Aansoek om 'n toekenning ingevolge die program vir Herverdeling van Grond vir Landbou-ontwikkeling
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing
Die program vir die Herverdeling van Grond vir Landbou-ontwikkeling is daarop gemik om voorheen benadeelde persone uit die swart, kleurling- en Indiërgemeenskap te help om grond of landbou-implemente spesifiek vir landboudoeleindes aan te koop.
Om in aanmerking te kom, moet jy in 'n voorheen benadeelde groep val ten minste 18 jaar oud wees van plan wees om die grond slegs vir landboudoeleindes te gebruik beplan om voltyds te boer nie 'n pos in die regering beklee nie bereid wees om deel te neem aan 'n opleidingsprogram sodra jy grond bekom het in staat wees om 'n eie bydrae te lewer georganiseerd wees indien jy as 'n groep aansoek doen, en n bankrekening hê.
Vroue en jongmense word aangemoedig om aansoek te doen.
Politici in openbare diens en staatsamptenare mag nie aansoek doen nie.
Suksesvolle boere wat hulle bedrywighede wil uitbrei, mag om bykomende toekennings aansoek doen, maar die totale bedrag aan LRAD-toekennings mag nie R100 000 oorskry nie. As jy bykomende kapitaal nodig het om 'n landbouprojek te begin of uit te brei, moet jy by 'n bank aansoek doen.
n LRAD-toekenning hoef nie terugbetaal te word soos 'n lening nie. Individue kry toekennings volgens 'n voorafbepaalde formule. Om in aanmerking te kom vir 'n toekenning van R20 000 moet jy self R5 000 bydra. Die inset hoef nie in kontant te wees nie - dit kan ook landbou-implemente, vee of ander landboubates wees.
Bo
Stappe om te volg
Identifiseer die grond wat jy wil aankoop, tensy jy reeds toegang tot grond het, byvoorbeeld landbougrond.
Nader die Departement van Grondsake of jou plaaslike landbouvoorligtingsbeampte om vir die toekenning aansoek te doen.
Dien die volgende saam met jou aansoek in:
n Voorstel vir grondgebruik of 'n plaasplan n Opsie om te koop, met die ooreengekome prys indien die grond verhuur word met die opsie om te koop n Lys van name van die lede van die huishouding of groep, indien die voorstel namens 'n groep is
Bewys dat die grond afbetaal is, dat geen grondeise daarop ingedien is nie, dat dit in die naam van die verkoper geregistreer is en dat die onderhandelde prys nie hoër as die gewaardeerde markprys is nie bewys dat die restant van die finansiering beskikbaar is n Waardasieverslag.
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
Die proses sal minstens vier maande duur, maar ingewikkelde projekte kan selfs langer neem.
Bo
Koste
Vir 'n minimumbedrag van R20 000 moet jy 'n minimum persoonlike bydrae van R5 000 maak. 'n Maksimumbedrag van R100 000 vereis 'n minimum eie bydrae van R400 000. Daar is wisselende minimum en maksimum toekenningsbedrae, afhangende van die grootte van die aansoeker se eie bydrae.
Bo
Vorms om in te vul
Die aansoekvorm is by die provinsiale kantoor van die Departement van Grondsake of by die plaaslike landbouvoorligtingskantoor te kry.
Bo
Kontakbesonderhede
