






UMPHANDLE|UBOMI BAKHO|IMIBA|USHICILELO |IZALATHISO |URHULUMENTE|IITHENDA|IMISEBENZI





English
|
Afrikaans
|
Malunga
|
Qhagamshelana
|
Uncedo
|
Funa nzulu  |



 





Umphandle > Ushicilelo > IiNkcukacha Zoluntu > I > Kwelvrae oor MIV en Vigs &gt Hoekom Lyk dit of Swart Vroue in Suid-Afrika Meer Kwesbaar is vir MIV-besmetting as Enigeen Anders?

Hoekom Lyk dit of Swart Vroue in Suid-Afrika Meer Kwesbaar is vir MIV-besmetting as Enigeen Anders?



Vraag: Hoekom lyk dit of swart vroue in Suid-Afrika meer kwesbaar is vir MIV-besmetting as enigeen anders?

Antwoord: Statistiek toon dat swart mense 'n ho voorkomsyfer van MIV en vigs het. Afrika-suid-van-die-Sahara het die hoogste voorkomsyfer ter wreld. Mense wat die grootste gevaar staan is diegene in die ekonomies-aktiewe bevolking. Dit lyk ook of swart vroue tussen die ouderdom van 15 tot 49 jaar, wat in hulle voortplantingsjare is, die hoogste risiko van besmetting loop. Dit laat die vraag ontstaan hoekom swart mense die groep is wat die meeste geraak word en, soos die syfers wys, die meeste van al die bevolkingsgroepe besmet word?

Die geskiedenis van die oneweredige verspreiding van rykdom in Suid-Afrika, wat in die apartheid-tyd swart mense die basiese menseregte van onderwys, behuising, werksgeleenthede en toegang tot gesondheidsdienste ontneem het, kan met die ho voorkoms van MIV en vigs verbind word.

Die sosio-ekonomiese status van swart mense maak hulle vatbaar vir infeksies soos TB, seksueel-oordraagbare infeksies (SOI's), en MIV en vigs. Diegene wat in informele nedersettings woon is veral vatbaar omdat hulle waarskynlik arm en werkloos is. Hulle moet in omstandighede woon wat gekenmerk word deur swak infrastruktuur, met geen sanitasie, geen skoon, lopende water en geen elektrisiteit nie. Oorbevolking en, in sommige gebiede, geen ventilasie nie, is bevorderlik vir siektes.

Die status van vroue in die swart geneemskap is laag, wat hulle blootstel aan seksueel-oordraagbare infeksies, omdat hulle dikwels onmagtig voel om met hulle bedmaats te onderhandel oor veiliger seks (die gebruik van kondome), weens die sterk kulturele geloof dat die man die aanvoerder is wat seksuele sake betref. Hulle geldelike afhanklikheid van hulle metgeselle maak hulle ook kwesbaar.

Vroue wat op die platteland woon en diegene wat op plase werk is selfs meer vatbaar vir seksueel-oordraagbare siektes, wat MIV en vigs insluit, omdat toegang tot gesondheidsorggeriewe beperk is omdat daar so min dienste is. In sommige gevalle bestaan sulke geriewe glad nie. Boonop het vroue dikwels ook nie geld nie.

In ander omstandighede kan die stigma-vrees veroorsaak dat vroue nie die feit bekendmaak dat hulle MIV-positief is nie. Daarby verhoog biologiese faktore vroue se kwesbaarheid weens onopgespoorde SOI's en die feit dat seksuele vloeistowwe twee of drie dae lank in haar liggaam bly en die bloedstroom kan binnedring as daar enige stukkende plekke weens SOI's of gedwonge omgang is.

Die beweging van mense wat na 'n beter lewe op soek is, van een gebied na 'n ander (trekarbeid), stel hulle bloot aan MIV omdat hulle lang tydoerke van hulle gesinne af weg is. Mans wat weens hulle werksomstandighede vir lang tydperke van hulle vrouens/gesinne af weg moet wees, kan met ander verhoudings begin waar hulle dikwels nie veiliger seks beoefen nie. Dit stel beide mans en vroue verder aan MIV en vigs bloot.


UMTHAMO | < Icandelo Elingaphambili | Icandelo Elilandelayo >


UMTHAMO: Kwelvrae oor MIV en Vigs

* Hoe Vertel Ek My Dogter Van My MIV-status?
* Is Berading Nodig Voordat Mens 'n Vigstoets Ondergaan?
* Kan ek my Baba Borsvoed as ek MIV-positief is?
* Is dit Moontlik om deur Orale Seks met MIV Besmet te Word?
* Kan Mens Voorkom dat jy MIV-besmetting deur Orale Seks Opdoen?
* Wat Is Teen-retrovirale Terapie? Hoe Werk Dit?
* Hoekom Lyk dit of Swart Vroue in Suid-Afrika Meer Kwesbaar is vir MIV-besmetting as Enigeen Anders?
* Kan Mens deur Sosiale Kontak met MIV Besmet Word?
* Watter Bewyse is daar dat Goeie Voeding Deurlopend die Immuunrespons Verbeter?
* Kan ek Daarop Aandring dat Iemand 'n MIV-toets moet Ondergaan Voordat ek Hom of Haar Aanstel?
* Hoe kan ek my Vriendin Ondersteun wat met MIV en Vigs Leef?
* Hoe Verwerk ek 'n Vigssterfte?
* Wat Moet ek Oorweeg Voordat ek my MIV-positiewe Status aan Nabye Vriende en Familie Onthul?
* Hoekom Moet jy Altyd Kondome Gebruik Terwyl jy Teenretrovirale Middels Neem?
* Watter Raad en Berading oor MIV en Vigs is Beskikbaar vir Klein- en Mediumgrootte Ondernemings?
* Moet ek Alleen Gaan of Behoort ek my Seksmaat Saam met my te Neem vir 'n MIV-toets?
* Hoe Werk die Regering se TRV-program en Waar kan ek die Medisyne in die Hande Kry?
* My MIV-toets was in 1998 toe ek TB gehad het Positief. Behoort ek Nou met TRV's te Begin?
* Hoe Praat ek met my Kinders oor MIV en Vigs?
* Kan my Kinders Toevallig MIV Opdoen?
* Wat is die Kanse dat my Kind MIV en Vigs by die Speelskool kan Opdoen?





This content also available in English | Le nkcazelo iyafumaneka nangesi Xhosa



Umxholo okweli phepha wagqibela ukuhlaziywa nge- 10 uJanuwari 2006



Ingaba kukho nto ungayiqondiyo kwiintetho zaseburhulumenteni



| IMIBUZO? Sibuze nje wena: questions@capegateway.gov.za



Isigama Esinokusetyenziswa | uMgaqo-nkqubo Wemfihlelo | Ilungelo Lobunini







I-Cape Gateway yinkonzo karhulumente ejoliswe kubemi beNtshona Koloni, ebonelela ngolwazi ngorhulumente wedolophu, owephondo nowesizwe





