






HOME|YOUR LIFE|TOPICS|PUBLICATIONS |DIRECTORIES |YOUR GOVERNMENT|TENDERS|JOBS





Afrikaans
|
isiXhosa
|
About
|
Contact
|
Help
|
Advanced Search  |



 





Home > Publications > Guidelines, Manuals & Instructions > M &gt Die Bestuur van 'n Kleinsake-Onderneming : Die Bemarking van jou Onderneming

Die Bestuur van 'n Kleinsake-Onderneming : Die Bemarking van jou Onderneming




Department of Economic Development and Tourism (Provincial Government of the Western Cape)





* Wat Is Bemarking?
* Vier Belangrike Aspekte van Bemarking
* Marknavorsing
* Handige Koppelings



WAT IS BEMARKING?


Bemarking is die proses wat ondernemings gebruik om die hoeveelheid produkte wat aan 'n spesifieke groep mense wat die onderneming as teiken het verkoop word, te skep en te vermeerder.

Met bemarking gebruik jy jou kennis van die omgewing en tree op 'n spesifieke manier daaroor op.

'n Amptelike definisie daarvan wat jy dalk in 'n MBA-klas mag raakloop, beskryf bemarking as: "die proses van die beplanning en uitvoering van die uitdink, prysbepaling, bevordering en verspreiding van idees, goedere en dienste om transaksies te skep wat die doelwitte van indiwidue en organisasies bevredig" - Woordeboek van Bemarkingsterminologie

Enige onderneming het verkope nodig om aan die gang te bly. Geld wat uit verkope gemaak word, moet personeel se salarisse en baie ander kostes dek wat nodig is om jou onderneming te bedryf.

Bemarking skep ook die beeld van jou organisasie en dit is belangrik om 'n goeie indruk in die mark te maak. Dit laat jou teikenmarkgroep positief voel oor jou onderneming, wat jou eie handelsmerk is. Die teikenmark is die spesifieke groep mense op wie jy jou produk mik.


VIER BELANGRIKE ASPEKTE VAN BEMARKING


Daar is vier belangrike faktore in enige goeie bemarkingsplan:

1. Produk - (die item of diens wat jy aan die mark bied)
2. Prys - (die bedrag wat jy vir die produk, diens of item vra)
3. Plek - (hoe en waar jy die produk versprei)
4. Promosie - (hoe jy met die mark kommunikeer en hulle van jou produk laat weet)

Di vier word ook die Bemarkingsmengsel of die 4Psgenoem.

1. Produk:

As jy weet wat jou teikenmark se behoefte is en die regte produk het wat daaraan voldoen, beteken dit dat jy aan die eerste vereiste voldoen het, naamlik die Produk. Jou produk voldoen aan 'n behoefte in die mark wat nie bevredig is nie. Om dit reg te kry is dit belangrik om jou teikenmark te ken, en te weet wat hulle wil h en nodig het. Die gesegde:"die klint is altyd reg" hou baie water, en die klint sal of hulle beursies die praatwerk laat doen of self oor jou produk praat. Dit is dus belangrik om na hulle te luister en verantwoordelik op te tree as 'n bemarker wat hulle veranderende behoeftes in ag neem.

2. Prys:

Dit is die tweede P van basiese bemarking. Die vraag wat jy jouself moet afvra is of jou produk die regte prys het? As jy te veel vir jou produk vra, sal die teikenmark nie in staat wees om dit te koop nie. Hulle sal dit dalk nie kan bekostig nie, of die waarde van jou produk stem in hulle o nie ooreen met die prys nie, en hulle sal dus nie daarvoor betaal nie. As jy te min vra, sal die teikenmark dalk dink dat daar iets vals of goedkoop aan is en hulle mag dalk nie verbind wil word met so 'n prysbepaling nie.

Dit is ook baie belangrik om te weet wat jou mededingers vra. Jou mededingers kan dalk 'n fout met hulle prys maak, en jy kan dalk 'n beter produk teen 'n beter prys verskaf! Dit is 'n samestelling van instink en wetenskap.

3. Plek:

Dit is die derde P wat bepaal hoe jy jou produk by jou klinte kry; van ontwikkeling af tot op die stadium waar dit 100% gereed is om aangekoop te word. Jy kan byvoorbeeld in 'n spesifieke gebied vervaardig, waar jy ruimte nodig het. Dit word dus baie belangrik dat jy 'n goeie verspreidingsnetwerk het om jou produk te kry waar dit moet wees.

Afhangende van jou produk sal jy verskillende behoeftes h. Vrugteprodusente het byvoorbeeld 'n vloot verkoelingsvragmotors nodig om hulle produkte by die regte plekke uit te kry.

