






TUISBLAD|JOU LEWE|ONDERWERPE|PUBLIKASIES |GIDSE |JOU REGERING|TENDERS|WERKGELEENTHEDE





English
|
isiXhosa
|
Aangaande
|
Kontak
|
Hulp
|
Gevorderde Soektog  |



 





Tuisblad > Publikasies > Openbare Inligting > I > Kwelvrae oor MIV en Vigs &gt My MIV-toets was in 1998 toe ek TB gehad het Positief. Behoort ek Nou met TRV's te Begin?

My MIV-toets was in 1998 toe ek TB gehad het Positief. Behoort ek Nou met TRV's te Begin?



Vraag: Hoera!!! Uiteindelik het ons goeie nuus. Die regering het ingestem om teen-retrovirale middels (TRV's) aan ons te verskaf. My MIV-toets was in 1998 toe ek TB gehad het positief. Behoort ek nou met TRV's te begin?

Antwoord: Ek is bly om te hoor jy is opgewonde oor die TRV's wat vrylik beskikbaar gestel word. Dit is vir my moeilik om te s of jy sal kwalifiseer om TRV's te neem. Die beste ding om te doen is om na jou naaste kliniek of dokter te gaan en te vra dat jy na 'n MIV-kliniek verwys moet word. By die kliniek sal hulle bloed trek om jou CD4-telling te toets, wat die dokters help om te bepaal hoe sterk jou immuunstelsel is of hoe hoog jou virale lading is. Onthou, om in aanmerking te kom om TRV's te kry moet jou CD4-telling minder as 200 wees of jy moet 'n vigs-bepalende siekte h.

Onthou. MIV se kenmerk is dat dit ons immuunstelsel aanval en sodoende ons liggame kwesbaar maak vir infeksies. Ons immuunstelsel is soos ons liggaam se weermag. Sy werk is om ons gesond te hou deur te veg teen enige kieme of siektes wat ons aanval. Die immuunstelsel is saamgestel uit spesiale selle wat CD4-selle genoem word. Wanneer iemand 'n sterk immuunstelsel het, het hulle baie CD4-selle. As ons wil weet hoe sterk iemand se immuunstelsel is, doen ons 'n CD4-telling.

Om terug te gaan na hoe MIV die immuunstelsel aanval: Wanneer 'n persoon besmet word met MIV, neem dit die CD4-selle oor. Die virus keer dat die CD4-selle siekte beveg en dwing hulle om in plaas daarvan meer virusse te maak. Na baie jare het die persoon baie virusse in hulle bloed en baie min CD4-selle. Wanneer die immuunstelsel laag is, kan opportunistiese infeksies intree soos TB, wat die immuunstelsel selfs verder verlaag, maar soos jy weet kan TB behandel word, selfs as die persoon MIV-positief is.

'n Herinnering dat daar geen genesing is vir MIV nie. Teen-retrovirale middels is medisyne wat jou kan help om 'n langer en gesonder lewe te ly, deur die uitwerking van die virus op jou liggaam te rem. Tree nou op sodat jy voordeel trek uit die beskikbare TRV-program.


INHOUD | < Vorige Afdeling | Volgende Afdeling >


INHOUD: Kwelvrae oor MIV en Vigs

* Hoe Vertel Ek My Dogter Van My MIV-status?
* Is Berading Nodig Voordat Mens 'n Vigstoets Ondergaan?
* Kan ek my Baba Borsvoed as ek MIV-positief is?
* Is dit Moontlik om deur Orale Seks met MIV Besmet te Word?
* Kan Mens Voorkom dat jy MIV-besmetting deur Orale Seks Opdoen?
* Wat Is Teen-retrovirale Terapie? Hoe Werk Dit?
* Hoekom Lyk dit of Swart Vroue in Suid-Afrika Meer Kwesbaar is vir MIV-besmetting as Enigeen Anders?
* Kan Mens deur Sosiale Kontak met MIV Besmet Word?
* Watter Bewyse is daar dat Goeie Voeding Deurlopend die Immuunrespons Verbeter?
* Kan ek Daarop Aandring dat Iemand 'n MIV-toets moet Ondergaan Voordat ek Hom of Haar Aanstel?
* Hoe kan ek my Vriendin Ondersteun wat met MIV en Vigs Leef?
* Hoe Verwerk ek 'n Vigssterfte?
* Wat Moet ek Oorweeg Voordat ek my MIV-positiewe Status aan Nabye Vriende en Familie Onthul?
* Hoekom Moet jy Altyd Kondome Gebruik Terwyl jy Teenretrovirale Middels Neem?
* Watter Raad en Berading oor MIV en Vigs is Beskikbaar vir Klein- en Mediumgrootte Ondernemings?
* Moet ek Alleen Gaan of Behoort ek my Seksmaat Saam met my te Neem vir 'n MIV-toets?
* Hoe Werk die Regering se TRV-program en Waar kan ek die Medisyne in die Hande Kry?
* My MIV-toets was in 1998 toe ek TB gehad het Positief. Behoort ek Nou met TRV's te Begin?
* Hoe Praat ek met my Kinders oor MIV en Vigs?
* Kan my Kinders Toevallig MIV Opdoen?
* Wat is die Kanse dat my Kind MIV en Vigs by die Speelskool kan Opdoen?





This content also available in English | Le nkcazelo iyafumaneka nangesi Xhosa



Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 10 Januarie 2006 hersien



Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.



| VRAE? Vra vir ons: questions@capegateway.gov.za



Gebruiksvoorwaardes | Privaatheidsbeleid | Kopiereg







Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering





