke om moontlike befondsers, soos die Departement van Sport, Kuns en Kultuur, Die Lotto, privaat borge, NGO's, ens. vir die voorsiening van die verlangde fasiliteite.
Vir die voorsiening van nooddienste is die volgende alternatief beskikbaar:
nooddienste aansoeke/ooreenkomste met relevante staatsdepartemente vir die lewering vna die verlangde dienste.
Vir die veiligheid en sekuriteitsdienste is die volgende alternatiewe beskikbaar:
Die aanstelling van meer polisie veral vroue en die jeug -Meer voertuie om effektiewe polisiëring te doen -Gemeenskaps polisiëring in plek te kry -Polisiestasies oop te hou vir langer ure d INFRASTRUKTURELE STRATEGIEë
Die munisipaliteit het die onderstaande strategieë identifiseer:
Verbetering van die water kwaliteit kan teweeggebring word deur die volgende alternatiewe:
Oprigting van on ontsoutings aanleg(te), as die water brak is
Oprigting van suiwerings aanleg (te).
Verhoging van kwantiteit kan deur die volgende alternatiewe teweeggebring word:
Uitbreiding van watervoorsienings netwerke
Voorsiening van basiese minimum water aan elke inwoner
Waterverspreidings netwerke kan in plek gekry word deur die volgende alternatiewe:
Die verspreiding kan op HOP standaard gedoen word (dit word dus nie per erf gedoen nie).
Water word tot op elke erf voorsien.
Erfaansluiting kan d.m.v. die volgende alternatiewe gedoen word:
Elke erf word voorsien van 'n staankraan met watermeter.
Staankraan op elke erf.
Waterdruk kan verbeter word deur die volgende alternatiewe:
Deur die oprigting van meer druktoring(s)
Verhoging van die kapasiteit van druktorings.
Huise kan voorsien word deur die volgende alternatiewe:
Daar word gebruik gemaak van die regering se behuisingskema om huise vir diegene op te rig eat daarvoor kwalifiseer en aansoek wor dop die voorgeskrewe wyse by die relevante staatsdepartemente gedoen n Privaat ontwikkelaar kan gebruik word om huise te voorsien.
Publieke vervoer kan verskaf word d.m.v. die volgende alternatiewe:
Die diens word privaat gelewer deur 'n plaaslike persoon of persone vanuit die voorheen benadeelde gemeenskap die geleentheid te bied om die diens te lewer.
Die diens word gelewer deur enige iemand wat die kan lewer (m.a.w. plaaslike bemagtiging word buite rekening gelaat).
Taxi staanplekke kan voorsien word d.m.v. die voglende alternatiewe:
Die staanplekke word deur die munisipaliteit opgerig
Die staanplekke word deur die Departement van Vervoer opgerig
Die staanplekke word opgerig deur befondsing van borge.
Die staanplekke word deur die Distriks Munisipaliteit opgerig.
Die twee vliegvelde kan opgradeer word d.m.v. die volgende alternatiewe:
Die oppervlak kan gegruis word
Die oppervlak kan plavei word
Die oppervlak kan geteer word
Eksterne sanitasie kan d.m.v. die die volgende alternatiewe voorsien word:
D.m.v. 'n konvensionele sisteem
Interne sanitasie kan d.m.v. die die volgende alternatiewe voorsien word:
Deur 'n natsisteem bv. spoelriool, waar elke erf sy eie uitgeboude suigput het
Deur 'n natsisteem waar al die erwe gekoppel is aan 'n rioolnetwerk.
Erfaansluitings kan gedoen word deur gebruik te maak van die volgende alternatiewe:
Die konvensionele sisteem, waar elke erf aan 'n hoofnetwerk verbind word
Eksterne vaste afval sisteme kan geskep word deur gebruik te maak van die volgende alternatiewe:
Die voorsiening van vullisstortings terreine by elkeen van die dorpe
Interne vaste afval sisteme kan in plek gekry word deur gebruik te maak van die volgende alternatiewe:
Die lewering van 'n vullis verwyderingsdiens, war vaste afval per erf deur die munisipaliteit verwyder word
Die verwydering van vaste afval per erf, waar die diens deur 'n privaat instansie gelewer word
Vir die voorsiening van eksterne en interne kommunikasie sisteme is die volgende alternatiewe beskikbaar:
Voorsiening van landlyne deur Telkom
Verspreiding van die landlyne binne die dorpe waar die diens benodig word deur Telkom
Voorsiening van openbare telefoon hokkies deur Telkom
Voorsiening van selfoon torings deur Vodacom of MTN of Cell C of twee van die drie diensteverskaffers of selfs al drie diensteverskaffers e EKONOMIESE STRATEGIEë
Die ekonomiese strategieë word onder landbou, mynbou en toerisme behandel.
Landbou
Watervoorsiening aan die meentplase vir veeboerdery doeleindes kan gedoen word d.m.v. die volgende alternatiewe:
Die bestaande infrastruktuur word opgradeer (windpompe word voorsien, bestaande boorgate word dieper geboor, die bestaande pype word vervang, ens.)
Nuwe infrastruktuur word geskep deur bv. nuwe boorgate te sink, nuwe water verspreidings lyne aan te bring, ens.
Besproeiingswater kan voorsien word d.m.v. een van die volgende alternatiewe:
Die skepping van 'n nuwe voorsienings netwerk, waar die netwerk uit 'n pypsisteem bestaan
Die skepping van 'n nuwe voorsienings netwerk waar daarvan 'n kanaalsisteem gebruik gemaak word
Die benutting van die bestaande netwerk, waar die besproeiings water voor die suiwerings aanleg onttrek word.
Verkryging van fondse vir grondaankope/grondhuur d.m.v. die volgende alternatiewe:
Befondsing deur die Departement van Grondsake
Befondsing deur Landbank
Befondsing deur NOK
Fondse vir die daarstellng van infrastruktuur
Befondsing deur Landbank
Opleidings-en kapasiteitsbou programme kan in plek gekry word d.m.v. die volgende alternatiewe:
Programme deur relevante staatsdepartemente
Programme wat deur die munisipaliteit befonds word
Programme wat geborg word uit die privaatsektor
Programme wat deur OBSA geborg word
Landbou navorsing kan gedoen word deur die volgende alternatiewe:
Betrek die Departement van Landbou om die diens te lewer
Betrek, benewens bovermelde departement, ook ander navorsings instansies
Betrek, benewens bovermelde, ook die privaatsektor
Mynbou
Potensiaal bepaling sal d.m.v. die volgende alternatiewe gedoen word:
Aanstelling van 'n Geoloog om die potensiaal te bepaal. -Versoek Geo-Science (Upington) om die diens te lewer.
Opleiding-en kapasiteitsbou programme d.m.v. die volgende alternatief:
n omgewingsbestuursprogram sal met behulp van 'n konsultant opgestel word.
