TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Publikasies
Openbare Inligting
Die Padongelukkefonds (POF) is ingestel om vergoeding te betaal vir mense wat weens die nalatige hantering van 'n motorvoertuig in Suid-Afrika beseer of gedood word. Die fonds is ingestel omdat die vorige stelsel nie gewerk het nie. Daarvolgens moes bestuurders verpligte versekering uitneem teen eise wat teen hulle ingebring kon word as hulle nalatige bestuursgewoontes veroorsaak het dat mense beseer is. Die probleem was dat versekeringsmaatskappye nie die geld gehad het om al die eise te dek nie.
Die stelsel is verander sodat in plaas van verpligte versekering, daar nou 'n fonds is wat geld van 'n heffing op die verkoop van petrol kry. Mense kan 'n eis vir vergoeding teen die POF instel as hulle weens nalatige bestuur in 'n ongeluk beseer word. Dit beteken dat jy nie meer die nalatige bestuurder van die voertuig vir jou beserings kan dagvaar nie. In plaas daarvan dien jy 'n eis teen die POF in.
As jy by 'n motorongeluk betrokke is terwyl jy werk en daarom 'n eis teen die Arbeidbeserings Vergoedingsfonds het, moet jy eers daardie eis indien. Jy moet uitvind of dit afgekeur ("geweier") word voordat jy 'n eis teen die POF kan indien vir enigiets waarvoor die Vergoedingsfonds nie betaal nie. Enige vergoeding wat deur die POF betaal word sal enige WVF-betalings in ag neem wanneer die verlies aan inkomste bereken word.
Jy moet jou eis by die POF indien binne twee jaar van die datum van die ongeluk af waarin jy jou beserings opgedoen het. Jy kan self die eis indien deur 'n Vorm 1 in te vul en al die nodige dokumente aan te heg, of jy kan 'n prokureur kry om jou met jou eis te help. Onthou dat 'n prokureur 'n professionele fooi eis, wat uit die bedrag van die vergoeding wat jy van die POF kry, kom. Dit beteken dat jy nie die prokureur dadelik hoef te betaal nie, maar dat die prokureur se fooi afgetrek word van die bedrag geld wat jy kry.
Die presiese bedrag (kwantum) wat vir 'n eis teen die POF uitbetaal word, hang van jou mediese uitgawes, jou verlies aan inkomste (nou en in die toekoms), jou ongeskiktheid en jou pyn en lyding af. Die gemiddelde bedrag wat in 2001 per eis uitbetaal is, is R28 318,00. Onthou dat dit die gemiddelde is van 'n paar groot eise en talle klein eise. Die bedrag wat in jou geval betaal word sal heeltemal van jou beserings en verliese afhang.
Fisiese Adres
Sewende verdieping
Posadres
Privaatsak X28
Tel : 021 408 3300
Faks : 021 419 7417 / 8740
Hoe sal vergoeding van die POF 'n Maatskaplike Dienste-toelae raak? As enige vergoeding wat jy van die Padongelukkefonds kry in ag geneem word, en jou inkomste steeds onder die middeletoets is wat Maatskaplike Dienste vasstel, kan jy nog in aanmerking kom vir een van die Maatskaplike Dienste-toelaes. Met ander woorde, as jou inkomste (met die vergoeding van die POF) minder as R1 410 per maand is, kan jy ook in aanmerking kom vir die ongeskiktheidtoelae.
INHOUD
Vorige Afdeling
INHOUD: Toelaes, Voordele en Vergoeding: 'n Oorsig
Toelaes, Voordele en Vergoeding: 'n Oorsig
Maatskaplike Dienste-toelaes
Werkloosheid Versekeringfonds-voordele
Arbeidbeserings Vergoedingsfonds (voorheen Werkersvergoeding)
VERWANTE INLIGTING
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 1 Februarie 2005 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
