






UMPHANDLE|UBOMI BAKHO|IMIBA|USHICILELO |IZALATHISO |URHULUMENTE|IITHENDA|IMISEBENZI





English
|
Afrikaans
|
Malunga
|
Qhagamshelana
|
Uncedo
|
Funa nzulu  |



 





Umphandle > Ushicilelo > IiNkcukacha Zoluntu > I > Kwelvrae oor MIV en Vigs &gt Moet ek Alleen Gaan of Behoort ek my Seksmaat Saam met my te Neem vir 'n MIV-toets?

Moet ek Alleen Gaan of Behoort ek my Seksmaat Saam met my te Neem vir 'n MIV-toets?



Vraag: Ek beplan om 'n MIV-toets te ondergaan. Moet ek alleen gaan of behoort ek my seksmaat saam met my te neem? As my maat saamgaan, sal ek die besonderhede van my seksuele geskiedenis in sy teenwoordigheid moet onthul? Is daar omstandighede waarin dit raadsaam kan wees om alleen te gaan?

Antwoord: As jou seksmaat instem om saam met jou te gaan en ook instem om getoets te word, is dit gewoonlik die beste scenario. Een van die groot oogmerke van vrywillige berading en toetse (VBT) is om MIV-besmetting te voorkom deur gedragsverandering. Wreldwye navorsing het getoon dat wanneer beide maats terselfdertyd getoets word, die waarskynlikheid dat 'n MIV-negatiewe status gehandhaaf sal word, aansienlik toeneem. Een van die redes hiervoor is dat deur saam getoets te word, julle jul toewyding aan mekaar se welsyn toon.
In werklikheid bring julle die kwessie na vore van vertroue en van in staat te wees om op mekaar staat te maak om nie die welstand van die verhouding in gevaar te stel nie.

Dit beteken egter nie dat die maats saam berading ontvang nie. Inteendeel, dit is baie belangrik dat mense afsondelik berading kry voordat hulle die toets ondergaan sodat 'n volledige beoordeling gedoen kan word van die unieke risikofaktore wat op elke indiwidu van toepassing is. Di bespreking word heeltemal vertroulik gehou. Uitslae word ook indiwidueel gegee om mense wat MIV-positief bevind word in staat te stel om te besluit hoe om ten beste die kennis te hanteer. By ATICC word mense die geleentheid gegee, as hulle dit sou verkies, om hulle uitslae saam te bespreek voor hulle berader(s). Dit stel maats in staat om toekomstige voorkomingsmaatrels en ander belangrike kwessies soos vertroue te ondersoek.

Soms is net een maat se toets positief. Sulke verhoudings word MIV-teenstrydig genoem. In sulke gevalle kan bykomende toetse nodig wees om vas te stel of die persoon wie se toets negatief is in die tydperk is wanneer die besmetting nie opgespoor kan word nie (die sogenaamde "venstertydperk"). Voortgesette berading vir die paar help baie in die tyd van onsekerheid. As beide maats se toets positief is, is voortgesette berading natuurlik ook voordelig om hulle te help om die situasie te hanteer.

Daar is egter 'n aantal moontlike situasies waar dit raadsaam sal wees om alleen die VBT te ondergaan. Dit gebeur gewoonlik in verhoudings waar daar 'n mate van wantroue, swak kommunikasie en/of die moontlikheid van mishandeling of geweld is. Daar is natuurlik ook die situasie waar 'n verhouding pas geindig het, maar daar moet onthou word dat dit nodig is om drie maande lank te wag nadat die aktiewe seksuele verhouding beindig is voordat 'n toets ondergaan word.

Nog 'n voordeel van gesamentlike toetse vir beide maats is dat as hulle minstens drie maande lank 'n monogame verhouding gehad het, die probleem van die "venstertydperk" van drie maande wegval as beide se toetse negatief is.

ATICC verskaf VBT, sowel as Pareberading deur Sielkundiges wat werk op die gebied van MIV en vigs.


UMTHAMO | < Icandelo Elingaphambili | Icandelo Elilandelayo >


UMTHAMO: Kwelvrae oor MIV en Vigs

* Hoe Vertel Ek My Dogter Van My MIV-status?
* Is Berading Nodig Voordat Mens 'n Vigstoets Ondergaan?
* Kan ek my Baba Borsvoed as ek MIV-positief is?
* Is dit Moontlik om deur Orale Seks met MIV Besmet te Word?
* Kan Mens Voorkom dat jy MIV-besmetting deur Orale Seks Opdoen?
* Wat Is Teen-retrovirale Terapie? Hoe Werk Dit?
* Hoekom Lyk dit of Swart Vroue in Suid-Afrika Meer Kwesbaar is vir MIV-besmetting as Enigeen Anders?
* Kan Mens deur Sosiale Kontak met MIV Besmet Word?
* Watter Bewyse is daar dat Goeie Voeding Deurlopend die Immuunrespons Verbeter?
* Kan ek Daarop Aandring dat Iemand 'n MIV-toets moet Ondergaan Voordat ek Hom of Haar Aanstel?
* Hoe kan ek my Vriendin Ondersteun wat met MIV en Vigs Leef?
* Hoe Verwerk ek 'n Vigssterfte?
* Wat Moet ek Oorweeg Voordat ek my MIV-positiewe Status aan Nabye Vriende en Familie Onthul?
* Hoekom Moet jy Altyd Kondome Gebruik Terwyl jy Teenretrovirale Middels Neem?
* Watter Raad en Berading oor MIV en Vigs is Beskikbaar vir Klein- en Mediumgrootte Ondernemings?
* Moet ek Alleen Gaan of Behoort ek my Seksmaat Saam met my te Neem vir 'n MIV-toets?
* Hoe Werk die Regering se TRV-program en Waar kan ek die Medisyne in die Hande Kry?
* My MIV-toets was in 1998 toe ek TB gehad het Positief. Behoort ek Nou met TRV's te Begin?
* Hoe Praat ek met my Kinders oor MIV en Vigs?
* Kan my Kinders Toevallig MIV Opdoen?
* Wat is die Kanse dat my Kind MIV en Vigs by die Speelskool kan Opdoen?





This content also available in English | Le nkcazelo iyafumaneka nangesi Xhosa



Umxholo okweli phepha wagqibela ukuhlaziywa nge- 10 uJanuwari 2006



Ingaba kukho nto ungayiqondiyo kwiintetho zaseburhulumenteni



| IMIBUZO? Sibuze nje wena: questions@capegateway.gov.za



Isigama Esinokusetyenziswa | uMgaqo-nkqubo Wemfihlelo | Ilungelo Lobunini







I-Cape Gateway yinkonzo karhulumente ejoliswe kubemi beNtshona Koloni, ebonelela ngolwazi ngorhulumente wedolophu, owephondo nowesizwe