Vestiging van mynbou strukture om die bedryf te verteenwoordig d.m.v. die volgende alternatief:
Die bestaande Mynbou Taakspan moet uitgebou word sodat dit die hele mynbou sektor verteenwoordig.
Toerisme en besighede
Potensiaal bepaling word gedoen deur die volgende alternatief:
Stel 'n konsultant aan om die potensiaal van die toerisme bedryf te bepaal
Verkryging van fondse d.m.v. die volgende alternatief:
Fondse word bekom van moontlike befondsers soos OBSA, Departement van Toerisme en Omgewingsake, ens. om infrastruktuur te skep en opleiding en kapasiteitsbou te doen (die proses word deur die munisipaliteit en die Toerisme Taakspan gelei)
Vestiging van toerisme strukture kan teweeggebring word deur die volgende alternatiewe:
Gebruik die bestaande Toerisme Taakspan en vul dit aan, indien nodig
Bring die bestaande Toerisme Taakspan in kontak met ander rolspelers in die toerisme bedryf
Vestiging van strukture wat die Sake Sektor kan verteenwoordig en in plek gekry kan word deur die volgende alternatief:
Gebruik die bestaande Besighede Taakspan en kry beter verteenwoordiging vanuit die Formele Sektor, sowel as die Informele Sektor.
Hulpverlening met die proses om besighede aan die gang te kry d.m.v. die volgende alternatief:
Die Besighede Taakspan neem die leiding om die proses aan die gang te kry en ander relevante rolspelers betrokke te kry.
PROJEKTE
INLEIDING
Die projekte deur Khai-Ma Gemeenskap identifiseer tydens Fase 2 word hieronder verder omskryf onder die toepaslike hoofde. Die projekte is in die sektore ontleed soos aangetoon in Bylaag B.
PLAASLIKE OWERHEID EN INSTITUSIONEEL
Die volgende prosesse en projekte moet nog afgehandel word, ook na Junie 2002 en word so aangedui in Bylaag C.
Amalgamasie en Integrasie van dorpe en Rol-en Funksie Ontleding
Menslike Hulpbron Herstrukturering
Gestandaardiseerde Begroting en Verslagdoening
Bateregister
Standaard-en Gekoördineerde dienslewering
Opgradeer van fisiese infrastruktuur en toerusting
GIS -Stelsel
GEMEENSKAPSONTWIKKELING
Projekte identifiseer vir gemeenskapsontwikkeling is gelys in Bylaag C.
Alle infrastruktuur projekte asook projekte wat voort vloei uit die ekonomiese sektore word aangewend vir werkskepping en bemagtiging van die inwoners.
INFRASTRUKTUUR EN BEHUISING
Die projekte onder Infrastruktuur en Behuising is identifiseer onder kort­en minimum termyn en aangetoon as projekte nommers 1.1 tot 1.8 in Bylaag C.
RUIMTELIKE ONTWIKKELING EN GRONDHERVORMING
Op die kort termyn is 'n Grondgebruike Ontwikkelingsplan identifiseer as prioriteit en waarin die behoeftes van alle ander sektore aangespreek moet word wat grondbehoeftes betref. Gedeeltes van die landelike gebied het onder Wet 9 van 1987 resorteer. Die Transformasie Proses is gedurende Desember 2002 afgehandel. Hierdie grond sal spesiale aandag kry in die grondgebruike Ontwikkelingsplan.
Die Geïntegreerde beplanning en benutting van oop gebiede in Pofadder sal ook spesifiek aangespreek word.
OMGEWINGSBESTUUR
n Omgewingsbestuursplan is identifiseer as 'n kort termyn projek wat implementeer moet word.
Die plan moet saam met die grondgebruike plan opgestel word. Tans is die Munisipaliteit besig om fondse te probeer bekom om hierdie plan op te stel.
EKONOMIESE SEKTORE
Die projekte vir die Ekonomiese Sektore is gelys onder Landbou, Toerisme & Besigheid en Mynbou in Bylaag C.
INTEGRASIE
INLEIDING
Die integrasie van die projekte is hanteer deur die GOP-koördineerder saam met die Projek Bestuurs Komitee.
Die doel van die integrasie is om:
Projekte te versoen met Khai-Ma Munisipaliteit se visie.
Die impak te bepaal op die Institusionele Kapasiteit van die Munisipaliteit.
Projekte te integreer vir die optimale benutting van beskikbare hulpbronne.
Die Geïntegreerde Projekte te gebruik vir die opstel van die Munisipale Begroting of Finansiële Plan.
INTEGRASIE VAN PROJEKTE
Die Geïntegreerde Projekte is soos gelys in Bylaag C onder die toepaslike sektore.
RAMPBESTUURSPLAN
Bovermelde plan word hierby ingebind as Bylaag D.
VIGS PROGRAM
Die VIGS Program word hierby ingebind as Bylaag E.
Die Munisipale Bestuurder sal verantwoordelik wees vir die volgende aksies waardeur monitering en prestasie meting ten opsigte van die GOP/GEOP projekte sal plaasvind:
Opstel van aksieplanne vir alle kort-en medium termyn projekte
Maandelikse verslagdoening aan die Plaaslike Raad
Gereelde rapportering aan die gemeenskappe in die regsgebied van Khai-Ma Munisipaliteit.
Die Raad van Khai-Ma sal probeer om fondse te bekom om kundiges aan te stel om 'n volledige Prestasie Bestuurstelsel op te stel.
WATERDIENSTE BESIGHEIDSPLAN
BVI Raadgewende Ingenieurs is aangestel om 'n Waterdienste Besigheidsplan vir Khai-Ma Munisipaliteit op te stel. Hulle is in die proses om dit af te handel.
GOEDKEURING
Die Raad van Khai-Ma Munisipaliteit het die oorspronklike dokument reeds goedgekeur. Hierdie dokument sal deur die Raad goedgekeur moet word. Khai-Ma Munisipaliteit beskik nie oor alle kundigheid nie, derhalwe sal fondse bekom moet word om die betrokke kundigheid in te koop.
Die volgende projekte aktiwiteite sal deur eksterne kundigheid afgehandel moet word:
Soneringskema en grondgebruike plan
Omgewingsbestuursplanne
Sekere behoeftes ten opsigte van Institusionele Ontwikkeling
Ekonomiese Ontwikkelingsprojekte en sekere Infrastruktuur projekte, waar die Munisipaliteit nie oor die nodige kundigheid beskik nie.
Kommentaar wat van die Ontwikkelingsbank van Suidelike Afrika verkry word, sal ook bygewerk word.
