Registrasie van geboorte
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing
Die Wysigingswet op die Registrasie van Geboortes en Sterftes, 1997 bepaal dat 'n kind wat lewend gebore is se geboorte binne 30 dae aangemeld moet word.
Een van die ouers of die wettige voog moet die geboorte aanmeld, en as nie een van hulle dit kan doen nie, kan 'n persoon wat deur hulle aangewys is die geboorte aanmeld.
Bo
Stappe om te volg
Dien 'n vorm vir die aanmelding van 'n geboorte by enige kantoor vir Binnelandse Sake in.
n Persoon wat gevra is om die geboorte namens die ouers of voog aan te meld, moet 'n geskrewe mandaat hê om dit te doen. Hierdie mandaat moet ook die redes verstrek waarom die ouers nie self die geboorte kan aanmeld nie.
As 'n kind buite Suid-Afrika gebore is en een van die ouers ten tyde van die kind se geboorte 'n Suid-Afrikaanse burger is, kan die geboorte by die Suid-Afrikaanse ambassade, konsulaat of by enige kantoor vir Binnelandse Sake in Suid-Afrika aangemeld word.
Indien 'n geboorte meer as 30 dae na die geboorte aangemeld word, maar binne 'n jaar na die geboorte, moet die ouers of wettige voog redes gee waarom die geboorte nie binne 30 dae aangemeld is soos die Wet vereis nie.
As die ouers nie getroud is nie en hulle die kind op die pa se van wil registreer, moet die pa vaderskap erken in die ruimte wat op die vorm vir die aanmelding van 'n geboorte daarvoor gelaat is. Die pa moet teenwoordig wees wanneer die kind geregistreer word.
Bo
Regsraamwerk
Bo
Diensstandaard
Dit neem agt tot twalf weke om die aansoek te verwerk.
Bo
Koste
Hierdie diens is gratis.
Bo
Vorms om in te vul
Let wel: Die vorms in nie aanlyn beskikbaar nie. Tree asseblief met jou naaste departementele kantoor in verbinding.
Bo
Kontakbesonderhede
