






UMPHANDLE|UBOMI BAKHO|IMIBA|USHICILELO |IZALATHISO |URHULUMENTE|IITHENDA|IMISEBENZI





English
|
Afrikaans
|
Malunga
|
Qhagamshelana
|
Uncedo
|
Funa nzulu  |



 





Umphandle > Ushicilelo > IiNkcukacha Zoluntu > I > Kwelvrae oor MIV en Vigs &gt Hoe Praat ek met my Kinders oor MIV en Vigs?

Hoe Praat ek met my Kinders oor MIV en Vigs?



Vraag: Ek het twee kinders onder 10 en hulle vra dikwels vrae oor baie ingewikkelde sake. Onlangs het hulle vrae oor MIV en vigs baie moeilik geword om te antwoord en ek is nie altyd seker wat om te s of hoe ek die onderwerp behoort te benader nie. Ek is egter bewus daarvan dat hulle inligting nodig het. Wat moet ek doen?

Antwoord: Wanneer mens met kinders oor moeilike sake praat laat dit ouers dikwels wonder of hulle die vrae voldoende en toepaslik hanteer het. MIV en vigs is sulke ingewikkelde kwessies om oor te praat omdat dit vir almal van ons uitdagings inhou. Wanneer ons oor MIV en vigs begin praat besef ons ook dat dit kan beteken dat ons oor verwante sake soos seks en seksualiteit moet praat.

Jou gevoel is in die kol dat kinders inligting moet h oor MIV en vigs. Net soos ons ons kinders padrels leer sodat hulle veilig kan wees en 'n manier kan h om 'n moontlike gevaarlike situasie te hanteer, moet ons ons kinders leer oor ander moontlike gevaarlike situasies. Ons probeer kinders grootmaak in 'n omgewing waar geweld algemeen is, MIV-besmetting toeneem, dwelms algemeen voorkom en maklik beskikbaar is, en ho-risiko seksuele aktiwiteit die norm is. Dit alles beteken dat as ons enige van die kwessies wil hanteer en daaroor praat, ons eerstens oop en doeltreffende kommunikasie moet aanmoedig. Dit sal bestaan uit beide die antwoord van vrae sowel as om aandagtig te luister selfs wanneer die onderwerpe onder besprekings nie maklik is om te hanteer nie.

Hoekom is dit belangrik vir ouers om met hulle kinders te kommunikeer oor MIV en vigs?

* Kinders moet in staat wees om hulleself te beskerm
* Hulle moet toegerus wees om beheer oor hulle liggame te neem
* Om in staat te wees om hulle gevoelens te hanteer oor sommige van die kwessies wat die onderwerp na vore kan bring
* Hulle moet ook daarop voorbereid wees om die uitdagings te hanteer wat hulle as tieners of later as jong volwassenes mag tekom

Wanneer kinders vrae vra is dit omdat hulle vertrou dat jy in staat is om hulle inligting te kan gee. Partykeer sal hulle vrae om ander bronne van inligting wat hulle mag h te bevestig of te verifieer wat dalk nie noodwendig akkuraat is nie! Hoe ookal, gee dit 'n goeie geleentheid om te begin kommunikeer oor moeilike dinge.

Hier is wenke wat jou sal help begin:

* Moenie Paniekerig Raak Nie! Jou kinders sal waarskynlik sommige dinge vra waarop jy nie voorbereid is nie en wat jou ongemaklik kan laat voel. Paniek, wat kan uitloop op geen reaksie of 'n afmaak van die vraag, sal nie help nie. Goeie inligting kan hulle help om veilig te bly en wyse besluite te neem.


* Moedig Gesprekke Aan - Wees oop daarvoor om met jou kinders oor allerhande dinge te praat. Gesels, deel, lag, kommunikeer!


* Begin Jonk - Hoe vroer jy begin, hoe makliker is dit. Teen die tyd dat jou kinders tieners is sal hulle voorbereid wees, en minder geneig wees om onwyse keuses te maak.


* Wees Sensitief - Respekteer die stadium en ouderdom waarop jou kinders is. Moenie meer inlgiting gee as wat hulle wil h of nodig het nie. (Bv. 'n 6-jarige en 'n 9-jarige sal verskillende vrae en bekommernisse h). As jy nie seker is nie, vra raad. Moenie aanhou praat nadat hulle opgehou luister het nie.