MUNISIPALE BESTUURDER
BURGEMEESTER
BYLAAG D
RAMPBESTUURSPLAN
INLEIDING
RAMPBESTUUR
PARAATHEID VIR RAMPE
REAKSIE OP RAMPE
OPSOMMING
INLEIDING
Elke Munisipaliteit is veronderstel om sy eie rampbestuurplan op te stel. Hierdie plan moet die hele Munisipale Gebied dek d.w.s. dit moet Pofadder, Onseepkans, Pella, Aggeneys, Witbank en die landelike gebiede insluit. Khai-Ma Munisipaliteit is in die proses om die plan te finaliseer in samewerking met Namakwa Distriksmunisipaliteit en die PIMS Sentrum.
Khai-Ma Munisipaliteit is besig om die plan op te stel en daarna sal dit aan die Distriksmunisipaliteit en die PIMS Sentrum voorgelê word vir hul insette.
RAMPBESTUUR
Die Rampbestuur Afdeling is te Pofadder gesetel en dit resorteer direk onder die Munisipale Bestuurder. Die Munisipale Bestuurder sal egter ook bygestaan word deur die Dienspuntbestuurders van Aggeneys, Pella, Witbank en Onseepkans.
Die Munisipale Bestuurder sal optree as Ramp Koördineerder. Hy sal dus die Bestuurder wees en hy sal ook verantwoordelik wees vir die volgende take:
toesien dat omvattende ramp beplanning gedoen word en dat 'n Rampbestuursplan opgestel word;
toesien dat 'n Ramp Komitee in die lewe geroep word;
toesien dat die persone, wat deel is van die Ramp Komitee die verlangde opleiding ontvang;
toesien dat die nodige toerusting bekom word en in 'n werkende toestand is;
toesien dat noodfasiliteite diensbaar is en goed onderhou word;
toesien dat daar vir die veiligheid van personeel, bewoners en besoekers beplan word in ooreenstemming met die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid;
toesien dat alle uitgange, ontruimroetes en ligging van brandbestrydings-en noodhulptoerusting prominent aangedui word;
toesien dat 'n Rampbeheersentrum en Beheerkamers beskikbaar is en toegerus word;
toesien dat waardevolle registers en dokument in veilige bewaring sal wees in gevalle van brand;
toesien dat lede van die Ramp Komitee se pligte skriftelik gedelegeer is; 2.11.toe te sien dat 'n Adjunk Ramp Bestuurder aangestel word;
toe te sien dat daar Rampleiers by elke dienspunt aangestel word; 2.13.toe te sien dat 'n Brandbestrydingsleier aangestel word;
toe te sien dat 'n Kommunikasieleier aangestel word;
toe te sien dat Rampspanwerkers aangestel word, wat uit amptenare, lede van organisasies en lede van die publiek sal bestaan
PARAATHEID VAN RAMPE
Die doel van paraatheid vir rampe is om te veseker dat daar in tye van rampe 'n behoorlike stelsel, prosedures en hulpbronne bestaan om diegene wat getref is deur rampe by te staan en hulle in staat te stel om hulself te help. Dit is noodsaaklik om d.m.v. doeltreffende maatreëls, organisasies en die lewering van noodreaksie so gou as moontlik na die impak van die ramp en die nadelige uitwerkings van die hindernis te minimaliseer.
Die volgende is moontlike rampstoestande;
NATUURRAMPE
Oorstromings
Droogte
Sprinkaan-en muggieplae
Veldbrande
Rukwinde
Aardbewings
MENSGEMAAKTE RAMPE
Omgewingsbesoedeling
Padongelukke
Sosiale-en politieke onrus
REAKSIE OP RAMPE
Die Ramp Komitee sal reageer wanneer 'n ramp die gebied tref. Die tipe ramp bv. droogte, veldbrand, oorstromings, ens. sal die reaksie van die Ramp Komitee bepaal. Derhalwe sal die Ramp Komitees so saamgestel wees dat daar op die rampe, soos punte 4.1. en 4.2. vermeld, gereageer kan word. Die verskillende rampspanne sal dus die nodige opleiding ontvang en die nodige toerusting sal ook aangeskaf word.
OPSOMMING
Die Ramp Komitee sal in plek gekry word sodra die Rampbestuursplan finaliseer is en deur die relevante owerhede goedgekeur is. Daar sal ook toegesien word dat die lede van die Ramp Komitee die nodige opleiding ontvang en dat pligte na hulle delegeer word.
BYLAAG E
INLEIDING
HIV / VIGS is die grootste uitdaging wat tans ons land in die gesig staar. Die aantal infeksies groei daagliks met rasse skrede en talle mense sterf daagliks, as gevolg van VIGS-besmetting.
Munisipaliteite kan 'n waardevolle bydrae lewer om die VIGS-epidemie te beveg. Diegene wat deur VIGS besmet word is immers inwoners van 'n munisipaliteit en derhalwe sal dit een of ander wyse die betrokke munisipaliteit affekteer.
MUNISIPALE IMPAK
VIGS mag die volgende direkte impakte op die munisipaliteit hê:
Daar sal binne die volgende dekade minder inwoners binne die munisipale gebied wees as wat daar geprojekteer is.
Mense sal nie meer leef tot die ouderdom van 60 jaar nie, maar eerder tot die ouderdom van 40 jaar.
Baba sterftes sal toeneem a.g.v. die oordra van VIGS vanaf die moeder na die kind.
Daar sal 'n groeiende behoefte aan mediese diense wees om veral na VIGS-pasiënte om te sien.
Daar is 'n groeiende behoefte wees vir armoedsverligtings programme.
Die gaping tusen gegoed en minder gegoed sal net wyer word.
Die aantal weeskinders sal toeneem a.g.v. ouers wat weens VIGS sterf.
Die ouderdomsverspreiding van die inwoners sal ook verander.
Die aantal behoeftige bejaardes sal toeneem, omdat baie bejaardes weens VIGS sal sterf.
Arm huishoudings se vermoë om vir dienste te betaal sal verminder.
Produktiwiteit sal daal weens die voorkoms van VIGS.
Geld wat vir ontwikkeling ge-oormerk was, sal dalk vir mediese dienste aangewend moet word.
DIE SITUASIE IN KHâI-MA
VIGS is nog steeds 'n siekte waaroor mense nie graag praat nie. Persone wat VIGS-positief is sal eerder na 'n ander siekte toestand, soos tering verwys. Daar is oor die algemeen weinig inligting oor VIGS in die Munisipale Gebied beskikbaar. Derhalwe beoog Khai-Ma om 'n bewusmakings program van stapel te stuur om mense bewus te maak van VIGS (hoe dit oorgedra word, wat is die simptone, ens.). Khai-Ma het reeds die VIGS program deel gemaak van die GOP en daar sal met alle rolspelers, soos die relevante staatsdepartemente en die Distriksmunisipaliteit saamgewerk word om 'n goed gekoördineerde program aan te bied.
HOE SAL KHAI-MA DIE PROBLEME AANSPREEK ?
