






TUISBLAD|JOU LEWE|ONDERWERPE|PUBLIKASIES |GIDSE |JOU REGERING|TENDERS|WERKGELEENTHEDE





English
|
isiXhosa
|
Aangaande
|
Kontak
|
Hulp
|
Gevorderde Soektog  |



 





Tuisblad > Publikasies > Riglyne, Handleidings en Voorskrifte > M &gt Die Bestuur van 'n Kleinsake-Onderneming : Beheer Jou Finansies

Die Bestuur van 'n Kleinsake-Onderneming : Beheer Jou Finansies




Department of Economic Development and Tourism (Provincial Government of the Western Cape)


Boekhouding


* Wat is Boekhouding?
* Wat is Steundokumente en Kwitansies?
* Hoe Lank Moet Boek Gehou Word?
* Gebrek aan Boekhouding
* Watter Aantekeninge moet in 'n Basiese Boekhoustelsel Gemaak Word?


Wat is Boekhouding?


* Sake- of Verkopersaantekeninge met besonderhede oor alle boekhousake
* Rekenaardrukstukke
* Tabelle en kodes van rekeninge, rekening-instruksiehandleidings en stelsel- en programdokumentasie, wat die boekhoudingstelsel beskryf wat deur die onderneming of verkoper gebruik word.
* Steundokumente en kwitansies


Wat is Steundokumente en Kwitansies?

Aantekening moet gehou word van alle goedere en dienste wat aan of deur die onderneming verskaf is. Daar moet genoeg besonderhede wees om die Ontvanger van Inkomste in staat te stel om maklik die goedere of dienste en die verskaffers of hulle agente uit te ken.

Watter tipe dokumentasie kan gehou word?


* Fakture
* Belastingfakture
* Kredietnotas
* Debietnotas
* Rekenings
* Bankstate
* Kassierstrokies
* Kwitansies
* Depositostrokies
* Betaalde tjeks
* Voorraadopgawes
* Enige ander dokumente wat transaksies verifieer of inskrywings in enige boek of rekening
* Lys van krediteure en debiteure vir 'n minimum van vyf jaar
* Dokumentre bewyse wat aanvaarbaar is vir die Ontvanger van Inkomste wat die verkoper se reg bevestig om die nul-koers toe te pas op die verskaffing van goedere of dienste.
* Alle aantekeninge wat verband hou met goedere wat ingevoer word.


Hoe Lank Moet Bewyse Gehou Word?

Aantekeninge in boekvorm moet 'n minimum van vyf jaar vanaf die datum van die laaste inskrywing in die boek gehou word.

Bewyse wat nie in boekvorm gehou word nie, soos dokumente en kwitansies, moet 'n minimum van vyf jaar gehou word van die datum van die afhandeling van die transaksie, daad of operasie waarmee dit verband hou.

Gebrek aan Boekhouding

Dit is 'n oortreding van die Wet op BTW om nie boek of aantekeninge soos aangedui te hou nie. Dit kan 'n boete of moontlik 'n boete en tronkstraf tot gevolg h.

Watter Dokumente word in 'n Basiese Boekhoustelsel gehou?


* Brondokumente
* Joernale
* Kasboeke
* Kleinkasboeke
* Aankoopjoernale 6
* Verkopejoernale
* Verkoopsopgawejoernale
* Debiteurjoernale
* Salarisse en Lone
* Algemene ler
* Proefbalans
* Inkomstestaat
* Kontantvloeistaat
* Balansstaat
* Aankopejoernaal
* Aankope-opgawejoernaal
* Krediteurelers


Bron: SAID BTW 404 Gids vir Verkopers





This content also available in English | Le nkcazelo iyafumaneka nangesi Xhosa



Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 20 November 2004 hersien



Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.



| VRAE? Vra vir ons: questions@capegateway.gov.za



Gebruiksvoorwaardes | Privaatheidsbeleid | Kopiereg







Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering





