






UMPHANDLE|UBOMI BAKHO|IMIBA|USHICILELO |IZALATHISO |URHULUMENTE|IITHENDA|IMISEBENZI





English
|
Afrikaans
|
Malunga
|
Qhagamshelana
|
Uncedo
|
Funa nzulu  |



 





Umphandle > Ushicilelo > IiNkcukacha Zoluntu > I > Kwelvrae oor MIV en Vigs &gt Kan Mens deur Sosiale Kontak met MIV Besmet Word?

Kan Mens deur Sosiale Kontak met MIV Besmet Word?



Vraag: Kan mens met MIV besmet word deur 'n persoon met MIV en vigs te omhels, eetgerei te deel, badhandoeke te deel, openbare toilette te gebruik, deur 'n hond gebyt te word, deur 'n muskietbyt of deur saam met iemand te werk wat MIV en vigs het?

Antwoord: Nee.

Enige sosiale kontak met 'n MIV-besmette mens hou geen gevaar van besmetting met MIV en vigs vir onbesmette mense in nie. Hoewel MIV aangetref is in liggaamsvloeistowwe soos spoeg en uriene, is daar geen wetenskaplike bewyse wat toon dat di vloeistowwe die oordrag van MIV veroorsaak nie.

Daar is geen bekende gevaar van oordrag deur sweet, trane, asemhalingsdruppels, swembadwater, gesamentlike badwater, kos of drinkwater nie.

Data is oor vier jaar ingesamel van meer as 16 000 mense met MIV en vigs met familielede en gesondheidsorgwerkers wat hulle versorg het. Tot dusver is nie een van hulle met MIV besmet deur di daaglikse sosiale kontak nie. Dit vereis gewoonlik onbeskermde, penetrerende seksuele kontak of gebreekte vel voordat dit gebeur. Heel vel bly die beste weerstand teen die virus.

Daaglikse omgang:
MIV word nie deur daaglikse omgang versprei nie
MIV kan nie in die lug, water of kos voortbestaan nie
MIV is swak - dit leef net in liggaamsvloeistowwe
MIV versprei net as die liggaamvloeistof van 'n persoon met MIV in die bloedstroom van 'n ander persoon beland
Dit is hoekom 'n handdruk met mense met MIV nie die virus versprei nie. As dit nie waar was nie, sou baie meer mense MIV gehad het.

Dokters, verplers, onderwysers, kollegas, vriende en familie raak almal aan mense met MIV en kry nie die virus nie, tensy hulle onbeskermde seks het of naalde met hulle deel.

Mense met MIV kan vir ander mense kos voorberei sonder die gevaar dat die infeksie oorgedra sal word. Die virus versprei nie op deurknoppe, toetsborde, telefone of enigiets anders waaraan iemand met MIV geraak het, of deur kos wat voorberei is deur iemand wat MIV het nie.

Niemand het nog ooit besmet geraak deur sigarette te deel, op genies te word, of gespoeg te word deur iemand wat MIV het nie. Masels en waterpokkies word deur die lug versprei, maar MIV word nie deur die lug of insekte soos muskiete of vlooie oorgedra nie. Verkoue en griep kan ernstig wees vir iemand wat MIV en vigs het. Moet nooit iemand wat waterpokkies of masels het toelaat om die kamer in te kom waar iemand wat met MIV en vigs verpleeg word wanneer hulle siek is nie.

MIV en Alkohol- en Dwelmmisbruik
Alkohol of dwelmmisbruik benvloed mense se vermo om besluite te neem en maak dit meer waarskynlik dat 'n mens nie helder sal dink nie en meer geneig sal wees om dinge te doen wat hulle in gevaar stel om MIV op te doen, soos om naalde te deel of onbeskermde seks te h.


UMTHAMO | < Icandelo Elingaphambili | Icandelo Elilandelayo >


UMTHAMO: Kwelvrae oor MIV en Vigs

* Hoe Vertel Ek My Dogter Van My MIV-status?
* Is Berading Nodig Voordat Mens 'n Vigstoets Ondergaan?
* Kan ek my Baba Borsvoed as ek MIV-positief is?
* Is dit Moontlik om deur Orale Seks met MIV Besmet te Word?
* Kan Mens Voorkom dat jy MIV-besmetting deur Orale Seks Opdoen?
* Wat Is Teen-retrovirale Terapie? Hoe Werk Dit?
* Hoekom Lyk dit of Swart Vroue in Suid-Afrika Meer Kwesbaar is vir MIV-besmetting as Enigeen Anders?
* Kan Mens deur Sosiale Kontak met MIV Besmet Word?
* Watter Bewyse is daar dat Goeie Voeding Deurlopend die Immuunrespons Verbeter?
* Kan ek Daarop Aandring dat Iemand 'n MIV-toets moet Ondergaan Voordat ek Hom of Haar Aanstel?
* Hoe kan ek my Vriendin Ondersteun wat met MIV en Vigs Leef?
* Hoe Verwerk ek 'n Vigssterfte?
* Wat Moet ek Oorweeg Voordat ek my MIV-positiewe Status aan Nabye Vriende en Familie Onthul?
* Hoekom Moet jy Altyd Kondome Gebruik Terwyl jy Teenretrovirale Middels Neem?
* Watter Raad en Berading oor MIV en Vigs is Beskikbaar vir Klein- en Mediumgrootte Ondernemings?
* Moet ek Alleen Gaan of Behoort ek my Seksmaat Saam met my te Neem vir 'n MIV-toets?
* Hoe Werk die Regering se TRV-program en Waar kan ek die Medisyne in die Hande Kry?
* My MIV-toets was in 1998 toe ek TB gehad het Positief. Behoort ek Nou met TRV's te Begin?
* Hoe Praat ek met my Kinders oor MIV en Vigs?
* Kan my Kinders Toevallig MIV Opdoen?
* Wat is die Kanse dat my Kind MIV en Vigs by die Speelskool kan Opdoen?





This content also available in English | Le nkcazelo iyafumaneka nangesi Xhosa



Umxholo okweli phepha wagqibela ukuhlaziywa nge- 10 uJanuwari 2006



Ingaba kukho nto ungayiqondiyo kwiintetho zaseburhulumenteni



| IMIBUZO? Sibuze nje wena: questions@capegateway.gov.za



Isigama Esinokusetyenziswa | uMgaqo-nkqubo Wemfihlelo | Ilungelo Lobunini







I-Cape Gateway yinkonzo karhulumente ejoliswe kubemi beNtshona Koloni, ebonelela ngolwazi ngorhulumente wedolophu, owephondo nowesizwe