Benede bovermelde sal Khai-Ma Munisipaliteit ook die volgende doen:
n Openbare opvoedingsprogram, waarby die skole betrek sal word.
Aanmoediging van vrywilligers om behulpsaam te wees met die VIGS-gevalle en berading te doen.
Persone in elke gesin te laat oplei, as 'n VIGS-lyer graag by die huis wil bly.
Die betrokkenheid van 'n Nie-Regeringsorganisasie wat met VIGS-lyers kan werk.
Te verseker dat VIGS-lyers toegang kry to behandeling en berading.
Te verseker dat kinders wat wees gelaat word weens ouers wat aan VIGS gesterf het, toegang kry tot versorging.
VOORGESTELDE STRUKTUUR
INTERIM VIGS-KOMITEE
Burgermeester Amptenaar van Welsyn Amptenaar van Gesondheid Amptenaar van Onderwys Verteenwoordiger van plaaslike skole Een Munisipale Amptenaar
VIGS TAAKSPANNE
ONDERWYS TAAKSPANNE
Een verteenwoordiger van elke skool
Verteenwoordiger van Departement van Onderwys (dalk dieselfde amptenaar wat ook deel is van die VIGS-Komitee by 5.1.)
Een Raadslid.
BERADINGS TAAKSPAN
Opgeleide persone (wat as VIGS beraders opgelei is) - ten minste 2 persone vir elke dorp.
Een Amptenaar van Welsyn
Een Amptenaar van Gesondheid
Een Raadslid
WEESKIND TAAKSPAN
Amptenare van Welsyn
Verteenwoordiger van elke skool
Een Raadslid
PROGRAM VAN AKSIE
n Munisipale Amptenaar sal deur die Munisipale Bestuurder aangewys word om die proses te lei. Hierdie persoon sal sorg dat die volgende program geloods word:
AKTIWITEIT PERSOON SPERDATUM
Samestelling van Interim VIGS-Komitee Munisipale Bestuurder Burgermeester en 30 April 2002
Verslag aan Khai-Ma Raad oor vordering en aanbevelings. Munisipale Bestuurder Burgermeester en Maand vergaderings van Mei 2002
Vergadering met alle rolspelers. Munisipale Bestuurder Burgermeester en 30 Junie 2002
Loodsing van VIGS taakspanne en VIGS Program Munisipale Bestuurder Burgermeester en Voor of op 30 Julie 2002
G.O.P HERSIENINGS PROSES-KHAI-MA MUNISIPALITEIT PUBLIEKE DEELNAME PROSES-POFADDER
n Publieke deelname Proses was gehou in Pofadder op die 20 -03 -2003 in lyn met die fase wat die G.O.P nou huidiglik is te wete die hersieningsproses. Kennisname v.d proses was gedoen deur inligtingbriefies wat deur die skool versprei was om te verseker dat elke huishoudings ingelig is van die vergadering. Verskoning was ontvang van Raadslid Van Rooi vanwee sy betrokkenheid met die organisering van Mense Regte dag en was die Vergadering gelei deur die Munisipale Besturder en die Ontwikkelings beampte.
Die Visie van die Raad is eerstens aan die Gemeenskap voorgehou wat deur die inwoners self gestel en geformuleer was deur die fasilitering van die Verteenwoordigende Forum wat soos volg lei " KHâI-MA se Visie is om effektiewe, hoë gehalte dienslewering te verseker, verhoging van die inwoners se lewensstandaard te verseker en die daarstelling van gunstige klimaat vir investering om sodoende ekonomiesie ontwikkeling te bewerkstellig". Die doel was om mense vertroud te maak met die Visie van die Raad. Die Prioriteite soos dit in die Prioriteits of Projekfase gelys was, was weereens aan die Pofadder Gemeenskap voorgele vir hersiening asook om nuwe projekte by te voeg indien enige Bestaande geprioritiseerde projekte se rangorde het verander en nuwe projekte is bygevoeg.
Prioriteitsvolgorde van Projekte:
Opgradering van Paaie 
Behuising 
Uitmeet van erwe 
Verbouing van kontantgewasse 
Vleisverwerkingsaanleg 
Besigheid sentrum 
Opgradering van Sportgronde 
Krisis bestuursentrum 
Staproetes 
Mynbou-Ontwikkelingsprojekte 
Opgradering van Hospitaal 
Koffiekroeg 
Hoenderboerdery 
Jeugsentrum 
Naaldwerkprojek 
Sekuriteitswagstelsel 
Dieselfde probleem bestaan egter ook tov. Farm -Africa se betrokkenheid in Pofadder in terme van Projekte wat hulle befonds sonder konsultasie met die Raad ten einde 'n geintegreerde benadering te volg en duplisering uit te skakel. Huidiglik beskik ons nou na intervensie oor 'n kopie wat projekte uitstip waarmee hulle besig is in Pofadder.
n G.O.P Hersieningsproses tov. geprioritiseerde projekte soos by vorige Prioriteitfase is aan die gemeenskap voorgehou. Eerstens het die Burgemeester die Visie van KHAI-MA MUNISIPALITEIT aan die gemeenskap voorgehou naamlik " KHAI-MA MUNISIPLITEIT se visie is om effektiewe, hoë gehalte dienslewering te verseker en die daarstelling van 'n gunstige klimaat vir investering om sodoende ekonomiese ontwikkeling te bewerkstellig. Die aanvanklike projeksprioriteite het verander in terme van rangvolgorde en nuwe projekte is geidentifiseer wat soos volg daaruit sien:
V Landbou -ontwikkeling
V Jeugsentrum
V Sportsgrondopgradering
V Straatbeligting
V Behuising
V Sanitasie
V Toerisme -ontwikkeling
V Opgradering van Paaie en Stormwaterdreining
V Grondaankope
V Mynbou
V Taxi -staanplek
V Grondgebruiksplan
V Parke
V Rampbestuur /brandbestryding
Die Burgemeester bedank almal teenwoordig vir hulle opkoms en sluit die vergadering met 'n gebed. Sy bedank ook vir Raadslid Gall vir sy betrokkenheid
Vergadering verdaag.
G.O.P HERSIENINGS PROSES KHAI-MA MUNISIPALITEIT PUBLIEKE DEELNAME -PROSES
n Publiek deelname -Proses was gehou in Witbank op die 20-02 -2003 in lyn met die fase wat die G.O.P nou huidiglik is te wete die hersienings proses. Kennisname van die publieke deelname proses was gedoen deur inwoners kennis te gee per briefie wat by elke huishouding versprei was. Politieke leiers teenwoordig by Hersienings proses in Witbank was die Burgemeester en Raadslid Gall en die Amptenary was die Munisipale Bestuurder en die Ontwikkelingsbeampte.
Ten eerste was die Visie en v.d Khai-Ma Munisipale Raad aan die Witbank Gemeenskap voorgehou wat opgestel was deur die Verteenwoordighede Forum waar op elke dorp in Khâi - Ma verteenwoordig is wat lei soos volg : " KHÂI-MA se visie is om effektiewe, hoë gehalte dienslewering te verseker, verhoging van die inwoners se lewens standaard te verseker en die daarstelling van 'n gunstige klimaat vir investering om sodoende ekonomiese ontwikkeling te bewerkstellig". Die doel was om mense vertroud te maak met die visie van die Raad. Die Prioriteite soos in die Prioriteit of Projektefase gelys was, was weereens aan die Witbank Gemeenskap voorgelê en net so geprioritiseer soos aanvanklik deur die Gemeenskap voergehou. Nuwe projekte wat geidentifiseer was tydens hierdie hersienings proses is soos volg:
Kommunikasie - Verbeterde telefoonopvangs en T.V opvangs Gesondheidsdienste - Personeel Opgradering van toegangspad Gestruktureerde kleinmynersvereniging Padtekens vir beveiliging One Stop Centre waar Regeringdienste beskikbaar is Aankoop van addisionele plase Opgradering van Sportgronde
Die probleem is egter dat Farm -Africa wat U.K based N.G.O is, is ook besig met projekte sonder om te konsulteer met die Raad sodat 'n holistiese benadering tov. ontwikkeling gevolg kan word nie en het die Burgemeester haar bedenkinge uitgespreek oor so 'n benadering want dit kan duplisering van projekte tot gevolg hê : Die versekering is vanaf Farm -Africa gekry dat hulle die Raad van 'n kopie sal voorsien van alle projekte waarmee hulle besig is in ons Munisipale gebied, huidiglik beskik ons oor so 'n kopie.
n Publieke deelname proses ingevolge GOP se hersiening fase is ook te Onseepkans gehou. Kennisname v.d proses was deur die Raadslid en die Amptenaar van die Satellietkantoor uitgegee d.m.v inligtingsbriefies. Die Visie van die Raad is eerstens aan die Gemeenskap voorgehou wat deur die inwoners self opgestel was en gefasiliteer was deur die Verteenwoordigende forum wat soos volg lei " KHaI-MA se visie is om effektiewe,hoë gehalte diens lewering te verseker, verhoging van die inwoners se lewenstandaard te verseker en die daarstelling van 'n gunstige klimaat vir investering om sodoende ekonomise ontwikkeling te bewerkstellig" Die doel was om mense vertroud te maak met die Visie van die Raad. Die Prioriteite soos in die Prioriteits of projekfase gelys was, was weereens aan die Onseepkans Gemeenskap voorgelê vir hersiening asook om nuwe projekte by te voeg indien enige voorheen geprioritiseerde projekte se rangorde het dieselfde gebly en nuwe projekte is bygevoeg.
Prioriteitsvolgorde van Projekte
Behuising
Watervoorsiening
Paaie
Gemeenskapsaal
Biblioteek
Publieke Transport
Poskantoordienste
Rampbestuur Sentrum
Kleuterskool
Uitmeet van erwe
Opgradering van Strate
Opleiding vir werkloses
Kliniek - Voltydse Personeel
Sportgronde
Landbou-gronde / Kontantgewasse en Uitvoerdruiwe
Lykshuis en Gesondheidsdienste
Kommunikasie / Selfoonontvangs
Toerisme / Kanovaart
Dagsentrum vir Bejaardes en Gestremdes
PROJEKTE
Behuising Landbou ontwikkeling Sanitasie Gesondheidsdienste
Uitmeet van erwe Jeugsentrum Stormwaterdreining Opgradering van toegangspad
Verbouing van kontantgewasse Opgradering van Sportgronde Paaie Kleinmynersvereniging
Vleisverwerkingsaanleg Dagsorgsentrum vir Bejaardes Gemeenskapsaal Biblioteek Padtekens
Besigheidsentrum Behuising Publieke Transport Aankoop van plase
Opgradering van Sportgronde Sanitasie Veeldoelige Sentrum Opgradering van sportgronde
Krisisbestuursentrum Vullisstortingsterrein Poskantoordienste
Staproetes Toerisme ontwikkeling Rampbestuur
Mynbou ontwikkeling Opgradering van Strate en Stormwaterdreining Kleuterskool
Opgradering van Hospitaal Grondaankope Grondaankope
Granietverwerking Mynbou Uitmeet van erwe
Koffiekroeg Taxi -Staanplek Opgradering van Strate
Hoenderboerdery Rampbestuur /Brandbestryding Voltydse Kliniekdienste
Jeugsentrum
Naaldwerkprojek
Sekuriteitswagstelsel
PROJEKTE HOEVEELHEID LIGGING 2002/2003 2003/2004 2004/2005 2005/2006 2006/2007 TOTALE BRON
BESKRYWING BOEKJAAR KOSTE PER ITEM BOEKJAAR KOSTE PER ITEM BOEKJAAR KOSTE PER ITEM BOEKJAAR KOSTE PER ITEM BOEKJAAR KOSTE PER ITEM PROJEKKOSTE
INFRASTRUKTUUR:
Opleiding: Meentkomitees Bepaal Bepaal 22000.00 30000.00 52000.00 LANDBOU/FARM
Skep van struktuur 1 Khâi-MA 17000.00 17000.00 MIN/KONSULTANT
SOSIALE ONTWIKKELING:
Grond gebruik plan 1 63000.00 63000.00 KHâI-MA
AFKORTINGS VIR BEFONDSERS
Vervoer -Departement van Vervoer
RAMPBESTUURSPLAN
Die Khai-Ma jurisduksie is 9 531 vierkante kilomenter groot met Aggeneys as myndorp, Pofadder, Pella, Onseepkans en Witbank wat die deel vorm. Die gebied met sy uitgestrekte dorsland is bekend dat hy ryk is aan minerale. Pofadder as hoofdorp is 145 km wes van Kakamas en 162 km oos van Springbok en die Namibiese grens, 52 km noord van die pad wat Noorde tot streep. Aggeneys as myndorp bied werskgeleenthede aan die plaaslike gemeenskappe. Pella is bekend vir sy dadel plantasies. Die Oranjerivier wat kronkel vanaf Onseepkans, weswaarts aan die soom van Pella grens tot by die see.
Rampbestuursbeleid
Die Nasionale Rampbestuurskomitee was gestig in Februarie 1996 met die uitsluitlik doel om risiko verligting en rampbestuur te behartig. Die hooffunksie van die Nasionale Rampbestuurskomitee was om te dien as 'n koördinerende instelling, asook om die nasionale regering se verbintenis tot 'n nasionale beleid en strategieë vir rampbestuur te verstewig. 'n Taakspan is op nasionale vlak saamgestel om 'n groenskrif vir Rampbestuur vir die Kabinet saam te stel. Die doel om tydige en ontydige rampe te kan voorkom en hanteer.
Migrasie van ingesetenes vanaf landelike gebiede na stedelike gebiede. Die beweging van persone (urbanisasie) is 'n direkte gevolg van werk verliese in die landbou sektor.
In baie gevalle is die migrasie van mense 'n gevolg van beperkte werksgeleenthede in by landelike gebiede. Dit gee daartoe aanleiding dat tydelike strukture vir plakkerskampe opgerig word wat gevolglik kwesbaar is vir die verspreiding van vure en vloede tydens stortreëns.
Lewensverlies as gevolg van vloede soos die Laingsburg vloed van 1981 -104 persone is gedood.
Rampe veroorsaak ook dat armoede toeneem. Baie gebiede langs die rivier word gekenmerk deur informele huisvesting, sonder voldoende basiese dienste wat aanleiding gee tot die besoedeling van die waterbronne.
Ontwikkelingsprojekte wat geïnisieer word deur die Regering word gekniehalter deur rampe. Dit het 'n finansiële impak op toekomstige ontwikkeling.
Rampe het ook 'n sosiale effek op gemeenskappe o.a. trauma, stress, ekonomiese aktiwiteite en gemeenskaplewe.
Algemene benadering tot die bestuur van 'n Ramp in die Khâi-Ma gebied.
Watter maatreëls kan geneem word ten einde 'n Ramp te bestuur asook om die risiko verbonde te verminder / verlig. Indien 'n ramp sou gebeur in die Khâi-Ma gebied sal daar administratiewe besluite geneem word asook ander operasionele aktiwiteite onder andere voorhang, gereedheid, reaksie en rehabilitasie.
Organisasies / Strukture binne die gemeenskap behoort ook 'n bydrae / kritiese rol te speel.
Indien 'n Ramp sou gebeur, is daar sekere prosedure wat tradisioneel gevolg word.
Pre-Ramp risiko verligtings / veranderingsfase
Post Ramp Opruimingfase n Werkswinkel is in die vooruitsig gestel vir April 2002 om die Raadslede, wykskomitees aan boord te bring. Inligtingsessies behoort op 'n gereelde grondslag binne die onderskeie gemeenskappe gelood te word, veral waar daar ramp waarskynlikhede geidentifiseer is. In die situasies is kommunikasie van deurslaggewende belang.
Sekere rampe is eie aan die Khâi-Ma gebied.
A. DROOGTES
Meteorologiese wetenskalikes is so ver gevorderd met die tegnologie dat droogte patrone deur hulle voorspel word. Waarskuwings van droogtes is nie altyd perfek nie, omdat droogtes gewoonlik voorkom oor 'n lang periode en droogtes is nooit uniform nie.
Aksieplanne
Waterbesparingsmaatreëls -o.a. natmaak van tuine wat verkieslik in die aand gedoen word.
Beskikbaarstelling van watertekens deur die SAWW.
Droogteverligtingsubsidies van die Regering.
Beskikbaarheid / Toeganklikheid tot lenings.
Kommunikasie strategie en advies vir plaasboere en gemeenskappe insake die hantering van droogtes.
Mobilisasie van steun vanaf nie-regerings organisasie en Provinsiale Regeringdepartemente veral in die erg droog geteisterde gebiede.
Die Departement van Waterwese moet pro-aktief betrokke by preventatiewe beheermaatreëls.
B. VLOEDE
Vloede is natuurlike verskynsels wat gewoonlik op onreëlmatige tye gebeur. Die skaal van vloede verskil van hewige vloede tot gematigde vloede. Die bestuur van vloede kan geklassifiseer word as strukturele en nie-strukturele maatreëls.
Strukturele-maatreëls sluit in fisiese maatreëls o.a. die bou of konstruksie van vloed verwakkingsdamme, rivier-dreineringswerke o.a. oewerwalle, afvoervore.
Nie-strukturele maatreëls-behels byvoorbeeld die toepassing van grondgebiede praktyke op vloedvlaktes, afhandiging van veiligheidsregulasies van wetgewing.
Riglyne vir vloedbestuur is vervat in die bepalings van die Waterwet asook in Provinsiale Ordonasies. Stadsbeplanning en boustandaarde speel ook 'n belangrike rol in die geval. Grootskaalse vloedskade is in 'n groot mate te wyte aan swak beplanning en die vestiging van informele behuising in hoë risiko gebiede.
Aksieplanne
Die Raad moet die verantwoordelikheid neem om watervlakke te monitor en die inwoners aan die oewer van die rivier dienooreenkomstig in te lig. Die betrokke Nasionale en Provinsiale departmente behoort ook vroegtydig in kennis gestel te word.
Nooddienste en vrywilligers behoort ook aangewend te word in 'n vloed situasie.
Indien die Munisipaliteit nie voldoende kapasiteit het om die situasie te hanteer nie, kan die hulp van die SAWW en die SAPD ingeroep word.
Ingeval 'n ramp skade gedoen het, moet tydelike huisvestig (tente), kos, komberse aan die betrokke gesinne voorsien word. In die geval kan van die hulp van die SAWW en vrywilliges gebruik gemaak word om die kos en komberse uit te deel.
n Koördineerder kan aangestel word met magtiging om orde te bewerkstellig.
Ingeval van hewig reënskade word paaie beskadig en dan moet die verkeersdepartement genader word om verkeer te beheer en te waarsku van skade van paaie.
C. VELDBRANDE
Vuur rampe word veroorsaak gewoonlik duer 'n enkele vuur wat normaalweg versprei, veral in geboue of andersins mag 'n sekondêre gevolg wees van 'n aardbewing.
Brandweer word gewoonlik ingeroep deur rampe veroorsaak dan padongelukke en geboue wat ineenstort.
Woud-en veldvure word veroorsaak deur weerlig.
Aksieplanne
Ingeval van 'n veldbrand moet die Rampbestuurder / SAPD in kennis gestel word.
Reaksiespan moet ontbied word indien die plaaslike span nie die ramp kan beheer nie.
D. SIVIELE ONTRUS
Dit is primer die verantwoordelikheid van die SAPD om siviele onrus te hanteer.
Daar is 'n aantal voorkomende gebiede waar die SAPD en SAWW
betrokke is ten einde te verseker dat onrus betyds en vroegtydig geidentifiseer word om onder andere.
Opstel van 'n gebeurlikheidsplan, beleid en riglyne om noodgevalle te hanteer.
Vestiging van veiligheidsmeganismes in buurlande ten einde intelligensie in te win.
Verseker dat nood kommunikasie stelsels in plek is.
Aksieplanne
Koordinasie van aktiwiteite betreffend beheer vir rampgebiede.
Die SAPD sal gewoonlik die naasbestaandes in kennis stel van lewensverliese.
E. EPIDEMIESE EN GESONDHEIDSRAMPE
Gesondheids indikatore soos wanvoeding en siektes is die mees algemene indikatore van armoede en kwesbaarheid. Die Departement van Gesondheid speel 'n belangrike rol in ramp situasie, veral by die uitbreek van epidemies en verspreiding van siektes.
Aksieplanne
Gebeurlikheidsplanne moet geformuleer word vir verskaffing van mediese voorrade, kos en water.
Monitering van siektetoestande / patrone in buurstate.
G. SKADELIKE STOWWE / BESOEDELING
Hierdie gebied het geen noemenswaardige industrieë nie en dit is slegs indien daar 'n swaarvragmotor met 'n chemise / skadelike stof wat betrokke is in 'n ongeluk, 'n ramp situasie sal veroorsaak. Dit is immers die verantwoordelikheid van die maatskappy om opruimingswerk en rehabilitasie te bewerkstellig.
Aksieplanne
Ingeval van 'n ongeluk, moet verkeer deur die verkeersdepartement / SAPD reguleer word of die pad moet gesluit word vir verkeer.
Persone moet verbied word om naby die toneel te rook.
Brandblussers moet na die toneel geneem word vir enige gebeurlikheid soos ontploffing / brand.
Wetgewing is gwoonlik tweërlei, 'n omvattend regsinstrument wat magtiging gee aan die beleid en planne van Rampbestuur en wetgewing wat noodmagte verleen aan die instansies in noodgevalle.
GRONDGEBRUIKSPLAN
Die grondgebruiksplan of die raamwerk van 'n Munisipaliteit moet ingesluit wees in die Munisipaliteit se GOP in terme van seksie 26 (e) van die Munisipale / Sisteme Wet en moet die volgende bevat:
(a) moet effek gee aan die direktiewe beginsels.
b moet in lyn wees met die Nasionale grondgebruik raamwerk.
c moet in lyn wees met die Provinsiale grondgebruik ontwikkelingsraamwerk wat toepaslik daardie munisipale area.
d moet in lyn wees met enige toepaslike nasionale en provinsiale wetgewing op omgewing­bestuur, en moet verdere effek gee aan enige nasionale en provinsiale planne en beplanningswetgewing.
'n Munisipale grondgebruik ontwikkelingsraamwerk moet ten minste die volgende reflekteer:
Die huidige patrone van grondgebruik in die Munisipaliteit.
Enige grondgebruik ongelykhede in huidige grondgebruik patrone in die Munisipaliteit.
n Konsepsuele raamwerk wat rigting gee aan:
wenslike patrone van grondgebruik in die Munisipale gebied die heropbou van grondgebruikspatrone binne die Munisipale gebied, insluitende die regstelling van grondgebruik ongelykhede van die verlede en die integrasie van voorheen benadeelde gebiede.
rigting aan ekonomiese groei.
hoof vervoer-en bewegingsroetes.
die bewaring van die natuurlike en gebonde omgewing.
die identifisering van gebiede waar besondere tipe grondgebruik ontmoedig of aangemoedig moet word.
die identifisering van gebiede waar die intensiteit van grondontwikkeling moet verhoog of verlaag en besluitnemings wat verband hou met die lokaliteit en omvang van ontwikkeling in die Munisipale gebied.
opstel van 'n plan teen 'n voorgeskrewe skaal wat die grafiese illustrasies of waar van toepassing die menslike grondgebruik vorm van die Munisipale gebied beskryf.
n analise van vakante grond in die Munisipale gebied wat aandui:
i vakante grond met 'n strategiese ligging. ii eienaarskap en waarde van sulke grond iii huidige sonering van sulke grond iv die geo-tegniese en ander fisiese kondisies van die grond v die omliggende grondgebruike en vi die mees geskikte gebruik vir daardie spesifieke grond.
basiese riglyne vir 'n grondgebruik bestuursisteem in die Munisipale gebied.
n kapitale uitgawe program vir die implementering van die Munisipaliteit se grondgebruiksraamwerk strategiese bepaling van die omgewingsimpak op die grondgebruik­ontwikkelingsraamwerk en enige ander saak wat voorgeskryf word.
Khâi-Ma Munisipaliteit het reeds ver gevorder met hierdie proses en het Stabilis-Konsultante genader om moontlike befondsing te soek vir toekomstige uitbreiding soos vervat in die GOP en ander relevante wetgewing. Sien aangehegte kaarte van die volgende plekke vir toekomstige uitbreidings soos deur die onderskeie gemeenskappe uitgewys.
Pofadder en Blyvooruitsig (Aanhangsel C)
Die geïntegreerde Vervoer Plan moet die beplanningsowerheid se Amptelike visie beleid en oogmerke formuleer in lyn met nasionale en provinsiale beleide. Die Geïntegreerde Vervoer Plan moet ten minste die volgende bevat:
a Dit moet die beplanningsowerheid se veranderinge spesifiseer t.o.v. padvervoer beleid en strategieë vanaf die vorige vyfjaarplan insluitende 'n lys wat die volgende aanspreek:
i in orde van voorkeur die projekte en projeksegmente wat uitgevoer moet word asook die koste van elke projek in die vyf jaar periode. ii Moet gereed wees vir volle kennis van relevante GOP en grondsontwikkelingsdoelstellings soos gestel in terme van die Wet op Ontwikkelingsfasilitering of waar van toepassing in terme van 'n wet van die provinsie. iii Insluitende alle modes van vervoer en infrastruktuur insluitende nuwe of veranderde paaie en kommersiële ontwikkelings wat 'n impak sal hê op die padvervoersisteem.
insluitende die beplanningsowerheid se begrotingsbesonderhede wat sal insluit die befondsingsbronne met betrekking tot padvervoer vir die relevante finansiële jaar in die formaat soos voorgeskryf deur die Lid van die Uitvoerende Raad van die Provinsie.
Insluitende die openbare vervoerplan van die beplanningsowerheid wat bestaan uit;
openbare vervoer rekords verwys na openbare vervoeroperateurs binne die munisipale jurisduksie gebied.
uiteensetting van 'n algemene strategie vir die bestuur van reisbehoeftes.
Uiteensetting van 'n pad en vervoer infrastruktuur voorsiening, verbeterings en onderhoudstrategieë.
Uiteensetting van 'n algemene strategie of plan vir die beweging van giftige stowwe of middele.
Voorgestelde institusionele beplannings of verantwoordelikhede:
Die Geïntegreerde Vervoer Plan is die verantwoordelikheid van die Vervoer owerheid wat meer korrespondeer met die Distrik-owerheid. Daarom is die sektor-beamptes, amptenare van die Distriksmunisipaliteit.
