TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Publikasies
Openbare Inligting
'n Veiliger Tuiste vir die Hele Gesin 
'n Veilige huis is Kinderspeletjies n Veilige huis is Kinderspeletjies
Kliek vir dieplakkaatweergawe van die inligting op die illustrasie.
Handige wenke
Die Badkamer
Die teenwoordigheid van water en die inhoud van jou badkamerkassie hou talle gevare vir alle lede van jou huishouding in.
Moet nooit die warmwaterkraan laat loop as jy nie in die badkamer is nie.
Kinders moet nooit sonder toesig in die bad gelos word nie.
Bêre skeermesse en persoonlike higiëne-middels buite bereik. Sluit medisyne toe.
Moenie enige elektriese toestelle in die badkamer toelaat nie.
Die Woongebied
Die gebied waarin die gesin die meeste van hulle tyd deurbring hou baie gevare in, veral vir jong kinders.
Bring veiligheidshekke op trappe aan.
Hou lae vensters sonder diefwering toe en beperk die toegang tot balkonne.
Veiligheidsglas moet in groot glaspanele soos deure gebruik word.
Sorg dat groot meubels wat kan omslaan stewig staan en versag alle skerp hoeke.
Bind blinding- en gordyn-koorde weg.
Sorg dat mense nie op los matte en tapyte kan gly nie.
Die Kombuis
Die kombuis is 'n besonder gevaarlike gebied omdat dit warm elektriese toestelle, gifstowwe en skerp voorwerpe bevat.
Skakel altyd die stoof by die hoofskakelaar af.
Probeer die agterste plate van die stoof gebruik en sorg dat potte se handvatsels binnetoe wys.
Hou elektriese drade kort en buite bereik.
Huishoudelike skoonmaakmiddels, politoer en insekdoders moet toegesluit wees.
Hou messe en ander skerp voorwerpe weg van nuuskierige vingers.
Die Slaapkamer
Die slaapkamer lyk dalk na 'n veilige plek maar dit hou 'n paar gevare in.
Moenie kinders toelaat om sonder toesig op slaapkamermeubels te speel nie.
Grimeermiddels kan vir kinders en diere giftig wees. Bêre dit buite bereik.
Sorg dat elektriese toerusting buite bereik is en beveilig muurproppe in alle dele van die hele huis.
Dit is uiters noodsaaklik dat die voorsorgmaatreëls wat jy in jou huis tref ook buite toegepas word.
Hou enigiets wat moontlik gevaarlik kan wees buite kinders se bereik.
Koop produkte wat herseëlbare, kinderbestande deksels het.
Hou produkte in die oorspronklike verpakkings sodat dit maklik uitgeken kan word.
Bêre produkte soos terpentyn, verf, kunsmis, gassilinders en swembadchemikalië weg van die gewone leefgebied af.
Lees altyd die bêre-aanwysings op pakkies en maak seker dat jy nie produkte wat met mekaar bots saam bêre nie.
Om besmetting te voorkom moet swembadchloor nie naby ander produkte gebêre word nie.
Maak seker dat die bêreplek koel, droog en goed geventileer is.
Moenie leë houers weer gebruik of hervul nie.
Selfdoen-veiligheid
Dit is beslis nie net kinders wat beskerming nodig het nie. Kortpaadjies en basiese veiligheidsreëls wat ignoreer word, veroorsaak dikwels dat volwassenes by die huis beserings opdoen.
Gebruik altyd die gereedskap wat vir die werk ontwerp is en maak seker dat dit weggebêre is wanneer jy klaar is.
Vee die werkgebied om te keer dat iemand gly en val.
Dra die regte veiligheidstoerusting soos brille, gesigsmaskers, beskermende handskoene of veiligheidstewels.
Hanteer elektrisiteit met die sorg wat dit verdien. Skakel altyd die krag by die sekeringskas af voordat jy herstelwerk doen.
n Leer moet altyd op 'n afstand van 'n kwart van sy lengte van 'n muur af staan en moet nooit teen glas of geute leun nie.
Maak altyd seker dat 'n stuk kraggereedskap geaard is en vervang 'n uitgerafelde draad.
Waterveiligheid
As die somer aanbreek word jou swembad die kuierplek. Veiligheid en higiëne is in dié deel van jou huis van die opperste belang.
Kinders moet nooit, ooit sonder toesig naby swembaddens, visdammetjies, emmers water of fonteintjies gelos word nie.
Beperk toegang tot swembaddens deur 'n swembadheining of -veiligheidsnet te gebruik.
Leer kinders van so jonk as 12 maande om te swem. Skakel "Leer om te Swem" by 0861 100 456.
Moenie toelaat dat kinders mekaar in 'n swembad instamp, om 'n swembad hardloop of mekaar onder water vasdruk nie.
Skakel HTH Swembadbystand se verbruikersorg-afdeling vir meer inligting by 08600 222 40.
INHOUD
Volgende Afdeling
INHOUD: 'n Veiliger Tuiste vir die Hele Gesin n Veilige huis is Kinderspeletjies
Die Vyf Goue Reëls van Veiligheid by die Huis
VERWANTE INLIGTING
Rooi Kruis Kinderhospitaal se Giflyn (Diens)
Mediese Noodvervoer en Redding (Diens)
Hoe om hulp in 'n noodgeval te ontbied (Diens)
Bambanani Teen Misdaad - Hou Kinders Veilig (Openbare Inligting)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 31 Augustus 2004 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