Die ander aspek hiervan is dat jy moet seker maak dat jou produk op die regte plekke verkoop word. As hulle op die verkeerde plekke is, sal jy nie jou hoof-teikenmark bereik nie.

4. Promosie:

Dit is die metode wat jy gebruik om jou teikenmark te oorreed om jou produk te koop. Daar is verskeie maniere om dit te doen, en die mees bekende aspek van promosie is advertensies. Dit is wanneer jy 'n reklameagentskap aanstel om advertensies vir jou produk te ontwerp en hulle in koerante te plaas, of as jy 'n groot advertensiebegroting het, op tv. Advertensies word ook "bo-die-lyn-bemarking" genoem.

Ander doeltreffende maniere van promosie is:

* Verkoopspromosies - "bemarkingsaktiwiteite wat verbruikersaankope en handelaardoeltreffendheid stimuleer met 'n kombinasie van persoonlike verkope, advertensies, en alle bykomende verkoopsbedrywighede" van

  Voorbeelde van verkoopspromosies is: Baniere in winkels, promosie- en korporatiewe geskenke en die gebruik van 'n bekende sportpersoonlikheid om 'n produk by 'n winkelsentrum-promosiegeleentheid te bemark. Dit is ook gewoonlik "onder-die-lyn" genoem. Vandag praat baie reklameagentskappe van hulleself as "deur-die-lyn", met alle aspekte van promosie wat aan klinte voorsien word, terwyl ander "nis" is; en spesifieke dienste aan klinte lewer.


* Openbare Betrekkinge (OB) - die proses waardeur jy 'n spesiale poging aanwend om met jou teikenmark te kommunikeer met artikels in die koerant oor jou produk en deur spesiale geleenthede, wat bewustheid van jou produk verhoog en positiewe assosiasies met jou produk maak.

  As 'n klint sal jy 'n OB-agentskap aanstel om altyd op die uitkyk te wees vir OB-geleenthede vir die produk van die klint.

Al die vorms van promosie kos jou onderneming geld, dus moet jy bewus wees van hoeveel beleggingsopbrengs jy uit jou uitgawe kry. Dit moet groei in verkope vir jou opwek, anders is daar fout met die promosie-aspek van die bemarkingsmengsel.


MARKNAVORSING


Om jou, jou reklameagentskap en die OB-agentskap in staat te stel om die beste maniere uit te ken om met jou verbruikers of die teikenmark te praat, is dit belangrik dat jy gereeld marknavorsing doen. Dit is wanneer jy vrae rondom jou produk ontwerp om uit te vind hoe jou mark dit sien. Uit markterugvoer sal jy in staat wees om aanpassings aan jou bemarkingsplan, en soms selfs jou sakeplan, te maak om die onderneming as geheel te verbeter.

Navorsing kan op groot of klein skaal wees en kan kwantitatiewe (syfers) of kwalitatiewe (beskrywende) maatstawwe gebruik.


HANDIGE KOPPELINGS



* Munisipale Afbakeningsraad: Kaarte, demografie, statistieke, munisipale profiele en ander nuttige inligting vir marknavorsing. (www.demarcation.org.za)


* Buro vir Marknavorsing (BMN), UNISA: Bemarkings- en sosio-ekonomiese navorsing. Opleiding oor navorsingsmetodologie word ook gegee. (www.unisa.ac.za)


* Africa Business Direct: Africa Business Direct is 'n handels- en beleggings-fasiliteringsmaatskappy met hulle hoofkantoor van operasie in Johannesburg in Suid-Afrika. Met die doel om multinasionale maatskappye te help skep wat in Afrika gele is, of om gesamentlike ondernemings en beleggingsinisiatiewe op die vasteland te stig, wat Afrika met ander dele van die wreld verbind, spits die maatskappy hom toe om opleiding, konsultasie en markintelligensie te verskaf. Deur 'n aanlyn sakeontwikkelings-gefokusde poort-webtuiste, help ADB ook ondernemings, beide in en buite Afrika, om hulle handels- en beleggingsuitbreidings-vernuf te slyp. (www.africabusinessdirect.com)


Terug na> Die Bestuur van 'n Kleinsake-Onderneming.





This content also available in English



The content on this page was last updated on 21 November 2004



Don't understand government jargon or an acronym? Use the GLOSSARY.



| QUESTIONS? Just ask us: questions@capegateway.gov.za



Terms of Use | Privacy Policy | Copyright







Cape Gateway is a government service aimed primarily at citizens of the Western Cape, providing information on local, provincial and national government