Een beampte van die plaaslike owerheid moet gesekondeer word na die beplanningstaakspan van die Vervoer-owerheid of hy / sy moet nouliks skakel met die Vervoer-owerheid op 'n tydelike basis ten einde wedersydse inskakeling van die Geïntegreerde Vervoer Plan met die GOP te verseker.
Huidige stand van sake / status quo
Paaie
Die N14 verbind Pofadder met Upington via Keimoes en Kakamas en ook met Springbok. Aggeneys is ook langs die roete geleë. Die R358­gruispad verbind Pofadder met Onseepkans terwyl die verbinding tussen Pella en die N14 'n gruispad is. Hierdie pad is egter intussen geteer. Witbank is ook deur middel van 'n gruispad met Pofadder verbind. Openbare staanplekke vir taxi's is reeds opgerig in Pofadder en Aggeneys. Soortgelyke projekte te wete taxi-staanplekke is ook geprioritiseer vir Pella en Onseepkans. Pofadder, Aggeneys en Pella is die drie dorpe wat huidiglik deur taxi's bedien word. Khâi-Ma Munisipaliteit beskik ook oor 'n 42-sitplek openbare bus.
BYLAAG B BYLAAG B BYLAAG B
JA/NEE K M L K M L K M L K M L K M L K M L K M L K M L K M L K M L
INFRASTRUKTUUR
WATERVOORSIENING JA
BRON
KWALITEIT
KWANTITEIT
VERSPREIDING
BESKIKBAARHEID PER ERF
DRUK VOLDOENDE
BEHUISING KATEGORIE 1 JA
KATEGORIE 2
KATEGORIE 3
KATEGORIE 4
VERVOER JA
PADVERVOER
SPOORVERVOER
LUGVERVOER
EKSTERNE INFRASTRUKTUUR
INTERNE INFRASTRUKTUUR
ANDER
SANITASIE JA
INTERNE SANITASIE
EKSTERNE SANITASIE
OP-ERF SANITASIE
ANDER
STORMWATERDREINERING JA
EKSTERNE SANITASIE
INTERNE SANITASIE
ANDER
VASTE AFVAL JA
EKSTERN
ANDER
ENERGIE/ELEKTRISITEIT JA
EKSTERN
ANDER
TELEKOMMUNIKASIE JA
EKSTERN
ANDER
LANDBOU SEKTOR
WATERVOORSIENING JA
VEEBOERDERY
BESPROEIING
ANDER
GROND JA
VEEBOERDERY
BESPROEIING
JA/NEE K M L K M L K M L K M L K M L K M L K M L K M L K M L K M L
ANDER
BEFONDSING JA
GROND AANKOPE/HUUR
INFRASTRUKTUUR
PRODUKSIEMIDDELE
OPLEIDING/KAPASITEITSBOU
NAVORSING
ANDER
SKEP STRUKTURE JA
MYNBOU & OMGEWING JA
BEPAAL POTENSIAAL
BEFONDSING
KUNDIGHEID
OPLEIDING/KAPASITEITBOU
OMGEWINGSBESTUUR
INFRASTRUKTUUR
SKEP STRUKTURE
ANDER
TOERISME & BESIGHEID JA
BEPAAL POTENSIAAL
BEFONDSING
KUNDIGHEID
INFRASTRUKTUUR
OPLEIDING/KAPASITEITBOU
SKEP STRUKTURE-TOERISME
SKEP STRUKTURE-BESIGHEID
ANDER
INSTITUSIONEEL JA
ADMINISTRASIE
INTEGRASIE VAN GEBIED
ORGANOGRAM
PRESTASIE KONTRAKTE
OPLEIDING/KAPASITEITBOU
ADMINISTRATIEWE STELSEL
FINANSIEEL
BETALING VIR DIENSTE
BEGROTINGS
OPLEIDING/KAPASITEITBOU
ANDER
GEMEENSKAPSDIENSTE JA
BEMAGTIGING
KAPASITEITSBOU
JA/NEE K M L K M L K M L K M L K M L K M L K M L K M L K M L K M L
GESONDHEIDSPROGRAMME
OPVOEDING
SPORT & ONTSPANNING
NOODDIENSTE
STRUKTURE
ANDER
BEHOEFTE OMSKRYWING BEHOEFTE
JA/NEE K M L K M L K M L K M L K M L K M L K M L K M L K M L K M L
INFRASTRUKTUUR
WATERVOORSIENING
BRON
KWALITEIT
KWANTITEIT
VERSPREIDING
BESKIKBAARHEID PER ERF
DRUK VOLDOENDE
BEHUISING KATEGORIE 1
KATEGORIE 2
KATEGORIE 3
KATEGORIE 4
VERVOER
PADVERVOER
SPOORVERVOER
LUGVERVOER
EKSTERNE INFRASTRUKTUUR
INTERNE INFRASTRUKTUUR
ANDER
SANITASIE
INTERNE SANITASIE
EKSTERNE SANITASIE
OP-ERF SANITASIE
ANDER
STORMWATERDREINERING
EKSTERNE SANITASIE
INTERNE SANITASIE
ANDER
VASTE AFVAL
EKSTERN
ANDER
ENERGIE/ELEKTRISITEIT
EKSTERN
ANDER
TELEKOMMUNIKASIE
EKSTERN
ANDER
LANDBOU SEKTOR
WATERVOORSIENING
VEEBOERDERY
BESPROEIING
ANDER
GROND
VEEBOERDERY
BESPROEIING
ANDER
BEFONDSING
GROND AANKOPE/HUUR
INFRASTRUKTUUR
PRODUKSIEMIDDELE
OPLEIDING/KAPASITEITSBOU
NAVORSING
ANDER
SKEP STRUKTURE
MYNBOU & OMGEWING
BEPAAL POTENSIAAL
BEFONDSING
KUNDIGHEID
OPLEIDING/KAPASITEITBOU
OMGEWINGSBESTUUR
INFRASTRUKTUUR
SKEP STRUKTURE
ANDER
TOERISME & BESIGHEID
BEPAAL POTENSIAAL
BEFONDSING
KUNDIGHEID
INFRASTRUKTUUR
OPLEIDING/KAPASITEITBOU
SKEP STRUKTURE-TOERISME
SKEP STRUKTURE-BESIGHEID
ANDER
INSTITUSIONEEL
ADMINISTRASIE
INTEGRASIE VAN GEBIED
ORGANOGRAM
PRESTASIE KONTRAKTE
OPLEIDING/KAPASITEITBOU
ADMINISTRATIEWE STELSEL
FINANSIEEL
BETALING VIR DIENSTE
BEGROTINGS
OPLEIDING/KAPASITEITBOU
ANDER
GEMEENSKAPSDIENSTE
BEMAGTIGING
KAPASITEITSBOU
GESONDHEIDSPROGRAMME
OPVOEDING
SPORT & ONTSPANNING
NOODDIENSTE
STRUKTURE
ANDER
