TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Publikasies
Openbare Inligting
Toelaes, Voordele en Vergoeding: 'n Oorsig 
Arbeidbeserings Vergoedingsfonds (voorheen Werkersvergoeding)
Arbeidbeserings Vergoedingsfonds (voorheen Werkersvergoeding)
As jy 'n werknemer ('n werker) is en 'n ongeluk by die werk oorkom wat tydelike of permanente ongeskiktheid veroorsaak, kan jy vergoeding van die Arbeidbeserings Vergoedingsfonds eis. Enigiemand wat 'n dienskontrak met 'n werkgewer onderteken het, behalwe 'n huiswerker wat in 'n private huis werk, is gedek. Die datum, tyd en plek van die ongeluk moet aangeteken word en dit moet die direkte gevolg van jou werk wees.
Vir tydelike ongeskiktheid kan jy vergoeding kry wat gelykstaan aan 75% van jou maandelikse inkomste, tot 'n maksimum bedrag van R2 868,00 per week.
Vir permanente ongeskiktheid, waar die graad van ongeskiktheid 30% of minder is, kan jy 'n eenmalige uitbetaling (een betaling) kry wat gewoonlik gelykstaan aan 15 keer jou maandelikse inkomste. Die minimum eenmalige bedrag is egter 15 maal R1 359,00 = R20 385,00 (as jy minder as R1 359 verdien, sal jy R20 385 kry). Die maksimum eenmalige bedrag is 15 maal R6 963,00 = R104 445,00 (as jy meer as R6 963,00 verdien, sal jy R104 445,00 kry).
As die graad van permanente ongeskiktheid 31% of meer is, sal jy nie 'n eenmalige bedrag kry nie, maar in plaas daarvan 'n maandelikse pensioen. Die pensioen vir totale permanente ongeskiktheid (graad van ongeskiktheid 100%) staan gelyk aan 75% van jou maandelikse inkomste. As die graad van ongeskiktheid minder as 100% is, is die pensioen verhoudingsgewys minder. As die werknemer se inkomste R1 359,00 per maand of minder is, word die pensioen op R1 359,00 bereken. Die minimum pensioen in die geval van 100% permanente ongeskiktheid is dus R1 019,25 per maand.
Wanneer 'n werknemer sterf, is die oorlewende eggenoot geregtig op n eenmalige bedrag wat gelyk staan aan twee keer die maandelikse pensioen waarop die werknemer geregtig sou wees as hy of sy 100% ongeskik sou gewees het.
n pensioen wat gelykstaan aan 40% van die pensioen waarop die werknemer geregtig sou gewees het as hy of sy 100% ongeskik sou gewees het.
Wanneer 'n werknemer sterf, is elke kind onder die ouderdom van 18 geregtig op 'n maandelikse pensioen wat gelykstaan aan 20% van die pensioen wat betaalbaar sou gewees het vir 100% ongeskiktheid, tot 'n maksimum van drie kinders. Die maksimum pensioen wat gesamentlik aan die eggenoot en die kinders betaal kan word, is dus R9 321,00 per maand.
Alle redelike mediese en vervoerkoste as gevolg van die ongeluk word oor deur die Vergoedingsfonds betaal.
Jy kan om vergoeding van die Vergoedingsfonds aansoek doen by enige van die arbeidsentrums.
Hoe raak dié vergoeding 'n Maatskaplike Dienste toelae? Jy sal net 'n Maatskaplike Dienste ongeskiktheidtoelae, sowel as vergoeding van die Vergoedingsfonds kan kry, as die bedrag van jou vergoeding vir die ongeskiktheid so klein is dat jy steeds volgens die middeletoets vir die ongeskiktheidtoelae in aanmerking kom. Met ander woorde, as jou inkomste (wat die vergoeding vir ongeskikheid insluit) minder as R1 410 per maand is, kan jy ook vir die ongeskiktheidtoelae in aanmerking kom.
INHOUD
Vorige Afdeling
Volgende Afdeling
INHOUD: Toelaes, Voordele en Vergoeding: 'n Oorsig
Toelaes, Voordele en Vergoeding: 'n Oorsig
Maatskaplike Dienste-toelaes
Werkloosheid Versekeringfonds-voordele
Arbeidbeserings Vergoedingsfonds (voorheen Werkersvergoeding)
VERWANTE INLIGTING
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 1 Februarie 2005 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