* Begin Gesprekke - Skep 'n atmosfeer van vertroue en kommunikasie. Kry maniere om oor moeilike dinge te praat NOU!


* Praat Dikwels - 'n Eenkeer-in-'n-leeftyd sekspraatjie sal nie jou kinders al die inligting gee wat hulle nodig het nie. Herhaal jouself. Maak seker dat hulle verstaan wat jy s. Kinders moet dinge oor en oor hoor om te leer.


* Wees Eerlik - As jy nie weet wat die antwoord is nie, s so. Maar probeer dit s op 'n manier wat nie die kommunikasie beindig nie. Miskien kan jy voorstel dat die kind moet praat met 'n familielid of 'n gesondheidswerker. Nog beter, bied aan om saam te gaan! Probeer om saam met jou kinders te leer.


* Maak seker dat Jy toegerus is! Jy kan nie altyd voorspel wanneer 'n moeilike onderwerp sal opduik nie. Jy moet egter die feite h oor MIV en vigs en moet gemaklik voel daaroor om oor moeilike dinge te praat.

Aangepas uit: Helder en Duidelik - wenke oor hoe om met jou kinders te praat oor moeilike dinge!

Daar is baie bronne wat jy kan raadpleeg om jou by te staan. Sommige belangrike kontakte is:

ATICC, (021) 448 3812
Beplande Ouerskap Vereniging van Suid-Afrika (PPASA), (021) 448 7312 en
Love Life, (011) 327 6863 of www.lovelife.org.za


UMTHAMO | < Icandelo Elingaphambili | Icandelo Elilandelayo >


UMTHAMO: Kwelvrae oor MIV en Vigs

* Hoe Vertel Ek My Dogter Van My MIV-status?
* Is Berading Nodig Voordat Mens 'n Vigstoets Ondergaan?
* Kan ek my Baba Borsvoed as ek MIV-positief is?
* Is dit Moontlik om deur Orale Seks met MIV Besmet te Word?
* Kan Mens Voorkom dat jy MIV-besmetting deur Orale Seks Opdoen?
* Wat Is Teen-retrovirale Terapie? Hoe Werk Dit?
* Hoekom Lyk dit of Swart Vroue in Suid-Afrika Meer Kwesbaar is vir MIV-besmetting as Enigeen Anders?
* Kan Mens deur Sosiale Kontak met MIV Besmet Word?
* Watter Bewyse is daar dat Goeie Voeding Deurlopend die Immuunrespons Verbeter?
* Kan ek Daarop Aandring dat Iemand 'n MIV-toets moet Ondergaan Voordat ek Hom of Haar Aanstel?
* Hoe kan ek my Vriendin Ondersteun wat met MIV en Vigs Leef?
* Hoe Verwerk ek 'n Vigssterfte?
* Wat Moet ek Oorweeg Voordat ek my MIV-positiewe Status aan Nabye Vriende en Familie Onthul?
* Hoekom Moet jy Altyd Kondome Gebruik Terwyl jy Teenretrovirale Middels Neem?
* Watter Raad en Berading oor MIV en Vigs is Beskikbaar vir Klein- en Mediumgrootte Ondernemings?
* Moet ek Alleen Gaan of Behoort ek my Seksmaat Saam met my te Neem vir 'n MIV-toets?
* Hoe Werk die Regering se TRV-program en Waar kan ek die Medisyne in die Hande Kry?
* My MIV-toets was in 1998 toe ek TB gehad het Positief. Behoort ek Nou met TRV's te Begin?
* Hoe Praat ek met my Kinders oor MIV en Vigs?
* Kan my Kinders Toevallig MIV Opdoen?
* Wat is die Kanse dat my Kind MIV en Vigs by die Speelskool kan Opdoen?





This content also available in English | Le nkcazelo iyafumaneka nangesi Xhosa



Umxholo okweli phepha wagqibela ukuhlaziywa nge- 10 uJanuwari 2006



Ingaba kukho nto ungayiqondiyo kwiintetho zaseburhulumenteni



| IMIBUZO? Sibuze nje wena: questions@capegateway.gov.za



Isigama Esinokusetyenziswa | uMgaqo-nkqubo Wemfihlelo | Ilungelo Lobunini







I-Cape Gateway yinkonzo karhulumente ejoliswe kubemi beNtshona Koloni, ebonelela ngolwazi ngorhulumente wedolophu, owephondo nowesizwe





