Nasionale Tuberkulose Beheerprogram spreek ernstige epidemie aan
Tuberkulose neem oor die afgelope paar jaar ernstige afmetings in die Weskaap aan. Die redes hiervoor is veelvuldig soos dit in ?n onlangse verslag aan die Stellenbosse Stadsraad uitgewys word.
Die verslag toon dat MIV (Menslike Imuniteitsgebrekvirus) infeksie?n bydraende faktor waarom TB as ?n epidemie beskou kan word. MIV (Menslike Imuniteitsgebrekvirus) val die immuunstelsel aan wat ?n individu meer vatbaar maak vir die siekte. TB is daarom ook ?n goot oorsaak van sterftes by persone met MIV (Menslike Imuniteitsgebrekvirus) in ons streek.
Nog ?n faktor wat in die verslag uitgewys word is die sosio-ekonomiese neigings van die gebied. Oormatige verstedeliking en migrasie vanaf veral die Ooskaap verswak Sosio-ekonomiese toestande en armmoede, oorbevolking, swak behuising en werkloosheid gaan gewoonlik gepaard met ondervoeding en lewenskwaliteit. Hierdie toestande was nog altyd nou verbind met TB, alhoewel ?n gesonde persoon ook die infeksie kan optel aangesien dit deur die lug versprei word.
Sowat 552 nuwe gevalle word elke jaar in die Stellenboschgebied aangemeld waarvan sowat 55% genees word. Daar word ongeveer 1000 gevalle in die gesondheidsdistrik van Stellenbosch, wat ook die Boland Distriksmunisipaliteit insluit, in totaal aangemeld. Die Nasionale Tuberkulose Beheerprogram het 85% genesing as ?n mikpunt gestel. Twintig mense het in 2001 gesterf aan TB.
Suster Coetzee het in die verslag daarop gewys dat die Nasionale Tuberkulose Beheerprogram nie alleen die epidemie kan bekamp nie, maar dat dit hand aan hand moet gaan met die verbetering in behuising, beter voeding en die bekamping van MIV. Daar moet ook nouer met gemeenskapsorganisasies en selfs plaaseienaars gewerk word. Nouer samewerking moet ook met die MIV/VIGS koördineerder en organisasies wat MIV teenwerk bewerkstellig word. Daar word ook gemik om persone voedselbystand van tot 6 maande te gee om te verseker dat immuuniteit herstel het.
Tuberkulose is nie soos MIV ongeneeslik nie. Die uitdaging is egter om die sosio-ekonomiese toestande van sommige mense in die streek te verbeter om te voorkom dat geneeslike siektes ?n epidemie word.
Vir meer inligting kontak:
Tel: 808 8125
Faks: 808 8200
